Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die siel van die Russe

Vr, 06 Februarie 2004 18:06

"Jonas" wrote:
> Lorinda,
> Sonder om die storie uit te rafel - waarom het Putin dan nie daardie
> inligting openbaar gemaak nie? Dieselfde geld natuurlik mbt die Franse en
> die Duitsers. Ek is onder die indruk dat verhoudinge op sekuriteitsvlak van
> so 'n aard is dat Blair oortuig kon word.
> Persoonlik glo ek dat daar niemand was wat onomstoorlike inligting beskik
> het dat die WMD's nie bestaan het nie.
> In Bush se geval dink ek het hy sy militêre vermoë so ver ontplooi dat 'n
> ommekeer op daardie tydstip nie haalbaar was nie. In die VSA se geval, is my
> indruk, was die WMD nie so 'n groot "issue" nie.

(Jammer dat ek die tema verander het, ek kan nie anders nie want ek
google). Jy is waarskynlik reg oor die Duitsers en Franse (dat hulle
nie 100% seker was nie). Maar dan kan jy ook nie verwag dat hulle 'n
negatief moet bewys nie. Oor Putin het ek ander verdenkings. Ek het so
half tydens sy gesprek met Blair verwag dat hy vorentoe sou leun en
sê: "Ek weet dis nie daar nie, want ons het dit verwyder.....". Oor
waarom hy die inligting nie bekend gemaak het nie, ek dink jy weet wat
die antwoord daarop is. Tenspyte van die "verandering" ens. sou die
hele ding hulle groot vermaak verskaf en waarom sou hulle nou omgee as
die Amerkaners en die Britte hulle in 'n gemors met Irak begewe? Daar
is vele redes waarom hulle dit nie openbaar sou maak nie.

> (Ek stuur vir jou 'n mooi song oor die naweek. Laat weet of jy daarvan hou.)
>

Baie dankie! As jy dit na die tiscali adres stuur sal ek dit Maandag
kry, ek is op die oomblik in Brighton.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Hoera voor Katryn

Do, 05 Februarie 2004 23:56

Welgefeliciteerd met je verjaardag! Hopelijk begin je er uitgerust aan....
In Nederland is er een comediënne die ooi een lied zong over een verjarende
vrouw:

...............
als moeder jarig is, dan zit ze geen moment!
dan is het rennen, vliegen, sloven,
van beneden weer naar boven......

Plezierige dag Katryn!

Roely

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Lorinda

Wo, 04 Februarie 2004 00:23

Ek wou al laaaaankal vir jou vra hoe dit met jou ma gaan?
Is sy al terug van Afghanistan? Het julle kontak met haar?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

As...

Di, 03 Februarie 2004 20:01

As een van my bewonderaars dalk vir my 'n briefie gestuur het,
stuur dit oor asseblief. Toe ek inskakel, was daar 497 briewe.
Maklik om dit uit te vee, maar verseker sal ek moet formateer.
Want, as ek ooit 'n briefbom gesien het, is dit een die.

DD

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Rekenaar hulp

Ma, 02 Februarie 2004 20:12

Ek sit vandag by die huis, en besluit toe om nou finaal my nuwe
rekenaar/laptop op te stel en al die files van my oue oor te plaas en
so aan. Maar toe doen ek iets wat rerig dom was, en nou soek ek raad.
Ek wou my ou rekenaar se hardeskyf heeltemal formateer en 'n nuwe vars
OS daarop sit. Toe gebruik ek ewe fluks Fdisk om van die partisies
ontlsae te raak, en na 'n gesukkel kon ek selfs met my limited kennis
van Debug van die NTSF partisies onslae raak. En toe, na alles kom ek
agter dat ek nie kan boot vanaf die CD-rom nie. Hoe nou gemaak? Die
CD's wat ek het met XP en selfs die ouer Win2000 moet almal van die CD
af geinstalleer word, en ek moet dus kan boot vanaf die CD. Maar dit
lyk asof die BIOS van hierdie spesifiek PC eenvoudig nie toelaat dat
mens vanaf 'n CD kan boot nie. Slegs hardeskyf of floppie.
Hoe moet ek nou maak om die skyf te formateer en 'n OS daarop te kry?
Behalwe om die hardeskyf in een van ons ander rekenaars te installeer
en dan weer in die ene te sit, en te herinstalleer?
Ai, ek is moedeloos. DD of Jonas of iemand anders. Het julle dalk
raad?

Rekenaars & selfone | 9 kommentare

Katryn

Ma, 02 Februarie 2004 19:44

Katryn, waar kan ek 'n ordentlike binary downloader kry?

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Pretoria by Pretoria

Ma, 02 Februarie 2004 12:13

Terror Lekota sou in wuiwer Afrikaans aangekondig het dat Pretoria sal
Pretoria bly.
10 uit 10 vir Lekota .
Lekota vir president - as julle dink Bush is 'n probleem, dan weet julle nog
nie van Mbeki nie ...

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Bekke van leeus

So, 01 Februarie 2004 22:13

Waar is die fotos van die dierasie wat jou voet aangeval het? Het jy
dit al gepos? As jy het kan ek dit nie sien nie :-(

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Van Tekens

So, 01 Februarie 2004 22:05

DD wrote:
> ns.
> Dit was wel nie op Roodepoort nie, maar enkele kilos daarvandaan,
> MAW tussen Krugersdorp Noord en Pretoria.
>

Katryn, as ons Roodepoort, Krugersdorp en Pretoria op 'n kaart
verbind, kry ons nie een of ander okkulte teken nie? :-)) Eendag, DD,
gaan ons daardie kode breek.....:-)

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vanmiddag se rondry (0/1)

So, 01 Februarie 2004 20:08

RE:
As jy meer wil weet oor waar my skoen vanmiddag in die bek van 'n
leeu beland het, moet ek darem sê dat dit 'n leeutjie was:-))).
Terwyl ek met iemand anders gesels het, het hy aan my linkerskoen
begin kou. En die krag in sy kake, het my laat besluit om in die
opsig, nie saam te speel nie:-)
En as jy werklik nòg meer wil weet, sal ek gebruik maak van die feit
dat dit ons paar se nuusgroep is dié, en eie reg gebruik en vanmiddag
se foto's vir jou wys. Onthou dan net, dat ek dit nog nie by 'n
'Photoshop' gehad het om kolletjies en so uit te haal nie.

Dave

by foto Dscf0030 het ek besluit om nie net die diere
af te neem nie, maar somtyds mense ook. Die Franse
meisie het toe hèèl tòevallig voor die lens beland.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    1685  1686  1687  1688  1689  1690  1691  1692  1693  1694  1695  1696  1697  1698  1699  1700    »]
Tyd nou: Ma Jul 08 08:20:28 MGT 2024