Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Van storm see

Sa, 20 Maart 2004 21:00

Vandag in Brighton was die see vreeslik wild; daar was 'n stormwind en
die meeue het met hulle mae plat op die sand gesit om nie weg gewaai
te word nie. Die Engelse kanaal lyk die meeste van die tyd so rustig,
en kan dan skielik in 'n monster verander soos vandag. Van die kus
gepraat, waneer trek jy DD?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Daar mòet 'n boom wees.

Sa, 20 Maart 2004 20:25

En as jy in die veld loop en 'n leeu jaag jou?
Dan klim ek in 'n boom!
En as daar nié 'n boom is nie?
Daar mòet 'n boom wees!

Die foto het ek sowat 7 ure gelede geneem.
Vir webdoeleindes het ek dit kleiner gemaak
maar wie die oorspronklike van my wil hê
is welkom natuurlik. Sowat half mb groot.
Die verwebsing het egter goed uitgekom.
Ek pos dit net hierna. Lees eers bò.

DD

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Hulp nodig

Do, 18 Maart 2004 13:21

Hallo vrienden,

ik ben in het bezit van een boek die ik via mijn moeder heb gekregen.
Het boek is geschreven door een tanta van mijn moeder in de Afrikaanse taal.
Nu wil ik graag weten wat de titel van het boek in het nederlands is.

de afrikaanse titel is: "My Eie Outjies"

Wie kan mij helpen?

Met vriendelijke groet,
Henk Rutgers
Groningen
Nederland

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Gelukkige St. Patrick's Day almal!!

Wo, 17 Maart 2004 01:05

"There is a stone there,
That whoever kisses,
Oh, he never misses
To grow eloquent.
'Tis he may clamber
To a lady's chamber,
Or become a member
Of Parliament. "

Lorinda, het jy al die Blarney Stone gesoen?

Hier in Amerika is more 'n erge (vandag vir julle)
dronkword-op-groen-bier-dag. En ons almal moet altyd iets groen dra,
maak nie saak wat dit is nie. Solank jy net groen aan jou lyf het. En
dit maak nie saak of jy Iers is of nie, of probeer wees, of nie. ;-))
Ek wonder hoe rerige Iere die dag vier? 'Seblief vertel, Lorinda?

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Ek loop die pad

So, 14 Maart 2004 03:40

Mag ek vir julle 'n gedig hier plaas wat eintlik 'n baie mooi song is?
Geniet dit in elk geval.

Liriek: Amanda Strydom
Musiek: Zane Cronje

Ek loop die pad al lank, my lam
so kaalvoet deur die kou
van doeriekant se doringveld
en kyk hoe lyk ek nou

Ek loop die pad so sonder hoed
deur son en wind en grou
so kaalvoet op die slingerpad
en kyk hoe lyk ek nou

My lam, die gras is soms so groen
die son is soms so lou
maar ek loop hierdie pad alleen my lam
en kyk hoe lyk ek nou

Onthou jy nog hoe ons kon loop
so loslyf en verspot
so vlieg - vlieg oor die koppies heen
'n Ragab en 'n Lot

Maar nou loop ek alleen, my lam
so kaalvoet deur die kou
en soms, net soms, dan wonder ek
my lam, waar is jy nou
en soms, net soms, dan wonder ek
my lam, waar is jy nou?

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Re: Ne ostavim Putina na polputi

Vr, 12 Maart 2004 18:15

On Fri, 12 Mar 2004 13:01:01 +0300, "Ruslan" wrote:

> Ne ostavim Putina na polputi
>
> ðÒÉÇÌÁÛÁÀ ×ÓÅÈ ÚÁÇÌÑÎÕÔØ ÎÁ ÍÏÊ ÓÁÊÔ Mondialism.Net
> ÇÄÅ × ÓÔÁÔØÅ http://www.mondialism.net/russia/election.htm Ñ
> ÐÒÅÄÌÁÇÁÀ Ó×ÏÊ ×ÚÇÌÑÄ ÎÁ ÷ÙÂÏÒÙ-2004 × òÏÓÓÉÉ.
> ðÏ×ÅÒØÔÅ, ÜÔÏ ×ÚÇÌÑÄ ÎÅ ÔÒÉ×ÉÁÌØÎÙÊ É ×Ù ÏËÕÐÉÔÅ ÕÓÉÌÉÑ, ÚÁÔÒÁÞÅÎÎÙÅ ÎÁ
> ÐÒÏÞÔÅÎÉÅ ÎÅÓËÏÌØËÉÈ ÓÔÒÁÎÉÃ ÔÅËÓÔÁ.
>
> úÅÒËÁÌÏ ÓÔÁÔØÉ:
> http://mondialism.narod.ru/russia/election.htm
>
> Important notice
> This stuff is especially Russian and only in Russian language.
> I invite everybody who is interested in Russian problem and do apologize that
> I'm unable to convey my information in English.
> Sorry for that.
> Cheers .......
>  
>  
>  
>

Munje skati lo hlungu ka Rusia
yena muhle. Futi, na mina kabanga
fananda. Na manji. ahio noko one
yena hiswa lo stori lo.
Indaba ka hini? Indaba tina hi marussia.

Important notice
This stuff is especially Fanagalo and only in the Fanagalo language.
I do apologize that I'm unable to convey my information in the
Russian language.













>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaansch

Ma, 08 Maart 2004 11:04

Voor de geïnteresseerde in het ontstaan van het Afrikaans:

http://www.dbnl.org/tekst/ginn001hand01/ginn001hand01_0009.h tm

Als je het pijltje omhoog aanklikt, dan zie je de gehele inhoud van het boek
van Van Ginneken.(uitgegeven 1928). Ook een hoofdstuk over het oude
Amerikaans-Nederlands bijvoorbeeld.

Roely

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Lui perde en luiperds ;-)

Ma, 08 Maart 2004 00:36

On 7 Mar 2004 13:19:41 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Ek hoop dis luiperde wat ek sal sien... (veral omdat ek so
> onseker was of die meervoud van luiperd "luiperde" of "Luiperds" is
> :-))

So van perde en lui perde gepraat. Ek het vandag gaan perdry
saam met 'n paar van ons vriende wat Tennessee Walking Horses teel.
Dit is sekerlik die mees wonderlike aangename "smooth" ride, of eerder
"glide", wat mens OOIT kan droom om te hê. Die van julle wat perde
ken, en dalk van perdry hou. Ek wens dat julle net EEN keer in julle
lewens dit kon ervaar. Selfs om te gallop (ek hoop dit is wat canter
is? , is so ongelooflik "smooth", en saggies op en af. Ag, ek wens
ek kon beter verduidelik. Dit is net die mees ongelooflikste ryperde
ooit. Maar dis beter om nie te weet hoe hulle geleer word nie.
Ek dink ek gaan vreeslik seer en styf more wees. Maar dit was net
soooo ongelooflik lekker, dat ek gladnie wou huistoe kom nie. ;-) Dit
was vandag ook 75 grade, so dit was 'n absolute lieflike perfekte blou
hemel dag.

Troeteldiere | 38 kommentare

was MDrift gewees - nie vir Jonas! - Spotsfamily2.jpg (0/1)

So, 07 Maart 2004 15:27

On 7 Mar 2004 03:22:52 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> DD skryf in boodskap news:...
>> Daar is wel 'n luiperd op die foto's, saam met 'n leeu in dieselde
>> hok. Maar bes moontlik praat jy van 'n hyena, waarvan daar 'n
>> mooi foto is.
>>
>> Wolf
>
> Liewe Wolf
>
> Ek weet hoe 'n hyena lyk. Ja, daar was 'n mooi foto van 'n hyena, maar
> om een of ander rede gril ek vir hulle. Ek dink luiperde is baie mooi,
> en dit herhinner my ook aan daardie storie van Herman Charles Bosman
> oor die luiperd. Op een stadium praat hy van twee soorte, omdat hulle
> glo 'n verskillende getal kolle het (sê oom Schalk Lourens..), maar
> dit maak nie saak nie "because if you see one you do only one kind of
> running.." :-))
>
> Hyena hater


Dàn, my Ierse droom, praat jy van die 'Spotsgesin'.
Spots, Spotty en Spottiekie:-)))

Wolf

ns.
Moet nie oopmaak Jonas!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Lorinda, hoe vêr is Derby van jou af?

Do, 04 Maart 2004 15:44

Want ek sien daar is 'n parkeer garage wat onder die wereld se top 10
veiligste plekke is. So, as daardie potion van ons dalk besluit om 'n
lewe van sy eie te neem, weet jy waar om heen te gaan om veilig te
bly, 'kay?
Of as Derby te vêr is, kan jy dalk ook na die 1960's bar gaan (#6), in
Wiltshire. Maar nou is ek bietjie bekommerd, want ons weet mos wat
gebeur met jou en kroeë en so...daardie Ierse gene, jy weet....
;-)))

Volgens die Focus magazine:

1. Chyenne Mountain Air Force Station
2. HavenCo
3. ADX-Florence Prison
4. Deposed Iraqi leader Saddam Hussein's Baghdad bunker
5: Mormon Church records vaults
6: Fort Knox
7. The 1960s Bar
8. Air Force One
9. Area 51
10. Bold Lane parking garage

Wat ek nou oor wonder is Engeland se prioriteite? Ek meen, hier by
ons is ons maksimum sekuriteits plekke almal geassosieer met militêre
ineenstellings, of tronke, maar by julle is dit 'n kroeg en 'n
parkeergarage? Go figure!!
;-))))))))))

Koeitjies & kalfies | 42 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1681  1682  1683  1684  1685  1686  1687  1688  1689  1690  1691  1692  1693  1694  1695  1696    »]
Tyd nou: So Okt 06 05:48:19 MGT 2024