Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Mars attacks

Do, 08 Januarie 2004 22:14

Katryn wrote:
>
> Maar rerig, julle dink darem nie rerig dit is 'n hoax soos die stories
> wat vertel was oor die maan landing nie, nè? Nee, julle sal nooit so
> iets dink van Amerika nie. Definitief nie. Ek sal dit nooit glo
> nie!!
> ;-))

LOL! Nee, nee, maar ons dink wel dis waar Beagle 2 is! :-)


> Wie van julle kan nog die fliek "Mars Attacks" onthou?
> Ek hoop dat die nuwe Mars sendings en oorloë en dinge gaan die Sci-Fi
> skrywers bietjie laat wakker word en weer vir 'n slag iets goed
> skryf!! ;-)
> Ek sien nogal uit na iets soos 'n vervolg op Mars Attacks.

Daardie fliek was 'n juweel! Daar waar hulle so geduldig wag vir die
toespraak nadat hulle hulleself wysgemaak het dit was alles maar net
'n misverstand met die marsmannetjies, en toe pluk hy daai wapen uit..
LOL!! Dis 'n toneel om te onthou. :-))

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Parys - Parys retoer

Ma, 05 Januarie 2004 21:55

Katryn   wrote:
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
>>
>> Dit gaan goed met my, dankie Roely! Ek het gisteraand teruggekom. Ek
>> was nie naby die Champs Elysees nie, ek was in Montmartre vir Nuwe
>> Jaar, maar die riots op die Champs Elysees elke jaar is mos deel van
>> 'n ou gerespekteerde tradisie wat terugreik na die dae van die Paris
>> Commune :-))
>
> Jy is TERUG!!  Baie welkom terug, Lorinda! ;-))
> Vertel vertel!!

Ek weet NIKS van die Paris Commune nie, wat jy ookal mag gehoor het ek
was nie daar nie ! (tyd het my daarvan gered)  :-))
Baie dankie vir die verwelkoming, ek het my klein vakansie baie
geniet. Ek was in 'n baie oulike restaurant op Oujaarsaand, en daar
was 'n soort kabaret (liedjies van Kurt Weil ens). Het ook die
Botticelli uitstalling by die Musee du Luxembourg gesien (nie op
dieselfde aand nie :-))en het soos altyd in Parys myself doodgeëet. Ek
het al die sports op die Champs Elysees gemis, maar ek kla nie :-)

> Gie gie...ook tyd dat jy terug is,  net betyds om te sien hoe ek
> alweer my kop in daardie hellhole (SCSAA)  gaan steek het, en ai AI!!
> ;-)))
>

Ek was so lanklaas daar dat ek hard moes soek, en jy is reg, ai, AI!!
Dis moeilik om oor enigiets 'n gesprek daar te voer. Ek glo nie dit
maak saak wat mens sê nie, die resultaat is dieselfde.  Ja, ons het
seker 'n water kliek hier! :-)

Oor die opskrif van hierdie pos, het jy ooit 'n bundel essays deur
Andre P Brink gelees met die titel Parys - Parys Retoer? Dit het
gegaan oor sy tyd in Parys en ek het baie daarvan gehou; ek dink sy
essays is baie beter as sy novelles (sy karakterisering is altyd so
een-dimensioneel - maar ek moet erken ek het lanklaas 'n boek deur hom
gelees, sy nuwe boeke mag dalk anders wees).

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

rellen in Parijs: Lorinda, ben je nog heel?

So, 04 Januarie 2004 12:02

Ik hoorde van mijn zoon dat hij afgelopen vrijdag in Parijs op de Champs
Elysees een soort Kristallnacht aangetroffen had. Veel winkelruiten zijn
tijdens de jaarwisseling gesneuveld.
Lorinda, hoe is het met jou?

Roely

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Spirit se landing op Mars vanaand

Sa, 03 Januarie 2004 15:15

Moenie dit mis nie!! ;-)
Mens kan ook na die hele ding kyk op die Internet op Nasa se TV
stasie:
http://www.nasa.gov/multimedia/nasatv/

Hier is so bietjie agtergrond:

http://marsrovers.jpl.nasa.gov/spotlight/rocknroll01.html
- America's Spirit Is Ready to Rock-n-Roll Martian Style Saturday
Night
;-)

Koeitjies & kalfies | 41 kommentare

DD se epos

Vr, 02 Januarie 2004 20:57

Ek het dit na die Intekom ene gestuur.
(Net ingeval jy vergeet het om te onthou dat jy ook so adres gehad
het)
;-))

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

So spel mens

Do, 01 Januarie 2004 14:17

Thaba N'chu
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Somtyds is ons voor:-)

Wo, 31 Desember 2003 22:21

Danielle, Amerika word gewoonlik as een van die toonaangewende lande
aangewys. So ook, Britanje, Lorinda. Maar daar is gebiede waar ons
julle voor is. Waar ons vinniger in die moderne wêreld inbeweeg as
julle!
Dit is reeds 2004 hier, en nog laas jaar by julle:-)

DD

Koeitjies & kalfies | 35 kommentare

Van Sjampanje en voorneme

Di, 30 Desember 2003 23:20

Gelukkige Nuwe Jaar, ek sien julle weer oor 'n paar dae.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 50 kommentare

vind uit wat is jou politieke standpunt

Di, 30 Desember 2003 09:53

hello
ek het afgekom op 'n lekker websaait:
www.politicalcompass.org
dit vra vir jou vrae en dan wys dit vir jou watter politieke standpunt jy
het, op twee kriteria:
links - regs ekonomies
liberaal - facisties sosiaal.
dit is nogal 'n oogoopmaker.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Engels - Amerikaans

Ma, 29 Desember 2003 19:39

Ek voel nou ietwat sleg dat ek weer in Engels gaan pos, maar ek het netnou
iets op die radio gehoor wat my vreeslik laat lag het. Op die program "I'm
sorry I haven't a clue" word Humprey Lyttleton uitgevra oor sy skooldae (nou
moet ek darem noem die man is 80 jaar oud) en hy sê "During my first year at
Eton I was a fag. In fact, I was Lord Carrington's fag..." (Stilte, en toe)
"I mentioned that on American television once and they had hundreds of calls
before I even left the studio..)

Gie gie gie

Het julle ook die "skivvy" sisteem op skool gehad (in standerd 6)?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1842): [ «    1689  1690  1691  1692  1693  1694  1695  1696  1697  1698  1699  1700  1701  1702  1703  1704    »]
Tyd nou: Ma Jul 08 06:38:01 MGT 2024