Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

OPSOMMING

Do, 14 November 1996 00:00

Ons tuisblad het op 26 September 1996 begin. Ons het in die klompie
weke 'n aantal oulike en kostelike kinder sê-goed daar kwyt geraak. As
jy graag 'n opsomming van alles wil sien, e-pos net vir my 'n kort
briefie na dm...@pixie.co.za en ek stuur dit sommer gou vir jou.

Jy kan natuurlik ook vir ons tuisblad gaan kuier by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Op ons blad is elke week R25 te wen vir 'n kinder sê-ding en daar is
elke maand R100 (geskenk deur Sanlam) vir die beste van die maand.

Groetnis

Danie Martins

Humor & grappe | 0 kommentare

'n Gedig van P. J. PHILANDER

Wo, 13 November 1996 00:00

Op 25 November vier P J Philander sy 75ste
verjaarsdag. Hier volg 'n gedig van hom.

SKEPPING

Die eerste dag het hy 'n kluitjie glas
vir sy blaaspyp uit die oond gehaal
en volgens plan met een asemstoot
dit in 'n wereld omskep op sy leervoorskoot.

Vervolgens visse, voels, in die see, in die lug
met die fynste snywerk onder sy tug
gebring en alles wat loop en kruip
vreedsaam by dieselfde pan laat suip.

Die sesde dag 'n sterk figuur
na sy eie beeltnis uit die vuur
met blaaspyp en stafie glas
tussen die dye laat was.

Alle onsuiwerhede in die sand
op die sewende dag in die vuur verbrand
en in die doodse stilte van sy saak
oor grootser planne aan droom geraak.

Dit ontroer my altyd so wanneer daar gesê word
dat die mens in die beeltnis van God gemaak is.
Die implikasie is dan dat ons ook deel van God
aanskou, wanneer ons die mens aanskou. Dit ont-
roer my dat Liefde (in die vorm ook van caritas,
nie net amor nie) deel van die skepping is. Nie net
as 'n intellektuele konsep nie maar, soos Teilhard
de Chardin dit wil sien, 'n phylum in die ewolusie
van die mensdom.

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 0 kommentare

NSA se rol in Afrika konflik

Wo, 13 November 1996 00:00

Ek lees vandag in die streekskoerant dat die NSA sy weermag na Zair"e toe
wil stuur om as vredesmag te werk.

STERKTE !!!!!
As 'n opgeleide soldaat in die ou bedeling kan die NSA gaan sk@#t. Daar
het teen my indirek diskriminasie plaasgevind en sekere groenewalds het
probeer om my skuldig te laat voel omdat ek milit^er opgelei is. Wel, ek
wou nie twee jaar van my lewe mors nie maar dit was korter as 6 jaar
gemeenskapsdiens. Nou word daar met 'n helse lawaai beduie dat "ons" 'n
vredesmag gaan stuur. Uit wie gaan die mag gevorm word ??? Ek is beslis
nie lus om vir hierdie verlore kontinent my lewe op te offer nie.

So, meneer die groot generaal, dink weer as jy dink dat ek enige
oproepinstruksies sal beantwoord.

Hoekom stuur jy nie diegene wat in die tronk (lees vakansieplaas) sit vir
moord nie? Ek dink dit is meer gepas.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: televisie kijken in SA

Wo, 13 November 1996 00:00

On 13 Nov 1996 08:33:38 GMT, ja...@ldsjhb.co.za wrote:
<<<>Ek en my gesin kyk reeds vir so 8 jaar nie televisie nie.
> Ons praat nou (en luister) met mekaar sonder die kompetisie van TV geraas.
> Daar is verskeie bonusse, en die enigste mis is sport (rugby/krieket).
> Die` prys betaal ek met plesier.>>

Nou staar jy maar na Netscape op 'n kleiner skermpie? :)

Ek hou van TV, so ek verskil.
Ek lees vir my kinders stories en dit gryp 'n ander deel van hulle
koppe as wat Stevel Spielberg doen.

Hulle tel baie inligting op van TV.

En daai prys van sport is te hoog om te betaal!

TV, flieks & vermaak | 4 kommentare

Oor Granate.

Di, 12 November 1996 00:00

Verlede Oktober net voor "Thanksgiving" het ek
'n granaat gekoop. Ek koop nie gewoonlik granate
hier in Kanada nie. Hulle is duur en lyk nie te wat-
wonders nie. Nie soos die granate in my kinderdae
gelyk het daar op die eilande in die Oranje nie.
Maar hierdie Thanksgiving het iets binne-in my vir
my gedwing om een te koop. Ek het my twee kleinkin-
ders en hulle ouers om die tafel laat sit en die granaat
op 'n bord ingedra. Ek het vir die twee seuntjies vertel
dat daar baie van hierdie vrugte gegroei het waar ek ge-
bly het toe ek nog klein was. Ek kon sien hulle het 'n
bietjie gewonder wat nou so spesiaal daaraan was - 'n
granaat lyk redelik doodgewoon van buite. Dis eers toe
ek versigtig die skil begin verwyder en hulle die rooi
pitte en segmente binne-in sien, dat hulle besef waarom
ek optree asof ek 'n sakrament bedien. Ek het versigtig
die granaat oopgebreek sodat die huisies pitte ongebreek
uitgelig kon word. Elke persoon het een probeer eet. Na
'n rukkie het ons maar opgegee: 'n granaat is daar om na
gekyk te word, nie om te eet nie. Die rooi pitte is soos
robyne wat van binne-in verlig is. In die Hooglied van
Salomo word daar baie van granate gepraat. In die bybel
word dit gekoppel aan die Beloofde Land. In die mitologie
word Persephone gedoem tot ses maande in Hades, omdat
sy 'n paar granaatpitte ge-eet het. Mohammed het gedink
die granaat kon 'n mens vry maak van alle haat en afguns.
In my kinderdae was granate egter hoofsaaklik daar om
mee gespeel te word. Daar was hoëe granaatlanings orals
langs die paaie. Ons het dan 'n oorlogspel gespeel: gewone
manne in ons regimente het bestaan uit die rooi wasagtige
blommetjies met die kepies op hulle rande, ideaal vir regop-
staan op die stoep. Van hulle het ons sowat vyftig voor ons
gerangskik. Ons opponent aan die ander ent van die stoep
het dieselfde getal manne gehad. Agter die voetsoldate was
daar dan die offisiere (klein granaatvruggies.) Agter hulle
was die imponerende generaals - groter granate, maar nog
moontlik om op die stoep te balanseer sonder dat hulle om-
val. Dan, met 'n gladde klip oor die oppervlakte van die
stoep probeer jy soveel moontlik manne van jou opponent
laat sneuwel. Die een wat die laaste nog manne het wat
staan, is die wenner.
Elke keer as ek dus by granate in 'n vrugtewinkel verby
loop, is daar 'n eienaardige mengsel van emosies in my. Daar
is die kennis van die rooi pitte daar binne in die vrug. Daar is
ook skielik in my die begeerte om oorlog te voer, op 'n stoep
te sit, klein te wees, terug te wees op my eiland daar in die
Oranje, terug te wees in 'n land waar granate groei.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Restaurante, Sjampanje, goeie maniere ens ...

Di, 12 November 1996 00:00

Ons almal is eintlik smulpape. Maar as jy die dag kan bekostig om
te gaan uit-eet, wat is vir jou belangrik ?

1) smaaklike kos en 'n goeie wyn ?
2) waarde vir geld ?
3) goeie, persoonlike diens ?
4) lekker atmosfeer, musiek, kerslig... ?

My lys van irriterende dinge is:

1) Rou vleis: Sjefs hou daarvan om rou steak te bedien, want hul
vind dit te moeilik om "well done" nie taai te bedien nie. Ek is
nie 'n barbaar nie: Ek vervies my vir 'n stuk vleis wat bloei en
wat 'n vearts nog kan deurhaal. Jy kan dalk siektes/wurms kry.

2) Mense wat rook voor of tydens maaltye. Dit bederf die
reuk van kos en veral die neus van wyn. Rook liewer 'n sigaar of
'n bietjie dagga of pyp as almal KLAAR is.

3) Poepholle met selfone. As 'n idioot weer sy selfoon in 'n
restaurant uithaal, sê dan kliphard, met misnoe, aan jou maat:
"Hy is seker 'n loodgieter", en wys na die poephol. (Ek het niks
teen loodgieters nie, maar 'n juppie HAAT dit as hy dink jy dink
hy is een).

4) Om te wag: As ek moet wag vir goeie kos, moet ek solank my wyn
kan drink of 'n broodjie eet. Wyn is 'n aptytwekker, ek wil nie
wag tot die hoofmaal voor ek dit kry (om my kos af te spoel?)
soos in Australie nie.

5) Pretensie: Restaurante wat jou behandel asof die kat jou
aangedra het omdat jy nie 'n baadjie en das het nie,
of omdat jy jou kinders saamvat. Moenie dit duld nie!:
maak 'n ophef sodat almal na jou kyk en loop dan.
Sulke restaurateurs haat 'n ophef. Gee hul wat hul verdien.

GOEIE WENK:
===========
Bestel Sjampanje. Hoekom nie ? Sjampanje is niks duurder as wyn
nie, en SA maak goeie sjampanje. Mense het hierdie onnosel idee
dat jy net sjampanje drink as jy iets het om te vier. Dis twak.
Bestel 'n bottel en maak almal in die restaurant gruwelik
jaloers: hulle dink dis jou verjaarsdag, huweliksherdenking of
verhoging.

Die beste restaurante in die wereld:
===================================
Belgie. Gaan eet haaspot,kabbeljou daar. Hulle is net met een
ding sleg: Jy moet op die tafel staan en jou broek aftrek om die
kelner se aandag te trek.

Fooitjies (TIPS):
=================
Goeie diens is jou reg. MOENIE 'n tip gee tensy die kelner jou
SPESIALE diens gee nie. Gee dan 10%. Bedank die sjef, hy werk in
die warm kombuis en wil graag hoor as iets goed is.

Vir spys en drank sê ons u dank.....
Smaaklike ete!

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Kos & resepte | 1 kommentaar

Die era van BOEKIES: Ruiter in Swart ens...

Di, 12 November 1996 00:00

Koos skryf oor die "Ruiter in Swart" boekies, n.a.v. Gert Vlok Nel
se gedig:

> Die boekies het soms onbedoelde heerlikhede opgelewer. Soos 'n
> karakter wat geboe" teen 'n bult staan met een voet vooruit en arms in
> 'n hardloop-posisie. Dis dan duidelik 'n akteur wat stil staan vir die
> kamera en probeer lyk soos iemand wat hardloop.
> Dan staan daar in die "bubble" langs sy kop: "hyg! hyg!"

Ja, Koos ek lag my alweer keduks!. Dit is nes ek dit ook onthou.
Dit bring baie herrineringe op. Die boekies was baie amateuragtig,
en mens het jou dikwels doodgelag.
Die mees gewilde sinsnede in die boekies was:
"...heelwat later..."

Die ontploffings en die vlam van 'n rewolwer was gewoonlik
met Tip-Ex ingeverf ens. Motorongelukke is aangedui deur die kar
van skuins-voor af te neem met 'n oop deur.
Daar was baie ander ook: BEAU BRUMMEL, SAAL 10 (oor dokters & verplieers),
met suster Teresa,Die Valk/Arend (of so iets), Die Adelaar, Die Saboteur,
Dr Conrad Brand en ook 'n groterige boek "KYK",
vol soetsappige liefdesdramas.
Was daar nie ook nog 'n "Kaptein Caprivi" ook nie ?
Almal "verhale" uitgebeeld met swart&wit fotos.

Jy praat hier van Africana hoor!. Ek raak sommer homesiek.
Ons mag dit nie gelees het nie, (Sonde !)
maar iemand het altyd 'n stapel gehad en dit uitgeleen.
Die kleurling "bediendes" was vreeslik lief daarvoor, en ek weet
van baie ouens wat dit (met groot skaamte) by hulle gaan leen het.
Hulle het dit dan onder die bed weggesteek vir hul ouers.

Daar was aan ons gesê dat dit jou lees en taalvermoe nadelig beinvloed.
(die taal was maar swak). Baie mense (uit die werkersklas) het egter
so leer lees.

Vriendelike Groete

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Boeke, tydskrifte & koerante | 3 kommentare

HUGENOTE

Ma, 11 November 1996 00:00

Iemand het nie te lank terug uitgevra oor Franse Hugenote,
en in besonder die Malan en De Villiers (?) Families.

Franse Hugenote:
----------------

Hervormers in Frankryk wat die heersende Katolieke stelsel
ontken het, reeds van die vroeg 16'de eeu af. Die
hervorming het gevloei uit (soos Duitse hervorming onder
Martin Luther) Bybelstudie waarvolgens besef is dat wat
die kerk uitbassuin en doen, glad nie volgens die woord
van God gerregverdig is nie, en dat die kerk deels 'n
pollitiese krag-instrument geword het.

Franse Hugenote as vlugtelinge:
-------------------------------

Vlugtelinge uit Frankryk nadat die Edik van Nantes deur
Lodewyk XIV (die sogenaamde sonkoning) herroep is.
Die Edik het Hugenote tot in 'n mate vryheid van aanbiding
verseker (Onder die heersende Katolieke stelsel) maar die
herroeping daarvan het die regte weggeneem en vervolging tot
gevolg gehad. Gelukkiger families het dood aan brandstapel
vrygespring deur te vlug na verskeie lande, insluitende
Nederland vanwaar die Hugenote as 'n amptelike
kolonialiserings-proses na die 'Kaap de Goede Hoop'
gestuur is. Dit moet ingedagte gehou word dat al wat hierdie
edele mense moes doen om vervolging onvoorwaardelik vry te
spring was om hulself onder die 'Kerk' (d.w.s. Katoliek)
te stel en te erken dat hulle 'verkeerd' was, 'n maklike
uitweg.

Franse Hugenote in Suid-Afrika
-------------------------------

Die eerste hugenote het in 1688 aanwal-gestap. Die
laaste groep wat beskou was as vlugtelinge uit
Frankryk as hugenote, het in 1710(?) aangekom. In
totaal ongeveer 172 persone. Plase is toegese en
dikwels heelwat later eers toegestaan in die Kaap.
Onder die HERE VII se wil is Frans onderdruk deurdat
skoolopvoeding en kerkgang in Nederlands was
(eksplisiet). Dit was natuurlik 'n geweldige rede
vir ontevredenheid siende die Franse kultuur juis
een is van identiteit en trots.
(As dit nie vir die onderdrukking was nie, het
Suid Afrika dalk heelwat anders en moontlik beter
daaruitgesien)

Heelwat geskiedenis boeke het 'n heel beperkte
weergawe van die Franse Hugenote se invloed op die
Afrikaner se bevolking, kultuur, land en vooruitgang.
Om die werklike invloed te besef, kyk maar net na die
aantal Celliers, De-Villiers, Du-Plessis's, Labuschagne's,
Malans, Marais' en talle ander hugenote vanne.

Ook die hugenote se bydrae tov die wynindustrie word
soms heeltemal onderskat.Dit WAS juis die Hugenote wat
die bal aan die rol gesit het... Wat die kuns van
Frankryk saamgebring het en die bekende Kaapse plase
gestig het. (Vloek die ryk Amerikaners en ander uitlanders
wat ons(Afrikaners) se kultuur verarm deur ons plase te
steelkoop)

MALAN:

Stamvader:
Jacques Malan (1672-1742)

Plek van herkoms: Saint-Martin-de-la-Brasque, Provence, France
(Merindol naby Avignon, Provence ?)
Arriveer met die skip 'Berg China' vanaf Nederland in 1688.

Gevestig te: Bo-La Motte, Franschhoek
(Grond toegese in 1694 en toegeken in 1713)

Trou met Isabeau (word Elisabeth) Longue (word Le Long ?)
in 1699.

Uit huwelik gebore 4 seuns en 3 dogters.

Neem gedeelte van 'van der Stel' se plaas 'Vergelegen' oor en hernoem
dit Morgenster.

Ook 3'de einaar van die plaas Languedoc

-------
De Villiers:

1) Pierre De Villiers (1657 - 1720), 3 seuns, 4 dogters
2) Abraham De Villiers (1659-1720), 2 seuns, 5 dogters
3) Jacques De Villiers (1661-1735) 6 seuns, 5 dogters

1) Herkomstig van La rochelle (Aunis of Bourgogne), arriveer met skip
Zion in 1689
2) Herkomstig " " " " "
3) "

Stigters van die bekende Kaapse plase: (name moontlik nou verander)
Bourgogne (Burgundy), Chapagne, La Brie,

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

MARAIS

Ma, 11 November 1996 00:00

Genealogiese (familiekunde) projek om die Marais stamboom
op 'n databasis te plaas. (Gedcom aanpasbaar).

DUS, as jy 'n Marais is, of Marais familie het sal ek die
volgende informasie waardeer.

ASSEBLIEF MOET DIT NIE NA DIE NUUSGROEP TOE STUUR NIE,
STUUR EMAIL AAN eti...@jupiter.cs.up.ac.za

Stuur so veel as moontlik van die volgende inligting,
van so veel as moontlik Marais wat jy ken.
(Informasie van persoon, persoon se pa en persoon se oupa
is die bruikbaarste)

1) Volle name.
2) Geboorte/Afgestorwe datums.
3) Plek van geboorte.
4) Eggenote.
5) Aantal kinders, (En hul inligting)

En minder belangrik...

6) Gevestigde woonplek.
7) Beroep.
8) Kontak inligting (Adres, telefoon nommer, email ens)
9) Diverse interesante informasie.

Vanaf 20/11/96 sal ek die informasie in Gedcom formaat
vrystel op die internet (ftp.up.ac.za:/pub/incoming/marais)
En sal ook op aanvraag verhoudings tussen Marais uitwerk
(BV Oupa grootjie se broer se kleinseun ens.)

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

Mediese scams (Re: Most expensive ride...)

Ma, 11 November 1996 00:00

Ek hoor 'n goeie grap die ander dag wat my aan hierdie ambulans scam laat
dink.

Die ou was baie lief vir sy hondjie. Een oggend lê die hond net daar
doodstil. Hy kry toe die veearts en die vertel hom die hond is dood.
Omdat hy so vreeslik lief is vir die hondjie vra hy toe die veearts om
asseblief tog doodseker te maak of die hondjie regtig dood is. Die
veearts sê toe ok, honde hou nie van katte nie, hy sal 'n kat by die hond
sit en kyk wat gebeur. So gemaak, en die kat gee die hond so 'n paar
lekker klappe deur die gesig, maar die hond roer nie. Die hond is dood
verklaar die veearts en die eienaar aanvaar dit maar.

Twee weke later kry die man die veearts se rekening vir R1050. Hy reken
dit kan nie wees nie en bel die veearts om seker te maak of daar nie fout
is met die rekening nie. Nee, sê die veearts, daar is geen fout nie. Dit
is R25 vir die konsultasie, R25 om van die dooie hond ontslae te raak en
R1000 vir die cat-scan.

--
Jonnie


Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1577  1578  1579  1580  1581  1582  1583  1584  1585  1586  1587  1588  1589  1590  1591  1592    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 07:24:23 MGT 2024