Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Trevor Manuel

Di, 02 April 1996 00:00

"Leendert van Oostrum" <OOS...@scientia.up.ac.za> wrote:
<<>Soos ek verstaan het Trevor Manuel se vorige ministerie iets te doen
>gehad met miseries soos hierdie.>>

Ek sien jy is op jou wetenskaplike beste.
As jy wil, kan ek gou 'n paar menings en gerugte op die boonste vloer
gaan haal en insit in die bespreking. Stel jy belang?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Rijm (Re:)

Ma, 01 April 1996 00:00

At 01:12 31-03-96 SAT, Frank wrote:
>
> TOE TYD WEER KOM
-------------------------------------------------------

Zoals ik al eerder schreef, vind ik jouw gedichten
behoren tot de categorie kreupel-verzen en Sinterklaas-
rijmen. Bestemd voor de welwillend toehorende
familiekring, goed gehumeurd bijeen achter zorgvuldig
gesloten buitendeuren. Met aan je ene zijde je
toegewijde vrouwtje, en aan je andere zijde je
liefhebbende moedertje.
Maar er is nog iets met jouw 'verzen'. Normaal
kan ik het Afrikaans redelijk lezen. Maar jij maakt
er al 'dichtend' zo'n bizarre woorden-brij van, dat
ik er met de beste wil niet uit kan komen. Voor mij
volstrekt onbegrijpelijke taal soms. Wel uniek, dat
wel, maar toch geen verrijking van de Afrikaanse
Letteren, naar mijn bescheiden mening.

Bernhard Bezemer
"Vaak dient het rijm slechts om de innerlijke
ongerijmdheid te bedekken." (Saitschick).

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Toe tyd weer kom

So, 31 Maart 1996 00:00

TOE TYD WEER KOM

Toe tyd weer kom, toe sit ons met 'n land -
Te bowe gaan die plekkie die verstand -
Waar eeue saamspan om die gek te skeer,
En kolk en maal, en maal en kolk maar weer,
Wat saamgegooi het alle soorte mens
Soos malsiekjan se goeters in sy spens,
Wat eers gewoed het met die aardbolgal;
aar nou is almal slaansaknelsonmal.

In 1652 kom Oom Jan,
Wat lank moes soek om skeurbuik te verban,
By platbergbaai se strand met skepe aan
En kom en gaan en gaan en kom en gaan,
Tot dinge reed'lik goed begin te lyk
En Britse ogies suid begin te kyk;
Dan was daar nog 'n klomp van Frankryk ook
En binnekort begin die pot te kook.

Want Xhosa was daar, Zoeloe, Matabeel
En bruin en swart en pienk en bietjie geel,
Vir een ou plekkie was dit effens veel,
En graag wil mensdom nie met ander deel,
Dis bloed en spies en bom en haelgeweer
En vlaggies hys en stryk en hys hul weer;
Daar kom toe diamant met goud daarby,
En wragtig sal die storie end nooit kry.

Hoe lyk die plekkie nou, wil almal weet,
Nou dat daar blom wat demokrasie heet?
Nee wat, dit lyk asof daai demo-ding
Vir ons nog meer soos vantevore bring;
et kierie en met krom masjiengeweer
oor almal heerlik voort soos van weleer;
Dit lyk asof die bloed nou verder spat
En taxiboef kraai koning in die stad.

Die Koningin van daardie demo-ding
Het eers vir Stompie toe haar man bespring;
Haar man probeer wel vrede te bewaar,
aar sê bra min oor skiet op Zoeloeskaar;
Daars mense wat die setlaars wil verbrand,
En ander wat wil slag vir stukke land;
Die een wat gister nog Lenin siteer
Wil als wat beef nou graag privatiseer.

Daars baie honger en daars baie haat,
Daars baie wat die demo-ding verlaat,
Daars amnestie vir my en tronk vir jou,
Daars hordes wat veel eerder breek as bou,
Daars treine bloed en treine lekker sous,
Daars boeties wat vir bandjies poste smous,
Daars tannies wat swart kindertjies verbied,
Daars oompies wat swart kindertjies snags skiet.

Nou wonder ek, as wolf mens vir mens is,
Soos Hobbes vertel, of hoop vir ons spens is.
Daai eeue met hul maljan gekgeskeer
In hierdie land verbaas ons keer op keer;
Die mens is dwaas, die demokrasie dom,
Maar die wat beter weet bly blykbaar stom;
Waar mag van andere my altyd kwaal
Laat demo-ding my vryheid asemhaal.

Baai
Frank.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

we help me ?

Sa, 30 Maart 1996 00:00

We kijken uit naar internetters van Nederlandse afkomst en zien p.o. gaarne hun
email tegemoed.
Alex Goossens

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mandela se rykdom

Sa, 30 Maart 1996 00:00

Vrydag se koerant hier in OZ vertel dat Mandela ewe vriendelik vra dat
mense uit sy persoonlike finansies bly.

Alhoewel ek oortuig is dat Mandela die beste ding is wat met NSA kon
gebeur, wil dit nie sê dat mense hom n onvoorwaardelike kretiek vrye
lisensie mot gee nie. Die ding lyk tiepies Afrika-politiek.

Gegee die jaarlikse salaris van die eersteminister van OZ, sal dit 100
jaar neem om soveel in salaris te ontvang maar dan sal hy dit feitlik
als gebruik vir lewenskoste en slegs n persentasie daarvan kan spaar.

Indien die eerste minister van OZ geld uit ander bronne ontvang, sal
dit die onderwert van parlimente^re komisies wees en as in konflik met
sy amp beskou word.

Afrika politiek !

jbe...@onthenet.com.au
http://www.onthenet.com.au/~jbergh
32 Koola Dr, Nerang QLD 4211 Australia
Phone: 61 7 55960462

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Chickens en Ware Helde

Sa, 30 Maart 1996 00:00

Die afgelope week het ons hier in Ottawa gaan luister
na Generaal Georg Meiring, hoof van Suid-Afrika se
militere struktuur. Iets was so reg daar voor my: hierdie
ouerige breedgeskouerde Afrikaner in sy netjiese uniform,
en Billy Modise, nou aan die hoof van die SA diplomatiese
diens hier, 'n Twsana wat in Bloemfontein grootgeword
het. Twee seuns van my geboorteland, uiteindelik op gelyke
voet, uiteindelik besig om te werk vir hulle land.
Generaal Meiring verduidelik toe onder andere hoekom
hulle in Kanada is: hulle voel dat hulle baie van Kanada kan
leer. Die twee lande het omtrent dieselfde bevolking, en
Kanada het groot ondervinding in "peacekeeping", iets waarop
die SA militere struktuur hulle wil voorberei.
Dis toe dat ek besef: ek is nie meer Suid-Afrikaner nie.
Ek is Kanadees. Ek is trots om burger te wees (noual vir
23 jaar) van 'n land wat gerespekteer word in die wereld as
'n vredeliewende land, wat orals ingestoot word as die vrede
behou moet word. (Hulle raas in die Kanadese parlement as
daar weer 'n versoek kom, vra of ons dit kan bekostig, maar
as ons weer sien, dan gaan daar 'n regiment erens heen, met
Franse name as hulle in 'n Franssprekende area benodig word,
met Engelse en Franse name deurmekaar as Engels die voer-
taal gaan wees.)
Ek voel ge-eerd om saam te bly in 'n land waar daar talle
verskillende groepe mense bly wat al vir duisende en duisende
jare hier hulle tuiste maak: Inuit in die noorde, allerhande
"First Nations" groepe (ek weier om te dink aan hulle as Indiane,
net omdat 'n dom Europeer lank gelede gedink het hierdie
kontinent is Indie), en Metis (afstammelinge van die lokale
groepe en Franse voyageurs in die 17de en 18de eeue.)
Met die sogenaamde witmense hier het ek soms moeilikheid.
("Witmense?" vra ek vir my kinders toe hulle nog adolessente
was en met 'n storie inkom dat hulle witmense is. "Ek dink nie
julle is wit van kleur nie. Meer pienk en beige deurmekaar,
met sulke bruin kolletjies hier en daar.") Dit irriteer my as
'n sogenaamde witmens, wat 'n paar jaar gelede erens uit
Europa na Kanada geimmigreer het, vir 'n swart persoon hier
vra "En waar kom jy vandaan?" En dan is hierdie swartmens
se voorouers al 5 geslagte lank in Kanada (lank voor 1867 toe
Kanada gebore is) : mense wie se voorouers afstammelinge
is van slawe toe slawerny nog toegelaat was, slawe wat saam
met hulle meesters na Kanada toe gekom het na die Ameri-
kaanse Vryheidsoorlog omdat hulle nog onder Engeland wou
wees, swart mense wat op die "underground railway" hierheen
gevlug het uit die VSA, waar slawerny nog wettig was tot in
1863.
Ek is dus Kanadees. Ek hoort nie hier as ek nie my volle
energie en lojaliteit aan hierdie land kan gee nie. Ek hou ook
nie daarvan om as "chicken" beskou te word nie. (Ons het SA
kans gegee, vier jaar teruggegaan en daar gaan bly aan die einde
van die sestigerjare, en toe vir 'n tweede keer getrek.)
Maar ek beskou as die ware helde die mense wat nou in
Suid-Afrika bly, gedetermineerd om hulle land reg te ruk na
die jare van verwoesting wat deur apartheid aan alle strukture
gedoen is. En in die oe van die wereld is julle helde: mense
wat met grasie en intelligensie verklaar het: die dominansie
van witvelliges hou hier op, en behoort ook op te hou oor die
hele wereld. Nou is ek nie meer skaam om te se waar ek gebore
is as iemand vir my vra waar ek oorspronklik vandaan kom nie.
( Die Afrikaanse aksent gee dit elke keer weg!) Die woorde
"Suid-Afrika" en "Afrikaner" sit nou weer die vonkel in mense
se oe. Moet dit nooit vergeet nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Finansies

Vr, 29 Maart 1996 00:00

Hallo, mense.

Ek sien Trevor Manuel is ons nuwe Minister van Finansies. Die hemel help ons.

Frank.

Ekonomie & geldsake | 4 kommentare

evolusie

Vr, 29 Maart 1996 00:00

Onlangs is twee werklik onkundige uitlatings oor onderskeidelik evolusie en
die koolstof-14 toets in hierdie gespreksgroep gemaak. Dit het my laat wonder
hoeveel Afrikaners deesdae evolusie as 'n feit aanvaar. Ek besef dat hierdie
groep nou nie juis 'n statisties betekenisvolle populasie van die Afrikaner is
nie, maar ek sal nogtans graag wil weet wat die algemene opinie "daar buite"
is. Dink deelnemers dat evolusie grotendeels aanvaar word, of andersom, en
wat is die rede(s) vir hierdie opinie(s)? Is publikasies deur diegene wat
deur ons evolusioniste bestempel word as "kreasioniste" die rede vir die
verwerping van evolusie? Ek sou nogal graag wou weet, indien moontlik.
Groete,
Leon Retief,
Bellville

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Market Research

Vr, 29 Maart 1996 00:00

Het hierdie op 'n ander poslys gekry....

"Vul in en stuur terug" =:->

Hendrik

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gedig

Vr, 29 Maart 1996 00:00

Verandering

Verstaan-
geen pad is ooit te ver vir my nie.
Die weer is altyd reg,
en as daar kreef vir brekfis is, ook okay.

Partykeer is ek verlore, ander vas,
mens kan soms nie sê wat die verskil is nie.
Soms het ek 'n lang baard sonder skoene,
nou dra ek mooi klere en ek groet almal.

Ek soek na 'n coffeeshop met 'n view
partykeer soek ek na liefde.

Ek verander nou die draadloos se stasie,
my musieksmaak raak oud.
Ek sit my oor teen die kassie,
my vinger op die vibrasie.
Ek tik teen die ruit om middernag.

Ek soek 'n coffeeshop met 'n view
partykeer soek ek na stilte.

Soms kan ek in my slaap onthou
op watter lughawe ek laas was,
waar ek 'n milkshake gedrink het,
geld uigegee het, of vriende onthaal het
maar dis nie eintlik belangrik nie.

Ek soek na 'n coffeeshop met 'n view
partykeer soek ek na kerse.

Nou't ek bye leer sê met 'n smile
en ek weet dis nie nodig om te verstaan nie.
Langs elke pad is 'n wensfontein oop vir almal
na-ure, of as jy moet oorslaap vir 'n aand.

Ek sit in 'n coffeeshop met 'n view
ek lees feeverhale.


**********
Julie 1995

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1633  1634  1635  1636  1637  1638  1639  1640  1641  1642  1643  1644  1645  1646  1647  1648    »]
Tyd nou: So Okt 06 17:23:27 MGT 2024