Dit is die winterwind wat waai,
al wenend deur die lange nag,
al wenend om die verre dag;
die twye swenk, die takke swaai -
dit is die winterwind wat waai.
Hy sleep die sug van eeue mee
uit dieptes van die diepe see,
en waar vergane skepe rus
op menig maan-gebleekte kus;
hy sing van lang-vergete wee:
hy bring die sug van eeue mee.
Hy kom oor velde ver en wyd,
oor grafte in hul eensaamheid,
waar moeders van hul sorge rus,
waar kindersnikkies is gesus -
dit is die lied van die eensaamheid -
hy kom oor velde ver en wyd.
*
"My ma, ek hoor van verre om
'n dreuning oor die velde kom!"
"Dit is die bome in die wind:
die wilgertakke kreun, my kind." -
"My ma, ek hoor my brakkie huil:
wat sou daar kruip, wat sou daar skuil?" -
"My kind, die nag is koud en lang:
die diertjie is alleen en bang."
"My ma, dit dreun al in die rond
soos perdehoewe op die grond;
my ma, wat lig daar soos 'n vuur
van buite op die kamermuur?
My ma, daar brand die koringmiet!" -
"My kind, die Heer se wil geskied!"
*
Daar staan 'n moeder met haar kind
allenig in die winterwind -
en niemand wat haar trane siet,
en niemand wat haar trooste bied.
En wilde vlamme strooi dit wyd,
die vrug van lange lewensvlyt -
in vonke deur die lug gesaai,
in vonke wat die wind verwaai.
Haar kindjie, aan haar bors gevou,
beskut sy teen die winterkou -
die trane wat sy swyend ween,
so op haar wang tot ys versteen.
En winterwinde sing die lied
van eensaamheid en stil verdriet;
en sonder weerklank sterf die klag
op wye velde in die nag,
al sugtend deur die gras se saad -
en verre is die daeraad.
Die twye swenk, die takke swaai,
dit is die winterwind wat waai...
Is geweld in SA drasties aan die toeneem die afgelope
paar jaar? As mens mediaberigte lees, dan sou mens
so dink.
Maar wat vir my snaaks is, is die ongesproke vibes
wat ek van familie kry. Net na 1994 was meeste van
hierdie familielede baie geinteresseerd om vir ons te
vertel van die geweld, en hoe mens nerens heen kon
gaan nie. Deesdae kry ons nie meer daardie soort
gevoel nie. Die familielede ry ook oral rond asof daar
geen gevaar is nie. Wat het verander? Ek merk selfs
op dat die aantal aanmerkings wat subtiel anti-swart
is aan die afneem is. Dis nou van familielede wat
in die ou dae Konserwatiewe party sou gestem het.
Ek neem aan daar is baie geweld in SA. Net
soos daar 'n ruk gelede baie meer geweld byvoorbeeld
in New York City was as wat daar nou is. Die afneem
van geweld in New York word gewoonlik toegeskryf
aan die feit dat die baby boomers se kinders die
meer geweld veroorsaak het deur hulle groter getalle,
en dat die verminderde geweld toegeskryf word aan
die verminderende getalle van jongmense onder
twintig.
Russel - waarom hou hulle die ou(tjie) uit die span uit?
Maar hy's te klein ... onse Boere glo steeds nie die David en Goliat
storie nie. 'n Goeie rugbyspeler moet kwansuis groot en dom en blou
wees.
Tot dusver was daar nog net twee mense wat ereburgers
van Kanada gemaak is. Die een is Raoul Wallenberg, die
Sweedse diplomaat wat gedurende die Tweede Wêreld-
oorlog talle Jode uit Duitsland uitgesmokkel het. Die ander
ereburger is Nelson Mandela. Nou sien ek dat hulle die
Dalai Lama ook ereburger van Kanada gaan maak. Dit
verbaas my nogal. Die Kanadese regering het tot dusver
hulself gedistansieer van die Dalai Lama, want hulle is
te bang om op Sjina se tone te trap. Ek wonder of die
nuwe Konserwatiewe Regering iets daarmee te doen
het.
Terloops kyk ek eergisteraand na 'n onderhoud wat Toks van der Linde en
Kobus Wiese voer met voormalige tenniskampioen Bob Hewitt.
Hewitt maak die opmerking dat daar nie meer "karakters" in die
tenniswêreld is nie. En dit val my weereens op dat dit nie net tennis
en sport is wat gebuk gaan aan 'n gebrek aan karakters nie - maar oral
oor.
Gelukkig het ekke een of twee geken.
Daar was Sammajoor George Crumpton in Tempe. Ek sou saam met hom in 'n
loopgraaf kon klim. (Suidwester het jy van hom geken? Hy's klaarblyklik
so 5 jaar terug in 'n ouetehuis in Pretoria oorlede.)
Daar was 'n Sandy King - huursoldaat van formaat in die Kongo. So sterk
soos 'n leeu - op ouderdom 68. Sy foto pryk in "Mad" Mike Hoare se boek
oor die Kongolese-huursoldate.
Ek het vir 'n instansie gewerk wat eendag psigometriese toetse ontdek
het by die werwing van nuwe personeel. Dit het so 5 jaar geduur toe lyk
al die nuwelinge dieselfde - skrander en "gebalanseerd" - maar aan
innovering en individuele karaktertrekke baie min. Eintlik kleurloos.
Wat kan ons doen om karakters terug te bring in hierdie wêreld?
het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?
al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jy't saam met my verstedelik
jy't saam met my elke winter verjaar
en nou sê jy -
jou sandduin het verskuif
die lugfoto's kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil
skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...
ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en
as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?