Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Corne Mulder se toespraak

Vr., 05 Junie 1998 00:00

@igs.net heeft geschreven in bericht ...
> oos...@geocities.com writes:
>
>
> �� I am the grandchild� of� Kmdt. Pieter Mulder
>> who took up arms against his own brother in 1914 when his brother did not
>> honor the blood oath they swore in 1902 . An oath to take up arms against the
>> British at the first opportunity to regain their freedom. In my soul lives
>> the ideals and cries for freedom of 26 000 Afrikaner women and children -
>> those who died in British Concentration camps. Those who inspired their men
>> to fight on, to never surrender.� May their suffering and pain, their anguish
>> and despair not have been in vain.
>
> ���������� Hoe word die ou ikoon-knoppies gedruk.
> ���������� Tipiese Transvaler-talk. Vergeet dat
> ���������� 'n hele klomp Afrikaners 'n hele ander
> ���������� agtergrond in ander dele van die land
> ���������� gehad het.

"Ander dele van die land" Soos die Rebellie, waarna hy hier verwys, waarin die
Noord-Kaap 'n groot rol gespeel het?

> ������� Vir dekades is al die
> ���������� ander Afrikaners aan hierdie Transvaal-
> ���������� talk geonderwerp, en later was dit
> ���������� verraad om anders te dink.

Gee 'n voorbeeld van denke wat "verraad" was, Gloudina!

> ����������� Maar gelukkig
> ���������� is daardie dae verby. Die Afrikaners
> ���������� lees nou hygromans en sit op die stoep
> ���������� en drink en luister nie meer na al die
> ���������� ou soort Transvaaltalk-indoktrinasies
> ���������� nie.
>
> ���������� En die lastering van die man. Om die
> ���������� vrees van rassistiese Afrikaners van
> ���������� uitwissing, net omdat hulle nie hulle
> ���������� pie-in-the-sky Volksstaat kan kry nie,
> ���������� nou te vergelyk met die toestand van
> ���������� die Eerste nasies van Amerika. Waar
> ���������� sal hierdie tweegesig-jakkalse tog
> ���������� ophou om vir hulself 'n rad voor die
> ���������� o"e te draai.

Jy vang dit nog nie, nie waar nie Gloudina? Die gehoor was nie Afrikaners nie.
Dit was die ANC. Dis waarom die toespraak in Engels was, heeltemal teen Mulder
se party se beleid.

En dit lyk asof die ANC dit nogal bietjie ernstig opgeneem het, as mens die
geluide wat hulle sedertdien gemaak het as eerlik kan opneem (Vali Moosa wat
weer beloftes maak oor volkstate en so aan). Maar, om iets wat die ANC sê as
eerlik op te neem is natuurlik baie naief. Toevallig (so se Viljoen) het die
toespraak saamgeval met die diefstal van groot hoeveelhede wapens van die
Valskermbataljon - en dit lyk asof ver-regse elemente verantwoordelik was vir
die diefstal.

Viljoen het, na die urelange gesprek wat Mbeki met hom oor die toespraak
gevoer het genoem dat daar weer, soos in die verlede beloftes was. Hy wys,
heeltemal ten regte, daarop dat die ANC slegs reageer op druk. Sy advies
(stem nogal ooreen met joune) is dat Afrikaners moet ophou kla, en moet begin
druk uitoefen.

Ek sien die week dat die boere nou 'n resolusie by 'n internasionale forum van
landbouers gebkry het wat die misdaad op boere veroordeel, en blykbaar is
sanksies nie uitgesluit as die regering nie iets begin doen nie.

Harald Pakendorf sing gereeld die deuntjie op Kommentaar, Sondagaande, dat die
dinge wat in die "wit" politiek gebeur en in die "wit" media gerapporteer word
eintlik irrelevant is vir die grootste deel van die mense in die land. Tim du
Plessis van Beeld sing agterna.

Ek dink die ouens maak 'n fout. Die teenwoordigheid van 'n onrustige
minderheid kan nooit irrelevant wees nie - die paar krummeltjies wat van die
inboorlinge wat in lande soos Kanada en Australië oorgebly het toon dit. In
Suid-Afrika is die Afrikaners 'n veel meer getalryke minderheid as enige van
die eersgenoemde groepe. En hulle het veel meer ekonomiese en organisatoriese
mag om hul onrus te laat voel.

En as dit "transvaler talk" is, ou ding, mag dit jou preutse biduursnobisme
stimuleer, maar dit maak dit niks minder ongemaklik vir die ANC nie.

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Friesland

Vr., 05 Junie 1998 00:00

Gloudina, heb jij een soort vooruitziende blik of is het volgende toeval:
gisteravond is de Grote Kerk in Ljouwert (Leeuwarden) korte tijd ontruimd
geweest na een bommelding van één of ander Fries bevrijdingsfront. Loos
alarm gelukkig.

Ze moeten Servië maar eens even goed onder druk zetten om onze YPR's terug
te geven; we kunnen ze zelf in Friesland gebruiken!

Groeten,
Arthur

Weslànd Vrèh !

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Toe en nou

Vr., 05 Junie 1998 00:00

Dr SK Matseka skryf in The Sowetan 4/6/98:

Teaching and nursing were regarded in the past as most respected
professions. To be a teacher or a nurse one had to be a role model of
cleanliness, professionalism, dedication, loyalty and passion for work.

Many young men and women, particularly from underprivilidged communities,
looked forward to becoming nurses or teachers.

These two professions enhanced the status, not only of the individuals, but
that of the community as well. Nurses and teachers were like twinkling stars
in the community.

The community was very proud of its teachers and nurses. It was an honour
and a pleasure to be a teacher or a nurse. District nurses who visited homes
for maternity work were a pleasure to watch as they went about their work.

They walked long distances without regular transport, carryining their
maternity bags. They were dedicated and earned very little. We honour them
for what they did.

Those who pretend to know and have just come back to join us and say there
was no nursing in the past, should ask us to rescue them from ignorance.

Hospitals were very clean, repairs were made, linen was readily available
and patients were given the necessary care. People must stop exposing their
ignorance about things they do not know (sien nota 1).

This goes for education too. We who were there gave the best service
expected. Incidentally, most of us knew what to teach (sien nota 2).

We happened to know the difference between education and an education
system. Only those who were not meant to be teachers taught what many people
called Bantu Education. I hated the system and therefore would never allow
my pupils to be poisoned.

Most teachers were role models. Some of them could compare with the best in
the world. These were the teachers who did us proud in producing the
outstanding leaders we have today in our government.

Where today we have such teachers who are as good as those who taught them,
they are unfortunately frustrated.......

The community calls upon teachers and nurses to take heart. We are with
them. We value their services. No government in the world can be respected
fully unless its nursing and teaching professions are of a high standard.

We are aware there is no money, but budgeting for bonusses and
entertainments instead of for health and education is the worst blunder any
country can make.

Nota 1: Verwysing na Dr Zuma se veldtog om "community health services" daar
te stel volgens die Kubaanse model. sy rapporteer in haar verslae die
getalle gemeenskapsklinieke wat sy gebou het. Dit blyk egter dat baie van
die "klinieke" nie meer is as die leë gebou nie - sonder toerusting of
personeel. Terselfdertyd word beweer dat baie van die strukture en mense wat
daar in die verlede was eenvoudig onaktief geraak het - "gerasionaliseer".

Nota 2: Klaarblyklik 'n verwysing na die warboel oor kurrikulum waarin die
land nou al sedert 1994 is. Die wetgewing oor tuisonderwys verklaar,
byvoorbeeld, dat tuisonderwys moet voldoen aan die minimum vereistes van die
kurrikulum in openbare skole en die minimum standaarde van onderwys in
openbare skole. Tens spyte van herhaalde navrae aan nasionale en provinsiale
onderwysstrukture oor die jare kon nie een van hulle my nog 'n aanduiding
gee van wat die minimumvereistes van die kurrikulum en die minimum
standaarde van onderwys in openbare skole is nie.

Opmerkings:

1) Volgens my inligting geniet Dr Matseka hoë aansien in baie swart
onderwyskringe. Hy is glo in 1992 op vroeë pensioen gestuur omdat hy te
uitgesproke was vir die smaak van sy base.

2) Dit lyk my dit is nie net wit Afrikaners wat keelvol raak vir die
voortdurende geskel wat wil beweer dat alles in die verlede boos en sleg was
nie. 'n Gereelde leser van die Sowetan verseker my dat, as dieselfde
opmerkings deur 'n witte gemaak is, dit geen geloofwaardigheid sou hê nie.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Goeiedag swemmers !

Vr., 05 Junie 1998 00:00

Hallo daar

Nou waaroor praat ons einlik in die klein stukkie van die web wat
Afrikaans is ?

Vestig ons ons eie ryke identiteit of word ons saamgevoer met die
genadelose digitalisering van die inligtingsrevolusie ?

[nou moet jy sien...]

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Re: Alkohol en hygromans

Vr., 05 Junie 1998 00:00

Dit lyk my alle plasings uit SA word tans geblok of vertraag - kom ons kyk of
hierdie een werk:

Gloudina skryf:

> Leendert, Leendert, tog so sensitief oor
> moontlike emaskulasie. Is dit teken van
> onsekerheid onder die belt?
>
> Lorena Bobbit en die meskommando

En sy skryf:

> Die hygroman van die male chauvinist pig.

En sy skryf:

@igs.net wrote in message ...
> "Griet" writes: ebruik
>
>> " 'n Dame is 'n vrou wat 'n man inspireer om soos 'n heer op te tree"
>
>
> ��������� 'n Heer is 'n heer die hele tyd. Hy wag nie vir
> ���������� die vrou om vir hom te laat weet of hy nou soos
> ���������� 'n heer moet optree of soos 'n bullebak nie.

Hmmmm... hiervoor het ek begrip want, soos Margeret Thatcher gesê het: "Being
powerful is like being a lady. If you have to tell people you are, you
aren't."

My ma het nooit veel gehou van Evelyn Waugh nie, maar daar was een
opsig waarin sy met hom (en Emily Post) saamgestem het: "A woman is a lady
until her behaviour proves otherwise". My vrou hou wel van Evelyn Waugh, maar
nie van Emily Post nie. Nogtans stem sy saam met Waugh (en Post)hieroor.

En in die twee jaar wat ek Gloudina se geskel in die kuberruimte waargeneem
en verduur het, het ek tot dieselfde gevolgtrekking gekom as George
Sanders: "This is no time to act like a gentleman." Mense wat vir varke
uitgeskel word het, per slot van rekening, een of twee voorregte. Een van
hulle is om nie gemeet te word met die maastaf vir 'n jintleman nie.

Hoflike groete, Leendert :-)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rugbykommentaar op die web

Do., 04 Junie 1998 00:00

Ek is nou reeds ses maande in die VSA en vrek van die lus om rugbykommentaar
te hoor. Wil een van die slimkoppe in SA nie vir ons die kommentaar op 'n
website sit nie? Ek sien die krieket teen Engeland is op Lords se website.
Help asb....

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hygromans

Do., 04 Junie 1998 00:00

Ek ondervind probleme met die diensverskaffer - al my plasings verdwyn. Ek
vra dus onverskoning as hierdie plasing meer as een keer verskyn. Het uit
radeloosheid nou die "Re:" vooraan uitgelos.

@igs.net wrote in article ...
>
> Maar dit nou daargelaat. My man sê toe vir my hy
> dink ek maak 'n fout om te dink dat Harlequins "hyg-
> romans" is. Hy dink dat as hulle van hygromans praat
> in Suid-Afrika, dan bedoel hulle baie meer eksplisiet-
> seksuele geskrywery wat aan pornografie grens liewer
> as bloot erotiese letterkunde. Ek het gedink oor wat hy
> sê en hom uiteindelik gesê ek dink hy is reg.

Hyg romans is inderdaad die Afrikaanse ekwivalent van Mills en Boons en
Harlequin.

> Ek kan egter nie glo dat 'n mens soos Griet, wat sê
> sy is 'n sosioloog, pornografiese geskrywery bedryf nie.

Ek het voorheen al vir jou verduidelik dat die lewe in kompartemente
ingedeel is. So is Henri nie 'n leeglêer wat heeldag by hardekool vure sit
nie; so was Thomas Baines nie net ingenieur nie maar ook skilder, ens. Ek
beskou myself nie as 'n bekroonde skrywer nie. Hou net van goeie stories
en skryf dit als neer as kontrei/streek vertellinge.

> Miskien is die term "hygroman" iets vreemds vir my?
> Wil iemand vir my verduidelik wat 'n hygroman is?

Dit is tans die top-verkoper boeke in Afrikaans, soos Henri tereg vermeld
het. Baie makker as skryfsters soos Judith krantz, Shirley Conran, Janet
Daily Jackie Collins, en diesulkes.

> Ek kan ook nie glo dat wat Griet op die nuusgroep
> gepos het, enigsins bedoel was om mense seksueel opge-
> wonde te maak nie. Vind mense hierdie soort geskryf
> seksueel stimulerend? Vir my was dit nie eens baie snaaks
> nie.

Die stoepstories is inderdaad nie as pornografie, hygroman, formikering, of
seksuele stimulis bedoel nie. Dit kan beskou word as " streek vertelling
wat telkens uit die plattelandse wereld spring....en in die verlede selfs
aangesluit het by eksistensiële filosofie. Binne die partikulêre
streeksmilieu" - ontleen aan 'n resensie van Abraham H de Vries se boek:
"Skaduwee tussen skaduwees"

In hierdie genre word nog skrywers soos Jan Spies, Jan Nel,Kerneels
Breytenbach,
Sue van Waart en vele meer aangetref. Ek kan nie nou almal onthou nie.
Onlangs het baie sulke vertellinge verskyn oor Hentiesbaai en sy mense,
ens. Tolla se stories wat aansluit by die Spies en Plessis-tv program,
asook die meer onlangse program "Maak 'n las" val almal binne hierdie
genre. Antjie Krog se ma, Dot Serfontein, het graag oor haar wêreld (
Kroonstad) en sy mense geskryf.

Die Stoepstorie vertelling demonstreer ook 'n ander nuwe verskynsel in
Afrikaans, en ek haal hier vir jou aan uit 'n resensie oor Kaapse
Straatpraatjies", waarvan Mohammed Adhikari die redakteur is:

"Afgesien van die sosio-poltieke kommentaar is dit eintlik die
Praatafrikaans van die rubriek wat 'n mens boei. Dit weerspieël 'n
taal-atmosfeer wat juis nou vir die leser van belang is, dit gee iets weer
van 'n stuk Afrikaans wat alte gemaklik in die verlede afgemaak is of
Afrikaans wat as nie-standaard geïgnoreer kon word."

Ander aspekte wat met Stoepstories bedoel is, is dat daar 'n magtige klomp
vroue nou in Afrikaans skryf oor alle norme en waardes van die samelewing.
Voorbeelde:
1)Dalene Mathee: Susters van Eva, die Bos-trilogie ( Kringe in 'n bos,
Moerbeibos; Fiela se kind)
2)Maritha van der Vyver: Griet skryf 'n Sprokie, Die dinge van 'n Kind;
3)Marlene van Niekerk: Triomf;
4)Maretha Maartens: Ruitevrou;
5)E.K.M.Dido: Rugdraai en Stilbly, ( eerste bruinvroue skryfster in
Afrikaans. baie opwindend.) Haar tweede roman verskyn nou binnekort.
6)Rachelle Greeff: Al die windrigtings van my wêreld; sy het ook die
bundel" Dogters van Afrika" saamgestel.
7)Rika Celliers: Spirakel;
8)Lettie Viljoen: Landskap met vroue en slang;
9)Hannie Maritz: Tien blou krale en drie lemoene;
10) Jeanne Goosen;

Hierdie skryfsters het maar net aangesluit by vroue soos Isabelle Allende,
Barbara Kingsolver (in 'n mate),Irene Claremont de Castillejo, ens.

Ek wens ek kon vir jou meer opnoem. Daar is 'n opwindende klomp boeke
beskikbaar, maar ek kan nie almal onthou nie, en het ook nie almal gelees
nie.

Ten slotte: Moenie vir my stout dinge leer nie ( jou en Bill Clinton se
dinge) ek was onder die ondruk 'n blowjob is 'n drankie. Gloudina, en nou
wil jy voorgee ek is die stoute een : - )

Nee wat, ek sê nog altyd, gee vir my Flaubert en
> Balzac en Henry James en Charles Herman Bosman en
> 'n paar van dié snare en hou julle hygromans, wat dit
> ook al is.
Ja ek stem saam, ek lees liewer die bostaande as 'n hygroman. Terloops, 'n
verstommende aantal letterkunde skrywers skryf onder skuilname hygromans.
Madame de Bovary ( die Franse weergawe) is die naaste wat ek aan Flaubert
gekom het.
Groetnis hoor.
------------------------------------------------------------ ----------------
---------------------------------

--
sand...@global.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hygroman: VERSKONING VERSKONING

Do., 04 Junie 1998 00:00

Kan almal asseblief hierdie stommiteit vergewe. Ek het na vele pogings die
diensverskagger geskakel en stof opgejaag, waarna hulle toe 'n behoorlike
plasing van my pos gedoen het. Asseblief, kan almal my dit vergewe?
Groete
--
sand...@global.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Emmigrate To North America By Fiancee Visa For Under $1300.00

Do., 04 Junie 1998 00:00

Ja, en as jy nie binne 90 dae getroud is met die persoon wat op die visa
aansoek aangedui word nie, word jy gedeporteer.

Emigrasie & buiteland | 0 kommentare

Hygromans: VERSKONING VERSKONING

Do., 04 Junie 1998 00:00

Kan almal asseblief hierdie stommiteit vergewe. Ek het na vele pogings die
diensverskagger geskakel en stof opgejaag, waarna hulle toe 'n TE GOEIE,
behoorlike
plasing van my pos gedoen het. Asseblief, kan almal my dit vergewe?
Groete
sand...@global.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1377  1378  1379  1380  1381  1382  1383  1384  1385  1386  1387  1388  1389  1390  1391  1392    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 08 11:18:39 UTC 2026