Daar is 'n staat van Onskuld. Dit is die staat wat jy
eerste as kind geken het, voor die kennis van goed
en kwaad 'n emosionele en intellektuele val in jou
teweeggebring het. In die volgende siklus gebruik
die digter woorde soos kerkorrel, glo, bid, hallelujas,
psalms, nagmaal, heilig om die staat van onskuld te
beskryf. Die jeug word dus aangedui as 'n geheiligde
bestaan in "Voor die Val."
Maar al te gou kom die besef dat jy as mens uit
daardie paradys uitgedryf word. In "Die Son Sak Weg"
en "Herfs, Oudtshoorn" praat die digter met 'n verba-
sende ekonomie van woord en styl oor hierdie gevoel
van verlies en ontnugtering.
Sommige digters se werk bly 'n gedurige hunkering
na die verlore staat van Onskuld, en hulle gedigte bly
pogings om weer terug te keer na daardie verlore staat.
Maar somtyds vind jy 'n emosioneel-volwasse digter
wat vir ons daarop wys dat, selfs binne die gevalle staat
van tyd en ruimte, dit moontlik is om helder en vreugde-
vol te lewe. So 'n gedig is "Die Imperialisme van die Tyd,"
die laaste gedig in die volgende siklus.
VIER GEDIGTE UIT DIE KLEIN KAROO
Ferdi Greyling
VOOR DIE VAL
In die Klein Karoo het ek geweet
dat die Swartberge elke oggend
soos kerkorrels weer uit my drome sal verrys,
en dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
uit die stof sal opstaan
om in pers vlamme teen die bome te dans.
Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
En geglo.
Heel die dag lank
het ons met fietse deur die strate gebid
en hallelujas in die sagte gras gelag.
Met pakkies Lucky Strikes
het ons skelm psalms agter die heinings gerook
en met meisies onskuldig soos Post Toasties
het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.
In die ligblou lug,
wyd en glad soos 'n stil rivier,
het die tierende son elke middag laat
in die Klein Karoo
soos 'n oopgesnyde waatlemoen
ondergegaan.
En dan het die soet nag
om ons
soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
en die koel aand het sag soos water
deur die strate van die dorp gespoel.
Terwyl die saad van nog 'n heilige dag
op die sypaadjies ontkiem het.
DIE SON SAK WEG
Weg van die growwe, groen heuwels
van die Oos-Kaap,
ver na die suidweste
le^ die Swartberge.
My hart het op 'n tyd daar gewoon.
Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
wat onder 'n koeelronde son hoog rys
in die droë Klein Karoo.
Daar verkoop slinkse boere
waatlemoene om aan die lewe te bly.
HERFS, OUDTSHOORN
ma, die son jaag 'n wind van verder as ver
wat die helder lug bo die berg verbrokkel
bruin aan bome in die lanings vreet
en die appelkoosboom in jou agterplaas
in geel vlamme verbrand
DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
Ek het die Swartberge geken
in die land voor die tyd.
Daar het ek die reine wiskunde geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.
Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.
Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wereldlyn.
Ek is administreeder van idees.
Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.
Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.
Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.
> Wat betref Die Afrikaner se stelling dat die stellenbosse predikante 'die
> afrikaner' (sic) skaam maak oor sy verlede: mense, mense - dit is nie nodig om
> afrikaanssprekendes skaam te maak oor hul verlede nie. dit het die magshebbers
> van die verlede wat in die naam van afrikaans dade gepleeg het wat dit nou
> nodig maak vir mense om na vore te kom om daarvoor om vergifnis te vra, al
> klaar deeglik reggekry.
Indien ek 'n lidmaat van die ngkerk sou wees, sou ek ontevrede wees met
die feit dat hulle namens my om versoening vra. Indien hulle as leiers? namens
hulle self om versoening vra het ek nie 'n probleem nie. Ek is seker dat nie
al hulle lidmate te doene was met soortgelyke verkeerde dade nie.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Noudat dit somer is hier is dit natuurlik braaityd.
Wat dikwels gedoen word hier is om saam met vriende na 'n park toe
te gaan en dan te braai. Die parke is oor die algemeen netjies.
Almal bring hul eie kos. Jy pak dit in 'n plastiek boks wat die
Australiers 'n "Eski" noem. Dit hou die bier koud.
Die Eski sien jy oral: strand toe, sportgrond toe ens.
Dit is omtrent die nasionale simbool van Australie.
Omtrent elke park het 'n paar braaiplekke. Dit is 'n reghoekige
baksteentafel met 'n braaiplaat of twee van so 40x40cm.
Dit werk met elektrisiteit of gas. (Oral dieselfde ding, van Sydney na Perth).
Die skakel jy aan deur 'n knoppie te druk.
Eers maak jy die plaat skoon van al die week-oue vet en voelkak.
Terwyl die kinders gil en baljaar en die VROUENS "klets",
gaan die MANS aan die "werk": plak vleis op die plaat en knak 'n bier.
Die Australiers het 'n oulike manier om hul bier koud te hou terwyl hul
drink: die blikkie word in 'n styfpassende houer gedruk wat van duikpak
materiaal gemaak is. (Wyn is vir yuppies en "poofters")
Op die braaiplaat beland dan tipies: biefstuk, hoender, garnale, vark,wors
kerrie-sosaties (hier genoem "doner-kebabs"), ens, afhangende van wie saamkom.
(Waarvoor die "doner" staan weet ek nie, maar ons afrikaners vind dit
natuurlik snaaks).
In die middel van die braaiplaat is 'n gaatjie, waar die vet veronderstel
is om uit te loop (gewoonlik verstop).
Oor die gemors wat hier gewoonlik gebraai word as "wors" kan mens boekdele
skryf: Dit is so fyn gemaalde poloni-pienk kleur (gemaak van gemaalde
longe, kliere, niere en ballas ?) Dit smaak ook so.
Ek dink dit is 'n variasie op 'n Britse tipe varkwors wat hul "bangers" noem.
Dit brand ook nog aan lank voor dit gaar is.
In elk geval, na 'n paar biere gee niemand om of jou biefstuk na sosatie
smaak nie. Na die vleis word bv uie opgesny en in die vet gebraai.
Die uie suig dikwels die vet op, veral as die gaatjie toe is en die plaat
koud raak. So 'n braai (op 'n plaat, sonder vuur),
het 'n tipiese (vetterige) reuk aan hom, wat anders is as wat ons gewoond is.
Die reuk van Australie?
Later speel almal saam krieket of so. Ook die meisies en vrouens moet
saamspeel om genoeg veldwerkers te he^.
Dit is vreedsaam, sosiaal, luilekker en almal geniet hulself terwyl
hul velkanker opdoen. Gewoonlik gedra almal hul goed en suip nie te veel nie.
Selfs die voels hou daarvan: 'n groot Kookaburra sal afswiep en 'n stuk
vleis van die plaat steel, om dan in 'n boom te sit en 'n kekkellag te gee.
Wat meeste Suid Afrikaners 'n bietjie vreemd vind is die feit dat
Australiers gewoonlik op plate braai, roosters is uitsonderlik.
Tuis word daar met gas gebraai, en selde word hout gebruik.
Die tipiese huisbraaitoestel hier is 'n braaitrollie wat met gas werk.
Jy stoot dit net uit en druk die aansteekknoppie. Lui en gemaklik.
Al die immigrante wat ek ken hier (Ex-Joegoe-slawiers, Nederlanders,
Chinese, Arabiere) braai egter op kole met roosters).
Die voordeel van die rooster is natuurlik dat die vet uitbraai en op
die vuur drup, en dat die geur van die hout aan die vleis 'n smaak gee,
of jy nou met mieliestronke vuurmaak (soos die Vrystaters),
of wingerdstompies (soos die Kapenaars), of Kameeldoring ens.
Goddank ken ek 'n ex-Suid Afrikaanse slagter hier wat heerlike boerewors maak.
Vriendelike groete.
Hoe KON ek dit vergeet ?
Die Vliee natuurlik! Die Australiers noem hulle "Blowies" (Blowflies).
En dit is die enigste ding aan Australie wat nie 'n mite is nie.
Hier moet almal 'n sifdeur he^, en los jy die ding oop vir 10 sekondes,
is hul in die huis in.
Veral sekere tye van die jaar moet jy oppas waar jy in die
buitelug vleis (veral vis) braai. Of jou baba se doek omruil.
Hulle sit op jou vleis terwyl hy nog aan die braai is.
(Die klassieke Aussie-hoed met die kurkproppe op was natuurlik om die
vliee weg te waai van jou gesig).
Hulle sê die rede hoekom veral die plattelandse Aussies so slegte
uitspraak het is omdat jy jou mond moet toehou, anders sluk jy 'n vlieg.
En met al die geoefen met 'n vlieeplak swaai, is dit natuurlik nie
moeilik om daarna 'n krieketkolf rond te swaai nie - bly in oefening.
Ek lees eenkeer die "Aussie saluut" is so 'n lui swaai van die hand verby
die gesig - om die vlieë weg te kry.
Pla my nie - ek's nou gewoond daaraan. Ek lag vir nuwelinge.
(En raak die donner in vir mense wat nie die sifdeur toetrek nie).