Is dit net ek, of weet ander mense ook nie waarna hierdie ou verwys meeste
van die tyd nie? Hy val sommer in die deur met retoriese vrae, en
antwoorde op goed wat iemand iewers gepos het, maar wat ek nie van weet
nie. Is ek die stupid een, of is hierdie man se liggie aan, maar niemand
is tuis nie :-))
Pat
Squirrel wrote in article
...
> How disappointing it must have been for poor old nomad to be
> refused entry into Australia.
>
> Australia of course only accepts, well qualified individuals of
> sound character.
>
> Ag shame ... never mind though as you can hang around with the
> sheep shaggers for 2 years and then come to a real country
> afterwards.
>
> Squirrel
>
> In alle geval, die "true Aussie"
> is ook maar, dink ek, 'n stereotiep.
> Alle Australiers wat ek nog ontmoet
> het, het nie soos "true Aussies"
> opgetree nie. Ek dink nie daar is
> so 'n ding soos 'n "true Aussie"
> nie, >
> Gloudina.
Hmm, daar moet ek met jou saamstem. Die beeld wat in boeke, films of TV
opgedis word van die ware Aussie van die "outback", bestaan meestal ongelukkig
net in mense se verbeeldings. Ek het self daarvoor geval en toe ek van die
vliegtuig afklim, soek ek desperaat vir die Aussie met die Akubra en krokodil
oor sy arm. Ongelukkig vind ek toe net duisende ander mense soos ek... 'n
Bietjie van 'n teleurstelling, totdat ek die regte Aussies (wit, swart of
pienk) - die wat hier gebore is en al vir geslagte hier woon - ontmoet het.
Doodgewone mense, met oop harte, oop oe en oop gemoedere; 'n sin vir humor en
die vermoe om vir hulself te lag; 'n eerlikheid wat hulle maklik laat erken as
hulle 'n fout gemaak het en wat gou vir jou sal vertel wat hulle van jou dink;
en bo alles, mense wat baie lief vir hul eie land is en vreeslik patrioties
bly, maak nie saak of hulle in Australie woon of orals oor die wereld
rondgereis het en moontlik deur omstandighede (of praktiese keuse) iewers
anders woon nie.
Kan jy net vir my se wat jy bedoel met die sin dat alle Australiers wat jy
ontmoet het, nie soos "true Aussies" opgetree het nie? En hoe het jy verwag
hulle moet optree?
Groete uit my Paradys
Royleen
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Gedurende die Groot Trek was daar 'n insident
wat trots vertel word deur vroue: toe die mans in
die Groot Trek die Drakensbergreeks teengekom
het, en gewonder het of hulle dit sal kan oorsteek,
toe het die vrouens gesê dat hulle die waens uitme-
kaar sou maak, en stuk-stuk kaalvoet oor die berge
sou dra. Blykbaar was hierdie die woorde van
Susanna Smit, vrou van Erasmus Smit, wat die trek
van Piet Retief vergesel het as predikant. Erasmus
Smit, gebore in 'n Amsterdamse weeshuis, was in
diens van 'n Nederlandse Sendinggenootskap toe hy
op 35 jaar trou met Susanna, suster van Gerrit Maritz.
Susanna was toe nog net 13 jaar oud. Hy was egter
maar 'n swakkerd, en het van die een plek na die ander
geswerf, meestal as onderwyser op die grens, en was
bekend as iemand wat hom dikwels met alkohol te
buite gegaan het.
Toe die Groot Trek begin in die derde dekade van
die neëntiende eeu, word Erasmus en Susanna deel van
die trek van Piet Retief. Na die trek deur die latere Vry-
staat en oor die Drakensberge, na die moord op Piet
Retief en sy geselskap deur Dingaan se impi's, het die
Trekkers uiteindelik by die huidige Pietermaritzburg
uitgekom. Susanna was die leier van die vroumense.
Toe die Britte die Republiek Natalia wou annekseer
en Sir Henry Cloete daarheen stuur, is hy ure lank deur
'n klomp woedende vroue in sy raadsaal vasgekeer,
waar Susanna die woord gevoer het. Die Grahamstown
Journal rapporteer hierdie insident as volg: "... to the
kind expostulations of her husband - "Stil vrouw, stil
toch een weinig, stil myn kind, stilê - the virago vocife-
rated: " you wretch, shall I be still while you stand there
silent... so that I must wear the breeches?"
Hierdie insident is nie aangeteken nie in die dagboek
wat Susanna Smit gehou het, en wat nou in die Natalse
argief bewaar word. Ook in hulle lewe verder was alles
nie rustig nie. Omdat Erasmus nie 'n geordende predikant
van die Nederduits Gereformeerde Kerk was nie, het baie
van die Voortrekkers verkies om die dienste te gebruik
van Daniel Lindley, 'n Amerikaanse sendeling wat toe
werksaam was in Natal. Erasmus se lewe as Trekker-
predikant het dan ook in 1841 tot einde gekom, tot die
verontwaardiging van Susanna.
Sy het voortgegaan om haar dagboek te hou, maar
sy vra op een stadium: ".. voor wie is het, wie sal het
leezen?" Het sy maar vooruit geweet dat haar dagboek
na een en 'n half eeu nog sou bestaan en bestudeer word.
Grappige en ontroerende gedichten en verhalen van Olaf Korder en
Gerard C Kool over liefde, verlangen en homoseksualiteit.
Plus artikelen over coming-out, oudroze auteurs en homotaal.
Op markpleine het ek myself verbreek
en onverskillig onder vele uitgedeel.
Nou is ek wreed verspil en in die nag
verlang ek wenend terug na my geheel.
Geen wonder kan my tot volledigheid
herstel
want elk wat deel uitmaak van my
verdriet
behou in hom 'n brok van my: gering
en vaag
en onbeduidend soos 'n goedkoop
lied.
Ons sê dit nie altyd nie Gloudina, maar baie dankie vir die plasing van die
gedigte. Elke een op sy eie is mooi, die ou classics asook die moderne
gedigte in bv. die Dye album.
Het nounet op Radio Hoogland gehoor dat hulle oor 60 dae ophou uitsaai.
Blykbaar kon hulle nie 'n liksens kry nie. Sal dit deel wees van die plan
om Afrikaans in die nuwe SA uit te werk?
Dis jammer, want ek het nogal gehou daarvan om na hulle te luister.