Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hardekoolvuur!

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

'n Dag of wat vroeër as gewoonlik, maar soos julle dalk elders opgemerk het,
moet ek saam met Dok Sarel en die manne die woeste wêreld van die Olifants
gaan aandurf, en dit verg 'n bietjie voorbereiding vir die volgende dag of
wat.

Oor 'n week begin die Super 12 rugby kompetisie, en om almal in die regte
stemming te kry, is daar 'n storie oor wat fout kan gaan tydens 'n rugby
uitsending langs die Olifants by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage7.htm

Groete

Henri Burger('Die Olifants is nie vir Sissies, of Pioniersgestremdes nie!')

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Streekstale - Transvaal aan die beurt

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Tot dusver het ons :



Pôp

Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
Enige ôp kôn dôt dôn.

Iets is ge"mweb" - met dank aan Henri.

Hoe noem hulle hul katte ??? (Geen Nederlanders hier ASSEBLIEF nie)
Die "gewone" katte wat ek daar gesien het, was die rondlopers sonder huise.
Die katte IN die huise se stambome oordonder normaalweg die ander inwoners
se herkoms - dis nou die Siamese katte, die Persiese katte, ens. ens.

Kommentaar:
In my dae het 'n student sy "bounie" varsity toe getrap maar NET een geslag
na my het nie geweet dat dit 'n fiets is nie. Toegegee, dit was
studentetaal wat vandag in die mode is en more uit. Kan ook wees dat die
gemiddelde inkomste/rykdomme aansienslik toegeneem het onder latere studente
en dus ook die rygoed se status........

Nog voorbeelde asb van die Groenkloof-Waterkloof-Brooklyn-Hatfield
streektaal.

Gegroet
Omie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Streekstale - Ons vorder

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Ons lys groei :

Tot dusver het ons :



Pôp

Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
Enige ôp kôn dôt dôn.
hiersi
daarsi
Vôsity is woes lôkker

Iets is ge"mweb" - nou die standaard idioom vir swak diens orals BEHALWE
Transvaal
Iets is ge-ômWôb - nou die standaard Transvaal uitdrukking vir swak diens
Hônri Bôrger - mediese term vir nuut ontdekte fobie - die onbedwingbare lus
om saam met krokedille in vol rivier te swem

Hoe spreek 'n Transvaler "krokodil" normaalweg uit ??
Hoe spreek 'n Transvaler "krokodil" uit met net 'n armlengte water tussen
die twee van hulle ?

Definisie van Transvaal Afrikaner wat ek al gehoor het : Iemand wat tuis
Afrikaans praat en Engels daar buite.
(Ek pleit onskuldig - ek het dit nie uitgedink nie - êrens gelees)

Shannon ?? Nog bydraes asb. Wat van 'n paar Vrystatitï ???
Leendert ?? Sit jy nie daar op Tuks nie ?? Help man !

Gegroet
Omie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Uit " & nou & nou" deur GERT VLOK NEL

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Fragment uit " & nou & nou."
Gert Vlok Nel

ek het i foto van die aand in hillside
jy is i bruid
agter jou raak dit donker
gaste staan rond soos i ruiter-in-swart-boekie, versteen
hul asems maak wolkies op die aarde soos op die môre
van die agste dag
in die wolkies sê hulle
ons is lief

en op die agtergrond kom i trein soos i byl uit die nag.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Stem . . .?

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Kan iemand my asb. inlig oor die stemmery:

Wanneer en waarvoor stem ons?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

PC & Netwerk tegnikus

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Ek is te huur/beskikbaar, kan binne 48 uur begin.

My cv is by http://pages.hotbot.com/photo/grove/cv.html

--

Grove Erasmus
Posbus 40
Ellisras, 0555
Sud-Afrika / Afrique d'Sud / Zuid-Afrika / South Africa

Tel/Fax: +27-012-666-7822(h)
011-783-4823(w)
Mobile: +27-083-654-6546
Mobile's email: 08365...@sms.co.za (PLAIN TEXT ONLY, MAX 50 CHARCTERS)

Web site: http://cnf.clever.net/africa/grove

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

PROFESSIONELE GESONDHEIDSORG MENSE BENODIG

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

'n Groot, internasionale (Amerikaanse) maatskappy soek professionele
gesondheidsorg mense (deeltyds of voltyds). Opleiding sal voorsien word.

Vir verdere inligting epos shan...@iafrica.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Ontbloot die Nag" van MARLISE JOUBERT

Di., 16 Februarie 1999 00:00

Ontbloot die nag
Marlise Joubert

al sou jy nie antwoord nie
en stil word
soos die slapende meeue
en die vlieënde son wat my soms
aan jou gelaat herinner

ontbloot die nag my haar raaisels
terwyl die see haar voete verplaas
met legendes

al sou vergetelheid jou omring
en harige bome jou verblind
al sou jou vorm sterf
tussen die splinters van mense

ontbloot die nag my haar raaisels
my vingers kry koers soos riviere
en die oorsprong is jy

Prosa & poësie | 0 kommentare

Aan Shannon - tweede probeerslag

Di., 16 Februarie 1999 00:00

Laasnag het Iafrica se nuusbediener my booskap ge"mweb". Dis nou al 24 uur
na die eerste pos en nog geen lewe uit Iafrica nie. Byvoorbaat verskoning
as boodskap 1 uit die niet sal verskyn.....

Hier's die eerste een oor streektale en nog wat.

Van pure weet-nie-wat-om-te-doen-nie, blaai ek so bietjie deur die ouer
boodskappe op die ng voordat Outlook Express hulle binnekort die buitenste
duisternis toe stuur (waar sommige in elk geval na toe moes gaan voordat
hulle op die ng geland het) en kom toe op hierdie enetjie van Shannon af
wat sy op 10 Feb gepos het :

> Ons was 'n aantal jare gelede in S.. ek meen in Namibië.
Sê dit maar gerus hardop. Waar was julle ?

> Dit het my opgeval dat die mense 'n ander Afrikaans praat,

As die Transvalers ????

> Maar ek dink dit kan deels toegeskryf word aan
> streeksgebondenheid

Not'n dêm - ons dink min van afstande en ons reis nie net nie - ons REIS.
Meer ernstig nou. Dit was jou eerste kennismaking met 'n area waar daar 'n
groter Afrikaans / Duits wisselwerking is as Afrikaans / Engels. Ek is
GEEN taalkundige nie maar my vermoede is dat Transvaal Afrikaans soos wat ek
hom al gehoor het, vreeslik moes gely het ......

Oudste dogter gaan draf toe mos BA Kommunikasie op Potch. Weet vandag nog
nie in watter klas dit was nie en die kind wou ook nooit die dosent aan my
uitwys nie - maar sy bel een aand baie ontsteld. "Pa, hulle sê my Afrikaans
is PLAT" en sy noem toe nog woorde wat ek nooit voor die kinders gebruik
het nie. Soos e-l-o-k-u-s-i-e en andere wat ek nou al vergeet het.
Haar aaaa's, haar oooo's, haar ê in "ek" hoort glo ook nie in ordentlike
geselskap nie........ Het die kind maar getroos en gesê sy moet maar alles
wat die
dosent sê baie getrou in haar toetse en eksamens herhaal anders pluk sy dalk
en ek's g'n lus om ekstra jare te betaal nie. Vakansietyd hoor ek nog 'n
nuwe ding : ek is "Pô" . Eerste keer dat sy so praat, dog ek die hond
het iets simpel aangevang en sy raas met hom. Eers toe sy naderstap en my
op die skouer tik en wou weet of die familie moet saamgooi vir 'n
gehoordingetjie vir my, TOE kom ek agter die "Pô" is seker iets wat EK
gedoen het. Die hond is onskuldig. Vier jaar lank 'n stryd gehad.

om weer 'aan te pas' by die Transvalers. By my jongste het jare geneem.[/color]
Jammer, regtig jammer. :-)

> Soms verstom ek my weer aan die tipe Afrikaans wat Tossie Lochner en die
> andere wat nuus van Italië en ander lande per TV of radio stuur.

Tossie Lochner (haar nooiensvan want sy's met 'n Italianer getroud en bly
permanent daar) is 'n boorling van Tsumeb. Haar pa is Afrikaans en haar ma
een van die egte ou Suidwes Duitsers en sy is natuurlik VLOT in albei tale.
Sedert ons streek die naamsverandering ondergaan het, hoor ons haar nie meer
oor die radio nie. Jammer.

'n Duitse vriend wou een middag by my weet :
"Watse nasie is die 'Peuloë' ?"
"Hoe sê ??????????????"
"Ja man, die Peuloë. Is jy blerrie doof ?"
"Jy's gek - daar's gan stuk so 'n nasie nie. Waar kom jy daaraan ?"
"Tossie praat oppie radio altyd van hulle"
"Wat sê sy van hulle ???"
"Hulle en die Jode is die moer in vir mekaar"

Dis waar die vuurhoudtjie vir my by die kerspit uitgekom het.
Dis Tossie Lochner se Duits/Afrikaanse tong wat P.L.O. net-net te
vinnig uitspreek.
:-))

Wederom
Omie

ICQ 26839292
Die water in my adres is om spammers te versuip)

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Niet schrikken - wie, Gerrit - ek? of jy?

Ma., 15 Februarie 1999 00:00

Beste Gerrit

Jy skryf: "Beste Kwarantyn, Niet schrikken, maar... ik geloof helemaal niet
in God, dat wil zeggen: ik
weet niet of God bestaat."

Dankie dat jy daarom besorg is dat ek nie sal skrik nie - ek neem aan jy
bedoel dat ek nie geskok sal
wees nie. Oor jou stelling dat jy nie in God glo nie; 'n stelling wat jy
dadelik kwalifiseer deur dat te sê jy
weet nie of God bestan nie.

Dit skok my nie, en ek skrik nie daaroor nie. Ek kom dit elke dag teë dat
mense nie in God glo nie, of
bloot net skepties is. Ek is egter bevrees dat die Bybel dit duidelik stel
dat elke mens wat nie in God glo
nie, eendag GROOT gaan skrik, maar dit gaan te laat wees.

Gerrit, ek wens ek kon jou persoonlik vertel hoe ek God al persoonlik in my
lewe sien optree het; hoe ek
Hom sien ingryp het waar dit gelyk het of geen mens iets aan my situasie kon
doen nie. Van Sy
voorsienigheid toe dit gelyk het of daar vir my geen uitkoms is nie. Nie net
vir my nie, maar ook vir my
gesin. Maar dan sal ek jou die verhaal van my lewe moet vertel - van die
begin af tot nou toe. Ek
ondervind daagliks Sy liefde en Sy sorgsaamheid. Die grootste, mees
bevrydende oomblik in my hele
lewe was toe ek my aan Hom kon oorgee en toelaat dat Hy my lewe bestuur. Dit
was die oomblik toe ek
besef het dat ek deel geword het van die ewige lewe, en dat, wanneer ek
sterf, ek in alle ewigheid by my
God sal wees. Weet jy watter groot heerlikheid dit is? Waarskynlik nie... en
dis jammer. Ek wens jy kon
dit ook beleef soos ek dit beleef.

Nee, Gerrit, ek skik nie. My hartewens vir jou is dat jy nie eendag hierdie
woord na jou toe sal hoor
terugkeer nie: "Niet schrikken, Gerrit.... ik ken je helemaal niet..."

Beste groete uit Pennsylvania

Kwarantyn

*** Posted from RemarQ - http://www.remarq.com - Discussions Start Here (tm) ***

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1258  1259  1260  1261  1262  1263  1264  1265  1266  1267  1268  1269  1270  1271  1272  1273    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 14 00:57:54 UTC 2026