Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Lees hier ! Wen groot GELD !

Wo., 08 Desember 1999 00:00

ANON wrote:

>
> This is not a joke.
>
Oh come on, of course it is! Where's the attached virus, hm?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lord Methuen uitgeoorlê - 4

Wo., 08 Desember 1999 00:00

Lord Methuen uitgeoorlê deur Generaal de la Rey.

Deur G.A. van der Walt

Deel 4
______________________________________

Solang die krygsraad gehou werd, het éen perd amper die hele ding
in die war gestuur. Die perd van Mnr. Cilliers, die broer van
Genl. J. Cilliers, wou nie mooi staan nie, en die eienaar was
verplig om die toom aan die stiegriem vas te bind. Die perd
draai en draai in die rondte tot die saal afgly, en die perd
skrik. 'n Hele klomp perde skrik vir die éen en set die rieme
neer. Gelukkig hol hulle nie na die Engelse se kant toe nie.
Was dit gebeur, dan was alles misluk. Dit was toe 'n hele
warboel, maar die meeste perde was gouw weer in hande. Enkele
was egter baie weg en kon in die nag nie gekry word nie. 'n Paar
is later eers gekry in die distrik Wolmaransstad.

Wag is altyd swaar vir 'n mens en Genl. de la Rey het nie so gouw
as hy dit verwag 't nie rapporte gekry en stuur nog meer man uit
om te spioen. Hy kan dan afwisselend rapporte ontvang, dan van
die een en dan van die ander, dan weet hy presies wat aangaan,
viral as die spioene niks van mekaar weet nie en elk vollens eie
planne moes handel. Daardeur is die ou generaal so gelukkig
gewees, om amper elke half uur berigte te kry van die bewegings
in die kamp van Lord Methuen, en al baie vroeg in die more het hy
geweet, dat die Engelse klaar gemaak 't om te trek.

Dit was natuurlik nooit stil in die nag van rumoer nie, en omdat
die lug so min of meer uit die Suide getrek het, kon die honde op
De Klipdrift, die drukte hoor, ten minste die groot waghond van
Mnr. Coetzee op De Klipdrift, blaf die nag elke keer. Die ou
tante en haar skoondogter Sannie met haar vier kindertjies het in
één huis gaan slaap, die laaste maande van die oorlog, en hulle
voel maar onrustig as Jameson elke keer die nag so geweldig blaf
na Tweebosch se kant toe, want ook hulle het geweet dat Lord
Methuen aan kome was van Vryburg, en vanaf Barberspan opgetrek
het al langs Klein-Harts rivier. Hulle kyk die nag elke keer
uit, maar hulle gewaar dan niks. Weinig kon hulle dink, dat
hulle werf 'n gedeelte van die slagveld sou word op die Sewende
Maart. 'sMorens kort voor dagbreek kon hulle al in die verte
perdepote hoor, maar dit was nog te ver om te kan uitmaak of die
geluid nader kom of nie. Maar uit voorsorg gaat die skoondogter
met een van die kindertjies, 'n seuntjie van amper ses jaar oud,
na haar eie huis, omtrent 150 tree van haar skoonmoeder se huis
af, om te maak dat die huis nie alleen moet staan nie, as daar
gevaar kom. Hulle het geweet die Engelse kan maar elke oomblik
kom, en dan verniel hulle nog meer as daar gin mense in die huis
is nie, dan as daar éen is, wat nog 'n bietjie kan keer.

Die offisiere van die Boeremagte dus nie alleen nie, maar selfs
die vrouwens en kinders op aangrensende plase het kan dink, dat
die sewende Maart 'n dag vol verrassing sou kan word. Die
offisiere het hulle berigte gekry oor die Engelse kamp maar Lord
Methuen het in die loop van die nag sy bes gedoen om ook so goed
as moontlik met die boeremagte en met die plaatsing van hulle
manne bekend te word. Dit is hom ook geluk, want vollens die
"Times History of the War" het Generaal Lord Methuen deur sy
"intelligence officers" in die loop van die nag twee keer 'n
rapport gekry, waaruit hy kon opmaak, dat Genl. van Zyl sy magte
verenig het met die gekonsentreerde magte van Genl. de la Rey,
Kemp, Cilliers, enz., en dat al die magte klaar staan om hom op
te wag in die pad wat hy die laaste dag gevolg 't en wat hy
verder moet volg om Keckewitch te ontmoet.

Vir Lord Methuen het die wereld toe maar snaaks gelyk, en in die
nag maak hy sy planne reg om aan die boere te ontkom. Hy wil die
sewende Maart probeer trek oor De Klipdrift na Leeuwkuil, want hy
het gehoor dat daar water was. Hy wil so vroeg in die more
vertrek, dat die boere se planne moes misluk. Om twee uur in die
nag laat hy die osse inspan om te trek. Alles gaan so stil as
mogelik. Maar Genl. Cilliers sou gouw genoeg hoor wat aangaan.
Hy het onder sy mense twee bewoners van Tweebosch, wat hy goed
vertrouw en hulle is in die donker so naby Lord Methuen se laer
gegaan, dat hulle mooi kon hoor, hoe die osse ingespan word, en
hoe wa na wa reggetrek word in die pad, wat oorgaan na De
Klipdrift. Om drie uur laat vat die ossewa-drywers en een van
Genl. Cilliers se spioene ry om die Generaal te vertel, wat hulle
gehoor het. Die boerekommando kon nou vertel word, wat misskien
sal moet gebeur. Die Engelse sal nie meer na hulle toe kom nie,
soos verwag was, maar hulle sal die Engelse moet gaan soek. Om
vier uur laat Genl. Methuen die kar en trollie laer en die
perderuiters vat agter die ossewaëns en voetgangers aan, en nou
duur dit ook nie so lang nie of dit begin 'n bietjie lig te word.

Genl. van Zijl laat opklim sodra die Engelse van hulle staanplek
weg is, en net toe dit effe lig is, val die eerste skote tussen
die agterste Engelse. Vir Genl. van Zijl was dit 'n sware uur.
Met 'n klompie mense moes hy veg teën die grote oormag, maar hy
waag dit. Die grootste ongeluk vir hom was nog dat by sy
kommando nie genoeg ammuniesie was nie, vir 'n aanhoudende geveg,
en na 'n paar sarsies het dit gelyk of hy die plan om verder te
agtervolg maar sou moet opgee. Hij laat egter sy manne nie merk
nie, hoe gevaarlik die onderneming op die oomblik was, en sy
manne ja al digter by hulle. Maar Genl. de la Rey hoor die geveg
en sal sy bes doen om Genl. van Zijl te help.

Deur die verandering in rigting deur Genl. Methuen, was die boere
onder die verskillende offisiere baie verder af dan hulle lief
was. Hulle kry orders om nie te ja nie, voor hulle die Engelse
kan sien. Die boere was bly, want hulle het gestaan en wag met
die tooms van die perde in die arm, sonder dat die Engelse gekom
het. Nou kan hulle storm en moet tot rigting die geraas van die
geskiet vat. Hulle moet ry in gelid drie tree van mekaar. Nie
éen mag te vinnig vorentoe ry en nie éen mag agterbly nie. Genl.
de la Rey gee sy adjudant die opdrag om die een wat agterbly aan
te roer om in die gelid te kom. As éen nie by bly nie moet hy
die perd slaan, en as die perd ingehou word moet hy die man raak.

Dit het baie mooi gegaan tot hulle die Engelse magte kon gesien
't. Dit was toe op Palmietkuil en die perde het toe al
driekwartier afgelê. Al het die burgers nie geja nie, tog het
hulle uit die staanspoor maar laat hardloop so styf teen die
toom. Genl. de la Rey is self eers agter gebly om te kyk of
party van sy burgers nie wou probeer om hulle lyf weg te steek
nie, maar die agterbly van die ou Generaal was nie nodig nie.
Gedurende die laaste maande van die oorlog was die lafhartiges al
uitgesak. Die manne, wat nog by die kommando was, kon almal
getel word as vegsmense. Nie éen man het agtergebly nie.

In die twee jaar en ag maande van die oorlog is seker baie selde
'n klomp burgers so gelyk op die vyand ingestorm, en toe die
boere Palmietkuil se bult uitkom en die Engelse sien, kry die
perde die volle toom en moet hardloop vir al wat hulle werd is.
Al die offisiere kommandeer niks anders nie dan.... storm. Van
Zijl se mense is nog altyd agter die Engelse, maar nou dat hulle
die manne van Genl. de la Rey sien kom, storm hulle so dig by,
dat Genl. de la Rey nie meer kon sien nie, waar die vyand se
magte ophou en hulle eie mense vat. Om vyf uur in die more was
die staf van Genl. Lord Methuen op De Klipdrift, of eintlik sowat
op die lyn van Leeuwkuil 95 en De Klipdrift. Dit skyn hulle plan
om die boere naby te laat kom, voor hulle die vuur op die
aanstormende burgers open. Hulle wil die boere óf vang óf
doodskiet. Die voetgangers van die Engelse sukkel net om iets te
kry, wat as beskerming kan dien. Die éen gaat lê agter 'n
miershoop, wat volop is op die plek waar hulle die boere afwag,
ander weer val plat in die pad, wat 'n bietjie diep uitgery was
en daarom tamelik goed kon dien vir 'n fort.

'n Gedeelte van die Engelse perderuiters, ongeveer tagtig draai
om en maak 'n beweging of hulle die boere wil storm. Hulle ja
met die Palmietkuilse lopie op, maar toe hulle op ongeveer twee
honderd tree kom, gee Genl. Cilliers order om af te spring en dit
was net éen sarsie, toe het van die ongeveer tagtig Engelse
perderuiters nie éen meer gestorm nie, wat nie geskiet was nie,
was afgeval. Die klomp was dus gou kaf gedraf en die burgers
klim weer op. Eén van die jong burgertjies merk toe hy die derde
keer skiet, dat sy geweer weier. Hy kyk na die oorsaak en vind
uit, dat die naald gebreek was. Hy was dus so goed soos
ongewapend, en weet nie wat hy nou moes doen nie. Hy sien twee
Engelse éenkant ry en dink hy sal probeer éen van hulle te vang
om dan die Engelsman se geweer te vat. Hulle weet natuurlik nie,
dat sy geweer nie wil skiet nie. Hy ja na hulle toe, en weet
nie, dat die twee perderuiters offisiere is nie, wat na 'n klomp
voetgangers kyk, wat aan die kant van 'n droë pannetjie lê. Hy
sien alleen die twee perderuiters, wat skynbaar gin ag op hom gee
nie. Toe hy sowat tagtig tree van hulle kom, wil hulle by hom
verby ja na die voetganger-regimente, maar die burgertjie ja
tussen hulle deur en kéér een af. Hy skree teën die Engelsman
"hands-up", wat hy dadelik doen en sy geweer weggooi. Die
boertjie gooi nou ook sy geweer weg en gryp die Engelsman se
geweer. Hy sien die geweer is nog nuwt en die magasyn vol met
patrone. Met die gevatte geweer skiet hy na die ander Engelse
offisier, en skiet sy perd plat. Die dier val op die arme
Engelsman se been en hy word ook ontwapen. Twee Engelse
offisiere werd op die manier ontwapen, deur 'n jong burger, wat
ongewapen op hulle toegery het. Toe die laaste offisier sy
geweer afgegee 't, begin hy en skree na die voetgangers, wat toe
onverwag begin skiet op die boertjie, dat dit so kraak, maar wat
hulle het almaal mis geskiet.

[word vervolg]

Swart Simon

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

VAKANSIE IN HARTENBOS

Wo., 08 Desember 1999 00:00

Huis in Hartenbos vir 6 persone beskikbaar gedurende Desember Vakansie
Beskikbaar vanaf 1999-12-24 tot 2000-01-03
Skakel Anetjie gedurende kantoor ure by : (016) 931-1515\6
of na ure by (016) 932-4551 of stuur e-pos aan jo...@mweb.co.za.

Reis & vakansie | 0 kommentare

Ideale geskenk vir REKENAARBEGINNERS

Di., 07 Desember 1999 00:00

Interaktiewe multi-media opleiding in Windows98 en
die Internet via CD, in AFRIKAANS, nou beskikbaar
vir almal wie graag in AFRIKAANS wil leer. Ideaal vir
die selfdoen entoesias asook opleiding vir die hele gesin.
Ook puik opvoedkundige rekenaarspeletjies in
AFRIKAANS vir voorskoolse tot standerd 1 kinders.
Handelsnavrae welkom.
Skakel Ben Groenewald vir verdere inligting by
0832665494 of e-pos na die volgende adres:
b...@shisas.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dan Roodt se Afrikaans-opmars na die Uniegebou

Ma., 06 Desember 1999 00:00

Skrywer wil oor taal na Uniegebou opruk om solidariteit te
bevorder

Afrikaans, Afrikaans, Afrikaans. Slaan jy deesdae 'n
koerant of meningsblad - Afrikaans of Engels - oop, is die
kans goed dat daar iewers iets oor "Afrikaans as Belangrike
Kwessie" te lees gaan wees.

Hetsy dit die ANC is wat na kultuurorganisasies vry of
Afrikaners wat skuld bely oor die apartheidsjare. Talle
koerantkolomme is ook al gevul met die planne om 'n nuwe
Afrikaanse universiteit te stig.

Intussen is daar kommer dat Afrikaans as institusionele
taal kwyn. Soos dat op universiteitskampusse al hoe meer
toegegee word aan die behoeftes van anderstaliges en dat
min Afrikaans op TV gehoor word.

Tot dusver is die debat oor Afrikaans hoofsaaklik deur
akademici en filosowe gevoer. Dis 'n papiertier, sê die
skrywer en filosoof Dan Roodt oor dié debat.

Hy wil dié debat losmaak van papier en ink en pratende
koppe deur die gemeenskap te mobiliseer om aanstaande jaar
deel te neem aan 'n optog ten behoewe van Afrikaans.

Die opmars/betoging sal na die Uniegebou wees waar 'n
petisie aan die President oorhandig sal word. Mense wat nie
aan die betoging in Pretoria kan deelneem nie, sal elders
in die land betogings hou.

Die petisie, waarin die gelykberegtiging van Afrikaans
teenoor Engels bepleit word, sal vroegtydig vir
ondertekening in winkelsentrums, skole, universiteite,
klubs, ensovoorts, versprei word.

Maar wie is Roodt? Hy het onlangs op die literêre
internet-webblad LitNet opslae gemaak toe hy die skrywer
Nadine Gordimer, wenner van die Nobel Prys, gestriem het
oor die negatiewe wyse waarop Afrikaners in haar werk
uitgebeeld word.

Roodt is een van die gereelde rubriekskrywers van LitNet en
het al heelparty artikels op die webblad gepubliseer oor
Afrikaans onder titels soos "Taallandskap en identiteit" en
"Die sloping van 'n hegemonie: 'n kritiek op literêre Anglo
sentrisme".

Hy het onder meer 'n doktorsgraad in Afrikaanse literêre
teorie en in die buiteland 'n doktoraal in die filosofie
behaal.

Vroeg in die jare tagtig is sy
anti-establishment-prosawerk, Sonneskyn en Chevrolet, en sy
satiriese digbundel, Kommas uit 'n boomzol, verbied. Sy
minimalistiese werk, Twee sinne, het veral skerp kritiek
van André P. Brink ontlok.

Weens verwysings na homoseksualiteit en die gebruik van
gekruide taal is 'n besitverbod geplaas op Taaldoos, 'n
tydskrif wat Roodt saam met Karen Konsentrasiekamp begin
het.

Toe Roodt opgeroep is vir diensplig, het hy die land
verlaat. Agt jaar lank het hy in Frankryk gewoon en daar
kennis gemaak met die finansiële wêreld waarin hy steeds
werk. Uiteindelik het hy teruggekeer na Suid-Afrika, want
"ek het gevoel ek is nie 'n heel mens buite Suid-Afrika en
buite Afrikaans nie".

Waarom die optog na die Uniegebou?

"Mense voel sterk oor Afrikaans wat op verskeie vlakke
uitgeskuif word. Maar daar is nie solidariteit nie. Ek wil
as katalisator optree vir die betoging wat solidariteit kan
skep. Afrikaans moet op die politieke agenda geplaas word
sodat dit gelykberegtiging kan kry.

"Ons moet nie vergeet ons is almal belastingbetalers nie.
Ons is kliënte van die Suid-Afrikaanse staat. Maar ek kry
nie die indruk dat daar kultureel na my omgesien word nie.

"Die taalkwessie in die land, wat nog altyd tussen
Afrikaans en Engels was, is nog al die jare onbesleg. Dit
is belangrik dat konsensus bereik word oor wat presies die
plek van Afrikaans, Engels en ander tale behoort te wees.

"Onder die NP bewind was daar amper 'n soort wapenstilstand
wat die taalkwessie bereik het. Ná 1994 het dit egter weer
belangrik geword. Die struggle is verby en die mense is nou
weer besig om oor die taal te besin."

Roodt beskryf Afrikaans as 'n nasionale en internasionale
bate.

"Deur kultuurbedrywighede, soos die huidige Afrikaanse
kunstefeeste, kan rykdom geskep word deurdat ekonomiese
bedrywighede gestimuleer word."

Meer nog, die Suid-Afrikaanse geskiedenis kan sinchronies
deur Afrikaans ervaar word - méér as in enige ander
Suid-Afrikaanse taal.

"Afrikaners het 'n besonderse verbintenis met die
Suid-Afrikaanse landskap soos dit in die werke van
Afrikaanse digters en skrywers duidelik word. Dit maak
Afrikaans vir my anders.

"Vanuit Lacan se psigo-analitiese perspektief dat taal 'n
lyf het, het Afrikaans 'n besonderse lyflikheid. Dis nie 'n
neutrale kommunikasiemiddel nie. Dis 'n taal wat gevorm is
deur die landskap en 'n sterk semantiese lyflikheid het."

In sy oproep tot 'n betoging sê Roodt "die Engelse moet
teruggedryf word". Hy erken dié stelling kan nogal militant
voorkom en aanstoot gee.

"Ons is so besig om nie aanstoot te gee nie. Maar vir baie
mense gee Afrikaans per se aanstoot. Ek wil hulle uitdaag
om te sê waarom Afrikaans vir hulle onaanvaarbaar is."

Roodt meen Afrikaners handhaaf 'n meelopertradisie. Dit is
waarom Afrikaans sonder veel besware op alle gebiede
uitgeskuif word.

"Dit is maklik om in te val by die huidige bestel. Maar ons
moet ook onthou dat die Afrikaner ook nog altyd 'n meer
tradisionele kritiese tradisie gehad het."

Dié tradisie was veral opvallend in die Afirkaanse
letterkunde van die jare sestig toe skrywers skryftradisies
verbreek en vernuwend met die Afrikaanse letterkunde
omgegaan het. Skerp kritiek is ook in dié tyd op die
destydse Regering gelewer.

"Die Regering het wel versoenende geluide gemaak deur met
Afrikaanse kultuurorganisasies te praat. Maar uiteindelik
wonder ek wat die Afrikaner Bond van Afrikaans weet. Die
krag van die taal lê daarin dat dit in volksbesit is. Nie
op regs-idealistiese vlak nie, maar op populêre vlak.
Afrikaans is veel meer as 'n eng Calvinistiese tradisie."

Daar is altyd die gevaar dat die optog deur die meer
konserwatiewe elemente in die Afrikaanse dampkring gekaap
kan word.

Om dié moontlikheid te beperk, sê Roodt, moet alle baniere
en plakkate vooraf aan die organiseerders voorgelê word.
Voorts word almal wat sterk voel oor die behoud van
Afrikaans, ongeag ras, kleur, geloof, seksuele voorkeur en
huistaal, aangemoedig om deel te neem.

"Dit is 'n kollektiewe viering van die krag van en
skoonheid van Afrikaans, 'n bacchanale taalorgie."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toekoms Advies vir: 'n Beter Johannesburgse Effektebeurs

Ma., 06 Desember 1999 00:00

Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die
toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet.
Veral in die volgende aspekte van ons samelewing: Beleid en politieke
stabiliteit, Wisselwerking beheer, Deelname aan die ekonomie,
Belasting, Arbeidsmark, Openbare gesondheid, Sport en ontspanning,
Publieke administrasie, Energie en water verskaffing, Mynbou,
industriele en finansiele hulp bronne, Onderwys en opleiding, Skep en
onderhou van werks geleendhede, Opleidings vaardighede beskikbaar aan
die ekonomie, Kwaliteit en integriteit om wet en orde te handhaaf,
Behuising, Vervoer en infrastruktuur, IT, Tegnologie en
telekommunikasie, Handel, Rasse verhoudinge, Plaaslike en Globale
vriendskappe, Boerdery, Voedsel en drank verskaffing, Programme om
armes te help, Media en bemarking, Tabak industrie, Rook vrye
samelewing, Veiligheid en sekuriteit, veral beskerming teen individuele
en organiseerde misdaad in die volgende aspekte: Dwelm smokkelary,
onwettige wapen handel, voertuig kaping, kinder mishandeling en
ontvoering, ens. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

Wil graag die Johannesburgse Effektebeurs, asook Effektebeurse elders
op die Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op
die Planeet. Veral vir inlyne, interaktiewe handel drywe, effektiewe
rekenaar stelsels, vriendelike Raad van Direkteurs, Bestuur en
Personeel, en beskikbaarheid van stelsels, veral d.m.v. die internet.
Asook om die Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet, te
ondersteun om bg. doelwitte te bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat
baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, en pynigend is, is dat 'n beter
stelsel implementeer kan word, on makelaars wat aan die Johannesburgse
Effektebeurs deel neem, groter beskerming te verleen. Behou geloof,
hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel
ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die
gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Stel voor dieselde besigheids reels geld vir makelaars wat aandele koop
en verkoop op die Effektebeurs, as wanneer mense gaan dobbel. Die
speler plaas eers geld op die tafel, en begin dan om te speel. Dit
beteken die makelaar moet eerste betaal vir aandele, voordat die
aandele aan die makelaar uitgereik word.

Die doel hiermee is om die ekonomie, die Effektebeurs, asook alle
deelnemende makelaars groter beskerming te verleen. Deur 'n stelsel in
werking te stel waardeur almal kan baat by vind.

Sal aanraai die Effektebeurs hou 'n prestasie profiel van makelaars, so
gedetaileerd as moontlik. Die Effektebeurs kan ook 'n Bank word, deur
lenings aan makelaars toe te ken afhangende van sekuriteite aangebied.
Indien die makelaar na die Effektebeurs wil terugkeer, en onvoldoende
sekuriteite besit, kan die Effekktebeurs die makelaar 'n lening
toestaan, afhangende van vorige prestasies. Dit moet deur die Raad van
Direkteure goedgekeur word.

Rekenaar stelsels verander word om bg. doelwitte te bereik, moet tot
die voordeel van die Effektebeurs asook makelaars strek. Tyd is van die
uiterste belang. Stelsels wat implementeer word, moet gebruikers
vriendelik wees, asook super terugvoer tye aanbeid vir fonds
oorplasings, navrae, en naspeur van inligting.

Indien hierdie model resultate toon in ons Paradys, kan dit op die res
van die Planeet implementeer word.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Makelaars
sal groter beskerming geniet. :) Die Effektebeurs sal groter beskerming
geniet. :) Die ekonomie sal groter beskerming geniet. :) Makelaars kan
lenings toegestaan word. :) Makelaars met onvoldoende sekuriteite kan
weer die mas opkom. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu d.m.v.
grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)

Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Advies: Om beskikbaarheid van miv+ / vigs medisyne te verhoog

Ma., 06 Desember 1999 00:00

Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die
toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet.
Veral in die volgende aspekte van ons samelewing: Beleid en politieke
stabiliteit, Wisselwerking beheer, Deelname aan die ekonomie,
Belasting, Arbeidsmark, Openbare gesondheid, Sport en ontspanning,
Publieke administrasie, Energie en water verskaffing, Mynbou,
industriele en finansiele hulp bronne, Onderwys en opleiding, Skep en
onderhou van werks geleendhede, Opleidings vaardighede beskikbaar aan
die ekonomie, Kwaliteit en integriteit om wet en orde te handhaaf,
Behuising, Vervoer en infrastruktuur, IT, Tegnologie en
telekommunikasie, Handel, Rasse verhoudinge, Plaaslike en Globale
vriendskappe, Boerdery, Voedsel en drank verskaffing, Programme om
armes te help, Media en bemarking, Tabak industrie, Rook vrye
samelewing, Veiligheid en sekuriteit, veral beskerming teen individuele
en organiseerde misdaad in die volgende aspekte: Dwelm smokkelary,
onwettige wapen handel, voertuig kaping, kinder mishandeling en
ontvoering, ens. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

'n Baie spesiale dank en gelukwense aan President Bill Clinton, die
Regering van die VSA, Aidslink, vigs aktiviste op die Planeet, en
Handels Vennote, vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op die
Planeet. Hartlik dank aan die Regering van die VSA, vir die besluit oor
sekere Lande om toegang te verkry aan bekostigbare medisyne, veral miv+
/ vigs medisyne, en om die waarde van intellektuele eiendom te behou
vir miv+ / vigs medisyne. Asook om die Regering van ons Paradys, asook
elders op die Planeet, te ondersteun om bg. doelwitte te bereik. En nog
baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil graag die Farmaseutiese en FMCG gemeenskap, Inbringers, medisyne
verskaffers, veral miv+ / vigs medisyne verskaffers, in ons Paradys
asook elders op die Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik
is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook
elders op die Planeet. Veral vir die verskaffing van produkte en
medisyne om die Publiek goed te laat voel en lyk. En die ondersteuning
wat aan Aidslink verleen word. Asook om die Regering van ons Paradys,
asook elders op die Planeet, te ondersteun om bg. doelwitte te bereik.
En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, en pynigend is, is om die prestasie
en profyte van verskaffers van medisyne, veral miv+ / vigs medisyne, te
verhoog. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het
aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige
advies hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na
vrye wil.

Stel voor verskaffers van medisyne, veral miv+ / vigs medisyne, bou
produksie fasiliteite in Lande waar daar 'n aanvraag is. Bou dit so na
as moontlik aan lughawens. Om invoere / uitvoere te vergemaklik, asook
verskaffing van ondersteunings dienste plaaslik en internasionaal. Wil
Inbringers aanraai om hulle besighede naby hierdie produksie
fasiliteite op te rig, indien moontlik.

Voorgestelde stede in ons Paradys is: Durban, Port Elizabeth en
Kaapstad. Om medisyne aan die plaaslike mark te verskaf, asook aan
Lande wat deel vorm van die Afrika Renaissance. Asook om produksie
fasiliteite in Afrika te verhoog - om te vertoon soos sampioene, indien
moontlik. Om die sukses van die Afrika Renaissance te verhoog: meer
mense - meer profyte.

Beskikbaarheid oorsee word aanbeveel in Lande soos Argentinie, Brasilie
en Columbie. Pakistan en Indie kan ook ingesluit word, om Asiatiese
Markte te dek. Slegs as verskaffers van medisyne, veral miv+ / vigs
medisyne, nie alreeds produksie fasiliteite daar het nie.

Dit sal voorgestel word, wanneer die geneesmiddel vir miv+ / vigs
ontdek is d.m.v. urine terapie, lisensies aan verskaffers van medisyne,
veral miv+ / vigs medisyne, gegee word, om hierdie medisyne te
vervaardig. Dit beteken verskaffers van miv+ / vigs medisyne kan die
reus word in die industrie.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Genoegsame
verskaffing van medisyne, veral miv+ / vigs medisyne, sal verhoog op
die Planeet. :) 'n Verhoging in profyte sal getoon word. :) Naby
lughawens beteken maklike ondersteuning. :) Werksgeleendhede, ekonomie
en industrie sal verhoog in ontwikkelende Lande. :) Verskaffing van
medisyne, veral miv+ / vigs medisyne, sal die kwaliteit en lewens
standaard van mense verhoog. :) Ondersteuning sal toeneem aan
verskaffers van medisyne, veral miv+ / vigs medisyne. :) Afrika
Renaissance suksesse sal eksponensieel verhoog. :) En 'n beter lewe kan
vir almal geskep word. :)

Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu d.m.v.
grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)

Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Boerewors Express

Ma., 06 Desember 1999 00:00

Dagsê almal
Nog 'n uitgawe van die Boerewors Express is beskikbaar. Vir 14 maande,
was dit 'n gratis e-pos nuusbrief. Vanaf einde Augustus 1999, is dit net
deur lugpos
beskikbaar. Elke uitgawe het 'n minimum van 12 bladsye, A4 grootte.
Maandeliks uitgee. Boerewors Express het artikels in Engels en
Afrikaans. Die nuusbrief is gemik op Suid-Afrikaners wat nou buite
Suid-Afrika woon. Ons berig oor die nuus agter die RSA nuus, sports
gebeure, resepte, RSA klubs in die buiteland, gee raad vir nuwe
emigrante, ens...
Tans is daar intekenaars in Kanada, VSA, Engeland, Swede, Japan,
Australië en Nieu-Zeeland.
Boerewors Express is 'n moet vir elke Suid-Afrikaner buite RSA.
Vir meer besonderhede oor kostes, stuur e-pos aan lk...@citytel.net en
meld aan die land waarin jy nou woon.
Baie dankie en lekker bly

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toekoms Advies vir: 16 Desember - Dag van Gebed

Ma., 06 Desember 1999 00:00

Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die
toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet.
Veral in die volgende aspekte van ons samelewing: Beleid en politieke
stabiliteit, Wisselwerking beheer, Deelname aan die ekonomie,
Belasting, Arbeidsmark, Openbare gesondheid, Sport en ontspanning,
Publieke administrasie, Energie en water verskaffing, Mynbou,
industriele en finansiele hulp bronne, Onderwys en opleiding, Skep en
onderhou van werks geleendhede, Opleidings vaardighede beskikbaar aan
die ekonomie, Kwaliteit en integriteit om wet en orde te handhaaf,
Behuising, Vervoer en infrastruktuur, IT, Tegnologie en
telekommunikasie, Handel, Rasse verhoudinge, Plaaslike en Globale
vriendskappe, Boerdery, Voedsel en drank verskaffing, Programme om
armes te help, Media en bemarking, Tabak industrie, Rook vrye
samelewing, Veiligheid en sekuriteit, veral beskerming teen individuele
en organiseerde misdaad in die volgende aspekte: Dwelm smokkelary,
onwettige wapen handel, voertuig kaping, kinder mishandeling en
ontvoering, ens. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

Wil graag die Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die
toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet.
Asook om die Regering van ons Paradys, asook elders op die Planeet, te
ondersteun om bg. doelwitte te bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat
baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, en pynigend is, is die program vir
die 16e Desember. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het
aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige
advies hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na
vrye wil.

Stel voor hierdie dag - Geloftedag - word 'n dag van gebed, vir almal
in ons Paradys wat in God glo, ongeag ras of godsdiens. Onthou die
reisiger is New Age. Interpreteer asb. hierdie advies die manier hoe
dit die leser pas.

Eerstens, persone moet God bedank vir die ondersteuning wat verkry is
om die Reenboog Nasie te skep. Deur vrede terug te bring in ons Land.
Asook vir die ondersteuning en leiding wat ons ontvang het, om sover te
kan vorder.

Daarna moet persone vir die volgende bid: dat God ons moet beskerm en
bystaan in alle aspekte van ons Paradys. Te bid vir 'n gesonde
ekonomie. 'n Geneesmiddel vir miv+ / vigs en ander siektes gevind moet
word. 'n Duif van vrede in mense se harte inkom, en daar bly. Om "Hoe
om saam te werk vir 'n beter toekoms" te verstaan, en dit te
implementeer, in alle aspekte van die lewe, namate dit beter verstaan
word. Om die Leiers van ons Paradys, asook elders op die Planeet, te
beskerm, en te lei. Om die mensdom na vrede en goedheid te lei in ons
Paradys en Planeet. Om mense bymekaar te bring wat bymekaar hoort. En
om ons te help om weer God se eie Land te word. En nog baie meer.

Dit sal aanbeveel word vir mense om deel te neem aan 24 uur van
aanhoudende gebed, indien hulle wil.

Ook word aanbeveel vir diegene wat in Voorvader Geeste glo, die 17e
Desember, asook elke dag daarna, te wy om hulle innerlike sterkte,
asook hulle verhouding met Voorvader Geeste, te versterk.

Persone en volkere en godsdienste wat saambid, oorleef saam. Onthou -
wanneer 'n mens in 'n situasie is, is dit beter om niks te doen, as om
die verkeerde ding te doen.

Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu d.m.v.
grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)

Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Diens in Suid-Afrika

So., 05 Desember 1999 00:00

Is besig om 'n artikel te skryf oor diens in SA. Wil graag julle opinie oor
die saak he. Meer oor diens in Restaurante.

Dankie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1129  1130  1131  1132  1133  1134  1135  1136  1137  1138  1139  1140  1141  1142  1143  1144    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 13 00:55:53 UTC 2026