Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die diamante van my kinderdae

Sa, 13 April 1996 00:00

Wanneer 'n mens in Natal op die westelike deel van
ont-aux-Sources se amfiteater staan en iemand jou
vertel dat die eerste waters van die Oranje-rivier daar
begin, dan kan jy dit amper nie glo nie. Dis so ver na
die ooste vir 'n rivier wat uiteindelik in die weste in
die Atlantiese Oseaan uitmond.
Vandaar loop die rivier al kronkelend, nou effe suid
en dan weer noordweswaarts, totdat dit 'n magtige rivier
word wanneer die waters van die Vaalrivier daarby aan-
sluit. Dit stort oor Boegoeberg se dam (daar waar die
nooiens hulle hare was en kam). Wanneer dit by Upington
kom, sprei die rivier uit en skep 'n reeks van groter en
kleiner eilande. Voor die aankoms van die witman in
hierdie streke het die Khoesan dit die Gariep of Eyn
genoem. Verskillende stamme het daar hulle tuiste gemaak.
Die Korakwas het uit die suide noordwaarts getrek om weg
te kom van die witmense wat in die suide hul woongebiede
oorgeneem het. Drie stamme van die Eynikwa (die Rivier-
volk) het hulle op die groen eilande van die Oranje gevestig:
die Namnykwa op die eilande bokant Augrabies, die Kaukwa
op die eilande wes van Keimoes, en die Aukokwa op die
eilande oos van Keimoes. Toe ek as kind daar op 'n eiland
in die Oranje met bruin kinders gespeel het, het ek gespeel
met afstammeling van hierdie eens onafhanklike en dus
trotse stamme? Niemand het my ooit van hulle vertel nie.
In die skool het ons alleen gehoor van hoe ons wit voorouers
oor die see hierheen gekom het en van die geskiedenis van
mense op ander kontinente.
Êrens in die geweste van Kimberley het die Oranje
miljoene jare gelede deur 'n diamantdraende keel gevreet.
Daarom was die Oranje die draer van diamante deur die
eeue. In die loop van duisende en duisende jare het die rivier
se bedding noord verskuif. As gevolg daarvan was daar in
die heuwels aan die suidekant alluviale diamante op sommige
plekke. As kinders het ons baie keer gaan speel in die gate wat
soekers na diamante in die heuwels gemaak het. Ons
het nooit diamante gevind nie. Wel somtyds klein robyntjies
wat gewoonlik in die teenwoordigheid van diamante gevind
word.
Ons lewens was ook op ander maniere deur diamante gevul.
Elke keer as ons die Augrabiese Valle besoek het, het ons met
groot wonder gestaan en praat oor die moontlikheid dat daar
duisende en duisende diamante daaronder in die gat is wat
die water deur die eeue uitgehol het. Stories is vertel van die
mense wat dit gewaag het om daar te duik as die water laag
was. Niemand was ooit suksesvol nie.
Baie keer het mense by ons agterdeur kom aanklop en vir
my pa probeer oorreed om 'n klippie te koop, wat volgens hulle
'n diamant was. My pa het vir 'n rukkie saamgespeel en dan
uiteindelik verklaar hy is nie geïnteresseerd nie. Partykeer het
ons gewens ons pa moet meer waaghalsig wees : jy het geweet
van mense wat fortuine gemaak het in die onwettige diamant-
handel. Ons het natuurlik ook grootgeword met die stories van
die diamante wat sommer so in die sand gevind kon word aan
die mond van die Oranje, en watter planne mense gehad het
om die diamante uit te smokkel vanagter die doringdraad wat
die spergebied omring het.
Wanneer ons in die droë lope van die rivier as kinders
gespeel het, het ons ons oe oopgehou. Maar diamante het ons
nie eintlik daar verwag nie. Wel was daar allerhande halfedel-
gesteentes en sommer allerhande gewone klippies wat deur
die eeue se werking van die water so mooi glad geskuur was.
En nou en dan het ons 'n werklike kosbare ontdekking gemaak:
die rare pienk en wit Oranjerivier-lelie wat net groei waar dit
deel van die tyd met water bedek is. Nou eendag hier in
Kanada vind ek 'n foto daarvan in 'n toeriste-brosjure. Ek was
so aangedaan. Dat ander mense ook weet van die blom! Het ek
gedink dat die blom verdwyn het saam met my jeug?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bargoens

Vr, 12 April 1996 00:00

Ek het 'n vae spesmaas dat hierdie boodskap van my nie die poslys
gehaal het nie, dus stuur ek dit weer. Verskonings indien my aanname
verkeerd is.


Bernhard skryf o.a.:

> Het ging over slecht ontwikkelde kolonisten. Die spraken
> dus _uitsluitend_ een volkstaal of dialect. En dan hun mobiliteit
> (waarmee ze dus met anders-sprekenden in contact konden komen).
> Ik heb ooit in een artikel gelezen dat die zeer gering was in de
> voorgaande eeuwen. De meeste stedelingen bijvoorbeeld kwamen in
> hun leven nauwelijks de stad uit. En dan nog niet meer dan enkele
> kilometers. Een wat andere situatie dan de jouwe dus.
> Om op hun taal terug te komen, meer dan hun eigen, eenvoudige
> spreek-taal hadden ze niet in huis. In de 17-de eeuw bestond er
> natuurlijk geen ABN. De Grote W.P. heeft het dan ook over de cultuur-
> en literatuur-taal. Nou, die spraken noch verstonden deze kolonisten.
> (Overigens, bargoens is een dieventaal. En het kan zijn dat sommigen
> die naast hun dialect- of volkstaal spraken).


Een van hierdie "slecht ontwikkelde kolonisten", Adam Tas, skryf
in 1705 die volgende i.v.m. die goewerneur Willem Adriaen van der Stel:

>

Die "dief" was die goewerneur, en die onderdruktes die agterlike
koloniste. Mens wonder nou of die Nederlands van die goewerneur
as "diewetaal" beskryf kan word :-)
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Name in Oz

Vr, 12 April 1996 00:00

At 12:09 PM 12/4/96 SAT, Dirk hept gesegt:
> Vandag se Beeld bevat 'n beriggie van 'n Ierse immigrant in Australië
> wat toestemming geweier is om sy seun Ciar'an te noem (dws met 'n
> akuutaksent op die tweede a). Onder die baie Afrikaners in Oz moet...

Ja jy het reg gehoor! Dit het in Wes Asyralie" gebeur. Die ander state
skut maar net die kop.

Die verskoning wat die burokarate aangegee het was dat hulle rekenaar
stelsel nie 'n Europese letter stel ("character set) gebruik nie en die aksente troef hulle.

Dit is egter nie so erg soos die Dene nie. Volgens berigte hier mag jy in Denemarke
jou kroos net 'n naam gee wat op die amptelike goedgekeurde naamlys gepubliseer is.
Nou dis rof!

Dit herinner my ook aan n wêreld kongres van kartograwe so 'n jaar of 5
(of was dit langer ?) gelede waar daar geargumenteer was dat alle plekname op
internasionale kaarte in Engels moet wees omdat Engels vry van aksent tekens
is.
Onnodig om te sê; almal het nie saamgestem nie. Wanneer laas het almal
saamgestem oor enige iets ? Berhard stem nie eers elke dag met homself saam
nie!

Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Mailing list schaak

Vr, 12 April 1996 00:00

Mailing list schaak
-------------------
Zeg mensen, even iets heel anders. Ik schaak graag, hoewel
slechts middelmatig als club-schaker. Ook op internet ben ik
erg actief: in de States, Denemarken, Duitsland, Australi-e,
ik heb wel 13 adressen van schaak-servers over de hele wereld.
Nu zou ik willen vragen of iemand met mij naast de reguliere
discussie wil e-mail schaken in deze mailing list.
Dat kan rustig gaan. Een zet per een of twee dagen. Theorie
in de boeken bestuderen mag. Ik beschik over pakweg een
veertig-tal schaak-boeken. Dat studeren is juist het leuke van
dit soort partijen. Je duikt boeken in die je al jaren niet meer
hebt opengeslagen. Abonnees van de list die de wedstrijd volgen,
mogen gerust commentaar geven.
_Niet_ is toegestaan het gebruik van een schaak-computer.
Ik zelf heb er twee. Een Mephisto schaak-computer, compleet
met bord en stukken, rating ca. 1800. En eentje op mijn pc:
Fritz2. Een geweldig sterke: rating 2200 of hoger per 40 zetten
in 2 uur. Er is natuurlijk niets aan als je die gaat gebruiken.
Het raadplegen van een data base mag wel. Zelf heb ik Nic3
met tienduizenden partijen op mijn pc staan. Wie neemt de
uitdaging aan? Als je Zwart wilt hebben, open ik met
----------------
Bird's: 1. f2-f4. Dat wil zeggen de Hollandse Verdediging in de
----------------
voorhand. Kan tot aanvallend spel leiden.
Wil je Wit hebben, dan moet je uiteraard zelf de openingszet
geven. Wie het eerst komt, het eerst maalt. Elke zet een nummer
gaven en gebruik maken van de offici-ele Engelse notatie*. Het
antwoord van Zwart op mijn openingszet zou dus bijvoorbeeld
kunnen zijn: 1. ... d7-d5.
Om alle zetten bij elkaar en onder elkaar in de juiste
volgorde te houden, geven we reply op reply etc. zonder verder
commentaar. Alleen maar zetten dus. Erover schrijven kan
natuurlijk separaat in de mailing list.
Maar, wie weet, misschien komt er wel niemand. Ik ken in ieder
geval geen Afrikaner die kan schaken. Misschien is die denksport
wel helemaal niet populair bij jullie? Ik wacht maar af.

Bernhard Bezemer

*K King (koning)
Q Queen (dame)
R Rook (toren)
B Bishop (loper)
N Knigt (paard)
e.p. en passant
x Captures (een pion of stuk slaan)
+ Check (schaak)
0-0 Castles Kingside (korte rokade)
0-0-0 Castles Queenside (lange rokade)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

speciaal voor nederlandse immigranten

Vr, 12 April 1996 00:00

wij zijn een stichting! en kijk eens in http://www.worldaccess.nl/~btv
groetend
Alex

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: "Black hole"

Vr, 12 April 1996 00:00

Hoepel Scheepers wrote:
>
> Die (tegnies) bes-beskrywende Afrikaanse woord vir "black hole" wat ek
> al tee"gekom het, is "tydkolk". Dit pas in by sekere (Amerikaanse)<KNIP>

'n Ander vorm wat ook redelik dikwels gehoor word, is "gravitasiekolk".

Willem Bester
whk...@iafrica.com

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"I had no hesitation..."

Vr, 12 April 1996 00:00

Soveel keer is al aan ons in Oz o.a. gevra "wat is julle beheptheid met
Afrikaans, julle kinders sal dit eendag nie meer praat nie...." Hierdie week
het ek uitgevind wat my beheptheid daarmmee is.
Soos julle weet is ons al lank besig om 'n Erediens in Afrikaans te reël
alles het goed gevorder, ek het Dr. Jan Grey van Pretoria gaan voorstel aan
die plaaslikke predikant en die moes Jan onder vier oë neem om vas te=
stel
waaroor die Diens , Afrikaans en Afrikaner gaan!
Die week het ek besef waaroor dit alles gaan toe die dekade lange swartsmeer
van die Afrikaner deur die media 'n geweldige knou gekry het. Ek moes
teenwoordig wees in 'n vergadering waar, indien nodig, vrae oor die
Afrikaanse Erediens gevra sou word. Ons was al so 'n ent gevorder met die
bespreking toe die voorsitter verwys na die onderhoud met Jan en sy
gevolgtrekking uitspreek: "I had no hesitation in allowing the
Afrikaner-people the use of all facilities of the church."
Hoe 'n groot omekeer in die beskouing van die Afrikaner is dit nie! So sal
die geveg voortgaan vir die herstel van die beeld van die Afrikaner. Al word
ons taalgebruik al krommer sal die wêreld weet dat die Afrikaner nie dit=
is
wat op die TV aan hulle opgedis is nie. Ons Aussie-Boere se roots is nie die
van onkruid nie maar wel 'n voorgeslag waarop ons trots kan wees en is!
Groete uit Perth,
Paul van der Merwe.
\\||||// \\\\\\//////
( o\/o ) \| o\/o |/
~~ \ -0- /

=
____________oo0o__________o0oo_________oo0o___________o0oo__ _____

STUD & MERRIE

"Watcha Doin Buddy"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Franse name vir Vlaamse stede op Monitor

Vr, 12 April 1996 00:00

Op Afrikaans Stereo was daar vanoggend 'n nuusberig oor 'n
treinontsporing in België. Die nuusleser het egter nie die Vlaamse
name van die stede waartussen die trein op reis was, gebruik nie, maar
eerder die Franse name, wat hy boonop verkeerd uitgespreek het (altans,
my gebrekkige kennis van Frans het my dit aan die verstand gebring).
Die nuusleser het van Bruges, Courtrai en een of ander naam wat ek
veronderstel die Frans vir Roeselare is, gepraat. Het die SABC nog nie
van Brugge en Kortrijk gehoor nie?

Klagtes aan mon...@sabc.co.za

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dame-Indisch

Vr, 12 April 1996 00:00

At 17:51 12-04-96 SAT, Freek wrote:

> My skuif:
> 2. ..... e7-e6

Volgens mijn boeken kies je voor een verdediging met
een Dame-Indisch karakter, voor zover dat nu al te beoordelen
is.

> Het jy 'n program om met die pos skaak te speel? Ek sien daar is 'n
> paar sulke pakette beskikbaar, maar kan dit nie afgelaai kry nie.

Nee, zo'n programma heb ik niet. Kijk eens op de ftp-server
van FICS 164.58.253.11\pub\chess\. Wellicht vind je daar iets.
Ik zal ook eens hier en daar kijken.

Bernhard

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bernhard-Freek 3

Vr, 12 April 1996 00:00

Bernhard-Freek
--------------

1. f2-f4 - Ng8-f6
2. Ng1-f3 - e7-e6
3. e2-e3

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1627  1628  1629  1630  1631  1632  1633  1634  1635  1636  1637  1638  1639  1640  1641  1642    »]
Tyd nou: So Okt 06 19:16:27 MGT 2024