Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

AFRIKAANS AS VERSAMELWOORD, MENS, TAAL EN NG.

Wo, 02 Oktober 1996 00:00

Miskien het ek te veel op die hart en wil ek daarom te veel se. Daarom
dat die titel van die artikel so lank is.
Ek het op 'n stadium vreeslik baklei met ander bydraers tot h/d NG.
Veral oor die platvloersheid van hulle bydraes, kyk maar na ene Vygie.
Ook oor hulle onbenulligheid. Daar is niks of weinig wat opbouend is
nie. Die onderwerpe en besprekings is meesal banaal en niksseggend.
Kyk daarna as julle my nie glo nie! Ook omdat h/d NG, wat veronderstel
is om 'n Afrikaanse NG te wees, se opskrif ENGELS is. Ek kyk na
anderstalige NGe, en ek bedoel Europees, en ek sien lewendige
besprekings in meeste. Of hulle Italiaans, Duits, Deens, Spaans, Frans
of wat ookal is, elke aand is daar nuwe artikels by die dosyne,
politiek word gepraat onder kultuur-NGe, boeke word bespreek onder
politieke NGe (gewoonlik het die een op die ander betrekking en
beinvloed hulle mekaar). En dan kyk ek na die saaiheid van die
Afrikaanse NGe, die doodsheid daarvan en daarin. Wie besit die
rekenaars en wie is ingeskakel by die net? Net Engelssprekendes? Of is
Afrikaanssprekendes liewer daarvoor om in Engels te kommunikeer? Wat
is daar in Engels wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie? En daar
is baie meer: het die Afrikaner, die regeerder van gister, geen
aanspraak en geen bydrae meer tot die landsadministrasie te make nie?
Geen kritiek meer oor die ekonomie, die kunste, reg en verkeerd,
verkeer op die paaie, godsdiens, ras, enigiets?
Iemand wat nie van my aanvallende houding gehou het nie, het my tot
verantwoording geroep. Ons het 'n goeie gesprek gehad, maar ek moet se
ek het meer gegee as wat ek ontvang het, ek bedoel nou tov kennis en
grondige argumente. Ek is nie tevrede gestel nie. Maar ek het besluit
om die man sy sin te gee en om te wag en sien wat word van die
Afrikaanse NG. Weet julle dat daar in bykans DRIE WEKE net omtrent
TWAALF nuwe artikels bygekom het? In die tussentyd het die ander NGe
BAIE toegeneem.
Hoe lyk dit, gaan ons almal op 'n hopie gaan le en vrek? Gaan ons,
soos ons polities gedoen het, net boedel oorgee? Kom, se dan prontuit,
ons is te sleg om ons tee te sit. Ons is selfs te sleg om 'n
ordentlike NG van ons eie te bedryf.
ASSEBLIEF, mense, lewer tog kommentaar! En doen dit met styl en in
goeie en keurige taal, gee en ontvang in ruil kos vir die siel.
ALP

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Limeriek: Indoena

Di, 01 Oktober 1996 00:00

=================================
die oubaas is 'n groot indoena
'n vryer en 'n bobaas soena'
en deesdae gaan hy
daar ver oorkant wei
want da' is die Grasa mos groena'
===joop==========================

Kaapse groete

Joop

--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"

Prosa & poësie | 2 kommentare

Dis mense wat die probleem is,nie honde.

Di, 01 Oktober 1996 00:00

Agter galjoen se frustrasie sit tientalle
honde eienaars, mense wat net soos honde
aan riem gely word en mors in die
openbaar.

Mense, die massas wat elke dag
meer en meer materie verorber
meer en meer vermeerder en
meer en meer honde aanhou.

in klein hokkies, kleiner hokkies
met designer woof kos en n
diefwering vir geselskap
slaap die hond en wag

--- einde

Troeteldiere | 0 kommentare

Re: oorsprong van die woord "baie"

Ma, 30 September 1996 00:00

Dit kan dalk tog van die Ooste wees, want ek dink dit was voorheen "banja".
Daar is vandag nog mense wat van banja praat.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Reünie in Wilheminaoord groot succes!

So, 29 September 1996 00:00

Zaterdag 28 september werd in Wilheminaoord een reënie van de school
gehouden. Maar liefst 600 oud-leerlingen kwamen naar het koloniedorp.

Kijk voor meer nieuws op:
http://www.inter.nl.net/hcc/Tom.van.Nieuwenhoven/index.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tuis-Skoling : Kurrikulum en Hulpbronne,

So, 29 September 1996 00:00

Geagte Ouers,

Is u bekommerd oor een van die volgende aspekte van u Kinders se
opvoeding en opleiding?

* Die bevordering van intergeloof in die skool Kurrikulum?
* Die Akademiese standaarde wat bly verlaag.
* Die Morele verval en gebrek aan dissipline in die skole.
* Die voorduurende styging in koste van Skoolfonds, Klere, Boeke
en Vervoer.

As u nog nie begin het met Tuis-Skoling nie, waarom nie begin volgende
jaar wegspring nie?

Die volgende organisasies kan u help :

1) TCE (Theocentric Christian Education)
Kontak Graham of Alison by Tel/Faks : 021 981 0475 (Brackenfel in
Kaap)

2) Le-Amen
Kontak Vincent & Louise Willems by Tel : 011 674-3705

3) Breinlyn Tel : 012-341-2927

4) Hout Bay Church International
(Hulle het baie goeie boeke oor die onderwerp)
Sharon Maliepaard by Tel 021-790-5802

5) Wes-Kaapse Tuis-Skool Vereniginng
Mnr Johan Slabbert by Tel 021 783-2842 Faks 021 981-0475.

6) Vereniging vir Tuisonderwys (Pretoria)
Leendert & Karin van Oostrum by Tel 012-331-1018

7) Oos-Kaapse Tuis-Skool Vereniging
Tel 0431-473242

8) Kwa-Zulu-Natal Tuis-Skool Vereniging
Tel 0341-23712

9) Nasionale Koalisie van Tuis-Skole
Kate Durham Tel 0341-23712
--
Johan Grobler
Tuis-Skool Ouer

Onderwys & opvoeding | 11 kommentare

Nakkie die nar se uitnodiging

So, 29 September 1996 00:00

Haai,

Ons nooi jou uit om vir ons PRETBLAD te gaan kuier by:
http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Ons het daar kinder sê-goed waaroor jy moet glimlag, want in hierdie
land van ons word daar mos nie meer gelag nie.

Sien jou daar,
groete,

Nakkie die Nar

Humor & grappe | 0 kommentare

How is http://www.storage.com/safrica.html in ZA?

So, 29 September 1996 00:00

How is http://www.storage.com/safrica.html now being received
in South Africa? Is it fast enough?

Currently, we are presenting technical information in only English
and Afrikaans. Should we add an addional language or two?

Michael Willett
Storage Computer
http://www.storage.com/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

baie

Vr, 27 September 1996 00:00

'baie' komt waarschijnlijk uit het Maleis.

Anna

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1590  1591  1592  1593  1594  1595  1596  1597  1598  1599  1600  1601  1602  1603  1604  1605    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 05:22:25 MGT 2024