Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Tobie uit die net?

Di, 30 September 2003 20:49

Tobie, gaan jy van die internet af wees vir 'n tyd,
of is slegs jou webblad deur die sensorraad raakgesien,
of wat is die stand van sake?

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Andries se modem

Ma, 29 September 2003 19:00

DD, ek dink dit is skandelik dat jy jou apprentice so sonder 'n modem laat
sit....... Is besigheid sleg by die firma on die brug??

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Re: knock knock... (1/1)

Ma, 29 September 2003 17:58

Mooi foudies en 'n goeie belegging wat jy daar het, al sou daar ook nie
ontwikkeling gewees het nie. Jammer dat DD die 'cowboy' nie saam met jou was vir
'n foto nie .... hehehe :-)
--

"DD" skryf in boodskap news:gmgenv0qtv8jref223veq5a9982b55ph7f@4ax.com...

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Suikerbekkie

Ma, 29 September 2003 06:19

lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek het al van 'n suikerbekkie gehoor! Nou wonder ek waarom die
> woordeboek nie die woord gee nie, dis inderdaad 'n baie mooi woord.

Dalk omdat daar nie hummingbirds is SA is nie? :-)

Nogsteeds, om vir so mooie klein voëltjie, 'n kolibrie te noem, werk
net eenvoudig nie vir my nie. :-))


> Katryn, ek dink ons moet dalk aanvaar dat my woordeboek nie watwonders
> is nie....:-))

LOL! Nee, ons kan nie so maklik opgee nie. Ek is oortuig dat hy nog
van baie nut gaan wees. :-))

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: knock knock... (0/1)

So, 28 September 2003 20:21

On 27 Sep 2003 14:24:45 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

>
> Welkom terug berugte matwasser! En ek hoop jy het die Kasteel
> geniet... Van natreen in Londen se strate, dis sooooo waar, ek het
> behoorlik natgereen die week. Vertel van Durbs as jy 'n kans kry..
>
> Lorinda


Kom ek vertel jou, so van oor die rand van 'n Kasteel:-0
Ons het 'n snaakse weer gehad in Durban. Koud en winderig.
En, vir my wat geklimatiseer is vir die hoëveldse weer, en in
Durban 'n baadjie (of te wel windbreker) dra, is dit snaaks.
Lekker om te sien dat dit kan koud word daar ook.

Onthou jy, Lorinda, dat ek jou vertel het van die nuwe onwikkeling
daar? En dat dit die rede was vir my beleggings daar?
http://www.uShakaisland.co.za

Kom ek wys julle hoe dit vorder, en presies waar dit geleë is
vanaf my plek gesien.

Dave

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Kolibrie

So, 28 September 2003 18:54

lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek het op Katryn se pos geantwoord, maar dit lyk my my pos het in die
> niet verdwyn... My berugte woordeboek sê dis 'n kolibrie... Ek het die
> woord nooit vantevore gehoor nie (wel voordat Roely dit gebruik het
> nie..:-))

Dankie vir die woord, Roely en Lorinda. Laat dit so geskryf staan dat
ek daardie woord hier op ALA eerste gesien en geleer het!! :-)
Ek het ook intussen geleer dat dit ook 'n suikerbekkie genoem kan
word. Suikerbekkie of heuningvoëltjie is vir my nogal baie mooi
beskrywende woorde vir die goedjies.

Net sommer vir interessantheid - hierdie ruby-throated hummers of dan
kolibries wat nou hier by my kuier, moet nog oor die Gulf of Mexico
vlieg waar hulle dan oorwinter. Dit is darem ongelooflik as mens
dink. Iewers het ek gelees dat die jaarlikse tog oor die Gulf is
sowat 500 myl, en hulle doen dit tussen 18 en 20 uur. Daarom ook dat
hulle eers hulle liggaamsgewig met 150% moet vermeerder voordat hulle
hierdie tog aanpak.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

3 tot 4 duim advertensies

So, 28 September 2003 06:27

>>>> Katryn
> Sedertdien
> kry ek ongelooflik baie spam oor veral penis enlargements en medisyne
> na daardie spesifieke adres wat ek gebruik het. Dit was toevallig ook
> die ENIGSTE plek waar ek daardie spesifieke adres gebruik het. Ek is
> baie lus om dit verder te neem met H&R. Ek dink hulle is skarmunkels
> wat privaat inligting laat lek.

Privaat inligting sê jy!!!?!

>>> Lorinda
> Jy moet belis daaroor kla, liewe hemel jy het nie 'n penis enlarger
> nodig nie!:-)) Wys jou net, belastingaarders kan glad nie vertrou word
> nie....

Hy het 'n botteltjie van daardie pille ernstig nodig gehad. Die
probleem was dat dit nog nie ontwikkel was nie (die pille meen ek:-)
Dit was laaank voor die 3" tot 4" pille die mark gesien het.

Hy gaan sien toe maar 'n towenaarvrou vir hulp, en dié sê toe vir hom
na die gewone ge'akkra ge'dabbra met haar hande swaaiend oor die
omgewing onder bespreking: "Van nou af, as jy in die straat loop en jy
nies, en iemand sê 'bless you', sal jy 'n duim groei in lengte
ervaar."

Dit was dae later, en heeltemal vergete al, toe hy op die sypaadjie
skielik nies. 'n Werklike nie-aansit nies. 'n Verbyganger sê ook maar
so ietwat ingedagte "bless you!" en hy voel die skielik verandering! '
So dit werk!' roep hy uit, en die volgende nies was met opset juis toe
'n voetganger verbystap. "Bless you" en die duidelik voelbare
'enlargement' is daar!

Toe kom daar twee nonne verbygestap, en net toe hulle twee treë voor
hom is, nies hy. Sê een van die nonne: "Bless you a thousend times, my
dear!"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

knock knock...

Sa, 27 September 2003 06:52

Halllôôôôô......!!!!!!!

Ek's terug, en weer op pad.
So, ek gaan nou my beste aftershave en oudste denim aansit, en dàn,
terwyl Tobie die babagaaie voer, en
Lorinda in die London'se reën in die strate natreën,
en Katryn wonder met wie sy nou weer 'n fight kan begin,
'n skaapbraai bywoon. 'n Skaapbraai met Kasteel voorgereg.
Kasteel, geskink in 'n groot beker, met 'n byna net so groot
oor:-)

Speedy Gonzales
die Berugte Matwasser van Durbs.
(Matte en Mure... met die weerklank
van Lorinda se vraag... 'gaan jy werk
of gaan jy vakansie hou?' steeds
in my ore:-)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Zuidafrikaanse borrelhapjes

Do, 25 September 2003 20:28

Hoi "iedereen"!

(Hoeveel zijn er nog die deze NG lezen?)

Iemand op nl.culinair zoekt naar recepten van Zuidafrikaanse borrelhapjes
die in grote hoeveelheden gemaakt kunnen worden. Dit in verband met een te
houden Zuidafrikaans dansfeest.
Hebben jullie leuke ideeën? Op internet vond zij alleen iets over biltong.

Roely

Koeitjies & kalfies | 47 kommentare

Somer is hier

Wo, 24 September 2003 17:52

Het vanoggend so om en by 07:00 die Piet-My-vrou hoor fluit. Die somer is hier !
--
--------------------------------------
A person with an argument is no
match for a person with an experience
--------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1842): [ «    1697  1698  1699  1700  1701  1702  1703  1704  1705  1706  1707  1708  1709  1710  1711  1712    »]
Tyd nou: Vr Jul 05 08:40:59 MGT 2024