Na aanleiding van die komende debat oor die lot van die ou volkie ...
"
Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach,
Coetzee, van Zyl Slabbert
--
In die koerante lees ons dat daar waarskynlik binnekort 'n openbare
debat in die Parlement gaan kom, ingelei deur Thabo Mbeki, oor "die
Afrikaner". Hierdie debat, wat seker as rigtinggewend gesien moet
word van Mbeki se beoogde hantering van die Afrikaners, vloei glo
voort uit 'n reeks gesprekke tussen hom en "verteenwoordigende" of
"invloedryke" Afrikaanse instansies en individue. Die inisiatief en
die uitlig van die vraagstuk herinner aan soortgelyke pogings van
voorheen en elders in die geskiedenis (soos bv. "die Joodse kwessie
. . .", "die Koerdiese kwessie . . .) - wat nie beteken dat dit
vergelykbaar is nie. Maar watse Afrikaners en wie se Afrikaners is
hier sprake van? Ons weet nie wat hierdie groepsdier, "die
Afrikaner" is nie. Ons weet slegs dat ons ons nie herken in vroeëre
"gangbare" definisies nie, want dié was gebaseer op uitsluiting en
stereotipering. Nou is dit interessant om te sien dat dit presies
dieselfde instansie is wat vantevore die norme bepaal het en tans
as lakeie die saak probeer skik met die toekomstige president.
Hierdie mense se essensiële bemoeienis was natuurlik nog altyd
hulle verhouding met en toegang tot mag (en aldus voorregte). Dit
pas die toekomstige president blykbaar om die vorige ortodoksie
(FAK, AB, ATKV, Suid-Afrikaanse Akademie en dergelike) te
legitimeer en bestendig. In ons land verkies mag altyd om self sy
interlokuteurs en gespreksgenote te kies. Dis immers hoe die vorige
bedeling die Hendrickses en Mantanzimas en ander Mangope's
aangestel het as segsmanne van hulle onderskeie volke. Maar hierdie
windeiers en kramppense is nie deur ons of enige ander "Afrikaners"
wat ons respekteer afgevaardig of gemandateer nie; ons herken en
vereenselwig ons geensins met wat hulle ook al vir mekaar te sê mog
gehad het nie en sal ons nie daardeur gebonde voel nie. En tussen
hierdie "onse" is daar bruin en bleek, kommuniste en Boere en
boere en bittereinders en liberale, Dakar pelgrims en agnostici en
Boeddhiste en afvalliges en wederstrewiges en skrumskakels en
alkoholiste en kerkmuise en kultuurkokkerotte en moffies en
mekênnieks en vissermense sonder kwotas en vorige grensvegters en
boepbewoners en nihiliste en diakens en gesellinne en filosowe en
koffiedrinkers - kortom, daardie ruie en ongetemde maar
lewenskragtige verskeidenheid onafhanklikes en bywoners en
sinmakers en useful idiots wat met reg daarop aanspraak kan maak
dat hulle die "meerderheid" Afrikaners is (maar nooit so
aanmatigend sal wees om te dink hulle is "verteenwoordigend" nie).
Vir ons is om Afrikaner te wees - of Afrikaans as moedertaal te hê
- nie 'n fataliteit of 'n kondisionering nie; dis 'n
self-bepalende, ondersoekende, bevraagtekenende, veelkleurige en
oop verbasteringsproses wat groei uit baie wortels. En ons is
trots op ons spesifisiteite en vermoëns. Maar ons is ook
Suid-Afrikaners en Afrikane. Want om Afrikaner te wees is geen smet
nie. Ter illustrasie (en nie vergelykenderwys nie): die Nazi's was
ook Duitsers, Idi Amin en Bokassa en Mobutu was ook Afrikane. Dis
waarom ons weier om gemeng met die semels op dié manier aan die
Parlement opgedis te word. Dat daar besin moet word oor onopgeloste
kwessies soos 'n staatsbestel wat genoegsaam ruimte laat (en krag
daaruit put) vir beide diversiteit en eenheid, vir uiteenlopende en
tog bindende geskiedenisse, vir die voortgesette ontwikkeling van
Afrikaans as wetenskaps- en tersiêre taal, vir 'n herwaardering van
openbare etiek, vir die omvormende funksie van kreatiwiteit, vir
demokrasie . . .is onomstootlik. Dat daar egter in die Parlement
gegorrel gaan word oor die "Afrikaner" (ten aanhoor van die
geroggel op opposisiebanke) na aanleiding van gesprekke gevoer met
mense wat lankal nie meer die Afrikaners verteenwoordig nie, is
onaanvaarbaar en dalk selfs moedswillig. BREYTEN BREYTENBACH
ANDRÉ P. BRINK AMPIE COETZEE FREDERICK VAN ZYL SLABBERT
"
--
Skaamteloos geplagiariseer uit Die Burger, 20 Maart 1999: http://news.24.com/osv/pdviewer.asp?www=http://news.24.com/a frikaans/die_burger/die_burger.asp
Ek is nou maar voor-op-die-wa genoeg om Nr1 in die onderwerp te sit -
hopelik sal ek meer van hulle plaas as daar belangstelling is.
Ek dink aan so 'n stadige spoed Trivia spel oor Afrikaanse
letterkunde.
Ek sal 'n aanhaling uit 'n boek of gedig plaas en enige een kan kyk of
hulle kan raai wie dit geskryf het en wat die werk se naam is.
Hopelik is hierdie een nie te moeilik nie.
Dis 'n boek en dit eindig so:
"'n Kind het vir homself 'n weg gebaan deur die oerwoud. Hy het
struikelend, af en toe selfs gewond, langs dwaalwee en klowe, slegs op
enkele punte met die steun van 'n gids, uit die donkere doolhof
uitgekom.
Hy staan nou in die lig, en ann sy voete lê die wereld oop.
Of hy 'n stoker word of 'n admiraal, 'n vrye swerwer langs Gods weë of
'n sigaretwinkeltjie - dis my om't ewe.
Solank as hy my maar eerlik en onbevrees in die oë kyk.
En regop staan.
Soos 'n man....!"
NAMALIEDJIE
Pieter Claassens
(Verse vir 'n windswael, 1980)
hand aan hand
stap ons deur die twa,
jy met jou noe
ek met my ghaai
jou tsammatjies stoot
al kleingoed toe -
wie gaan hom abba,
ek of jy?
o my nambro
my nambro
my wilde swael,
wie gaan ons uit
die gommi haal?
ons tkoeikikwa
wie gaan hom dra -
jy sy gūs
of ek,
sy pa?
twa = Boesmangras
noe = gebreide velletjie wat Hottentot-
meisies voor en agter bedek
ghaai = vel wat man se skaamte bedek
nambro = wilde swael
gommi = moeilikheid/dilemma
tkoeikikwa = tengerige Boesmankindjie
gūs = ma
Jy se hier erens dat ek jou nog 'n antwoord skuld oor Nunavut. Ek sukkel
regtig om geinteresseerd te bly na sommige van jou antwoorde: 'n Voorbeeld:
Bees: "Die enigste bree ooreenkoms, dink ek, is die idee van 'n vorm van
outonomiteit wat nagestreef word. Verder sal 'n volkstaat in SA waarskynlik
nie ekonomies onafhanklik wees nie, net soos Nunavut."
(Let wel , ek wys uit dat ek dink dat daar een bree ooreenkoms is. Dan voeg
ek 'n (minder belangrike) stelling by wat begin met "Verder...")
Leendert: "OK, dis twee ooreenkomste."
Ek is net nie lus om op hierdie manier te gesels nie. Ek dink dit is
sinneloos om hierdie tipe van onnodige en niksseggende (en irriterende)
stellings te maak.
Dit beteken nie dat ek nie belangstel in jou opinies nie, Leendert. As jy
wil gesels, se wat jy dink oor die goed wat saakmaak. Ek vind party van jou
perspektiewe interresant, al vind ek dat ek baie keer daarvan verskil.
So, my voorstel: Begin 'n nuwe draad, en vertel vir my hoekom jy glo dat
Nunavut en die SA volkstaat idee dieselfde is. Ek het jou reeds vertel
hoekom ek, gebaseer op my persoonlike waarnemings, glo dat hulle in wese
meer verskillend as dieselde is.
Tot later
Bees
Ps. 'n Goeie, meer akkurate titel sou wees: "Nunavut en SA
volkstaat -dieselfde idee?"
WTF are you talking about?
Jy maak nou weer stories oor goed wat jy op TV gesien het nê.
Secret Squirrel wrote:
> In true fashion this alarming information is deliberately hidden
> from the outside world.
>
> Cover up after cover up con tinues without any SAfrican question
> it. Why should it be people living outside of SA who have to ring
> the alarm bell every single time.
>
> Are the SAfricans just so brainwashed into accepting everything?
> Are they perhaps just so uncaring?
>
> OR ... are they just to afraid to embrace the truth.
>
> I reckon the latter!
>
> Squirrel
Ek het n` boek van K. Schoeman gelest; Na die geliefde land. En goed boek
maar hy het die Johannes Openbaaring toe gelest hê. Het hy aander boek
skrywe.
Hoe sou SA vandag gewees het indien die Franse Hugenote, die Britse
Settelaars en die Voortrekkers meer akkommoderend was? Het 'n gebrek aan
akkommodasie (nou praat ek nie in die RDP huise rigting nie!) nie juis vir
'vordering' gesorg nie?