Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Botsende Belange

Wo, 21 Januarie 2004 21:03

Sy ry reg voor my op soek na 'n parkeerplek. Op soek teen 35kmu.
Kry die parkeerplek en trap rem sodat daardie Mazda net daar stop.
Ek moes regs swaai en het 'n botsing teen haar vermy maar die ou
in die regterbaan kon nie so vinnig wegswaai nie. My kar het 'n byna
onsigbare skraap teen die regter agtermodderskerm, maar sy linker
voormodderskerm lyk effe slegter.

Dit was 4:30 nm vandag. En sy klim in haar kar en ry terwyl sy weier
om te sê wie sy is. Weet nie regtig of haar registrasienommer iets
werd gaan wees nie. 'n Engelssprekende tannie.

Nou gaan ons poelieste toe. Ek neem die motorongelukvorm en
begin dit invul. Sy sê, nee, hulle moet dit self invul. ôrraait, vul
dit dan in. Geen enkele witmens agter die toonbank daar nie.
Dit was 4:50nm. Baie vriendelik verduidelik haar senior dat sy
die vorm moet invul. Weer 'n ôrraait van my af.

Sy sukkel, en hy moet haar wys waar om wat in te vul. En vir haar
sê hoe om die woorde te spel. Ek het gesê dat ons Suid gery het,
toe sê hy vir haar om East te skryf. En weer gee hy vir haar die regte
spelling van 'n woord.

Toe wil hy 'n skets van die ongeluk maak. Lekker moerrig teen die tyd,
gryp ek die papier onder sy pen uit, en sê dat hy wil raai. Toe skets
ek dit. Mooi vra hy of ek die skets op die vorm sal oordoen.
Nee, sê ek. jy het gesê dat julle die vorm doen. Nou doen julle dit.

My verklaring oor wat gebeur het. Sy vra of ek dit op die vorm sal
skryf. Nee, sê ek. Jy het gesê dat jy dit moet doen. Nou dòen jy dit.
Toe moet ek aan haar verduidelik wat 'bruise' beteken. Want, volgens
my het die modderskerms mekaar net so effe gekneus:-)
En ek moet haar leer spel.

5:40nm het ons daar uitgekom, en die vorm was so wrintiewaar
voltooi:-)

DD

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

AFRIKANERS IN NEDERLAND

Wo, 21 Januarie 2004 11:51

Hallo Almal, weet julle of daar nog Afrikaners hier erens in Nederland
wegkruip.. Ons is maar 'n klein groepie hier. Dit sal lekker wees om kontak
te maak.
As iemand kan help sal ek dit waardeer.. Of se sommer hallo!

Johan

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Amerikaanse vrouens

Di, 20 Januarie 2004 03:35

Ons het nou iets van die amerikaanse mans gesê - kom ons kyk na hulle
vrouens.
Dean se vrou verskyn saam met hom op die verhoog - sy is 50+ jaar. Sy het
donkerhare wat lank is - dit hang oor haar skouers. Waarom dra ouers
amerikaanse vrouens lang hare - het hulle nog niks van voorkoms gehoor nie?
En o ja - hulle is oor die algemeen bombasties, beterweterig en
manipulerend.
(Almal behalwe Katryn...)

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

you're a poet and don't know it

So, 18 Januarie 2004 21:37

in spamming wat ek nou net gekry het skryf
Dee Donahue
I love you

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Boom vir DD

So, 18 Januarie 2004 18:52

DD wrote:
>
>
> 'n regte Sonneratia, Lorinda. Met liggies aan...
> wat skyn! So lyk dit.
>
> ns
> Verlede keer moes ek jpg's vir jou gif's maak.
> Hoop jy kan die boom uitcheck:-)

Ek kan die boom sien, baie dankie :-)) Dis beslis nie inheemse
diertjies nie! Maar hulle is baie oulik. so die poswerker het nie die
boom kom aflewer nie :-(. OOk nie die koalas nie... Dit kon nogal
sports afgegee het :-))

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Koos Kombuisse "Diary of God"

So, 18 Januarie 2004 12:54

Iemand haal uit KK se boek aan waarvolgens KK sou sê dat indien jy god is,
kan jy nie 'n tweede mening kry nie. (Ek reken KK het op daai waarheid
afgekom met sy laaste besoek aan sy huisdokter....)
Nou het ek iets om Slimjanne mee die harnas in te jaag.

Geloof & kerksake | 7 kommentare

Oor klatergoud tussen die mielies

So, 18 Januarie 2004 11:05

> Oor Andries se weglopery; met jou kontakte sal jy mos weet as hy
> probeer om dit te verkoop?! So as jy nog niks gehoor het nie beteken
> dit die ding is waar dit altyd is, in sy pa se mielieland. Hy sal jou
> wel eersdaags kontak as sy pa snuf in die neus kry, dan moet ons weer
> 'n reddingspoging loots...:-))

> Lorinda

Volgens Katryn is jy een van my kontakte.
Dus sal hulle dit nie snaaks vind as jy en ek
tussen die mielies verdwyn nie. Om ondermeer
ook vir Andries van sy pa se toorn te red.
Die ander rede is natuurlik sy sussie se kat:-)))

DD

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Oor skatte in die mielies

Sa, 17 Januarie 2004 20:46

DD wrote:
> Andries het met hom weggeloop, Lorinda:-(
> Was jy in jou ander woonstel, of waarom is jy so skaars?

Dis net gisteraand wat ek nie hier was nie! Ek was teater toe.
Oor Andries se weglopery; met jou kontakte sal jy mos weet as hy
probeer om dit te verkoop?! So as jy nog niks gehoor het nie beteken
dit die ding is waar dit altyd is, in sy pa se mielieland. Hy sal jou
wel eersdaags kontak as sy pa snuf in die neus kry, dan moet ons weer
'n reddingspoging loots...:-))

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vraag

Sa, 17 Januarie 2004 20:25

In die koerante hier vandag was daar 'n hele paar artikels oor hoe
hoog die pryse in Suid-Afrika geword het bv die volgende oor Kaapstad:

"Restaurants were accused yesterday of inflating prices by more than
1,000% in a frenzy of greed damaging South Africa's tourism industry".

en

"An investigation by the Congress of South African Trade Unions
(Cosatu), which fears big job losses if tourists stay away, found some
restaurants charging £54 for a starter portion of perlemoen, a local
shellfish, and £65 for crayfish, when the cost price was under £2.

Restaurants on the waterfront were found to be the biggest offenders,
with price increases in excess of 1,000% over the past couple of
years, But hotels were also profiteering by charging up to 40% more
than last year - outstripping some luxury New York hotels.

Wat ek nou nie verstaan nie, is moet almal hierdie pryse betaal? Ek
bedoel, dit moet mos verskriklik duur wees vir Suid-Afrikaners, so is
daar 'n ander prys vir Suid-Afrikaners as vir toeriste?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Royleen

Sa, 17 Januarie 2004 20:18

Royleen se verlof behoort nou einde se kant toe te staan.
Sy het vir my 'n kersboom gestuur oor Kersfees
en ek dink nie dat sy my boodskap ontvang het nie.
Eintlik is dit tyd dat sy hier instap.

DD

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1842): [ «    1687  1688  1689  1690  1691  1692  1693  1694  1695  1696  1697  1698  1699  1700  1701  1702    »]
Tyd nou: Ma Jul 08 05:41:06 MGT 2024