Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bestaan van die groep

So, 16 Junie 1996 00:00

Vertel vir al jou maatjies van die nuusgroep. Ongelukkig het ek nie aldag
tyd om kommentaar te lewer op die usenet nie. of ek kan nie by 'n rekenaar
uitkom nie...
sien julle later

--
Grove Erasmus
Posbus 40
Ellisras
0555
Suid-Afrika
Tel: 083-654-6546
++27-(0)14-763-43854
Jeannette is pragtig
?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

TALIEP PETERSEN et al

Sa, 15 Junie 1996 00:00

Ja, mens vergeet somtyds om te dink aan watter groot
rol al die ander mense speel in die sukses van die werk
van mense soos David Kramer. In sy laaste CD bedank
hy vir Taliep Petersen en Tully McCully en al die mense
wat gehelp het met die liedere.
Ek voel juis dat die sukses van enige band, of dit nou
U2 of Rolling Stones of David Kramer is, afhang van die
kwaliteit en die variasie van die musiek op die agtergrond.
Die stem moet, in meeste gevalle, net nog 'n instrument
wees, en nie die grootste aantrekkingskrag nie.
Ek dink egter dat David Kramer se stem self 'n besondere
verskynsel is. Hy sing op verskillende toonhoogtes vir ver-
skillende karakters of stemminge. Hy bereik, met verander-
ings in sy stem, selfs verskillende politieke effekte.
Hy kies ook om in Engels of Afrikaans te sing, met 'n
fyn gevoel vir wie sy gehoor gaan wees. "Hekke van Paradise"
is in Engels, maar wanneer hy by die refrein kom, dan sing
hy in Afrikaans:

En ek vra jou mos, ek vra jou mos
Ek vra jou mos so nice
Hoekom blaf die honde
By die hekke van paradise

'n Mens weet vir wie hy hierdie lied sing: 'n geslag vir
wie jy net so jammer moet wees as vir hulle swart tyd-
genote wat in die sewentiger- en tagtigerjare groot
geword het.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: South African moffies/gays

Sa, 15 Junie 1996 00:00

Waarom gaan jy nie naar alt.gay of soiets nie? Ek is g'n homofoob nie
maar dis nie die plek vir jou soek nie, dis 'n fokken KULTUURgroep g'n
seksgroep nie! En waarom wil jy van SA-moffies hoor? Is hulle besonder
moffies eh?

Verergerd ex-Trasnvaal.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Twee woord-foto's

Sa, 15 Junie 1996 00:00

Twee foto's uit die verlede.

Karen
^^^^^^^^^
Bedags vleg sy woorde,
koppies tee, 'n helder lag
en 'n paar verlore dinge
tot 'n blou aand in Barossastraat,
waar sy in 'n donker vertrek
van blomme droom
wat in gister se dorpe groei.
Laat in die nag
in die huis van drome
leun Karen dan
oor 'n balkon.
En in die middel van haar slaap,
glimlag sy tussen goudgeel blomme.

Gerda
^^^^^^^^^^
Gerda woon in 'n eenrigtingstraat
net bokant die Tuine.
Sy het pikswart hare en donker oe"
vol lag wat 'n mens in jou agterkop hoor.
Haar stem smelt in haar mond
sodat 'n mens net die sagte vorms van haar woorde hoor.
Maar haar hande is vol van woorde
wat sy in die lug voor haar los
as sy met jou praat
in haar woonstel net bokant die Tuine.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Lente in die Noordkaap

Sa, 15 Junie 1996 00:00

In die Kaap se noordweste is daar twee kulture.
Die een is gevorm deur die halfwoestynkarakter van die
land weg van die Oranje-rivier af. Daarteenoor staan daar
'n rivierkultuur, gevorm deur die teenwoordigheid van volop
water en die vrugbaarheid wat daarmee saamgaan.
Donald Riekert is 'n digter wat die land weg van die rivier
besing. Hier volg twee van sy gedigte.

JAKKALSTROUE

Jakkals trou
met wolf se vrou
in die windvlaag geluk
van 'n paar druppels
van die son se skyn

losgeluk vir 'n oujongjakkals

waar die wolke losklos staan
en water afslaan
reis jakkals haarnat gereën
op sy ver wittebrood

in die kromstaandraai
van die reënboog.

DROE LENTE

Dis lente die jaar
die haakbosreentjie bly weg
in droë blom droe wit stuif
lê die steenbokrammetjie met
sy kop op die blare se ophoop
wyl die ooitjie haar kop druk
teen die ram se lies in die koel
skaduwee van die bos In die ooi
se dor oog ryg die jongby
op in 'n droë heuningkoek
en in my hart se vat
kruip die rooi duin
daardie jaar groot woestyn

Die Noordkaapse halfwoestyndele word dus besing.
Ek ken egter geen digter in Afrikaans wat oor die vrugbare
en oordadige lewe dig van gebiede wat deur kanale vol
water besproei word nie, waar die natuur se oorvloed iets
alledaags is. Soos op die eilande van die Oranje.
In die lente in die oggend word jy wakkergemaak deur
die geluid van bye in die bloeisels van die lemoenbome om
jou huis. As jy, met die geur van die lemoenbloeisels in jou
kop, by jou slaapkamer se venster uitkyk, kyk jy vas in die
pienk van 'n perskeboom. As jy vroeg in die lente skooltoe
loop in die more, wonder jy of die eerste groen van die
sultanawingerdstokke nou meer groen of meer silwer is. En
jy besluit dat jy eendag, as jy tyd het, gaan tel hoeveel skake-
ringe van pienk perskebloeisels daar is.
Die granaatlanings wat sewe tot ag voet hoog is, is daar
om in rondgeklim te word, die vrugte en bloeisels as ammu-
nisie vir 'n oorlogspel. Ons eet nie die kwepers nie. Breek net
die vrug oop om by die gom om die pitte te kom. Wat ons wel
vroeg in die oggend eet, voor ontbyt, is die turksvye, spesifiek
verbied deur ons ouers so vroeg in die more. Ons weet, jaar na
jaar, hoeveel stokke ons moet aftel voordat ons by die seldsame
enkele stok van kristaldruiwe kom wat per ongeluk tussen die
sultanadruiwe ingesluip het. Met die sultanadruiwe word daar
rosyntjies gemaak, van die beste in die wêreld.
Ons weet hoe lyk 'n perfekte waatlemoen. Ons weet hoe
grondboontjies lyk as die plant met die boontjies op sy wortels
op die land lê en droog word. Ons weet hoe om katoen te pluk
(ons wil betaal word natuurlik.) Ons laat sak ons koppe tussen
die wilde mint op die walle van die grootvoor. Ons weet hoe
klink 'n paddakoor met tien stemme. Water is iets wat om ons
vloei, in groter en kleiner vore, dag in en dag uit, soos die bloed
in ons are. Ek dink kinders op die Nyl daar in Egipte sal weet
waarvan ek praat.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly

Do, 13 Junie 1996 00:00

Hallo almal

Ek is At van der Walt van Durban, ek sit hier soos Veldsman (was dit hy)
diep beswaard die nuwe S A is nie meer 'n lekker plek nie. Ek wens ek kon
verhuis na Kanada of die VSA, enige iets moet beter wees as die chaos
hier.

My kinders het mos nie 'n toekoms hier nie, is daar nie iemand in die
buiteland wat my 'n werk wil aanbied nie ek sal enige iets doen.

Ek is registrateur by die Durbanse Onderwyskollege en my vrou is
onderwyseres by 'n Primere skool.

Ewenwel laat dit goed gaan en mag Afrikaans vir altyd voort leef.

At

d...@eastcoast.co.za

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Nederlanders! Is Afrikaans Kombuistaal?

Do, 13 Junie 1996 00:00

Ek sal graag Nederlanders (of Vlaminge) wat die moeite doen om hierdie
nuusgroep te besoek se mening wil hoor oor Afrikaans. Ek het redelik kontak
met Duitsers wat SA besoek en vir meeste van hulle klink Afrikaans goed op die
oor, maar dan verstaan hulle ook minder van die taal as Nederlanders. Sommige
Duitsers dink die taal is te plat.

Wat sê die mense van die stamland? Moenie skaam wees nie, julle is mos bekend
daarvoor dat julle sterk menings het en reguit praat. Ek dink Afrikaans is
bakgat en 'n eg Afrika skepping wat spruit uit 'n sterk Europese
wortelstelsel. Met die sterk Khoi, Maleise, Franse, Duitse en (tot 'n
mindere mate) Engelse invloed is die Europese stamtaal omvorm tot 'n
gemaklike, soepele en pragtige spreektaal waarin mense hulleself kan
uitleef sonder enige voorbehoude. Kom stap deur die Tuine in Kaapstad en
kom luister hoe Afrikaans soos 'n vars waterstroom vloei as die
Kleurlingkinders met mekaar gesels. Oop en sonder enige inhibisies.

Maar ek is bevooroordeeld. Wat sê die mense van die lae lande?

Groete
Chris

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Query: Adam Small's "Orange Earth"

Do, 13 Junie 1996 00:00

A subscriber to the Theatre List has queried if any of us
know how she might find a copy of a play by Adam Small entitled
"Orange Earth."

Could someone forward me a possible source or supplier?

Colin
gar...@iafrica.com

------------------------------------------------------------ -------------------
\:. Colin George Garvie .:/
\;, ,;\\\,, PO Box 50216,Musgrave,Durban 4062,South Africa ,,///;, ,;/
\\\;;:::::::o gar...@iafrica.com o:::::::;;///
///;;::::::::< >::::::::;;\\\
/;' "'/////'' "The garvie sprat" ''\\\\\'" ';\
------------------------------------------------------------ -------------------

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Query: Adam Small's "Orange Earth"

Do, 13 Junie 1996 00:00

In article , gar...@iafrica.com says...
>
> A subscriber to the Theatre List has queried if any of us
> know how she might find a copy of a play by Adam Small entitled
> "Orange Earth."
>
> Could someone forward me a possible source or supplier?
>
> Colin
> gar...@iafrica.com
>
> ------------------------------------------------------------ ------------ -------
> \:. Colin George Garvie .:/
> \;, ,;\\\,, PO Box 50216,Musgrave,Durban 4062,South Africa ,,///;, ,;/
> \\\;;:::::::o gar...@iafrica.com o:::::::;;///
> ///;;:::::::: ::::::::;;\\\
> /;' "'/////'' "The garvie sprat" ''\\\\\'" ';\
> ------------------------------------------------------------ ------------
-------
Kan jy nie sien of agterkom dit is 'n nuusgroep oor Afrikaans nie,
nietemin hoekom probeer jy nie volgende keer in Afrikaans skryf nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Werksgeleenthede vir Afrikaanssprekendes

Do, 13 Junie 1996 00:00

Ons wil graag die Afrikaanse gemeenskap van Suid Afrika tot diens wees
deur 'n werkverskaffingsburo. Ons beskik reeds oor 'n databasis.

Ons nooi enige firma of persone uit om ons te kontak wat 'n betrekking
vir Afrikaanssprekendes kan aanbied.

Daar is verskeie hoogsgekwalifiseerde persone wat tans werkloos is.
Indien u weet van enige persoon wat soek na 'n betrekking kan ons
gekontak word.

At en Johann

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1611  1612  1613  1614  1615  1616  1617  1618  1619  1620  1621  1622  1623  1624  1625  1626    »]
Tyd nou: So Okt 06 23:32:59 MGT 2024