Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Australiese braaivleis: Lekker,lui, vetterig MET VLIEE.....

Ma, 21 Oktober 1996 00:00

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Noudat dit somer is hier is dit natuurlik braaityd.
Wat dikwels gedoen word hier is om saam met vriende na 'n park toe
te gaan en dan te braai. Die parke is oor die algemeen netjies.
Almal bring hul eie kos. Jy pak dit in 'n plastiek boks wat die
Australiers 'n "Eski" noem. Dit hou die bier koud.
Die Eski sien jy oral: strand toe, sportgrond toe ens.
Dit is omtrent die nasionale simbool van Australie.

Omtrent elke park het 'n paar braaiplekke. Dit is 'n reghoekige
baksteentafel met 'n braaiplaat of twee van so 40x40cm.
Dit werk met elektrisiteit of gas. (Oral dieselfde ding, van Sydney na Perth).
Die skakel jy aan deur 'n knoppie te druk.
Eers maak jy die plaat skoon van al die week-oue vet en voelkak.

Terwyl die kinders gil en baljaar en die VROUENS "klets",
gaan die MANS aan die "werk": plak vleis op die plaat en knak 'n bier.
Die Australiers het 'n oulike manier om hul bier koud te hou terwyl hul
drink: die blikkie word in 'n styfpassende houer gedruk wat van duikpak
materiaal gemaak is. (Wyn is vir yuppies en "poofters")
Op die braaiplaat beland dan tipies: biefstuk, hoender, garnale, vark,wors
kerrie-sosaties (hier genoem "doner-kebabs"), ens, afhangende van wie saamkom.
(Waarvoor die "doner" staan weet ek nie, maar ons afrikaners vind dit
natuurlik snaaks).
In die middel van die braaiplaat is 'n gaatjie, waar die vet veronderstel
is om uit te loop (gewoonlik verstop).
Oor die gemors wat hier gewoonlik gebraai word as "wors" kan mens boekdele
skryf: Dit is so fyn gemaalde poloni-pienk kleur (gemaak van gemaalde
longe, kliere, niere en ballas ?) Dit smaak ook so.
Ek dink dit is 'n variasie op 'n Britse tipe varkwors wat hul "bangers" noem.
Dit brand ook nog aan lank voor dit gaar is.
In elk geval, na 'n paar biere gee niemand om of jou biefstuk na sosatie
smaak nie. Na die vleis word bv uie opgesny en in die vet gebraai.
Die uie suig dikwels die vet op, veral as die gaatjie toe is en die plaat
koud raak. So 'n braai (op 'n plaat, sonder vuur),
het 'n tipiese (vetterige) reuk aan hom, wat anders is as wat ons gewoond is.
Die reuk van Australie?
Later speel almal saam krieket of so. Ook die meisies en vrouens moet
saamspeel om genoeg veldwerkers te he^.
Dit is vreedsaam, sosiaal, luilekker en almal geniet hulself terwyl
hul velkanker opdoen. Gewoonlik gedra almal hul goed en suip nie te veel nie.
Selfs die voels hou daarvan: 'n groot Kookaburra sal afswiep en 'n stuk
vleis van die plaat steel, om dan in 'n boom te sit en 'n kekkellag te gee.

Wat meeste Suid Afrikaners 'n bietjie vreemd vind is die feit dat
Australiers gewoonlik op plate braai, roosters is uitsonderlik.
Tuis word daar met gas gebraai, en selde word hout gebruik.
Die tipiese huisbraaitoestel hier is 'n braaitrollie wat met gas werk.
Jy stoot dit net uit en druk die aansteekknoppie. Lui en gemaklik.
Al die immigrante wat ek ken hier (Ex-Joegoe-slawiers, Nederlanders,
Chinese, Arabiere) braai egter op kole met roosters).
Die voordeel van die rooster is natuurlik dat die vet uitbraai en op
die vuur drup, en dat die geur van die hout aan die vleis 'n smaak gee,
of jy nou met mieliestronke vuurmaak (soos die Vrystaters),
of wingerdstompies (soos die Kapenaars), of Kameeldoring ens.
Goddank ken ek 'n ex-Suid Afrikaanse slagter hier wat heerlike boerewors maak.

Vriendelike groete.

Hoe KON ek dit vergeet ?

Die Vliee natuurlik! Die Australiers noem hulle "Blowies" (Blowflies).
En dit is die enigste ding aan Australie wat nie 'n mite is nie.
Hier moet almal 'n sifdeur he^, en los jy die ding oop vir 10 sekondes,
is hul in die huis in.
Veral sekere tye van die jaar moet jy oppas waar jy in die
buitelug vleis (veral vis) braai. Of jou baba se doek omruil.
Hulle sit op jou vleis terwyl hy nog aan die braai is.
(Die klassieke Aussie-hoed met die kurkproppe op was natuurlik om die
vliee weg te waai van jou gesig).
Hulle sê die rede hoekom veral die plattelandse Aussies so slegte
uitspraak het is omdat jy jou mond moet toehou, anders sluk jy 'n vlieg.
En met al die geoefen met 'n vlieeplak swaai, is dit natuurlik nie
moeilik om daarna 'n krieketkolf rond te swaai nie - bly in oefening.
Ek lees eenkeer die "Aussie saluut" is so 'n lui swaai van die hand verby
die gesig - om die vlieë weg te kry.

Pla my nie - ek's nou gewoond daaraan. Ek lag vir nuwelinge.
(En raak die donner in vir mense wat nie die sifdeur toetrek nie).

Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lekker kinder sê-goed

Ma, 21 Oktober 1996 00:00

Begin jou dag 'n slag met 'n lag.
Laat waai en maak 'n draai by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

So waar as vet ons is op die Net
en dit, net vir die pret

Humor & grappe | 0 kommentare

Lekker kinder sê-goed

Ma, 21 Oktober 1996 00:00

Begin jou dag 'n slag met 'n lag.
Laat waai en maak 'n draai by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

So waar as vet ons is op die Net
en dit, net vir die pret

Humor & grappe | 0 kommentare

Nuwe kinder sêgoed

Ma, 21 Oktober 1996 00:00

Begin jou dag 'n slag met 'n lag.
Laat waai en maak 'n draai by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

So waar as vet ons is op die Net
en dit, net vir die pret

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Louis Luyt &kie maak SA RUGBY se naam gat!....

Ma, 21 Oktober 1996 00:00

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Die koerant "The Australian" verklaar
"South African rugby is digging itself a black hole":
"the world champions are in a mess".
Die artikel is nie baie vleiend nie,
maar die beste van alles is dat dit waar is !

En 'n groot rede daarvoor is nie rugby self nie,
maar die poephol Louis Luyt.
Want hy dink omdat hy geld het hy kan in alles inwurm.
Die lys van dinge wat hierdie ploert alles gedoen het om
SA rugby se naam gat te maak is baie lank. Onlangse dinge:
Hy het die oorwinning oor die Australiers met die wereldrugbytoernooi
bederf deur sy dronk uitsprake op 'n onthaal daarna, voor die hele wereld.
Toe stel hy sy handlanger Markgraaff aan
(wat Pienaar uitskop - wonder hoekom ?)
Hy maak dit so onaangenaam dat ander dit nie kan uithou nie,
(Ray Mordt,Keith Parkinson, Morne Du Plessis...)
Toe dank hy Griffiths af en vervang hom met Oberholzer,
sy skoonseun. Baantjies vir boeties.
Nadat Doc dood is, het hierdie ou en sy verkrampte en korrupte kliek
mos oorgevat.

En daar is ander redes ook: (En dit is die oorsese pers vol!)
Kanniedood fossiele wat aandring om die ou vlag te swaai.
Julle maak ons naam krater man ! Steek 'n ossewa in jul agterent op !
Ander dinge wat ons naam gat maak in die buiteland:
Kabinetministers soos Trevor Manuel wat openlik vir die oorsese span skreeu.
Hy is niks anders as 'n wraakgierige rassis nie!

En Henry Tromp: Die pers hier wat skryf: "Henry Tromp had been convicted
of assaulting a teenaged farm labourer who later died".
Sulke dinge help nou nie juis die idee van 'n nuwe SA se rugby nie.
Dit opsigself kon nog gaan, maar die pers oorsee bou 'n prentjie:
Die rugby owerhede gaan ook nie juis uit hul pad om rugby by die
swartes gewild te maak nie. Inteendeel, hulle doen dit sleepvoet.
Hoekom volg hulle nie die voorbeeld wat krieket stel nie ?
Ja, ek wil ook weet ! Is dit oor die ou verkrapte kliek ?

Groete,
(en aan Louis Luyt en sy trawante 'n mandjie groen turksvye:
Bring dit asseblief in verband met julle agterente).

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Nakkie die Nar se pretblad

Ma, 21 Oktober 1996 00:00

Begin jou dag 'n slag met 'n lag.
Laat waai en maak 'n draai by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

So waar as vet ons is op die Net
en dit, net vir die pret

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nakkie die Nar se pretblad

Ma, 21 Oktober 1996 00:00

Begin jou dag 'n slag met 'n lag.
Laat waai en maak 'n draai by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

So waar as vet ons is op die Net
en dit, net vir die pret

Ruil, koop & verkoop | 1 kommentaar

Nakkie die Nar

Ma, 21 Oktober 1996 00:00

Begin jou dag 'n slag met 'n lag.
Laat waai en maak 'n draai by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

So waar as vet ons is op die Net
en dit, net vir die pret

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nakkie die Nar

Ma, 21 Oktober 1996 00:00

Begin jou dag 'n slag met 'n lag.
Laat waai en maak 'n draai by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

So waar as vet ons is op die Net
en dit, net vir die pret

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DIE VYF SWEMMERS - 'n storie uit die Boere-oorlog

Ma, 21 Oktober 1996 00:00

Een van die interessantste boeke in ons besit is
"Die Vyf Swemmers," van C.J. Barnard. Dit vertel
die geskiedenis van Willie Steyn en vier ander wat
in die middel van die Tweede Vryheidsoorlog in
Junie 1900 in die Vrystaat gevange geneem was
en uiteindelik as bannelinge op 'n Britse skip na
Ceylon gestuur is. Aangekom in die hawe Colombo,
het hulle vyf egter in die water gespring in 'n poging
om te ontsnap. 'n Russiese skip het hulle opgepik en
hulle teenwoordigheid geheim gehou selfs toe die skip
by die hawe van Aden aangedoen het. So het die vyf
op die Russiese skip deur die Suez kanaal en deur die
Dardanelles gereis tot by Feodosia op die Krim-eiland.
Daar aangekom, het die plaaslike mense 'n hele
ophef gemaak van die vyf Boere. Die Duitse konsul en
gesin het hulle onthaal, en uiteindelik gesorg vir hulle
reis oorland na die hoofstad van Tsaristiese Rusland in
daardie tyd : St. Petersburg. Daar aangekom, is ook daar
'n hele ophef van hulle gemaak. Hulle het konserte byge-
woon en hulle is op baie partye onthaal. Uiteindelik is
hulle gehelp om hulle weg te vind na Nederland.
Op die stadium was President Kruger al in Nederland,
waarheen hy gebring is deur die Nederlandse regering, toe
dit duidelik word dat die Boere die oorlog gaan verloor.
Die vyf manne het 'n onderhoud met hom gehad. Later is
hulle, met vals paspoorte, terug na Suidelike Afrika, waar
hulle die vasteland binnegegaan het deur die toentertyds-
genoemde "Duitswes." Hulle het vir 'n ruk herwaarts en
derwaarts geswerf in die Noordkaap, in 'n poging om die
bruin Engelse soldate te ontsnap, wat orals daar was. Hulle
wou aansluit by die manne van Conroy, die jong rebelle-
kommandant, wie se hoofkwartier by Kakamas was. Hulle
was nie hierin suksesvol nie. Uiteindelik het hulle egter wel
aangesluit by die kommando van Manie Maritz en daar het
Willie Steyn op sy staf gedien. Later, toe Generaal Jan Smuts
aangestel is as opperbevelhebber van die kommando's in
die Noordwes-Kaapkolonie, het Willie ook op sy staf gedien.
(My pa, toe 'n seun van 16 jaar, het altyd die storie vertel van
hoe Gen. Smuts vir hulle jong seuns gevra het hoekom hulle
nie kom help veg nie.)
Uiteindelik het die Boere die oorlog verloor en is Willie
Steyn terug na sy tuiste toe.
Die storie van Willie Steyn en sy makkers is in 1932
vertel in 'n boek "Terug na Kommando.." geskryf deur L.A.
Visagie. Johan Barnard is egter in die laaste dekades deur
Tafelberg-Uitgewers genader om meer navorsing te doen en
'n uitgebreider boek te skryf oor die manne se eskapades. In
1988 het "Die Vyf Swemmers" toe verskyn.
J.C. Barnard was, voor sy aftrede, onder andere hoof-
geskiedskrywer (Landmagte) in die afdeling Oorlogs-
geskiedenis van die Eerste Minister se Kantoor (1950-1958);
kulturele attache in London (1959-1961) en van 1962 - 1985
Geskiedenis-professor by UNISA. Hy was ook op sy dae 'n
baas tafeltennis-speler. Ons het vir vier jaar in Pretoria in die-
selfde straat gebly (Lunnon). As ek dink aan ware Afrikaners,
dan is hy op my kortlys, saam met natuurlik manne soos Willie
Steyn en sy makkers, en Paul Kruger en Generaal de Wet, en
Komm. Conroy en Manie Maritz en nog veel meer - die lys
sal lank wees.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1584  1585  1586  1587  1588  1589  1590  1591  1592  1593  1594  1595  1596  1597  1598  1599    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 05:25:52 MGT 2024