Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Andries nuus

Ma, 22 September 2003 19:05

Andries het vir my e-pos gestuur van die werk af; sy modem is deur weerlig
bygekom en hy kan eers volgende maand 'n ander een koop. Hy stuur groete aan
almal.
Ai, die Vrystaatse donderweer...:-)

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

sjoe maar dis stil hier!

Vr, 19 September 2003 18:58

ek wonder nou regtig wat van DD geword het. Dis nie hy om sommer net te verdwyn
nie. Katrina is ook vannie 'map' af. Anneries sê ook niks, nou ja, dis min dae
vir my hier. Ek moet sê ek sal nogal verlang om so nou en dan net longe te kom
skoonmaak hier. Maar dit is regtig nie meer die moeite werd vir my nie. Al die
inligting oor die grootmaak en hantering van gaaie het ek. My maat David Lal in
London sal ek nogal mis met ons e-posse oor die doen en late van papegaai
eienaars. Eintlik was dit my groot rede om internet te kon aanskaf. In die begin
was dit lekker om ure op te wees en met die res van die wêreld te kommunikeer
via IRC. Sê my Lorinda het jy ooit gesels op IRC? Die paar mense wat interessant
gepraat het op die Afrikaanse ng's het ook verdwyn. Ek het baie van ou Plaasvark
se stories gehou. Hy
het altyd vir ou Canada Dry so op haar plek gesit. ..... heheh
Daar was nog so 'n paar ander ook. Min het werklik oorgebly jy weet, sal nou sê
die wat 'sense' gepraat het. Nouja, dis elk geval lekker om met jou te praat,
nie dat jy nou eintlik veel seg nie ná :-) maar mens wil seker ook nou nie alles
adverteer op die ng. nie.
Het nou weer in die afgelope paar dae lekker gereën en ek kon nie my daaglikse
stap doen nie. Ek stap gemiddeld so 4-5km per dag, dis die kwak se orders. Hy sê
dit help hou die cholestrol laag, seker maar so. Maar ek geniet dit baie.
Anyways, hier gesels ek al weer non - stop.
Groete vir eers en haal maar solank die elektriese komberse uit :-)
--------------------------------------
A person with an argument is no
match for a person with an experience
--------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Andries se water

Di, 16 September 2003 21:16

Andries, is julle dan nog steeds sonder water?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Slakke (vir Katryn se tuin)

Di, 16 September 2003 21:10

Volgens die BBC kan jy slakke uit jou tuin hou met knoffel (was dit nie
Suidwester wat 'n tyd gelede so tekere gegaan het oor hoe hy knoffel haat
nie? Wel, added bonus: jy kan hom ook uit jou tuin hou met knoffel...:-))

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Swaeltjies

Wo, 10 September 2003 17:50

Vandag die eerste swaels gesien!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Putsonderwater

Ma, 08 September 2003 18:00

Ek het die naweek by my ouers op die plaas deurgebring omdat Clocolan vanaf
Woensdag verelede week nie water gehad het nie.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

2 posstukke vir die hele Sondag?

So, 07 September 2003 18:39

hello - hello - hello ........ praat harder ek kan nie hoor nie!

Koeitjies & kalfies | 37 kommentare

Toegemaak?

So, 07 September 2003 18:10

Hier in die nuwe Suid Afrika
wat alles behalwe splinternuut is
koop ek vandag by 'n winkel
net om môre 'n toe deur te sien.

Hoop nou regtig nie
dat julle hier ook
toegemaak het nie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

raak gesê:-)

Wo, 03 September 2003 21:47

> Ek woon in Suid-Afrika - dit is n land in Afrika. Jacob Zuma in die
> adjunk-president van Suid-Afrika.

Junk-president sal jy bedoelen.



DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

en Lorinda, die wiel het gedraai :-)

Wo, 03 September 2003 21:31

Jy onthou my probleme in Durbs.
Huurders wat in plakkers verander het.
'n Uitsettingsbevel is toegestaan vir
05 Desember!

Wag, ek pos vir jou briefie.

DD

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1842): [ «    1698  1699  1700  1701  1702  1703  1704  1705  1706  1707  1708  1709  1710  1711  1712  1713    »]
Tyd nou: Vr Jul 05 08:41:36 MGT 2024