Pô
Mô
Pôp
Jô
Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
Enige ôp kôn dôt dôn.
Iets is ge"mweb" - met dank aan Henri.
Hoe noem hulle hul katte ??? (Geen Nederlanders hier ASSEBLIEF nie)
Die "gewone" katte wat ek daar gesien het, was die rondlopers sonder huise.
Die katte IN die huise se stambome oordonder normaalweg die ander inwoners
se herkoms - dis nou die Siamese katte, die Persiese katte, ens. ens.
Kommentaar:
In my dae het 'n student sy "bounie" varsity toe getrap maar NET een geslag
na my het nie geweet dat dit 'n fiets is nie. Toegegee, dit was
studentetaal wat vandag in die mode is en more uit. Kan ook wees dat die
gemiddelde inkomste/rykdomme aansienslik toegeneem het onder latere studente
en dus ook die rygoed se status........
Nog voorbeelde asb van die Groenkloof-Waterkloof-Brooklyn-Hatfield
streektaal.
Pô
Mô
Pôp
Jô
Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
Enige ôp kôn dôt dôn.
hiersi
daarsi
Vôsity is woes lôkker
Iets is ge"mweb" - nou die standaard idioom vir swak diens orals BEHALWE
Transvaal
Iets is ge-ômWôb - nou die standaard Transvaal uitdrukking vir swak diens
Hônri Bôrger - mediese term vir nuut ontdekte fobie - die onbedwingbare lus
om saam met krokedille in vol rivier te swem
Hoe spreek 'n Transvaler "krokodil" normaalweg uit ??
Hoe spreek 'n Transvaler "krokodil" uit met net 'n armlengte water tussen
die twee van hulle ?
Definisie van Transvaal Afrikaner wat ek al gehoor het : Iemand wat tuis
Afrikaans praat en Engels daar buite.
(Ek pleit onskuldig - ek het dit nie uitgedink nie - êrens gelees)
Shannon ?? Nog bydraes asb. Wat van 'n paar Vrystatitï ???
Leendert ?? Sit jy nie daar op Tuks nie ?? Help man !
ek het i foto van die aand in hillside
jy is i bruid
agter jou raak dit donker
gaste staan rond soos i ruiter-in-swart-boekie, versteen
hul asems maak wolkies op die aarde soos op die môre
van die agste dag
in die wolkies sê hulle
ons is lief
en op die agtergrond kom i trein soos i byl uit die nag.
Laasnag het Iafrica se nuusbediener my booskap ge"mweb". Dis nou al 24 uur
na die eerste pos en nog geen lewe uit Iafrica nie. Byvoorbaat verskoning
as boodskap 1 uit die niet sal verskyn.....
Hier's die eerste een oor streektale en nog wat.
Van pure weet-nie-wat-om-te-doen-nie, blaai ek so bietjie deur die ouer
boodskappe op die ng voordat Outlook Express hulle binnekort die buitenste
duisternis toe stuur (waar sommige in elk geval na toe moes gaan voordat
hulle op die ng geland het) en kom toe op hierdie enetjie van Shannon af
wat sy op 10 Feb gepos het :
> Ons was 'n aantal jare gelede in S.. ek meen in Namibië.
Sê dit maar gerus hardop. Waar was julle ?
> Dit het my opgeval dat die mense 'n ander Afrikaans praat,
As die Transvalers ????
> Maar ek dink dit kan deels toegeskryf word aan
> streeksgebondenheid
Not'n dêm - ons dink min van afstande en ons reis nie net nie - ons REIS.
Meer ernstig nou. Dit was jou eerste kennismaking met 'n area waar daar 'n
groter Afrikaans / Duits wisselwerking is as Afrikaans / Engels. Ek is
GEEN taalkundige nie maar my vermoede is dat Transvaal Afrikaans soos wat ek
hom al gehoor het, vreeslik moes gely het ......
Oudste dogter gaan draf toe mos BA Kommunikasie op Potch. Weet vandag nog
nie in watter klas dit was nie en die kind wou ook nooit die dosent aan my
uitwys nie - maar sy bel een aand baie ontsteld. "Pa, hulle sê my Afrikaans
is PLAT" en sy noem toe nog woorde wat ek nooit voor die kinders gebruik
het nie. Soos e-l-o-k-u-s-i-e en andere wat ek nou al vergeet het.
Haar aaaa's, haar oooo's, haar ê in "ek" hoort glo ook nie in ordentlike
geselskap nie........ Het die kind maar getroos en gesê sy moet maar alles
wat die
dosent sê baie getrou in haar toetse en eksamens herhaal anders pluk sy dalk
en ek's g'n lus om ekstra jare te betaal nie. Vakansietyd hoor ek nog 'n
nuwe ding : ek is "Pô" . Eerste keer dat sy so praat, dog ek die hond
het iets simpel aangevang en sy raas met hom. Eers toe sy naderstap en my
op die skouer tik en wou weet of die familie moet saamgooi vir 'n
gehoordingetjie vir my, TOE kom ek agter die "Pô" is seker iets wat EK
gedoen het. Die hond is onskuldig. Vier jaar lank 'n stryd gehad.
om weer 'aan te pas' by die Transvalers. By my jongste het jare geneem.[/color]
Jammer, regtig jammer. :-)
> Soms verstom ek my weer aan die tipe Afrikaans wat Tossie Lochner en die
> andere wat nuus van Italië en ander lande per TV of radio stuur.
Tossie Lochner (haar nooiensvan want sy's met 'n Italianer getroud en bly
permanent daar) is 'n boorling van Tsumeb. Haar pa is Afrikaans en haar ma
een van die egte ou Suidwes Duitsers en sy is natuurlik VLOT in albei tale.
Sedert ons streek die naamsverandering ondergaan het, hoor ons haar nie meer
oor die radio nie. Jammer.
'n Duitse vriend wou een middag by my weet :
"Watse nasie is die 'Peuloë' ?"
"Hoe sê ??????????????"
"Ja man, die Peuloë. Is jy blerrie doof ?"
"Jy's gek - daar's gan stuk so 'n nasie nie. Waar kom jy daaraan ?"
"Tossie praat oppie radio altyd van hulle"
"Wat sê sy van hulle ???"
"Hulle en die Jode is die moer in vir mekaar"
Dis waar die vuurhoudtjie vir my by die kerspit uitgekom het.
Dis Tossie Lochner se Duits/Afrikaanse tong wat P.L.O. net-net te
vinnig uitspreek.
:-))
Wederom
Omie
ICQ 26839292
Die water in my adres is om spammers te versuip)
Jy skryf: "Beste Kwarantyn, Niet schrikken, maar... ik geloof helemaal niet
in God, dat wil zeggen: ik
weet niet of God bestaat."
Dankie dat jy daarom besorg is dat ek nie sal skrik nie - ek neem aan jy
bedoel dat ek nie geskok sal
wees nie. Oor jou stelling dat jy nie in God glo nie; 'n stelling wat jy
dadelik kwalifiseer deur dat te sê jy
weet nie of God bestan nie.
Dit skok my nie, en ek skrik nie daaroor nie. Ek kom dit elke dag teë dat
mense nie in God glo nie, of
bloot net skepties is. Ek is egter bevrees dat die Bybel dit duidelik stel
dat elke mens wat nie in God glo
nie, eendag GROOT gaan skrik, maar dit gaan te laat wees.
Gerrit, ek wens ek kon jou persoonlik vertel hoe ek God al persoonlik in my
lewe sien optree het; hoe ek
Hom sien ingryp het waar dit gelyk het of geen mens iets aan my situasie kon
doen nie. Van Sy
voorsienigheid toe dit gelyk het of daar vir my geen uitkoms is nie. Nie net
vir my nie, maar ook vir my
gesin. Maar dan sal ek jou die verhaal van my lewe moet vertel - van die
begin af tot nou toe. Ek
ondervind daagliks Sy liefde en Sy sorgsaamheid. Die grootste, mees
bevrydende oomblik in my hele
lewe was toe ek my aan Hom kon oorgee en toelaat dat Hy my lewe bestuur. Dit
was die oomblik toe ek
besef het dat ek deel geword het van die ewige lewe, en dat, wanneer ek
sterf, ek in alle ewigheid by my
God sal wees. Weet jy watter groot heerlikheid dit is? Waarskynlik nie... en
dis jammer. Ek wens jy kon
dit ook beleef soos ek dit beleef.
Nee, Gerrit, ek skik nie. My hartewens vir jou is dat jy nie eendag hierdie
woord na jou toe sal hoor
terugkeer nie: "Niet schrikken, Gerrit.... ik ken je helemaal niet..."
As ek sulke nuus uit SA ontvang weet nie of ek daaroor "moet lag of
huil" nie! Ek het hierdie aan 'n Amerikaner brobeer vertel en hy het
my aangekyk asof ek hom 'n urban legend probeer verkoop.
Gloudina, wat sê julle regering van die diplomaat?
Ander kommentaar?
-----------------------------------------------------
Verlede week het rowers `n koeltrok gekaap, al die vleis gesteel en
die 5 manne daarin toegemaak. Dit was vroeg in die oggend en teen die
tyd dat enige iemand opgedaag het om hulp te verleen het die 5 manne
versmoor en verkluim. Krap merke was aan die binnekant van die deur en
`n dik yster was omgebuig maar tevergeefs.
19 Amerikaanse toeriste is gister saam met hul toergids in Mamelodi
in `n saal waar kinders besig was om vir hulle te sing, aangehou met
messe en van alles beroof. Kameras, Videos, geld, juwele en video
kamars .
Die diplomaat van Kanada se dogter is op `n skole uitstappie in
Kwa-Zulu Natal verkrag. Die ouers is woedend en wil terug Kanada toe
Twee toeriste van Ghana is op die trein tussen Jhb., en Pta ook met
messe aangehou en beroof.
Ouers het nou `n hofsaak more aan nadat met indringende ondersoek en
navraag ontdek is dat die nasieners van die matriekvraestelle se
Wiskunde het self Wiskunde gedruip in die Standaard graad. Een ou het
`n E simbool in Wiskunde behaal en sien die vraestelle na. Nasieners
van die Natuur en Skeikunde vraestelle gemerk het voldoen ook nie aan
die vereistes soos die koerant dit gestel het nie. Hulle het almal
gelieg toe hulle hul CV verstrek het. Wat `n gemors.
Gister het `n groot vragmotor met aartappels en uie ter waarde van
R50,000 het vinnig op die BEn Schoeman afgepeil op `n tou motors wat
stadig verby werkers ry wat op een van die bane werk. 14 motors is
wrakke en 19 mense het wonderbaarlik aan die dood ontkom. Die
vragmotor het op sy sy geval bo-op motor. Die bestuurder van daardie
motor is ernstig beseer. Die motors het vir kilomeeters opgehoop want
die sakkies aartappels en uie en die wrakke het die wereld volgele.
Wat `n gemors.
Die verkiesing kom nader en die regering raak jittery. Na maande se
reklame, dreigemente gesmeek ens. ens. dat die bevolking hulle
"barcide" I.D. s moet aanvra.( Terloops dit kos R80) is daar
vanoggend `n berig oor die nuus dat: In die volgende 5 jaar `n I.D.
plastiese kaart uitgereik sal word. Dit sal soos `n krediet kaart
lyk.
Maar hier kom die cherry op die koek. Gister het 6 mangate in die
strate in die middel van Jhb. ontplof en die deksels en stukke teer
die lug ingeskiet.Smouse vlug verskrik. Die nooddienste wat opdaag
weet nie presies waar die brandpunt is nie.. Gou word 4 straatblokke
afgesper. Almal het gedink dis bomme. `n Ondergrondse lekkende gaspyp
het die kanaal met gas gevul. Een van die smouse se
vleisbraai-stalletjie het te warm geword en die ontploffing
veroorsaak. Die brandweer en bomopruimings eenheid het ook opgedaag.`n
Aptekerskoerier is van sy motorfiets geslinger en is Hospitaal toe.
Haai ! dit kon seker ernstig gewees het. Maar ek lag hardop as ek die
prentie visualiseer. Die ronde deksels van die mangate wat die lug
inskiet met `n plofslag. Die straat smouse wat verward rondskarrel en
verskrik vlug. Praat nie eers van al die goedere wat deurmekaar le
nie. Die nooddienste en bradweer wat opdaag en afsper `n Foto in die
koerant wys een van die nooddienste ouens op sy hurke by so `n
mangatopening. Hy leun voorentoe op sy hande en loer na
binnede so half skrikkerig want `n mens weet nie wat nog daaruit sal
kom nie. .
Dis `n regte Leon Schuster toneel.
Weens die inflasie wat afkom het die banke nou hulle rentekoerse ook
verlaag. In die selfde nuus program word aan die betrokke swart dame
gevra hoekom die pryse van iets (ek vergeet wat) so verhoog is.Haar
antwoord was dat "inflasie is hoog daarom is die pryse verhoog." Wat
`n gemors.