Wel Dan, daar het jy dit. AFRIKAANSE kultuur groep- menende dat Engels
onwelkom is op hierdie nuusgroep.
Alwyn - uit Perth
Dirty Dan wrote in message ...
> Ek sien hierdie boodskap is oral heen gepos, behalwe na julle toe. Aangesien
> julle 'n kultuur groep is is daar miskien diegene wat belang stel
Ek het die wolke geskryf die weerlig
ek het die appelbome in die reën geskryf
ek het die seisoene van alle paaie geskryf
gesing gedans en borrelend
oor die vensterbank geklim
tuinpad langs getrippel en in die nes
van heuningblomme weggekruip
ek het my vlerke opgevou
my geurige toebroodjies uitgehaal
en die wolkemaal geëet en die appelbome
en die seisoene van alle toegegroeide paaie
daar is niks meer om grensloos te integreer nie
om in vorms te giet en die afdrukke oor die land
met busse of treine of vliegtuie te stuur nie
niks is meer sê nuut of oondvars brode
om in beswyming oor te raak en ure aaneen
die druiwe uit die priële te korrel nie
alles wás
nog voor die hane kraai
die ou bokke kom ook in die kraal
en ek is hier om die lewe uit te trek
en aan te trek
om voëls in pruimbome te skryf
totdat die horisonne rou daarvan
rooi soos oopgebarste pruime rou
oor die bose skrywers van ons tyd
en ek sal bieg en weer en weer
die dadels van blare oor die water skryf
dat ek die lewe kaal uitgetrek het
om onverbode vrugte te eet
geheimenisse ongeheim te skryf
want niks is bevange in 'n kaal lewe nie
die winter skil die bome af
en ek trek tousandale aan slegs
vir die woestyn wat brand
ek het die berge balkonne van die landsskap
vol riviere en huise bruin en blou
kreukels in die somerwit geskryf
ek het 'n loflied geskryf op die blaaie van die son
oor die onbevange ongeskrewe vryheid van my kosmos
Twee dae gelede het twee hoërskoolseuns in Colorado vyftien van hul klasmaats
en 'n onderwyser afrgyslik vermoor en talle ander gewond. Ek's seker meeste
lesers hier het reeds hiervan te hore gekom. Voorlopige inligting dui nou aan
dat die twee studente atlete en swart studente as teikens uitgesonder het.
Voorts blyk dit ook dat die aanval so beplan was om met Hitler se verjaardag
saam te val. In die laaste paar jaar was daar ten minste vier gevalle van
soortgelyke geweld in die vsa - in alle gevalle by "suburban" en "oorwegend
wit" skole. Talle vrae word hierdeur op die spits gedryf - wapenbeheer,
geweldadige media, verlore jeug, vooroordeel, en so meer. Ek wonder hoe lesers
hier probeer sin maak van diesulke afgryslike aanvalle.
Ek woon tans in Nederland. Ons woon al een jaar hier. My man het 'n twee
jaar kontrak. Is daar nog ander afrikaanse mense hier in Nederland wat die
nuusgroep lees? Ek sou graag wou kontak maak met ander mense in dieselfde
situasie.
Michelle
In Suid-Afrika het ons almal verstaan dat dit as rassisme beskou word wanneer
swart en wit van mekaar geskei word, en sodoende gevoelens van afkeer en vrees
teenoor die ander ras opbou. Maar nou dat ek na Vietnamese en Arabiere verwys
as 'n manier om die nasie te identifiseer, blyk dit dat sommige mense dit ook
beskou as 'n vorm van rassisme.
Wanneer ek nou na iemand wat van Amerika af kom, verwys na 'n Amerikaner, kan
dit tog sekerlik nie as rassisme beskou word nie? Of is dit net wanneer
daar 'n mate van negatiwiteit is, dat dieselfde woord as 'n teken van rassisme
beskou word?
Hoe moet 'n mens dan nou 'n opinie uitspreek sonder om as 'n rassis beskryf te
word? Of word 'n mens outomaties so beskou omdat jy die grootste deel van jou
lewe in SA deurgebring het? Ek het nog altyd gedink ek is maar kleur- en
rasblind; nou klink dit vir my of ek verkeerd was.
Royleen
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Kan die mense wat op die oomblik in die VSA woon en werk, of dalk iemand wat
al in die VSA was dalk vir my sê watter deel van die VSA (wat klimaat ens
aanbetref) is baie "dieselfde" as Pretoria.
Die rede hoekom ek vra is omrede my werk vir my vir 6 maande + VSA toe gaan
stuur en ek het 'n keuse tussen 'n paar plekke.
Dan net nog 'n ander vraag ook......Op grond van hoorsê het ek verstaan dat
dit moeiliker is om in die VSA aan te pas as in Australië.
Indien dit wel so is wat sal die rede daarvoor wees ?
Hi out there (to all folks interested in South African literature)!
At our newspaper (The Algemeen Dagblad at the Netherlands) we're watching
developments in South African literature in the post Apartheid era. At the
moment we're looking for information about a book published by Lovedale
Press (1946), original title: Ingqumbo yeminyanaya (translated: "Die toorn
van die voorvaders"). Does anybody have some information (reviews in
particular) are at least some suggestions for newsgroups (or discussion
lists) to adress with this request?
Ek moet tog verskoning vra dat ek nou eers weer reageer - ek het mos nie my
eie rekenaar nie en moet maar leen, of my dogter of my buurman hier onder
my. Dis nou hoeka waarom ek nie my eie adres kan gee nie - hulle het my die
dood voor oe gesweer as ek die regte adres gee. Blykbaar baie vreemde mense
in onse ou wereld - pornografie en alles word na private adresse gestuur.
Is dit nie skandelik dat mens nie eers meer openlik kan wees nie. Ook maar
goed dat die geleerde mense so agterdogtig is en my kan waarsku oor die
probleme.
En Gloudina, my ou kind, sal dit nou regtig 'n verskil maak as ek nou 'n man
was (behalwe dat my oorlede man nou nie so beindruk sou gewees het nie), en
as ek nou al jou ou vragies beantwoord (wat enige mens seker maar in 'n
geskiedenisboek of die Huisgenoot kan oplees), sal jy nou rerig tevrede
wees, of sal jy net 'n paar ander vragies vra. Soos my ou ma altyd gese
het, as ons iets slegs geruik het, "Gaan bad en was jou gesig behoorlik, dan
sal jy beter ruik.". Maar soos ek gese het, ek verstaan nou die wantroue in
vandag se wereld. Probeer maar nou om sin te maak van wat ek probeer se, en
nie wie dit se nie - dis tog seker nie so belangrik nie.
Elkeen se bydrae in die ou lewe is tog anders, maar ook nodig wanneer dit
met liefde en met toewyding gegee word. Ek is maar 'n eenvoudige mens , oud
maar jonk van gees, en soos iemand eendag gese het: "Die Liewe Here moet
seker die gewone mens baie liefhe, daarom het hy so baie van hulle gemaak.
Jy sit die pot darem nou lekker mis - tel twee en twee bymekaar en kom by vyf
uit. Daar is darem ook ander verduidelikings, en as ek nou regtig
belanggestel het, sou ek dit aan jou verduidelik het. Vir nou, is dit genoeg
as ek se dat ons almal familie het wat by ander familie gaan kuier? Of gaan
besoek jy nooit jou familie nie?
Vriendelike groete
Royleen, wie se familie darem nog lief is vir haar
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own