Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuwe ontwerp DVD web tuiste

Do., 29 April 1999 00:00

Vir die wat belangstel gaan loer gerus na www.dvdsa.co.za .Dis 'n plaaslike
DVD web tuiste waar hy die nuutste flieks op DVD kan koop, asook selfs jou
eie resensie vir die fliek skryf.

--
Neil Smith
YTech Holdings - Strategic Development Director

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Buiteslaap" deur GEORGE WEIDEMAN

Do., 29 April 1999 00:00

BUITESLAAP
George Weideman

Somers kon ons buite slaap: wit
hopies wasgoed ál om die huis geskik.
Dan het ons lê en kyk hoe glad ons skip
- dié ou skedonk genaamd aarde -
deur 'n see van sterre en donkerte glip.

Ons kon soveel wys word uit die lug:
die jagter en sy hond, die Suiderkruis,
boogskutter en bok, die hele sodiak.
Die naaste ster was toe nog ver,
die eerste Spoetnik 'n verdoolde Kosak.

'n Verskietende ster is 'n vonk verdwaal
uit die gode se smeltkroes;
miskien die melkweg se agteros;
of dalk, sou oupa knipoog, het daar
nou net 'n siel uit die vagevuur gedros.

En iewers, hoog en diep daarbo, in die engelebak
'n hemeling of twee wat hul aan óns vergaap:
bondels in die maanlig op die bleik;
skerp afgeteken teen die kolesak
die blou en bruin skip van ons skimmeryk.

So sou ek wegdut en wakker word
en my tot ligword verwonder oor
ons kantelende reis.
In die verte speel 'n donkie doedelsak.
In die verte speel amazing grace.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Vigs en die "feite"

Wo., 28 April 1999 00:00

Wat sal die rede van die regering wees om die ware omvang van vigs vir die
mense weg te steek. 'n Vriend van my wat daagliks met die inligting werk sê
vir my dat die ware getalle baie meer is as wat deurgegee word.

Ek het onlangs 'n teorie op die net gelees dat die virus mens gemaak, of sal
ek sê doelbewus aanmekaar gesit is. Nogal baie interesant.

As iemand meer inligting het, skryf gerus.

Riaan

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Geen Computer Fair-Geen Huis

Wo., 28 April 1999 00:00

Verlede week kry ek 'n telefoon oproep van a dame
wat reken - ek vertaal: '...ons kannie u aansoek vir 'n kaartjie vir die
Computer Fair aanvaar nie, as u nie jou fisikale adress vir ons gee nie.'

Hensop! "Ek" sal nooit weer 'n Computer Fair bywoon nie.

Hulle rekenaar se data stelsel sal van nou af net 'n
naam kry wat ek op die dag uitdink, met 'n adress
eiwers, tussen nower en nerens.

Hulle het my posbus address, hulle het my telefoon
nommer, my fisikale adress - in Suid Africa, is hulle
dan simpel. Ek het amper niks nie, nou wil hulle, ek
moet boggerol he. Dis belaglik, vir wat, sodat hulle
die informasie aan enige dief en andere wat 33% van wat hulle bymekaar maak
vir hulself hou, kan verkoop.

Vind enige eimand anders dit nie snaaks dat sodra jy jou gegewens vir 'n
instansie gegee het, dat net daarna word jy verpes deur mense wat geld soek,
veral as hulle dink jy't 'n hengse besigheid aan die gang.

As ek kan gee, gee ek maar op hierdie tydstip voel ek
"charity begins at home"

http://i.am/achrodat

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Taal

Wo., 28 April 1999 00:00

Groete
Asseblief sal U mei taal forgieve. Ek spreek die taal nie goed nie want
ek is engelse. Ek het die taal viertig jaar gelede op skool geleer, maar
noit tuis gespreek nie.
Ongelukkig het ek baie van die woordeskat vergeet, dus is ek bly om die
groepse nuus te lees. Ek het baie mooilik vakansies op Suid Afrika gehad
waneer ek in Zambia en Zimbabwe gewoon het. Vandag ek het familie en n
par friende daar.
Dankie
Murphy

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Bevrugting" deur ANTJIE KROG

Wo., 28 April 1999 00:00

BEVRUGTING
Antjie Krog
(Mannin, 1975)

uit-asem en juigend
staan ons teen mekaar op
jy skiet my vol blomme
blitsende kalkblank asters uit
jou loep
jou blonde krulle skreeu
eskaders
en klief my vingers
my naels in die skanse van jou
staalsag rug
my tong patrolleer uit jou bors
soos hygende bloed
want jou keel ruik na aarde
o jou keel ruik na aarde
ons bars deur blokkades wilde
son en splytdun glas
uit-asem en juigend en magtig
tref ons mekaar
voluit en volkome
met die tromp-op klank van
kneusing en bloeisels
ek roep sirenes in jou murg-in
oop...
minder
die stuifmeel en kruit pols stadiger
en al hoe minder
heel bloei ons leeg in mekaar se
wonde

later vanuit jou innige oë bokant my
kartets 'n klein granaat in die tyd
van vrede
geluidloos en liefdevol
tussen my heupe.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Aan almal........

Di., 27 April 1999 00:00

met wie ek reeds privaat gesels het :

Ek was die slagoffer van 'n virus wat op 26 April toegeslaan het en my hele
C skyf m&^%$ toe gestuur het. Alles, maar alles is weg - ook julle E
adresse. Moes 'n "low level format" doen om darem net die skyf terug te
kry. Sal my leer..................

Skryf asseblief : Hennerietjie, Strandjakkals, Bees, Shannon, en nog
andere ook. Sal graag julle weer in die adresboek wil plaas.

Dankie & groetnis

Omie in Walvisbaai
(Julle ken reeds die dril met die water in my adres)

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Siener van Rensburg - Boereprofeet

Di., 27 April 1999 00:00

"Aan my is geopenbaar dat daar 'n toekoms is vir hierdie volk waarvan
ek een is en wat ek so innig liefhet. Ek kan dit nie self verklaar
nie, maar ek sien nog sommige van die gesigte wat ek voorheen gesien
het; gesigte wat vir my aandui dat ons volk nog volkome vry sal word."
Siener van Rensburg

Vir die van julle wat wonder of ons land en volk se stryd einde het,
lees gerus "Siener van Rensburg, Boodskapper van God" deur Adriaan
Snyman.

Die uitgewers is:
Vaandel-Uitgewers
Posbus 1736, Mosselbaai 6500

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: My apologies Niklaas...

Di., 27 April 1999 00:00

squi...@echelon.alias.net (Squirrel) writes:

> BTW I pop in to this NG from time to time hoping to see more than
> just that homesick ex-SAfrican in Canada posting poems!!
>
> Squirrel

Ag, ou Eekhoring, jy het my darem
net op die brein. Soos ou Frikkie.
Kan my nie vergeet nie, eh?
Hoekom leer jy nie goed spel in
Engels nie.
Het jy al opgemerk: jou filosofie
het in die afgelope jaar of twee
heeltemal verander: eers was jy
'n vreeslike rassis wat die ANC
gekritiseer het. Nou begin jy die
apartheidsvarke en hulle geestelike
nageslag (selfs die versprei oor
die wereld) kritiseer? Wat het die
verandering teweeggebring?

Piggy op die Rideau

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

"Tristia en haar Voyou" deur NP van Wyk Louw (met stuk biografie)

Ma., 26 April 1999 00:00

TRISTIA EN HAAR VOYOU
N.P. van Wyk Louw

Wat? Speel hy ballinkie in Pontus?
dit wil die Latiniste weet.
en: oor tegniek en oor "verband".
got laat ons dié vergeet.

"Jou laat ek buite die gesnot:
jy wag daar op die stoep, my teef!
ék: kwak-profeet der renommée
en balling van beroep."

Mag ek in hierdie kroeg praat?
ek mág? - wie gaan belet?
het iemand trug latyn teen my?
Nee? Mooi. "Kom hier, my slet.

Kom in hier. Brandewyn en bier.
En geen geweet en geen Latyn!
Vee die druppels uit jou kop uit.
Hullo, Tristia! Gaan dit fyn."

Dis miskien nuttig om te weet dat N.P. van Wyk
Louw gedurende die tydperk toe die gedigte in
die afdeling "Tristia" geskryf is, in Nederland
professor van Afrikaans was. Daarvandaan die
verwysing na "balling," meen ek. Hy reageer ook
in hierdie gedig, dink ek, op kritiek wat hy van
die kritici in SA kry oor sy werk. Dit is moontlik
ook relevant dat hy in hierdie tydperk 'n affair
het met Sheila Cussons, wat ook in Nederland is
as vrou van Stoffel Nienaber. (Sheila Cussons
was ook digteres in Afrikaans.) Cussons en Nienaber
se huwelik is deur hierdie affair vernietig. Stoffel
is daarna getroud met Miep Nienaber-Luitingh. NP
se huwelik dink ek het die affair oorleef.

Gloudina

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1223  1224  1225  1226  1227  1228  1229  1230  1231  1232  1233  1234  1235  1236  1237  1238    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 17:23:14 UTC 2026