Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Screenshot

So, 20 Julie 2003 23:32

Andries wrote:

>
> Kan vir jou 'n "sreenshot" van my KDE "desktop" epos?

Ja. Stuur dit na mun...@tiscali.co.uk

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Jack Russel

So, 20 Julie 2003 22:47

Andries wrote:
>
> Ek spandeer soveel as moontlik tyd saam met hom.. dalk moet ek hom by my
> laat doeks.
>
> Ek het my Jack Russel laas week saam gebring van die plaas af..maar ek dink
> die dorp maak hom depressief of iets. Die eerste dag het dit goed gegaan
> maar Dinsdag wou hy nie eet nie. By die werk het hy die hele dag in die
> bakkie onder die boom gele...ek het hom terug gevat plaas toe. hy was nog
> nooit in 'n erf agter hekke nie. Ek dink dis vreemd vir hom. Ek sal maar op
> die plaas vir hom gaan kuier.

Ek dink jy het die regte ding gedoen om hom terug te vat plaas toe.
Los hom maar liewer waar hy gelukkig is. Baklei hy nie met Fleur nie?

Lorinda

Troeteldiere | 1 kommentaar

Linux rules ok

So, 20 Julie 2003 22:44

Andries wrote:
> Lorinda, ek kan nie onthou of ek jou al gevra het nie. Gebruik jy Linux?
>
> Ek het op 'n baie oulike en kleurvolle "icon set" afgekom.
> Jy kan dit hier gaan aflaai:
>
> http://www.linuxcult.com
>
>

Ek gebruik dit (nog) nie, maar ek sal die link onthou. Ek sal dit een
van die dae installeer.

Lorinda

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Fleur

So, 20 Julie 2003 21:45

Andries wrote:

>
> My hel Lorinda, hoe gaan dit? Lank laas van jou gehoor.

??? Ek is heeltyd hier rond...Jy neem nie deel aan gesprekke nie. Of
sien jy dalk nie al die pos nie?


> Ek het vir Fleur 'n mandjie en 'n kombersie gekoop. Ek wil hom vreeslik
> graag by my op die bed laat slaap..maar ek weet as hy groot is sal hy dit
> ook wil doen.

Fleur is 'n mooi naam... Laat hom op die bed slaap as jy wil. Maak dit
saak as hy dit doen as hy groot is? Kan dalk 'n probleem wees as jy
company het...:-)
Ek weet nie veel van honde af nie, ek hou van hulle en baie honde is
vreeslik oulik, maar ek sien nie kans om na een te moet omsien nie. Ek
dink hulle het baie aandag nodig.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Woonstel nuus?

So, 20 Julie 2003 21:00

Hoe gaan dit in die nuwe woonstel Andries? Is die hondjie al geleer om
voor die deur te slaap?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

ek se koebaai vir 'n rukkie

So, 20 Julie 2003 10:19

Vir almal hier

Ek sal vir 'n rukkie nie hier wees nie, so julle sal my moet gaan mis.

Oor so ongeveer 2 weke sal ek weer terug wees.

Baai vir almal en geniet dit en als ek terug is, ek wens die NG sal nog in
lewe wees :-)

GrRico

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Linuxcult

Sa, 19 Julie 2003 18:24

Ek het toe na die link gaan kyk Andries. Dit is baie interessant, maar
ek het gedink ek gaan op baie opwindende dinge afkom, soos Linux cult
members wat Microsoft saboteur en uitroei waar hulle ookal skuil:-))
Met 'n Battle plan en 'n little red book en die hele kaboedel. Is dit
wat julle regtig gaan doen maar julle kan dit net nie op hierdie
stadium bekend maak nie?:-)) Ag kom aan Andries, jy kan vir òns
vertel....:-)

Lorinda

Rekenaars & selfone | 2 kommentare

Dankie tog vir die aartappel

Sa, 19 Julie 2003 18:10

Katryn wrote:
> (Terloops as mens vir "chips" vra saam met jou fast food hier in
> Amerika, dan kry jy 'n pakkie potato chips en nie die french fries wat
> jy sou verwag nie) :-)
>

Hier is daar nie so 'n probleem nie. Chips is groot slap chips, French
Fries is die klein dunnetjies, en die in pakkies is "crisps".

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Honey B's

Sa, 19 Julie 2003 18:05

Katryn wrote:
> Dink jy nie ook dis nogal vreemd dat 'n "liberaal" en 'n
> "konserwatief" so goed oor die weg kom soos Bush en Blair nie? Dit is
> wat nog altyd vir my die vreemdste van alles was.
>

O beslis. Dalk 'n goeie voorbeeld van common interests wat alles
oorheers. Ten minste was die Thatcher/Reagan ding meer logies, maar
die Bush&Blair venootskap lyk inderdaad vreemd. Blair is veronderstel
om die Labour party te verteenwoordig, nie eers die Liberals nie.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Trotse vertaling

Sa, 19 Julie 2003 12:10

Katryn, "sage" is salie. Ek kan nie eers sê:"O jaaa" nie, want ek dink
nie ek het dit ooit geweet nie:-). My woordeboek het uiteindelik
aangekom.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1842): [ «    1711  1712  1713  1714  1715  1716  1717  1718  1719  1720  1721  1722  1723  1724  1725  1726    »]
Tyd nou: Ma Jul 01 06:06:57 MGT 2024