Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

gedicht en zo........

Di, 05 November 1996 00:00

Clinton kan vandaag niet winnen
zijn vrienden zitten allang binnen
waar moet Dole nu beginne
het is voor hem geen kinnesinne

Geld is waar het weer om draait
geen haan die naar de armen kraait
woorden worden doorlopend verdraaid
wie is er het meest gehaaid?

De nacht zal alles beslissen
wie morgen spreken gaat of vissen
de peiling kunnen we wel missen
ik wil niet kissebissen

De president kent zijn pappenheimers
T'is geld waar't om draait
geen haan die naar de armen kraait
maar wat doen wij de rijmers?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die Herkoms van Afrikaans

Di, 05 November 1996 00:00

Sien gisteraand 'n dokumentêre stuk op SAUK 3 (mag mos nou weer van SAUK
praat) oor die herkoms van Afrikaans. Die deel het te doel gehad met die
bydrae wat die Koi en Maleisiese tale tot Afrikaans gelewer het, ens...

Daarmee het ek nie fout te vind nie - dit was nogal heel interressant
gewees, maar die persoon aan die woord het 'n opmerking gemaak, by meer
as een geleentheid, wat my baie pla...

Volgens hom is die GRA toendertyd gestig as 'n politiese organisasie,
wat nie die bydrae van die Koi en Maleisies wou erken het nie. Hulle wou
die taal slegs 'n Blanke Afrikanertaal hou.

Dit is baie maklik om so lank na die tyd sulke bewerings te maak - tog
jammer die siel het nie sy stellings werklik probeer bewys nie.

Volgens my inligting is die GRA gestig juis as 'n soort van 'n
opstandige beweging om Afrikaans te bewaar, maar was dit in verset teen
die ver-engelsing van alles op daardie stadium. Dat dit miskien wel 'n
politiese agtergrond kon gehad het, kan ek dalk insien, maar dat die GRA
teen die Koi en Maleisiese invloed was, kan ek nie insien nie. Ek twyfel
selfs of daardie agt jollie kerels op daardie stadium werklik besef het
dat Koi en Maleisies wel besig is om so 'n groot bydrae tot die
Afrikaanse taal te maak. Hul persepsie en visie het slegs voorsiening
gemaak daarvoor om die ver-Engelsing te probeer keer en daarteen te
protesteer.

Nog twee aflewerings in die reeks op SAUK 3 op Maandaeaande om 21:00 le
nog voor. Sal interressant wees om te sien wat dan gese gaan word.

Wat dink julle hiervan...???

Groetnis

Vollie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Oorlog in die Kaap - PAGAD

Ma, 04 November 1996 00:00

'n Paar weke gelede is daar voorspel dat PAGAD
net die oorsaak van oorlog in die Kaap sal wees.

Sondag het die waterkant in Kaapstad in 'n oorlog
zone verander, toe die polisie en pagad haaks
geraak met mekaar, toeriste,bystanders,inkopers
moes hardloop om weg te kom. Baie mense het
seergekry (beide polisiemanne en pagadmanne).

Ongelukkig is een pagadman doodgeskiet, en hy was
n Imam.

Daar word beweer dat die oorledene, Mnr Achmat
Najjaar, nie deur die polisie geskiet is nie, omdat hy
met 'n 0,765 kaliber wapen geskiet is.

Die polisie gebruik nie die kaliber wapens nie en het die
dag net rubberkoeëls geskiet.

Nou verklaar pagad 'n heilige oorlog.

Kapenaars het gedink dat die Kaap altyd minder
misdadig as bv die Transvaal sal wees, maar die
droom is gister vir altyd verpletter.

Die Kaap het 'n groot muslim gemeenskap, hierdie
gemeenskap is goed gevestig en is beslis een wat
die geld en die moed het om groot weerstand teen
die regering te bied.

Wat 'n jammerte dat 'n groep soos pagad wat
anti-misdaad is en met goeie bedoelings hulle
gruwe onder die mense en die pers se aandag
wou bring, nou deur die regering as die misdadigers
aangesien word.

Wat 'n jammerte dat ons in 'n samelewing woon waar
moordenaars,verkragters,skakers vrygespreek word,
maar die goeie nugter werkende mens sonder vryheid
van spraak in 'n publieke plek soos honde weggejaag
word.

DIE REGERING IS NIE BEVOEG OM TE REGEER NIE !!

- laastens, BRING TERUG DIE DOODSTRAF

--
PLANT n suurlemoenboom
---Vyg

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

HOOGLIED van UYS KRIGE

Ma, 04 November 1996 00:00

Hierdie hooglied ( 'n loflied aan die Skepper en die
heelal, bewonder en besing in die gestalte van 'n geliefde),
word spesiaal opgedra aan al die Maties, die wat in Suid-
Afrika bly, en hulle wat versprei het oor die aardbol.

HOOGLIED
'n Fragment
deur Uys Krige

Die nag is stil en rustig-sterk
soos die ou-ou eikebome...
Maria buk, haar klere val
en die lied is nou volkome.
Maria's skoner, reiner selfs
as my maanvervulde drome.

Die Tweelingpieke slaap,
net hulle verre valle skater.
Die maanlig lê soos sneeu, die skad’wees
swarter as 'n krater.
Maria was haar liggaam
in ou Helderberg se water.

Die water het 'n sagte glans
soos die glans van fynste sye.
Dit pêrel langs haar skouers af,
haar heupe en haar dye.
Maria is 'n beeld geboots
uit die nag se silwer en sy swye.

Sy stap 'n strook van duister binne
en die swaarste skad'wee skitter,
Sy staan weer in 'n poel van lig
en die maanlig self is witter.
Sy aarsel tussen lig en skadu
en die halwe lig begin te sidder.

Die nag stap kalm oor die berge
en die dou kleef aan haar skene.
Die nag, van kwik en silwer,
straal tussen die sterre en spoelstene:
silwer van spieëls en nat palmiet,
kwik van haar borste, haar bene!

(ingetik deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

WORS*********

Ma, 04 November 1996 00:00

Wors is the name for a type of sausage. Pap is a type of corn derived food, it
is similar to the Italian "palenta" or something.
AS a combination they are favorites in SA.

Johnathan
> ds

Kos & resepte | 2 kommentare

'n Held

Sa, 02 November 1996 00:00

Berig uit Beeld.

Deur Adri Kotze

HAROLD SEFOLA. Politieke aktivis, sakeman, gesinsman.
Min ander besonderhede oor hom is bekend. Hy is nie op Robbeneiland
aangehou nie, was nie in politieke ballingskap nie en het nie skares
toegespreek nie.
Hy het op 16 Julie 1987 spoorloos verdwyn - en net sy vrou, ses
kinders en naaste vriende en familielede het gewonder wat van hom
geword het.
Maar begin vanjaar het die selferkende Vlakplaas-moordenaar, Joe
Mamasela, begin praat oor die gruweldade wat hy en sy kollegas gepleeg
het.
Stuk vir stuk het Sefola se familie die stukkies van die legkaart
begin kry na bewerings oor sy marteldood.
En vandeesweek het die 56-jarige mev. Lizzie Sefola uiteindelik gehoor
hoe haar man se moordenaars eers 'n mes in sy neus opgedruk het en hom
herhaaldelik met 'n elektriese stroom van 'n kragopwekker geskok het -
die soort waarmee water vir beeste gepomp is - om inligting uit hom te
kry.
Oud-veiligheidspolisiemanne het hom saam met twee ander aktiviste op
'n verlate stuk grond noord van Pienaarsrivier, naby Pretoria,
doodgeskok.
Daarna is hul lyke met die arms en bene sorgvuldig oorgevou sodat niks
sal oorbly na die ontploffing nie, op 'n pad in Bophuthatswana op 'n
kragtige landmyn gesit en aan flarde geblaas.
Maar mev. Sefola het ook saam met die res van Suid-Afrika in die
getuienis voor die Waarheids- en Versoeningskommissie se
amnestiekomitee gehoor hoe haar man deur sy heldhaftige optrede respek
by sy moordenaars afgedwing het.
"Ek weet nou dat Harold 'n held is. Ek het agt jaar lank alleen gerou.
Nou weet almal hoe dapper hy was," vertel sy skaam. Sy is nie gewoond
aan al die aandag nie en glimlag tussen al die trane deur.
Ao. Paul van Vuuren, oud-veiligheidspolisieman, het in sy
amnestie-aansoek getuig dat hy, kapt. Jacques Hechter (wat ook om
amnestie aansoek doen) en Mamasela vir mnr. Sefola ontvoer het nadat
hulle mnre. Andrew Makupe en Jackson Maake met die kragopwekker geskok
het en hulle toe mnr. Sefola se naam bekend gemaak het.
Hulle was glo lede van 'n ANC-sel.
AO. Van Vuuren het erken dat dit baie moeilik was om mnr. Sefola te
ondervra. "Hy het geglo dit wat hy doen, is reg," het hy getuig.
Mamasela moes die mes in sy neus opdruk en hulle moes hom skok om te
praat.
Maar Sefola het gesê hulle kan hom maar doodmaak.
Hy het gevra of hy iets kan se. Ao Van Vuuren het hom toestemming
gegee en mnr. Sefola het gevra of hy Nkosi Sikelel iAfrika kan sing.
"Hy het ook gesê dat die ANC eendag sal regeer. Hy het gesê dat
apartheid nie kan bly voortbestaan nie en dat demokrasie die Boere se
ondergang sal wees.
"Hy het genoem dat die Veiligheidspolisie en Umkhonto weSizwe
speelballe van die politici is," het ao. Van Vuuren emosieloos gesê.
Mnre. Maake en Makupe is voor mnr. Sefola doodgeskok terwyl hy Nkosi
Sikelel iAfrika gesing het.
Kort daarna was dit mnr. Sefola se beurt.
"Ek het baie respek vir mnr. Sefola gehad vir sy optrede in die proses
waardeur ons hom doodgemaak het," het ao. Van Vuuren gesê.
Mev. Sefola meen dat haar man uiteindelik net "uiting gegee het aan
dit waaraan hy so vas geglo het".
Soos sy hom geken het "sou hy te trots gewees het om in te gee".
"Harold was nooit in sy lewe bang nie. Hy was 'n weeskind en moes hard
baklei vir alles wat hy gekry het. Hy het altyd sy beginsels
verdedig."
Mev. Sefola se haar man het bitter selde paniekerig geraak. Toe hy sy
werk weens personeelvermindering verloor het, het hy 'n winkel in
Witbank oopgemaak.
"Hy was lief vir my en die kinders. Harold was 'n rustige mens wat
graag saam met sy vriende gekuier het."
Hy was dol op reis en sy groot droom was om op 'n vliegtuig iewers
heen te vlieg.
"Die drome is nooit verwesenlik nie. Hy het die winkel net vier maande
lank gehad en ons moes dit na sy verdwyning opgee. Maar ek dink hy sal
bly wees dat sy moordenaars nou gebieg het. En dat sy politieke visie
waar geword het."

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die HOOGLIED as genre. 'n Lied van Andre Letoit

Sa, 02 November 1996 00:00

In die Middel-Ooste is daar al vir duisende jare 'n
tradisie van die liefdeslied te gebruik om jou liefde vir
God uit te druk. Dis uit daardie tradisie wat ons die
lieflike "Hooglied van Salomo" in die Bybel kry:

"Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter!
Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade,
'n werk van kunstenaarshande."

Een van die beroemdste godsdienstige digters in hierdie
tradisie was RUMI (1207-1273) wat in Afghanistan
gewoon het, toe nog deel van die Persiese koninkryk. Hy
verklaar:

"Moenie dink dat alle soorte ekstase
dieselfde is nie.
Enige wyn kan vir jou dronk maak.
Oordeel soos 'n koning, en kies die suiwerste."

"Die oomblik toe ek my eerste liefdesverhaal gehoor het,
het ek begin om vir jou te soek; maar ek het nie besef
hoe dom ek was nie.
Geliefdes ontmoet nie uiteindelik erens vir mekaar nie.
Hulle is binne in mekaar die hele tyd."

Nog 'n beroemde digter wat in hierdie tradisie skryf, was
KABIR, die vyftiende eeuse Ekstatiese Sufi Moslem digter
van Benares, op die Indiese subkontinent. Hy verklaar:

"O vriend, ek het jou lief. Dink versigtig daaroor.
As jy verlief is, hoekom is jy dan aan die slaap?

As jy hom gevind het, gee jouself aan hom,
neem hom as jou eie.

Hoekom verloor jy hom keer op keer?"

Dis in hierdie tradisie dat ons die volgende gedig van
Andre Letoit moet verstaan. Die groot oordadigheid,
die energie en die vreugde in die woorde is nie alleen
vir een besondere vrou nie. Dis 'n pryslied vir al die
wondere van die heelal, vergestalt in die teenwoordig-
heid van 'n geliefde:


Winterpad ( uit "Die Bar op de Aar.")

Ek wil my deken met jou deel
Daar's prentjies van mooi bome op
Ek wil nagdeur jou vrugte steel
En die skille in my hand omdop
Ek wil jou uitsuig soos lemoene
Hoog raak op jou soene
Verlei maar my spioene
Kom deel my bedsprei en nog wat
Kom rook die pyp met my majat
Winterpad my willegat

Daar's pinball-games diep in jou oe"
Daar's twintigsente op jou bors
Jou water kom direk van bo
En soos die hert het ek ook dors
Ek sal jou inryg soos rooi krale
Ek sal jou rook soos my sigare
Jou vel, jou hande en jou hare
Oompie het 'n vark gery
Maar jy's vir altyd bo-op my
Winterwei my lekkerkry

Krismisrose in die tuin
Poliesmanne in die townships
Luister-bugs in die gordyn
Wie gaan next time opslip?
Kanker op die wit veranda
Jou troepe roep 'n hees amandla
Vlug jou oe" na ander lande?
Vroutjie, wees my noodtoestand
My hele lyf is aan die brand
Winterland my watertand.

'n Mens moet in ag neem dat hierdie woorde van
'n lied is wat gesing moet word. Jy vergewe dus die
stilistiese sondetjies hier en daar. Dit amuseer ook dat
hy sommer so glad oorgaan tot die gebruik van beelde
uit die apartheidsjare. Op 'n sekere manier word die
gedig dan ook 'n protes-stuk. Maar in die laaste analise
bly dit vir my nog 'n "hooglied."

gloudina bouwer

Musiek & liriek | 0 kommentare

Britse Boerewors en Biltong

Sa, 02 November 1996 00:00

Britse wors proe na seep. Enigste metode vir goeie wors, is om jou
eie hier in die vreemde te maak. Die het ek ék gedoen voorlat ek
skrik gevat het vir die mal koei siekte (amper so gevaarlik as PMS in
jou vrou).

Nou se dae maak ek net my eie biltong hier in Engeland. Maak hom in
die somer, Devon winter is te nat. Sal later as die mal koeie uit
gestig uit kom weer wors maak.

Nou moet ek vir jul sê die Roe (deer) hierso maak 'n lekker wilds
biltong soos ek nog nie in die Republiek geproe het nie.

Almiskie dalk is dit die lank geheelonthou van SA biltong wat my smaak
affekteer maar nogtans hy proe vorentoe!

Groetnis

Braam Celliers

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vliegtuigkaartjies VSA - RSA

Vr, 01 November 1996 00:00

Help asseblef. Ek is opsoek na vliegtuigkaartjied vanaf Amerika na SA
net voor Kersfees. Weet enigiemand van 'n reisbure of Website wat
moontlik nog vliegtuigkaartjies beskikbaar het?

Ena van Zyl
eva...@unlinfo.unl.edu

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Aantal afrikaanstaligen

Vr, 01 November 1996 00:00

Hoeveel Afrikaanstaligen zijn er momenteel?
Hoe is de verhouding in Zuid-Afrika met Engelstaligen en anderstaligen?

Bart van Mol
België

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1580  1581  1582  1583  1584  1585  1586  1587  1588  1589  1590  1591  1592  1593  1594  1595    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 07:24:46 MGT 2024