Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Suidwester

Vr, 25 Julie 2003 22:48

Katryn ek geniet, soos jy die ou Suidwester al die hoeke van die groep laat
sien :-)

Ek dink Poesman met die krom jy weet wel, is Suidwester!!!!!!!!

Lekker naweekie vir almal Rico

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Oor vuis slaan...

Vr, 25 Julie 2003 22:23

Katryn wrote:
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
>> LOL. Goed, ons laat dit maar daar. Ons gebruik tog nie hierdie groep
>> vir baklei nie:-))
>
> Agge nee. Nou sê jy vir my??
> :-)))
>

Sjuut... Ek probeer net vir Rico gerus stel...:-))

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Aborsie

Vr, 25 Julie 2003 22:19

Katryn wrote:
>
> Jy gaan nou baie teleurgesteld wees, maar eintlik sal of kan ek niks
> sê wat jy nie in elkgeval alreeds weet nie. En eintlik het ek myself
> net swak uitegdruk met daardie sin. :-)

Teleurgesteld? Jy praat altyd oor interessante goed. Jy verduidelik
ook iets wat nou vir my sin maak oor waarom aborsie in Skandinawiese
lande tot op so 'n laat tydstip toegelaat word (die vyf maande ding).
Jy som ook die probleem baie goed op tussen pro- en anti aborsie
voorstaanders; die geloof in die bestaan van die siel ens.

> Ek is 'n agnostikus (eintlik
> 'n twyfelaar soos uitgewys was op die groep deur iemand). Daarom
> is dit vir my nie so moeilike saak as dalk vir julle nie.

Ek is nie 'n "volwaardig praktiserende" katoliek nie. Daar is
allerhande moeilike kwessies daar, soos bv oor voorbehoedmiddels en so
aan. Ek het my kulturele agtergrond gegee om die baggage wat ek
saamdra te verduidelik. Onthou in ons geval word dit alles ook nog
geweef aan die politiek ens ens wat dit alles nog meer probleematies
maak.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Fleur

Vr, 25 Julie 2003 19:35

Ek het hom vandag geneem vir sy inspuitings

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir die wat nog nie weet nie.

Vr, 25 Julie 2003 18:44

My ma het kanker.

Sy word more 12h00 geopereer sodat die gewasse in haar linker bors verwyder
kan word. Daar is hoop.

Die kanker is vroeg genoeg ontdek. As alles goed gaan, en ek glo dit sal,
hoef sy nie bestraling te kry nie. Sy gaan dan ook 'n week in die
hospitaal bly vir observasie.

Ek gaan ook Maandag vir aanleg toetse by die universiteit. My plan is om
deur die pos te studeer terwyl ek werk, en dan eendag my eie ding te doen.

groete aan almal.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

re: aanhegsels - eggs.JPG (0/1)

Vr, 25 Julie 2003 17:08

"Katryn"
rassisme? Dis 'n
: belaglike maaksel van politici.

en gloudina bouwer om jou kwaad te maak :-)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Katryn se koffie

Vr, 25 Julie 2003 11:10

Katryn, iets eienaardigs oor die koffie kapitaal tema. Ek kan mense se
antwoorde aan jou sien, maar nie jou pos nie, hehalwe die een wat ek
hier onder antwoord. Ek kan ook nie my oorspronklike pos sien nie, so
as ek iemand nie antwoord nie, dis omdat ek nie die vraag kan sien
nie. Speedy, ek het jou vraag wel gesien en geantwoord so as jy dit
nie sien nie (is dit nie omdat ek onder die bed wegkruip nie:-)))laat
my weet sodat ek dit weer kan pos.

Katryn wrote:

> Tragies dat feite soos deur moderne wetenskap uitgewys word gewoonlik
> totaal geignoreer word.
>

Wil jy dalk hieroor uitbrei? Ek is baie geinteresseerd daarin.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 49 kommentare

screenshot ver1.1

Vr, 25 Julie 2003 18:28

hallo Lorinda.

Ek is besig om weer my desktop te verander.. ek sal jou weer Email as die
projek afgehandel is

Groete,
Andries

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Meeu Pes

Do, 24 Julie 2003 22:58

Speedy Gonzales wrote:
> Ek dink jy kan dit nou maar doen. Die lyn was defnitief mors af.
> Somtyds sit daar te veel voëls op die lyne. Dan hang hulle in die
> water:-) Voëls soos in seemeeue:-)

LOL. En hier waar ek op die oomblik is is daar juis so baie meeue.
Hulle maak nes op elke dak in die plek, en hulle het op die oomblik
kleintjies. Mens kan hulle heel nag hoor skree.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pos Pyn 2

Do, 24 Julie 2003 22:53

Katryn wrote:
> Dis 'n probleem met Google - dat jy nie die boodskappe wat jy gestuur
> het iewers kan stoor nie? Of is daar so opsie wat ek dalk net nie
> raakgesien het nie?

Nee, daar is nie so 'n opsie nie. Jy kan wel 'n copy vir jouself
e-pos, maar dis al.

Ek is vir 'n paar dae in Brighton, en die internet verskaffer wat ek
hier gebruik het nie die groep op die lys nie. So ek gebuik 'n
gekompliseerde sisteem: ek kyk na die pos op News2Web, en pos dan deur
Google. Vandag het diè sisteem my in die steek gelaat.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    1709  1710  1711  1712  1713  1714  1715  1716  1717  1718  1719  1720  1721  1722  1723  1724    »]
Tyd nou: Ma Jul 01 06:18:28 MGT 2024