Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Address for Afrikaans teacher?

So, 07 Julie 1996 00:00

I remember someone once told me of a download site which helps
teach Afrikaans, anyone heard of it? Any help greatly
appreciated. If anyone can help, please contact!
Thanks,
Bernhardt.
(10065...@compuserve.com).

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

HNP-persverklaring Red Willem Ratte aksie

Sa, 06 Julie 1996 00:00

Meer oor die Ratte-saak by http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ***********

P E R S V E R K L A R I N G

HNP-standpunt oor Red Willem Ratte-Aksie om Afrikaner-eenheid
te bewerkstellig

Die leier van die HNP, mnr. Jaap Marais, het die volgende
persverklaring uitgereik oor die gebeure rondom die vonnis van
kmdt. Willem Ratte en die aksies wat daaruit voortgespruit
het:
DIE HNP het met genoegdoening verneem van kmdt Ratte se
vrylating op borgtog. Die HNP het uit die staanspoor bepleit
dat di‚ weg gevolg moes word.
Waar dit om kmdt Ratte self gegaan het, het die HNP
deurgaans sy volle ondersteuning gegee. By die verhoor oor sy
besetting van Schanskopfort was ek namens die HNP op meer as
een manier betrokke, saam met sy regsverteenwoordiger.
Die aksies na die vonnisoplegging wat van stapel gestuur is
in verband met sy appŠl en sy vrylating, het gekom van persone
wat nie vroe‰r by sy verhoor enigsins betrokke was nie. Die
HNP het aan di‚ latere aksies geen aandeel gehad nie, en het
veral bedenkings uitgespreek oor die gebrek aan 'n
enkelsinnige strewe en doelwit by di‚ aksies.
Enersyds het kmdt Ratte vir die be‰indiging van sy
eetstaking drie alternatiewe politieke eise aan die regering
gestel, naamlik vervolging van mnre De Klerk, Mandela en
Kasrils, sowel as genl Constand Viljoen, om verskillende
redes, of vrylating van almal wat uit politieke oortuigings
opgetree het, of herstel van die Afrikanervolk se vryheid.
Andersyds het die Red Willem Ratte-komitee (RWR)
teenstrydig met kmdt Ratte se eise, hulle beywer om hom sy
eetstaking te laat be‰indig voordat dit te ver sou gaan.
Daarnaas was aangevoer dat sy eetstaking die onewe toepassing
van die regspleging aan die kaak moes stel.
Bo-op hierdie uiteenlopende oogmerke het die RWR gesˆ hy
het 'n mandaat om eendragtigheid te bewerkstellig onder
verskillende organisasies. D¡t het om meer as een rede
skeptisisme gewek by die HNP. Die verskyning van militˆre
figure wat skielik voorbokke vir volkseenheid moet wees, het
die Afrikanervolk in die onlangse verlede reeds baie duur te
staan gekom.
Volgens die leier van die RWR, kol Grobbelaar, moes hy saam
met genls Viljoen en Tienie Groenewald deel gehad het aan die
besluitnemingsproses wat in 1993-94 volgens openbare uitsprake
gerig sou gewees het op oorlog ten einde die 1994-verkiesing
te verhoed, terwyl in die werklikheid 'n geheime agenda gevolg
is om Afrikaners in die politieke strik van vredesonder-
handelings te lei.
Di‚ egtheid van die skielike onverwante oogmerk van die RWR
om volkseendragtigheid te bewerkstellig, kan nie deur die HNP
aanvaar word nie.
Die ondeugsaamheid van so 'n kitsoperasie in verband met so
'n gewigtige saak is baie skerp beklemtoon deur militˆre
figure se betrokkenheid by die haastige stigting van die
Afrikanervolksfront (AVF) in Mei 1993 en ewe haastige
versplintering in Maart 1994. Di‚ operasie was enersyds 'n
berekende bevordering van die De Klerk-regering se beleid van
oorgawe van mag aan die ANC-SAKP, en andersyds 'n middel om
verdere verdeeldheid onder Afrikaners te veroorsaak.
Dat agter die militˆre figure daar destyds die hand van
Militˆre Intelligensie of Nasionale Intelligensie was om die
De Klerk-regering se belange te bevorder, sal alleen deur die
polities na‹ewe misgekyk word.
Waar die HNP sy welwillendheid teenoor kmdt Ratte bewys het
en waardering het vir sy moed en uitgesprokenheid, kan die
party dit nie vereenselwig met onverwante politieke
manipulasies nie wat ver buite die Red Willem Ratte-aksie val.

J A MARAIS
LEIER VAN DIE HNP

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DAVID KRAMER FAN CLUB

Sa, 06 Julie 1996 00:00

Ek het geweet dat dit uiteindelik daarnatoe sal lei.
Nadat Izak al sy ander geliefkoosde dinge in Kramer
se CD "Klassic Kramer" oor en oor gespeel het, speel
hy nou deesdae net vir "Druk my vas." (Soms sing hy
dit ook.) Op die CD word die woorde begelei met 'n
heerlike energiegewende boeremusiek- begeleiding.
Ek dink dis wonderlik dat mense in Suid-Afrika die
boeremusiek-beat het. Dit gee, sonder woorde, die
emosionele denke in ritme van 'n hele kultuur. Hier in
Noord-Amerika is die naaste ding daaraan die Cajun-
beat. Daardie musiek het begin toe die Akadiese Franse,
wat nie trou aan Engeland wou sweer nie, in die 18de
eeu uit Acadia (New Brunswick en Nova Scotia) uit-
geskop is en hulle toe in Louisiana gaan vestig het.
Die Akadiese musiek is net so energiewekkend as
boeremusiek. Dis net baie vinniger. Mans en vrouens
en kinders dans dit sommer so spontaan by byeenkomste.
Die dans vereis baie vinnige voetwerk.

DRUK MY VAS

O die liggies het geblink
en die glasies het geklink
ek dans toe met die tannie
wat van talcum powder stink
sy dra 'n ring van goud
en sy se sy is te oud
maar sy vat my ommie lyf
en sy knyp my oppie boud
en sy se:

Druk my, druk my
skattie druk my vas
sy se ek lyk so handsome
met my spoggerige das
en ek druk haar, ek druk haar
ek druk haar teen my bors
want die liefde is soos water
en ek is baie dors.

O sy is vuur en vlam
sy drink net Coke en rum
ek voel asof ek voorry druk
innie Boegoeberg se skrum
ons dans hier oor die vloer
in 'n saal in die Karoo
ek voel waar sit haar corset
en sy kyk diep in my oe

Sy soen my voor haar deur
sy soen my nog 'n keer
vir die liefde was ek dom
maar ek het gou geleer
o die liggies het geblink
en die glasies het geklink
ek dans toe met 'n tannie
wat van talcum powder stink

Mag hierdie soort toneeltjie hom nog oor en oor
afspeel, selfs in die nuwe Suid-Afrika.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Diens aan persone wat emigrasie oorweeg

Do, 04 Julie 1996 00:00

Hallo

Ons is 'n maatskappy wat help met inligting, diens moontlike
werksgeleenthede ens.

Kontak ons as u enige inligting of dienste benodig.

J A Services & Associates

Emigrasie & buiteland | 1 kommentaar

Afrika Drome...

Do, 04 Julie 1996 00:00

Anton Lopez skryf hy stel belang in ons drome:

Ek droom van 'n pot vol goud
en 'n lekker kaal boud
My nagmerrie is 'n korporaal
wat my vir township-diens kom haal

Ja-nee.
Die geleerdes, hoor ek, seg die mens se drome is Taalloos
en kleurloos.
So mens droom nie in Afrikaans, Zoeloe of Xhosa nie.
Die lig val net in monochroom. So hy sal in swart en wit moet skiet.
En buitendien, ons almal droom maar oor dieselfde goed,
d.i. gebeure wat ons pla,angs gee,gevare,opwinding, seks ens.
Dit is slegs die konteks wat anders is.
En die konteks (veral in SA) is nie net iets abstraks in jou kop nie.
Nie as jy bv. in 'n sinkpondok in die Kaapse winterreën bly nie.
So jy hoef nie iemand se kop te lees om te weet
waaroor sy nagmerries gaan nie.
Ek lees ook dat mens baie droom as jy baie (veral vleis) geëet het.
Nou wonder ek of mense in Afrika regtig so baie droom ?

groete

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Afrikaans By Die Rugby

Wo, 03 Julie 1996 00:00

Ja en toe wen die bokke die Fijiane. Ten spyte van die feit dat die 'stem' nou
in ingels gesing word - met die wereld beker was dit Afrikaans en soos enige
iemand wat dit bygewoon het kan getuig - 'n Afrikaanse iemand bedoel ek - gee
dit jou hoendevleis as die manne almal saam in Afrikaans sing - ten spyte van
die feit dat die 'stem' nie eintlik meer feature as iets belangriks in meeste
van ons se lewens nie.

Se^ maar net
Lou

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Geldmaak en ander verhale

Wo, 03 Julie 1996 00:00

Ek lees gereeld die nuusgroep, maar deesdae maak ek soveel geld met al
die "money making schemes" dat ek nou voltyds besig is om my geld te tel.

Is hierdie mense wat sulke advertensies pos dan hulle hele lewe in 'n dwaal
of gebeur dit net soms. Waar was julle toe die ou vliegtuig speletjie in SA
heeltemal platgeval het?

Die boodskap van hierdie nota gaan heel moontlik verlore aangesien die
idiote wat hulle "geldmaak" stories hier adverteer nie eens Afrikaans kan
lees nie. Duidelik het hulle ook nie 'n idee oor hoe 'n ekonomie bestaan nie.

Gegroet

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Vir Koos :Antwoord oor die pakkies van Glooskap

Wo, 03 Julie 1996 00:00

In die pakkie was daar diervet, wat baie lekker
geruik het. Hulle moes hul liggame daarmee in-
smeer. Hierdie storie is nie regtig 'n Pandora-
storie nie. Al wat dit in gemeen het, is dat nuus-
kierigheid iets is wat gestraf word van oertye af
en deur baie kulture. Dit het my goed laat voel
dat die Algonquins bereid was om toe te gee dat
mans ook pynlik nuuskierig kan wees.
Algonquins het mense bewonder wat geheime
ken en hulle bewaar. Glooskap se titel "Leuenaar"
was dus 'n groot kompliment. Hulle het geglo dat
Glooskap die mens geskep het. Daarna het hy in
die wereld rondgegaan om die slegte dinge, wat
sy broer Malsum gedoen het, ongedaan te maak.
Hy het ook 'n hele klomp ander reuse en slegte
wesens uitgeroei. Toe kon hy nie help om 'n bietjie
te spog nie. Een van die vroue wat na hom geluister
het, se toe : "Ek weet van iemand vir wie jy nie sal
kan oorwin nie... my baba, Wasis." Glooskap was
woedend dat sy hom so onderskat. Hy probeer toe
'n hele klomp dinge om die baba in sy mag te kry:
glimlag vir hom, steek sy arms na hom uit, maak die
geluid van voels. Maar al wat die baba se is " Goo
Goo." Toe word Glooskap kwaad en begin skreeu
op die baba, maar al wat die kind doen is om te huil
en dan aan te gaan om 'n stuk "maple" suiker te eet.
Uiteindelik, na verdere inkantasies, gee Glooskap
op en gaan woedend uit die hut en weg van daardie
plek. En dis daarom dat wanneer 'n babatjie "goo goo"
se, die Algonquins se dat die baba dink aan hoe maklik
Wasis vir Glooskap oorwin het.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Aangaande: wie is ons leiers...herken

Di, 02 Julie 1996 00:00

Hoe ons ons leiers sal herken ?....

Gloudina skryf oor Braam Fischer.
Laat my dink aan ons geestelike leiers ook.
Ons reken hulle nie, nie eers as hul voor ons staan nie.
Kyk net hoe het die Afrikaner vir Beyers Naude misken,
onder sy gat geskop...

Ja-nee.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

verkiesing en buitelandse politiek vervelig

Di, 02 Julie 1996 00:00

Kyk, moet dit asseblief nie persoonlik opvat nie,
maar die Amerikaanse verkiesing verveel my tot
in die afgrond in. So ook Australiese politiek.
By gebrek aan enige politieke kwessie, word
"Political Corectness" in Australie verhewe tot alles.
Daar word gedurig geneul (deur 'n klein groepie
pseudo-liberales) oor "groen" kwessies,
feminisme en "spiritualisme" van die Aboriginees,
terwyl niemand iets doen aan enige daarvan nie.
(hulle die minste van almal).
Die meerderheid mense sit op hul gat en geen nie
om nie - hul grootse bekommernis is hoeveel bier
hul moet koop vir die volgende braai,
en wie die "footy" gewen het. (klink bekend ?)
Gelukkig (vir die joernaliste hier), is daar
nou 'n maljan wat mense geskiet het in Australie,
so hulle kan nou vir 'n rukkie oor iets gal afgaan.

Ek dink as jy in SA grootgeword het, is sulke
politiek maar vervelig (relatief gesproke).
In Australie gebeur elke maand niks, en dan
hou dit vir jare aan...
So ons word soms die Amerikaanse verkiesing opgedis by
gebrek aan iets anders.
As dit nie die aanloop tot die verkiesing is nie,
is dit die veldtog self, en dan die nabetragtig.
Amerika is lankal nie meer so belangrik soos wat hul
was nie. Met 'n verenigde Europa, 'n ekonomies sterk
Japan, 'n groeiende ekonomiese China, wie is die
Amerikaners nou eintlik ?

Ek hoop ek het sommige van julle nou lekker geterg.
Groete.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1608  1609  1610  1611  1612  1613  1614  1615  1616  1617  1618  1619  1620  1621  1622  1623    »]
Tyd nou: So Okt 06 23:28:01 MGT 2024