Dit lyk my alle plasings uit SA word tans geblok of vertraag - kom ons kyk of
hierdie een werk:
Gloudina skryf:
> Leendert, Leendert, tog so sensitief oor
> moontlike emaskulasie. Is dit teken van
> onsekerheid onder die belt?
>
> Lorena Bobbit en die meskommando
En sy skryf:
> Die hygroman van die male chauvinist pig.
En sy skryf:
@igs.net wrote in message ...
> "Griet" writes: ebruik
>
>> " 'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree"
>
>
> ��������� 'n Heer is 'n heer die hele tyd. Hy wag nie vir
> ���������� die vrou om vir hom te laat weet of hy nou soos
> ���������� 'n heer moet optree of soos 'n bullebak nie.
Hmmmm... hiervoor het ek begrip want, soos Margeret Thatcher gesê het: "Being
powerful is like being a lady. If you have to tell people you are, you
aren't."
My ma het nooit veel gehou van Evelyn Waugh nie, maar daar was een
opsig waarin sy met hom (en Emily Post) saamgestem het: "A woman is a lady
until her behaviour proves otherwise". My vrou hou wel van Evelyn Waugh, maar
nie van Emily Post nie. Nogtans stem sy saam met Waugh (en Post)hieroor.
En in die twee jaar wat ek Gloudina se geskel in die kuberruimte waargeneem
en verduur het, het ek tot dieselfde gevolgtrekking gekom as George
Sanders: "This is no time to act like a gentleman." Mense wat vir varke
uitgeskel word het, per slot van rekening, een of twee voorregte. Een van
hulle is om nie gemeet te word met die maastaf vir 'n jintleman nie.
Hoflike groete, Leendert :-)
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Ek is nou reeds ses maande in die VSA en vrek van die lus om rugbykommentaar
te hoor. Wil een van die slimkoppe in SA nie vir ons die kommentaar op 'n
website sit nie? Ek sien die krieket teen Engeland is op Lords se website.
Help asb....
Ek ondervind probleme met die diensverskaffer - al my plasings verdwyn. Ek
vra dus onverskoning as hierdie plasing meer as een keer verskyn. Het uit
radeloosheid nou die "Re:" vooraan uitgelos.
@igs.net wrote in article ...
>
> Maar dit nou daargelaat. My man sê toe vir my hy
> dink ek maak 'n fout om te dink dat Harlequins "hyg-
> romans" is. Hy dink dat as hulle van hygromans praat
> in Suid-Afrika, dan bedoel hulle baie meer eksplisiet-
> seksuele geskrywery wat aan pornografie grens liewer
> as bloot erotiese letterkunde. Ek het gedink oor wat hy
> sê en hom uiteindelik gesê ek dink hy is reg.
Hyg romans is inderdaad die Afrikaanse ekwivalent van Mills en Boons en
Harlequin.
> Ek kan egter nie glo dat 'n mens soos Griet, wat sê
> sy is 'n sosioloog, pornografiese geskrywery bedryf nie.
Ek het voorheen al vir jou verduidelik dat die lewe in kompartemente
ingedeel is. So is Henri nie 'n leeglêer wat heeldag by hardekool vure sit
nie; so was Thomas Baines nie net ingenieur nie maar ook skilder, ens. Ek
beskou myself nie as 'n bekroonde skrywer nie. Hou net van goeie stories
en skryf dit als neer as kontrei/streek vertellinge.
> Miskien is die term "hygroman" iets vreemds vir my?
> Wil iemand vir my verduidelik wat 'n hygroman is?
Dit is tans die top-verkoper boeke in Afrikaans, soos Henri tereg vermeld
het. Baie makker as skryfsters soos Judith krantz, Shirley Conran, Janet
Daily Jackie Collins, en diesulkes.
> Ek kan ook nie glo dat wat Griet op die nuusgroep
> gepos het, enigsins bedoel was om mense seksueel opge-
> wonde te maak nie. Vind mense hierdie soort geskryf
> seksueel stimulerend? Vir my was dit nie eens baie snaaks
> nie.
Die stoepstories is inderdaad nie as pornografie, hygroman, formikering, of
seksuele stimulis bedoel nie. Dit kan beskou word as " streek vertelling
wat telkens uit die plattelandse wereld spring....en in die verlede selfs
aangesluit het by eksistensiële filosofie. Binne die partikulêre
streeksmilieu" - ontleen aan 'n resensie van Abraham H de Vries se boek:
"Skaduwee tussen skaduwees"
In hierdie genre word nog skrywers soos Jan Spies, Jan Nel,Kerneels
Breytenbach,
Sue van Waart en vele meer aangetref. Ek kan nie nou almal onthou nie.
Onlangs het baie sulke vertellinge verskyn oor Hentiesbaai en sy mense,
ens. Tolla se stories wat aansluit by die Spies en Plessis-tv program,
asook die meer onlangse program "Maak 'n las" val almal binne hierdie
genre. Antjie Krog se ma, Dot Serfontein, het graag oor haar wêreld (
Kroonstad) en sy mense geskryf.
Die Stoepstorie vertelling demonstreer ook 'n ander nuwe verskynsel in
Afrikaans, en ek haal hier vir jou aan uit 'n resensie oor Kaapse
Straatpraatjies", waarvan Mohammed Adhikari die redakteur is:
"Afgesien van die sosio-poltieke kommentaar is dit eintlik die
Praatafrikaans van die rubriek wat 'n mens boei. Dit weerspieël 'n
taal-atmosfeer wat juis nou vir die leser van belang is, dit gee iets weer
van 'n stuk Afrikaans wat alte gemaklik in die verlede afgemaak is of
Afrikaans wat as nie-standaard geïgnoreer kon word."
Ander aspekte wat met Stoepstories bedoel is, is dat daar 'n magtige klomp
vroue nou in Afrikaans skryf oor alle norme en waardes van die samelewing.
Voorbeelde:
1)Dalene Mathee: Susters van Eva, die Bos-trilogie ( Kringe in 'n bos,
Moerbeibos; Fiela se kind)
2)Maritha van der Vyver: Griet skryf 'n Sprokie, Die dinge van 'n Kind;
3)Marlene van Niekerk: Triomf;
4)Maretha Maartens: Ruitevrou;
5)E.K.M.Dido: Rugdraai en Stilbly, ( eerste bruinvroue skryfster in
Afrikaans. baie opwindend.) Haar tweede roman verskyn nou binnekort.
6)Rachelle Greeff: Al die windrigtings van my wêreld; sy het ook die
bundel" Dogters van Afrika" saamgestel.
7)Rika Celliers: Spirakel;
8)Lettie Viljoen: Landskap met vroue en slang;
9)Hannie Maritz: Tien blou krale en drie lemoene;
10) Jeanne Goosen;
Hierdie skryfsters het maar net aangesluit by vroue soos Isabelle Allende,
Barbara Kingsolver (in 'n mate),Irene Claremont de Castillejo, ens.
Ek wens ek kon vir jou meer opnoem. Daar is 'n opwindende klomp boeke
beskikbaar, maar ek kan nie almal onthou nie, en het ook nie almal gelees
nie.
Ten slotte: Moenie vir my stout dinge leer nie ( jou en Bill Clinton se
dinge) ek was onder die ondruk 'n blowjob is 'n drankie. Gloudina, en nou
wil jy voorgee ek is die stoute een : - )
Nee wat, ek sê nog altyd, gee vir my Flaubert en
> Balzac en Henry James en Charles Herman Bosman en
> 'n paar van dié snare en hou julle hygromans, wat dit
> ook al is.
Ja ek stem saam, ek lees liewer die bostaande as 'n hygroman. Terloops, 'n
verstommende aantal letterkunde skrywers skryf onder skuilname hygromans.
Madame de Bovary ( die Franse weergawe) is die naaste wat ek aan Flaubert
gekom het.
Groetnis hoor.
------------------------------------------------------------ ----------------
---------------------------------
Kan almal asseblief hierdie stommiteit vergewe. Ek het na vele pogings die
diensverskagger geskakel en stof opgejaag, waarna hulle toe 'n behoorlike
plasing van my pos gedoen het. Asseblief, kan almal my dit vergewe?
Groete
--
sand...@global.co.za
Kan almal asseblief hierdie stommiteit vergewe. Ek het na vele pogings die
diensverskagger geskakel en stof opgejaag, waarna hulle toe 'n TE GOEIE,
behoorlike
plasing van my pos gedoen het. Asseblief, kan almal my dit vergewe?
Groete
sand...@global.co.za
Dis lekker om Afrikaans te wees. Dit gee jou so lekker gevoel van uniek
wees.
Ek skryf die boodskap sommer om te se ten spyte van al die ingewikkelde
jargon, retoriek en gestyfde boordjies, politieke warrelwinde en vuil
doeke, man ek geniet dit om Afrikaans te wees. Dis nie 'n politieke
martelaarskap wat ek om my nek het nie inteendeel die las is lig en die juk
kan ek so net net nie voel nie. Ai man daar konwins ek myself weer 'n keer;
Dis lekker om Afrikaans te wees.
Groetnis.
Van Doep se Stoep
> Dis lekker om Afrikaans te wees. Dit gee jou so lekker gevoel van uniek
> wees.
> Ek skryf die boodskap sommer om te se ten spyte van al die ingewikkelde
> jargon, retoriek en gestyfde boordjies, politieke warrelwinde en vuil
> doeke, man ek geniet dit om Afrikaans te wees. Dis nie 'n politieke
> martelaarskap wat ek om my nek het nie inteendeel die las is lig en die juk
> kan ek so net net nie voel nie. Ai man daar konwins ek myself weer 'n keer;
> Dis lekker om Afrikaans te wees.
> Groetnis.
> Van Doep se Stoep
> Niet alleen godsdienstig, ook politiek (denk aan de VARA). Ik geloof niet
> dat het zozeer voorkomt uit onverdraagzaamheid. Meer uit de behoefte om je
> eigen groepsidentiteit te beschermen. Er zijn altijd twee alternatieven: het
> lekker uitvechten (Noord Ierse toestanden) of je terugtrekken in je eigen
> groep en de rest buitensluiten.
>
> Verzuiling is uit. Commerciële televisie en "zwevende kiezers" zijn in.
Ja, ek verneem op politieke gebied is die vloeibaarheid nogal hoog en ek
verstaan dat die Hollanders al selfs soms mekaar se koerante lees :-)
Maar dit sou vir ons nuwe regering ondenkbaar wees om "Katolieke" en
"Protestante" media met staatsgeld te ondersteun.
Maar ek verstaan dat iets soos 70% van die skole, die meeste hospitale,
inrigtings vir bejaarde- en kindersorg, welsynsinstellings, ens steeds op
sektariese basis bedryf word - met staatsonkoste.
>
>>
>> Vra sommer hy moet verduidelik hoe 'n mens op die onkoste van die staat 'n
>> privaatskool kan bedryf vir 'n bepaalde groep (teen dieselfde befondsing as
>> wat 'n staatskool kry).
>
>
> Vroeger was het nog erger: bij ons op het dorp hadden we drie lagere
> scholen; een openbare, een katholieke en een protestante (de openbare en
> katholieke zijn nu gefuseerd). Wanneer bij één van de drie het dak moest
> worden vernieuwd kregen de andere twee hetzelfde budget toegewezen. Alles
> ging op complete voet van gelijkheid! (misschien is het nog steeds wel zo.
Hmmm.... Hier by ons word die Katolieke skole gedwing om openbare skole te
word - of hul fondse word afgesny. Die openbare skole is streng sekulêr
nominaal word godsdiensonderrig en -beoefening toegelaat, maar in die
praktyk onstaan daar al hoe meer probleme.
(Ek verstaan dat, in die meeste provinsies in Kanada, mens ook kan kies
tussen Roomse en Protenstantse staatskole.)
Persoonlik hou ek van die "onderwysbewys" -stelsel wat in sommige state in
die VSA gebruik word - die _leerling_ word gesubsidieer en kan kies watter
skool hy wil bywoon en waar hy sy "voucher" wil inbetaal.
Ek is nou al vir 2 jaar in Aus - wat 'n ontnugtering. As 'n mens eers
hier is, kom 'n mens agter in watter siek sisteem 'n mens groot geword
het. Ek het familie in SA - melkboere, hulle melk ongeveer 150
koeie/dag. Die vrou is glad nie betrokke by die boerdery nie en hulle
het 'n 2 bediendes in die huis en ongeveer 10 mense wat vir hulle werk.
Hulle gaan op vakansies, speel daagliks tennis ens. Ek weet van baie
ander boere in SA wat dieselfde lewensstyl geniet. As jy dieselfde
melkplaas vat hier in Aus - geen bediendes in die huis nie, geen 'tuin
boy' nie en geen arbeiders nie. Die vrou help elke dag en dit is net
die twee wat 150 koeie/dag melk. Dit is dieselfde met alle ander tipes
boerdery asook met klein besighede. Die vrouens werk net so hard soos
die mans.
Ek is in besigheid betrokke hier en hier leer 'n mens wat die definisie
van WERK is. Die laat baie SA's hulle gatte sien wanneer hulle in 'n
ander land gaan probeer 'werk'. Hier is baie SA's wat suksesvol is, my
opinie is dat die wat dit hier maak, mense is wat ten minste WERK kan
spel, die wat flop en te bang is om hulle definisie van werk op 'n ander
plek te probeer is die klomp wat hulle lewe lank in Disney Land bly en
nog steeds droom oor tea girls, garden boys en swartetjies wat bibber as
hy sy stem dik maak of van sy perd afval.
Vergeet maar van die redenasies van dat die boere hier ten minste nie
agter doringdraad bly en met wapens rondloop nie. Afrika was nog altyd
Afrika - sommige mense het drade gespan en 'n klein Disney Land gebou
waar die kabouters met swepe en dik stemme beheer is. Die kabouters is
nie meer kabouters nie en Disney Land is nou Dark Africa. So word groot
en hou asb. op bitch oor moord en doodslag, misdaad en al die ander shit
waaroor julle so orgasmies raak op die nuusgroep. Afrika was nog nooit
vreedsaam en stabiel nie. As julle nie julle situasie kan verander nie,
gee pad of hang jouself van die naaste boom - hou net op moan en groan
oor Disney Land wat nie meer daar is nie. Julle het steeds 'n
lewensstyl wat van die gemaklikste in die wereld is.
Afrika is nie vir sissies nie