Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ou sterke werkwoorde in Afrikaans

So, 31 Augustus 2003 08:48

Ek het hierdie nuusgroep 'n partykeer besoek, en ek sien 'n paar ou sterke
werkwoorde. Byv. "verbonde" van "verbind". In ander boekies het ek gesien:
"afgeskrewe" van "afskryf". Ek dink dat werkwoorde met 'n figuurlike
betekenis sterke voltooi deelwoorde het.

Ekself is 'n Nederlander, maar voordat ek reageer het, het ek hier die
Afrikaans bestudeer.

Hans Kamp.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

'n Nuwe kietergeftie

Sa, 30 Augustus 2003 19:53

Ek gaan koop toe vandag in Rosebank
'n werklik handige stukkie hardeware, na aanleiding
van 'n 'JunkMail' advertensie, en een wat ek op
kantoor gesien het.

USB Flash Disk word dit genoem, en dit word
ook geadverteer as Flash Memory. Een winkel
wat ek geskakel het, het dit selfs 'n
Microsoft Memory Stick genoem.
Op die houer staan egter 'USB Flash Disk'.

Vir diè wat nie weet wat dit is nie, dit is 'n ekstra
hardeskyf, so lank soos my duim, en ietwat dikker.
Dit pas by die USB port in, en onmiddelik het jy 'n
nuwe hardeskyf, waarop jy data kan bêre.
Verskillende groottes, 128 MB is die een wat ek
gekoop het.

Prop dit in die USB port, laai wat jy op 'n ander masjien
wil hê, trek dit uit, en hang dit om jou nek met die
spesiale toutjie daarvoor voorsien:-)

Wanneer by die ander rekenaar, prop dit in die USB port,
indien WIN 200/ME of XP hoef nie eens 'n drywer
geinstalleer word nie. Skakel jou masjien aan, en jy het
'n ekstra dryf, wat weg is wanneer dit weer uitgehaal is.

Gaan koop dit gerus, dit is werklik handig.

Aan die Gautengers, vra vir my waar om dit te koop.
Incredible Connection vra R600 - 'n winkel in Pretoria
vra R399 wat baie goed geklink het, tot ek dit in
Rosebank vir R299 gekoop het.

'Kay o'aky, ek weet ek is die enigste Gautenger hier,
maar vind pryse by 'n paar winkels uit eer jy koop.

Ek gaan nou na die website kyk (vanaf scsaa gaan
kyk jy na die webwerf:-) en sal die url nou vir julle deurgee.


Die Uwe

Speedy Gonzales

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Lekker naweek aan almal

Vr, 29 Augustus 2003 21:38

Ek gaan bietjie "berge" toe saam met 3 van my vriendinne tot Sondag
aand. My notebook gaan saam, maar ek glo nie ek sal 'n kansie kry om
in te loer nie. So, ek groet vir eers. Julle moet lekker kuier en 'n
lekker naweek hê.

Reis & vakansie | 1 kommentaar

Re: Re:My emails...

Vr, 29 Augustus 2003 21:26

Is dit 'n uitnodiging vir SPAM mail

Greetings
Pieter
Tel : +27-(0)-12-3337112
Fax :+27-(0)-12-3337107
Cell :+27-(0)-83-4553016
BF Computer Office cc
Your One Stop Office & Computer Supplier
http://www.bfco.co.za
Suppliers of : Complete Computer Systems, Computer Components, Notebooks,
Printers, Networking, Servers, Web Hosting, Web Design, PBX Telephone
Systems, Lightning Protection Products, Original & Refilled Cartridges,
Office Equipment, Corporate Gifts and Stationary. We also do Designing of
Networks and IT Project Management.


"Gina" skryf in boodskap news:dsP3b.26628$w8.15059@news.edisontel.com...
>>
>>
>>
>>
> gina...@libero.it
> pier...@tiscali.it
> maria...@tiscali.it
> lilian...@tiscali.it
> gina...@tiscali.it
> cinziaf...@tiscali.it
> silvia...@tiscali.it
> silvio...@tiscali.it
> mario...@tiscali.it
> pinor...@tiscali.it
> pier...@tiscali.it
> maria...@infinito.it
> lilian...@infinito.it
> gina...@infinito.it
> cinziaf...@infinito.it
> silvia...@infinito.it
> silvio...@infinito.it
> mario...@infinito.it
> pinor...@infinito.it
> foto...@infinito.it
> maria...@libero.it
> lilian...@libero.it
> cinziaf...@libero.it
> silvia...@libero.it
> silvio...@libero.it
> mario...@libero.it
> ginoa...@libero.it
> pinor...@libero.it
> piero...@libero.it
> maria...@virgilio.it
> lilian...@virgilio.it
> gina...@virgilio.it
> cinziaf...@virgilio.it
> silvia...@virgilio.it
> silvio...@virgilio.it
> mario...@virgilio.it
> ginoa...@virgilio.it
> pinor...@virgilio.it
> piero...@virgilio.it
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Geskenk vir Katryn (Not)

Do, 28 Augustus 2003 05:07

Katryn, ek sien vandag die volgende in die Guardian:

"President Bush is now unarguably a model president. That is to say, a
12-inch model of the president dressed as a fighter pilot is on the market".

Dink jy die kindertjies in die VSA gaan almal een vir Kersfees wil hê?:-))

Lorinda (wat nou darem weet wat Katryn nie vir Kersfees wil hê nie).

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ek het ook 'n vibrator

Wo, 27 Augustus 2003 21:28

On Wed, 27 Aug 2003 21:36:45 -0700, "Lorinda" wrote:

> Speedy en Andries, waar was julle vandag? DD jy is nie dalk besig om van 'n
> internet kafee in Skotland te pos nie? Ek vra net, want 2 mans in 'n Golf
> Gti was vandag naby Drumlanrig Castle in Skotland gesien, net nadat die Da
> Vinci skildery daar weggeraak het....:-))
>
> Lorinda
>


As ek jou van my drama die afgelope paar dae vertel,
sal jy besef dat ek nie tyd gehad het om Da Vinci te
gaan ondersteun nie.

Vrydagoggend het ek my sellulêre foon op my kar se dak
neer gesit en gery.
Gister het ek 'n ander een gekoop (weer 'n Nokia) en
en vanmiddag by die huis gekom, en dit was weg.

Ek weet dat ek net by twee plekke stil gehou het na
ek vertrek het by my kantoor. Die eerste was by
'n swartman wat skilderye en beelde verkoop langs die pad
en die tweede was by iemand ('n onbekende) wat ek gaan help
het met 'n probleem op sy nuwe Pentium 1V. Eerste na nommer
twee. Dit was nie daar. Toe onthou ek van nommer een en ry
daarheen. Terwyl ek met hom praat en hy sê dat dit aan my sy
was toe ek vertrek het, skakel ek my nommer. (Ek kan soms
heel doof wees, en daarom aktiveer ek 'vibrating alert.)

Terwyl ek met hom praat en my nommer skakel, voel ek die
vibrering onder my bas! Dit het toe onder die seatcover (dit klink
lekkerder as sitplekbedekking) ingeskuif, en dit lê in die hoek wat
deur die ruglening en sitplek gevorm word. En dit vibreer met 'n
genotvolle 'hier is ek, hier is ek...'

Die outa, wat net Zulu kan praat, het nie geweet waarom ek sê,
'toemaar, ek weet waar dit is' en ry nie.

DD

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Geskenk vir Katryn (Not)

Wo, 27 Augustus 2003 21:25

"Lorinda" wrote:

> Katryn, ek sien vandag die volgende in die Guardian:
>
> "President Bush is now unarguably a model president. That is to say, a
> 12-inch model of the president dressed as a fighter pilot is on the market".

Sheeesh....
Is dit 'n bubblehead....skuus, ek het bedoel om te vra of dit 'n
bobblehead poppie is?
:-))

> Dink jy die kindertjies in die VSA gaan almal een vir Kersfees wil hê?:-))

Sheesh....

> Lorinda (wat nou darem weet wat Katryn nie vir Kersfees wil hê nie).

LOL! Jy is baie perseptief (Wat is perceptive nou weer in Afr?)

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Re: Onaardige stilte....

Di, 26 Augustus 2003 17:33

Dit is omdat jy in die toekoms praat ....... PC datum ?

Greetings
Pieter
Tel : +27-(0)-12-3337112
Fax :+27-(0)-12-3337107
Cell :+27-(0)-83-4553016
BF Computer Office cc
Your One Stop Office & Computer Supplier
http://www.bfco.co.za
Suppliers of : Complete Computer Systems, Computer Components, Notebooks,
Printers, Networking, Servers, Web Hosting, Web Design, PBX Telephone
Systems, Lightning Protection Products, Original & Refilled Cartridges,
Office Equipment, Corporate Gifts and Stationary. We also do Designing of
Networks and IT Project Management.


"Lorinda" skryf in boodskap news:3f4b88cc$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
> Wat NOU weer?? Hmm?? Wat het hierdie keer gebeur dat almal van die plek
> gevlug het soos voor daai afkop perde langs die wapad in die spook storie?
> :-))
>
> Lorinda
>

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Ek is nie babbelas nie:-)))

So, 24 Augustus 2003 11:38

maar het kuiermense van vroegoggend
tot laat vanaand:-)))

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Dankie

Sa, 23 Augustus 2003 21:52

Dankie vir die tydige waarskuwing.
Ek het dit reggestel

DD

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1842): [ «    1700  1701  1702  1703  1704  1705  1706  1707  1708  1709  1710  1711  1712  1713  1714  1715    »]
Tyd nou: Wo Jul 03 03:11:59 MGT 2024