Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Pos Pyn

Do, 24 Julie 2003 22:14

Om een of ander rede het ek vandag pos probleme met hierdie groep
gehad. Dankie dat jy laat weet het Speedy! As my antwoorde aan Speedy,
Katryn en Rico nie teen more aankom nie sal ek dit maar oor skryf.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Andries Nuus

Do, 24 Julie 2003 22:01

Andries Kriel wrote:
> My ma het kanker.
> Sy word more 12h00 geopereer sodat die gewasse in haar linker bors verwyder
> kan word. Daar is hoop.

Alles van die beste Andries, en laat ons weet hoe dit gegaan het.


> Ek gaan ook Maandag vir aanleg toetse by die universiteit. My plan is om
> deur die pos te studeer terwyl ek werk, en dan eendag my eie ding te doen.

Wat wil jy studeer? Gaan jy aanlegtoetse op Bloemfontein doen?


Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Stillerige aand

Do, 24 Julie 2003 21:03

Skuus as ek stillerig is vanaand. Dit is 'n migraine aand.
Verby nou, maar somtyds uitputtend.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Vir die wat nog nie weet nie.

Do, 24 Julie 2003 20:58

On Fri, 25 Jul 2003 20:44:58 +0200, Andries Kriel
wrote:

>
> Die kanker is vroeg genoeg ondek. As alles goed gaan, en ek glo dit sal,
> hoef sy nie bestraaling te kry nie. Sy gaan dan ook 'n week in die
> hospitaal bly vir observasie.

Sy is vreeslik gelukkig, en ek loof die Koning saam met jou daarvoor.
My skoonsuster is dieselfde tyd as jou ma met kanker gediagnoseer.
Sy is net gesê dat dit 'n gewas op haar brein is. Sy is reeds begrawe.

Speedy

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Ping>Speedy

Do, 24 Julie 2003 19:13

Speedy has left the building..

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Speedy en eiers

Wo, 23 Julie 2003 20:12

Speedy Gonzales wrote:
>
> Nie sover ek kan onthou nie. Ek het die naam by Katryn se buurman
> geleer.
>
>> En ken een van julle dalk hierdie weird hoenders wat sulke gekleurde
>> eiers lê? My buurman bring die goed nou die dag hier aan, en vertel
>> my dat dit van "easter hens" afkomstig is. Die werklike naam van
>> hierdie hoenders wat sulke gekleurde eiers lê is 'aracaunas'.
>
> Toe klink dit slim omdat ek ook nou weet wat hulle genoem word
>
> SG

Met ander woorde Suid-Afrika is geheel en al blou-eierloos? Sug.
Engeland seker ook. Jy is 'n ontwerper, kan jy nie iets aan die saak
doen nie?:-)Waarom moet ons met sulke vervelige hoenders sit?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Koffie kapitaal

Wo, 23 Julie 2003 19:39

Katryn wrote:
> "Lorinda" wrote:

> Dis interessant, nè? Kapitalisme aan't werke. :-)
> Die hele geskiedenis van koffie is ook deksels interessant. Ons het
> vriende wat koffiebone invoer van Suid Amerika en ek hang altyd aan sy
> lippe as hy begin vertel van al die politieke intriges en korrupsie
> wat hierby betrokke is. Hulle het 'n lang tyd ook in Puerto Rico
> gewoon.

Ek het eenkeer 'n boek gelees oor die geskiedenis van koffie, met die
titel "The Devil's Cup" of so iets. Dit was baie interessant, daar was
verwysings na allerhande eienaardighede en gebeurtenisse. Ek het die
boek baie geniet....

> Terloops, dit lyk my dis nou net ons 2 wat nog hier sit en gesels?

Ag die ander kom en gaan maar. Dis tog lekker om 'n plek te hê om te
gesels weg van SCSAA af. Ek dink Speedy is besig deesdae, Rico is met
vakansie en Andries sal wel uitslaan. Ek is bly jy is hier.


> Maar ek wil net vir jou sê dat ek jou boodskappe op SCSAA geniet het,
> en veral die manier waarop jy jou saak gedebateer het met daardie
> Glucklich persoon. You go girl!!
> :-)

Dankie Katryn, maar soos jy weet (veral ook in die VSA) dis maar 'n
ding waaroor mense 'n onwrikbare opinie het en die feite maar min saak
maak. Baie mense wat pro-doodstraf is is baie keer vreeslik
anti-aborsie, wat altyd vir my eienaardig is.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Arnie

Di, 22 Julie 2003 08:21

Katryn, wat is die kanse dat Arnold Schwarzenegger 'n verkiesing in
California kan wen:-)? Ek het gelees dat hy dalk 'n kandidaat sal wees as
hulle daarin slaag om van Gray Davis ontslae te raak.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Toets aanhegsels - eggs.JPG (0/1)

Di, 22 Julie 2003 07:38

"Katryn" skryf in boodskap news:gh7ohvc1qo3tofnph9ghu4fakamf2o2ndj@4ax.com...
> Katryn wrote:
>
>> Het dit gewerk?
>
> Nope. :-)
>
> Terloops, hier is 'n skakel na die kleure van die eiers waarvan ek 'n
> foto probeer plaas het as iemand dalk belangstel. (Dankie tog vir die
> Internet) :-)
> http://araucana.freeservers.com/Blue&Blues.htm
>

Ek het nog nooit van hoenders gehoor wat gekleurde eiers le nie! Ek wonder
waarom meer mense nie die hoenders aanhou nie... Dit sal die ontbyt tafel
heelwat kan opvrolik. Jammer oor die aanhegsel.... maar ek het na die site
gaan kyk.

Andries is daar sulke hoenders in SA?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Microsoft biegstuk 1

So, 20 Julie 2003 23:35

Andries wrote:
> Lorinda wrote:
>
>
>> Ek gebruik dit (nog) nie, maar ek sal die link onthou. Ek sal dit een
>> van die dae installeer.
>>
>
> Watter weergawe gebruik jy??
>
> Ek het nie kennis van die ander nie, maar ke vind Mandrake taamlik
> gebruikersvriendlik. Ek sal dit vir mense wat gewoond is/was aan Windows
> voorstel. Dis nou nie regtig "plug-'n-play nie, maar as mens beried is om
> baie te lees en jouself te leer sal jy regkom.
>

Ek gebruik nog Microsoft, maar ek het redelike kennis van Linux, en ek
dreig nou al lank om dit te begin gebruik. Een van die dae sal ek so
ver kom:-)

Lorinda

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    1710  1711  1712  1713  1714  1715  1716  1717  1718  1719  1720  1721  1722  1723  1724  1725    »]
Tyd nou: Ma Jul 01 06:13:43 MGT 2024