Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ook die klein mensies

Wo., 21 April 1999 00:00

Ek moet tog verskoning vra dat ek nou eers weer reageer - ek het mos nie my
eie rekenaar nie en moet maar leen, of my dogter of my buurman hier onder
my. Dis nou hoeka waarom ek nie my eie adres kan gee nie - hulle het my die
dood voor oe gesweer as ek die regte adres gee. Blykbaar baie vreemde mense
in onse ou wereld - pornografie en alles word na private adresse gestuur.
Is dit nie skandelik dat mens nie eers meer openlik kan wees nie. Ook maar
goed dat die geleerde mense so agterdogtig is en my kan waarsku oor die
probleme.

En Gloudina, my ou kind, sal dit nou regtig 'n verskil maak as ek nou 'n man
was (behalwe dat my oorlede man nou nie so beindruk sou gewees het nie), en
as ek nou al jou ou vragies beantwoord (wat enige mens seker maar in 'n
geskiedenisboek of die Huisgenoot kan oplees), sal jy nou rerig tevrede
wees, of sal jy net 'n paar ander vragies vra. Soos my ou ma altyd gese
het, as ons iets slegs geruik het, "Gaan bad en was jou gesig behoorlik, dan
sal jy beter ruik.". Maar soos ek gese het, ek verstaan nou die wantroue in
vandag se wereld. Probeer maar nou om sin te maak van wat ek probeer se, en
nie wie dit se nie - dis tog seker nie so belangrik nie.

Elkeen se bydrae in die ou lewe is tog anders, maar ook nodig wanneer dit
met liefde en met toewyding gegee word. Ek is maar 'n eenvoudige mens , oud
maar jonk van gees, en soos iemand eendag gese het: "Die Liewe Here moet
seker die gewone mens baie liefhe, daarom het hy so baie van hulle gemaak.

Boeregroete
Ouma Lien

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Ook die klein mensies

Wo., 21 April 1999 00:00

In article ,
"Kobus Pietersen" wrote:

Haai Kobus, ou Broer

Jy sit die pot darem nou lekker mis - tel twee en twee bymekaar en kom by vyf
uit. Daar is darem ook ander verduidelikings, en as ek nou regtig
belanggestel het, sou ek dit aan jou verduidelik het. Vir nou, is dit genoeg
as ek se dat ons almal familie het wat by ander familie gaan kuier? Of gaan
besoek jy nooit jou familie nie?

Vriendelike groete
Royleen, wie se familie darem nog lief is vir haar

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Huwelik" deur ELISABETH EYBERS

Wo., 21 April 1999 00:00

HUWELIK
Elisabeth Eybers
(Einder, 1977)

Hulle maak mekaar per definisie seer.
Hoe meer die een die ander penetreer
hoe minder word die oneffenheid besleg
deur ledemate alleen. Angel en weer-
haak help om hulle inniger te heg.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Spitsvondige Kobus & others

Di., 20 April 1999 00:00

I bet you all thought you got rid of this thorn in the flesh - sorry to
disappoint, I've just been watching from the sidelines. Kobus, I must say,
I like your style - absolutely brilliant - keep it coming, Mate.

And I completely agree with you, Squirrel, when you come to a new country
that was so generous as to accept you and give you a second chance, the
least you can do is to show your appreciation by fitting in and become part
of that country. One way of doing that, is to speak the language. If you
want to cling to the old country, maybe you should never have left in the
first place. The Vietnamese immigrants here go so far as to take over
suburbs as a whole and the Aussies despise that; the same thing happens
when some of the Arab community still wear the full outfit, head covering
and all, and do not want to adjust to all aspects of their new life in their
new country. By all means, have your fond memories (I've got so many) and
speak your home tongue with friends and family at home, but "when in
Rome...".

And now that Gloudina doesn't read my mail any more, I'll try to translate
the above:

Ek is seker julle het gedink dat julle van die doring in die vlees ontslae
geraak het - jammer om julle teleur te stel. Kobus, jy is briljant - ek
sien uit na jou volgende spitsvondige plasing hier, ou Maat!
En ek stem heeltemal met Squirrel saam - mens moet in- en aanpas by die
lewenswyses, en dit sluit taal in, van jou nuwe land. Hulle het jou met ope
arms verwelkom en ek dink dit is die minste wat jy kan doen, om hulle taal
te praat. So kry jy die respek en waardering van jou nuwe landgenote. Kyk
maar hoe die Aussies reageer wanneer die Vietnamese en Arabiere weier om aan
te pas... 'n Mens het altyd wonderlike herinneringe van jou geboorteland,
maar die nuwe land wat jy gekies het, verdien jou lojaliteit in elke opsig.

En noudat ou Gloudina nie meer my pos lees nie, sal ek probeer om altyd in
goeie, korrekte Afrikaans te skryf, met die hulp van my tweetalige
skoolwoordeboek wat ek gegaps het van die laaste skool waar ek skoolgehou
het voor ons geemigreer het.

Groete uit die Paradys
Royleen

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Wat is die toekoms vir Afrikaans?

Di., 20 April 1999 00:00

As 'n Suid Afrikaaner wil ek graag julle opinie hoor oor die toekoms van
Afrikaans in die "nuwe" S.A. Ek is eintlik 'n soutie maar praat meer
afrikaans weens my werk plek..( ons het almal maar ons probleme :o) ).

Alle grappies op 'n stokkie, is daar nog plek vir die taal in ons land?

Wat dink julle?

Groete
Engelsman

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Griekwa Afrikaans?

Di., 20 April 1999 00:00

Weet iemand dalk waar ek meer gedigte, lirieke, ens. kan kry op die internet?

Twee voorbeelde:

Adam die Griekwa-Digter, se weergawe van Korinthiërs 13.

al sal ek die tale van mense en van ingelse praat,
maar ek het die liefde geloop geruil vir die haat,
dan het ek net 'n raaslike parafienblik gekom raak.

al was ek so slim lat ek nuwe goeterse kan maak,
maar ek het die jirre se liefde buite in die son gelat Iê,
dan is ek niks, hoor wat ek hierdie vandag vir jou sê.

al gee ek my hele bokke weg, net om die eer te hê,
dan sal al hierdie dinge my nou nog niks gepetaal
het nie as ek nie die liefde uit die jimmel kan geloop
haal het nie.

die regte liefde die se bek is nooit nie dik nie,
jy sien hom nie skinder en jy hoor hom nie klik nie,
hy skrywe die kwaad ok nie in boekietjies op nie.


DIE GEBED VAN 'N GRIEKWA
(Psalm 121)


Ek slat my twee oge op.
My kyk vang die verste kop: waavanaf sal my hulp nou kom?
My hulp is van die Jirre, van Hom.
Hy't nou jimmel an Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voete klipperse raak,
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit eers oor slaap.
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
Innie naghou Hy gavaarlikheid dop.
Hy's mos nou da om jou op te pas.
Jou siel hou Hy tussenjou ribbes vas.
Gan jy nou in of gan jy nou yt.
Hy's oor jou ewig en vir altyd.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Piekel-oog

Di., 20 April 1999 00:00

Wie ken die woord “piekel-oog” vir ‘n voëlnaam?
Alhoewel ek nie meer goed kan onthou hoe lyk ‘n
piekel-oog nie, weet ek dat ek met die woord groot-
geword het. My man ken die naam egter nie en kry
dit ook nie in sy SA boeke oor vo”els nie.
Ek weet dat ek nie droom nie. Die anderdag het
ek ‘n gedig van George Weideman oor plaasgeluide
op die nuusgroep geplaas, en daar het hy van die
piekeloë gepraat en daarna slinks na piccolos verwys.
Nou, George Weideman se gedigte speel meestal af in
die westelike dele van SA. So hy en ek is seker voëls
van enerse vere - Noordweskaaplanders.
My man het ‘n teorie: dat wat ek ‘n piekel-oog noem,
hulle in die Oos-Kaap “tiptolle” genoem het. Sy boeke
oor voëls vertel hom dat die rooi-oog tiptol meestal in
die noordwestelike dele van SA, Namibia en tot in
Angola voorkom. Is dit my “piekeloog”?
Wie ken die woord “piekel-oog” en hoe lyk ‘n
piekel-oog?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

HELP 'n jong Suid-Afrikaner

Di., 20 April 1999 00:00

Is jy finansieel instaat om 'n jong Suid-Afrikaanse seun te help om iets te
bereik?
Is jy bereid om dit te doen?

Indien wel, stuur asseblief 'n e-pos aan:  du...@mailbox.co.za
Alle hulp sal wardeer word.!

Ek bedel nie, ek vra net om hulp.....ek is nie 'n welsyns organisasie nie!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: If there are no genetic differences, how can Kosovo be called genocide? How evolution plays out in war.

Ma., 19 April 1999 00:00

nue...@worldnet.att.net (Nuenke, Matt) writes: > Part V of V

Dear Matt Nuenke, I live in Canada, but am
a regular contributor to the Afrikaans
newsgroup soc.culture.south-africa.afrikaans.
This is an important newsgroup, created for
people writing IN AFRIKAANS from all over
the world. For many of us outside South-Africa
it is the only contact we have with Afrikaans
and as such it plays an important cultural
part in keeping Afrikaans alive.

However, it is now being used by you and people
responding to you from other newsgroups in a
way deleterious to Afrikaans. People are losing
interest in using the newsgroup, because of the
presence of English on the newsgroup. May I
beg of you to refrain from using English on
our newsgroup. Please remove our newsgroup
from the list of newsgroups before you make your
next posting. Please could all responders to
Matt Nuenke do the same? You will make an
important contribution to Afrikaans when you
refrain from using our newsgroup. Our newsgroup
is there for people using Afrikaans.Please help
an endangered language survive.

From the land of the Algonquins.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Letter to Matt Nuenke

Ma., 19 April 1999 00:00

"UCT Student" writes: > Wattter kak is dit wat ek nou lees? Lees hieronder 'n brief van iemand wat
> klink soos hy beter setig jaar gelede in Duitsland pas as in die begin van
> die 21ste eeu! Hoekom skryf hy sy stront vir ons, ek glo dis nogal rasisties
> om Afrikaans dadelik met rasisme te assosieer want dit sê tog iets, ne'?
> Moenie vergeet nie dat alleen 48% van Afrikaanstaliges wit Afrikaners is!
>
> Almal spam hom laat ons saam-saam hierdie kak op ons nuusgroep laat vrek!
>
> M.D.

>> Matt Nuenke


I live in Canada but am an active member
of the Afrikaans newsgroup. People from
all over the world take part on this
newsgroup IN AFRIKAANS, The continuation
of Afrikaans in the 21 st century depends
to a small degree on such cybersites where
Afrikaans is used.

You are now flooding our newsgroup with
articles written in English. I assume
you do not know the damage you are causing.
With so much of the content of the newsgroup
in English, people are losing interest. So
in fact you are losing an audience too.

Could you please, from now on, just leave
the name soc.culture.south-africa.afrikaans
out of your headings (as a gesture of
respect for Afrikaans, en as a mode of
helping the continuation of Afrikaans as
a viable language in the 21st century.)
I would like the people that respond to
you to do the same. When you reply, please
just remove the name of our newsgroup from
the top list of newsgroups, before you
send it off.

I thank you in advance (or, as we say in
Afrikaans, dankie by voorbaat.

Afrikaans-sprekende in Kanada

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1226  1227  1228  1229  1230  1231  1232  1233  1234  1235  1236  1237  1238  1239  1240  1241    »]
Tyd nou: So. Des. 21 11:10:01 UTC 2025