Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

TAAL + KERK + KULTUUR (2)....

Vr, 16 Augustus 1996 00:00

Vergelyk die onderstaande met die gedig wat ek
voorheen gepos het: "'n Griekwa se weergawe van Ps 121"

Dit is uit die gesangeboek van die 3 Afrikaanse kerke:

PSALM 121
---------------
Ek hef my oe bergwaarts heen
en staar die ure om,
tot my verlossing kom.
My hulp is van die Heer alleen.
Hy, oor my lot bewoe,
is eind'loos in vermoe.

Bedreig gevaar jou reispad ooit-
Hy is dit wat jou voet
vir wankeling behoed.
Hy, Israel's wagter, sluimer nooit.
Die Heer is jou ontfermer,
jou skadu en beskermer.

Die son wat bo jou trekpad staan,
sal jou nie steek by dag;
die maan ook nie by nag.
Die Heer sal met jou samegaan.
Hy, Israels ontfermer,
is altyd jou beskermer
Die Heer sal jou bly gadeslaan;
in onheil en gevaar
sal Hy jou siel bewaar.
Wanneer jy uit of in mag gaan -
Hy, Israels ontfermer,
is ewig jou beskermer.

Groete.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

TAAL + KERK + KULTUUR (3)....

Vr, 16 Augustus 1996 00:00

Dit is uit die gesangeboek van die 3 Afrikaanse kerke:

PSALM 8
--------
Daar is geen land so ver of woes gelee,
geen strand o HEER, of wilde waterwee,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.
-------

Ek haal aan uit die voorwoord van die gesangeboek:

"Met die tweede kragtige oplewing van Afrikaans - die Taalbeweging
wat alle terreine van ons volkslewe deurdring en verower het -
en met gevolglike oorsetting van die Bybel in Afrikaans is die
behoefte en noodsaaklikheid van 'n Psalmboek in Afrikaans deur
kerkmense onder die volk al meer en lewendiger gevoel...."
...
ens. (en dan noem hulle ook die bydrae deur digters)

Groete.

Geloof & kerksake | 0 kommentare

GEDIG: oor daai brommer !

Vr, 16 Augustus 1996 00:00

Nog 'n gedig van Charl-pierre Naude uit sy bundel
"DIE NOMADIESE OOMBLIK"

DIE BROMMER
===================

Op die lip van die spreekwoord, op die trap
van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.

Is jou vlerke, afgryslike Heer, se trilling
net my ooglede wat bewe? Geglasuurde
bidkraal, die swerm wat om 'n wond kring
is 'n kosbare bedesnoer. Gesierde

en blink matroosknoop, kleinood in die vrouehand
van somersweet. Elementale vlees en band

met die Skepping se eerste oomblik: skoonheid
wat kompromisloos onhuts word soms afsigtelik
genoem, soos U. Mag Dood, die Juwelier, as my huid
wegstort, jou - vleesgeworde tieroog! - in my oogkas skik.

-----

Groete.

Prosa & poësie | 2 kommentare

TAAL + KERK + KULTUUR

Vr, 16 Augustus 1996 00:00

Ek weet nie wie het dit geskryf nie.
My ma het my die mooi gedig gestuur, met 'n nota:

"'n Griekwa se weergawe van Ps 121"
==================================

Ek slat my twee oge op,
my kyk vang die verste kop:
waavanaf sal my hulp nou kom ?
my hulp is vannie Jirre,
- van Hom -
Hy't nou jimmel an
Prieska gekom maak. Sonner
lat jou voete klipperse raak
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit eers oor slaap.
Sontyd is hy hoed op jou kop,
innie nag hou hy gevaarlikheid dop.
Hy's mos nou da om jou op te pas,
jou siel hou hy tussen jou ribbes vas.
Gan jy nou in of gaan jy nou yt
Hy's oor jou vir ewig an vir altyd.
--------------------

Dit is 'n weergawe van die psalm uit die volksmond.
En watter juweel is dit nie !!
Stof jou bybel af en lees gerus ook die oorspronklike.
Die Afrikaanse bybel is natuurlik 'n triomf vir ons taal,
met 'n lang geskiedenis. Maar party ou mense het nog lank die Nederlandse
bybel gelees, wou nie die Afrikaanse een aanvaar nie.
Om die bybel in Afrikaans te he^ was in om 'n hoeksteen vir sy kultuur
te le^. Die atteiste onder ons wat nie bybel lees nie is wat my betref
kultureel arm, om van geestelik arm nie te praat nie!.
Terloops: Ek wonder of die Nederlanders probleme het
met die taal in die gedig?.


Vriendelike groete

Geloof & kerksake | 6 kommentare

Die Afrikaner: Bolger weier om verskoning te vra vir 27 000

Vr, 16 Augustus 1996 00:00

Vanuit die nuutste uitgawe van Die Afrikaner, die mondstuk van die
Herstigte Nasionale Party van Suid-Afrika.

Die volledige Internetuitgawe is by http://www.hnp.org.za/afrikaner
beskikbaar.

************************************************************ ***********

Bolger weier om verskoning te vra vir 27 000

MNR. JIM BOLGER, die Nieu-Seelandse premier, wat op besoek aan
Suid-Afrika was om die All Black rugbyspan te sien speel, het
nes mev. Elizabeth Windsor, die Britse koningin, geweier om
verskoning te vra vir die dood van 27 000 vrouens en kinders
in die konsentrasiekampe tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
Nieu-Seelandse troepe was deel van die Britse Ryk se
oorweldigende oormag van bykans 500 000 troepe vanuit alle
uithoeke van die Britse Ryk wat teen die 60 000 Boere van die
twee eertydse republieke kom veg het.
Tydens 'n TV-onderhoud het Marx du Preez mnr. Bolger gevra
of hy nie van voorneme is om die Afrikaner vir hierdie onreg
verskoning te vra nie. Hy het gegryp na 'n emosionele kreet
van apartheid, en probeer om dit met 'n verwysing na die Tutu-
kommissie af te maak.
In die lig daarvan het mnr. Jaap Marais, die leier van die
HNP, die volgende persverklaring oor die aangeleentheid
uitgereik:
"Die Herstigte Nasionale Party het kennis geneem van 'n
uitlating deur mnr. Jim Bolger, Eerste Minister van Nieu-
Seeland op 7 Augustus op die TV-program, FOKUS, na aanleiding
van 'n vraag deur mnr. Max du Preez of die tyd nie aangebreek
het dat Nieu-Seeland die Afrikanervolk moet om verskoning vra
vir die leed en lyding wat hy tydens die Anglo-Boere-oorlog
aangedoen is aan die hand van die Britse magte, waarvan sy
land deel was nie.
"Mnr Bolger se antwoord daarop was dat om die gebeure van
die Anglo-Boere-oorlog in dieselfde asem te noem met dit
waaroor die huidige 'Waarheid en Versoeningskommissie'
betrekking het, net 'n verskoning is vir wat onder apartheid
in Suid-Afrika aangerig is.
Die Herstigte Nasionale Party wil weet of mnr. Bolger se
standpunt ook die standpunt is van die regering waaraan hy
vroe‰r ondergeskik was? Dat die saak bespreek moes gewees het
tydens 'n Statebondskonferensie (veral di‚ een in Nieu-Seeland
verlede jaar) ly geen twyfel nie. Toe het die Nieu-Seelandse
Parlement 'n wet aangeneem wat deur die Britse koningin
onderteken is, waarin om verskoning gevra is aan die Waikato
Maori-stam weens 'n verbreking van 'n ooreenkoms in 1840, as
gevolg waarvan daar Britse aggressie teen die betrokke stam
was. Mnr. Bolger moes derhalwe die Britse regering beweeg het
om daardie verskoning te onderteken, wat die betrokkenheid van
die koningin verklaar.
"Dit is net logies dat daar by di‚ geleentheid ook oorweging
geskenk is aan 'n soortgelyke verklaring aan die
Afrikanervolk. Ons maak die afleiding dat wat die Britte en
die Statebond betref, die veel geringer aksie in verband met
die Waikato-stam vir mnr. Bolger baie belangriker is as die
smart en ellende wat die Afrikanervolk aangedoen is tydens die
Engelse Oorlog. Tydens di‚ oorlog is 30,000 plase in ons land
deur die gesamentlike Britse magte tot die grond toe
afgebrand. Twee en twintigduisend (22,000) van ons kinders en
meer as 5,000 vrouens is dood in konsentrasiekampe. Die
Afrikaners het hulle vryheid verloor en die land en volk is
verarm en moes uit die grond weer opstaan.
"Met hierdie uitlating het mnr. Bolger die Afrikanervolk
gruwelik te na gekom en toon dit opnuut weer die
onsensitiwiteit vir die Afrikaner. Die HNP maak die afleiding
dat mnr. Bolger niks weet van daardie geskiedenis nie, of dat
hy totaal vyandig is teen die Afrikanervolk. Wat ookal die
geval is, het hy geen reg om op ons bodem so minagtend na die
Afrikanervolk se geskiedenis te verwys nie.
"Die Herstigte Nasionale Party eis dat mnr. Bolger aan die
Afrikanervolk 'n openbare verskoning aanbied vir sy optrede.
"Die HNP sal in geen onduidelike taal nie van mnr. Bolger
persoonlik 'n verskoning vra. So 'n brief is reeds op pad na
hom."
(Die ope brief aan mnr. Boger verskyn hiernaas)

9 August 1996

OPEN LETTER

Mr Jim Bolger
Prime Minister of New Zealand
c/o The Office of the President
Fax: (021) 461-4987
CAPE TOWN

Dear Mr Bolger

TV PROGRAMME "FOCUS" PRESENTED BY MR MAX DU PREEZ,
7 AUGUST 1996

The Herstigte National Party (HNP), has taken cognizance of
your remarks to Mr Max du Preez' question put to you on the
above TV programme the other night, as to whether the time had
not arrived for New Zealand to apologise to the Afrikaner
nation for the incalcuable loss of life, devastation of the
country and utter misery wrought by Britain's barbarous
methods of warfare, during the Anglo-Boer War, in which your
country as a British colony also participated.
Your reply was that to mention the events of the Anglo-Boer
War in the same breath as the testimonies presently being
heard by the Truth and Reconciliation Commission (TRC) was
merely an excuse for what was committed in South Africa under
apartheid.
What we as Afrikaners should like to know is whether your
sentiments reflect that of the British government regarding
the Anglo-Boer War. There is little doubt that this matter
was discussed during the Commonwealth Conference held in New
Zealand last year when the New Zealand Parliament adopted an
act, signed by the British queen, wherein an apology was made
to the Waikato Maori tribe for the breach of an agreement in
1840, which resulted in aggression by Britain against the
relevant tribe. You must, therefore, most probably have
persuaded the British government to sign that apology, which
testifies to the queen's involvement in this New Zealand
affair.
It is logical to suppose that at this conference
consideration was also given to a similar apology to the
Afrikaner for the British aggression of sixty years later, and
we deduce from your remarks that as far as Britain and the
Commonwealth are concerned the rather more insignificant
matter regarding the Waikato tribe is of greater consequence
to them than the holocaust and devastation inflicted on the
Afrikaner nation during the Anglo-Boer War.
During this war 30,000 farmsteads were razed to the ground
by the united British forces, 22,000 children and more than
5,000 women perished in their concentration camps. The
Afrikaners lost their independence and their country. As a
result of Lord Kitchener's "scorched earth policy" the nation
was impoverished and had to pull itself up by its bootstraps
after the war.
Let me remind you of how this war was seen by British
leaders. Henry Campbell-Bannerman in June 1901 asked: "When
is a war not a war?" And he answered it by saying: "When it
is carried on by methods of barbarism, as in South Africa".
It would seem more likely that you see the present TRC as an
excuse for forgetting the travesty committed against the White
Christian nation that wrested this country from the
wilderness, brought civilization to indigenous peoples, and
built it to the strongest state in Africa. But perhaps you
may have forgotten what really happened in that war.
Apart from what Campbell-Bannerman said, there was the
remark by David Lloyd George, namely: "A policy of
extermination of children in South Africa".
During the war in September 1901 Alfred Milner wrote: "The
country is quiet... only it is a complete wreck... the
farmhouses are all gone". I make bold to say that whatever
the British did to the Waikato tribe, it cannot compare to
what they did to the Afrikaners. Genl Jan Smuts, a renowned
political leader who served in the British Cabinet in the
World War I, described the British methods as "an attempt to
massacre the Afrikaner people".
If you were aware of these facts when you made the relevant
remark, suggesting that these terrible injustices,
constituting a blot on the civilised British nation, it must
rank as the height of political callousness and as a grievous
insult to the Afrikaner nation.
In all decency you should offer an apology to the
Afrikaners, not only for your most insensitive remark, but
also for the part played by your country in the war crimes
committed by British and Colonial forces in an effort to
extinguish the Afrikaner people.

J A MARAIS
LEADER OF THE HNP

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Julle moet my reken - al is ek in die buiteland!!!

Vr, 16 Augustus 1996 00:00

Kyk hier, ek is die land uit oor Apartheid.
Dit is nie te se dat ek nie meer 'n Afrikaner of
'n Suid Afrikaner is nie,
En ek sal nie my bek hou oor Suid Afrika en
Afrikanerskap en Afrikaans en die politiek ens nie.
En ek kom nog enige dag terug ook! Wie weet...

So julle moet my reken !!!
(Buitendien, ek het twaalf gulpsknope!!!)

En ek is bly oor Gloudina en al die ander "uitlanders"
wat iets te se het! (al mag ek soms van hul verskil!!).

Ja, stuur vir ons iets, al tik julle die bleddie
gesangeboek vir ons op die internet (soos iemand
eenkeer geskryf het). Ek sal dit waardeer.
En julle ouens wat dwars is kan gaan skyt op die ys!

AA NEE AA !

Groete. (Uit die buiteland)
Van 'n opregte, nie-rassistiese afrikaner.

Emigrasie & buiteland | 2 kommentare

PAGAD is net nog n BENDE

Do, 15 Augustus 1996 00:00

Pagad is net nog a Kaapse bende wat skuil
agter die doek van islamisme !

Hulle doen niks daadwerklik om misdaad
te bekamp nie, maar gebruik islamisme
om hulleself te vermom sodat hulle die
bende oorlog teen die hards living bende
in helder daglig kan voortsit.

Een ding wat alle s-afrikaners geleer
het is dat massa aksie doeltreffend is.
Dit is wat die pagads doen !

Probeer jy om 1000 afrikaans sprekendes
bymekaar te roep om te mas-aksie
teen die verengelsing van die media.

Ek verwys spesifiek na die sauk wat
nou es y bee see geword het !

Bende mentaliteit is aan die groei,
mense drom maar saam in groepe
omdat hulle dan magtiger voel.

Pagad, anc, ifp, awb, csv, ng,
almal bendes !!!

Ek hoef nie te wonder aan watter bende
behoort ons wat op hierdie nuusgroep pos.

viva, DIE TAAL
groete --cs

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Freedom (in NSA)

Wo, 14 Augustus 1996 00:00

Anonymous@anonymous.anonymous (Jonnie) wrote:

> Freedom's just another word for nothing left to loose.
> (from the song Bobby McGee)

> --
> Jonnie
> 
Ai, Jonnie.

'n Ander Bobby het eenmaal gesê 'Don't worry, be happy'.

Sinisme gaan ons wragtag nêrens bring nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die woord fokken op sabc2

Wo, 14 Augustus 1996 00:00

pigf...@icon.co.za wrote:
<<< "Wat is jou fokken probleem?" >>>

Die universele vraag van die tipiese geïrriteerde en effens
aggressiewe (is daar ander?) Afrikaanse man!

Ek het my verbeel ek het gisteraand in die game tussen die All Blacks
en die OP gehoor ek hoor 'n OP-voorspeler geïrriteerd vra: "Wie's
jou aap!?"

Nou, daar is 'n tergende vraag......

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

AANDAG ALLE 10 TOT 15 JARIGES !!!!

Di, 13 Augustus 1996 00:00

'n Jong Nederlander uit Den Haag, wat 10 jaar oud is , wil graag met jong
Afrikaans sprekendes korrespondeer. Hy verstaan nie Engels nie, maar kom nogal
goed oor die weg met Afrikaans. Alle 10 tot 15 jariges wat belangstel, kan vir
hom skryf op die volgende adres:

G.E...@caiw.nl

Baie Dankie.

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1601  1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612  1613  1614  1615  1616    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 01:17:51 MGT 2024