Dit spook hier woes met nuwemaan
maar kwaaier nog met donkermaan
drink die kruie sluk die als
maak jou reg vir die spokewals
hierbo by Orlandini se werf
waar Poljon saans sy twak sit kerf
word fees gevier tot daglumier
maar wie en wat op hoe 'n manier
sluk liewer nog 'n groot dop als
en maak jou klaar vir die wisselwals
Is daar enige kwadriplee wat hierdie nuusgroep ooit besoek? Daar is so
'n skaarste in inligting vir/oor SA kwads (en ander gestremdes) dat dit
miskien goed sal wees indien ons bymekaar kan kom en iets daaraan kan
begin doen.
Die buitekerk se
orrel op Narries
laat ook 'n dansie waai
Die langbeenmeisies swaai
op die gemmerbierdans 'n
koeksister-draai Op die
wyksouderling se swartpak
wink 'n jonkmansblom
Ons begin 'n nuwe blad op ons tuisblad. Die ding het nog
nie 'n naam nie. Lees asseblief die onderstaande en indien
jy aan 'n lekker naam vir die blad kan dink, laat ons hoor.
Op hierdie nuwe blad gaan ons sommer allerhande
interresanthede kwytraak en ook hulp aanbied. Die hulp
gaan ons weer by ons slim lesers kry. Ons gaan die blad
sommer elke paar dae verander sodat jy nie lank hoef te
wag vir 'n oplossing van jou probleem nie.
As jou dak lek en jy weet nie meer wat om te doen nie, dan
vra jy hier raad. Miskien het ons lekker kundige ouens wat
weet wat om met 'n lekkende dak te doen. Jy stuur vir ons
die raad en binne 'n paar dae is daar nie meer 'n lekkende
dak in die wêreld nie.
OF: Jy was by 'n lekker vakansieoord en jy dink ons ander
ouens moet ook daarvan weet. Terloops, as jy nog nie by
Fouriesburg in die berge gaan rondloop het nie, mag jy nie
sê dat jy al die mooi plekke in die land gesien het nie.
OF: Jy en vroutjie het 'n identiese vierling ryker geword,
jy wil dit aan die wêreld verkondig, dan vertel jy ons daarvan.
OF: Jy wil die land verlaat en jy weet nie wat is die beste
plek op aarde nie, dan vra jy hier raad.
OF: Julle was in 'n vreeslike motorongeluk, die twee voertuie
is afgeskryf, maar julle het nie 'n skrapie opgedoen nie en jy
wil dit aan iemand vertel. Vertel dit dan aan ons.
OF: Jy wil ophou rook en weet nie hoe nie, dan vra jy net.
Die beste, so vertel hulle my , is om nie te begin nie.
OF: Jy het 'n probleem en wil hê dat ons ouens wat hierdie
blad lees saam met jou moet bid, dan plaas jy jou gebedsversoek
hier.
OF: Jou erfgenaam soek werk. E-pos ons die besonderhede en
wie weet, miskien kan hy/sy gehelp word.
OF: Jou laaitie het die volgende vraag: As ses mense drie dae
aan 'n dam bou wat tien meter in deursnee is, hoeveel tande van
Lady Di is gestop, dan help ons jou graag op hierdie nuwe bladsy.
(Ons sal iemand afvaardig om haar tande te gaan tel.)
OF: Jy is 'n wewenaar en soek vrou. Jy weet iets soos "by die
opsitkers". Jy laat ons weet en voor jy kan sê: "Wie weet waar
willem wouter woon, willem wouter woon waar weste winde waai
ens." dan het ons vir jou 'n tannie wat haar voortande sal gee om
jou te ontmoet.
OF: Die spiedkop in julle dorp het 'n vreeslike simpel ding
aangevang, vertel ons daarvan. (Terloops, hier is 'n storie van een
van ons verkeers ouens. Sien ons nou die dag daar is drie
laerskoolkinders in die straat op hulle "rollerblades". Hulle kom
die straat afgeskaats. Die verkeersomie staan in die dwarsstraat.
Toe hulle om die hoek kom besef hulle die gevaar, maar te laat.
Hulle word voorgekeer en die leviete voorgelees. Die twee
seuntjies trek dadelik hulle skaatse uit en staan in vrees en
bewing voor die verteenwoordiger van die gereg. Die dogter,
seker so 12, staan die verkeersman met gekruisde arms uitdagend
en aanstaar. Hy beduie en swaai met die arms en raas en lawaai.
Toe hy vir 'n oomblik asem skep vra sy: "Is jy nou klaar?" en sy
draai om en skaats verder. Het jy al 'n sprakelose verkeersoom
gesien? )
Om die bal aan die rol te sit het ek die volgende vraag: Wanneer
begin die volgende eeu. Begin dit op 1 Januarie 2000 of begin
dit op 1 Januarie 2001. Stuur vir my 'n kort nota na
dm...@pixie.co.za met jou antwoord, maar jy moet darem nie net
'n datum verstrek nie, jy moet jou redes ook gee. Wanneer ons
die nuwe blad begin dan gaan ons al die menings daar plaas.
OF, OF, OF, OF, Het nog idees wat ons op so 'n blad kan doen,
dan laat weet jy ons.
Daar is een ding wat ons NIE op die blad gaan doen nie en dit
is mekaar aanvat oor die nuwe S.A. en wat dan sogenaamd verkeerd
gedoen is in die verlede nie. Ek is behoorlik ga.. askies keelvol daarvan.
Skryf asseblief 'n kort nota en sê wat jy so 'n bladsy sou noem
en sommer wat jy van die idee dink. Skryf aan: dm...@pixie.co.za
VOORSPOED IN 1997. NOG DRIE JAAR OF IS DIT VIER
JAAR DAN IS DIE EEU VERBY. MAG ELKEEN WAT HIERDIE
BLAD LEES 'N BOKS VOL GELD MAAK IN DIE NUWE JAAR
EN MAG DIE LIEWEN HEER JOU SEËN MET DIE BESTE VAN
SY SEËNINGE.
Hoop almal het lekker presente gekry op krismis en almal se planne
werk ten minste gedeeltelik uit in die nuwe jaar.
Dankie vir die argumente en fights van die vorige jaar en ek sien uit
na nuwe argumente en fights in die komende jaar.
In Tollies op Stellenbosch, die ou een, voor hulle dit gaan opdonder
het met 'n sissie ladies bar met sulke cute dennehout-stoeltjies en
vals blommetjies teen die mure, in die ou Tollies, was daar 'n
tekening van 'n suur ou man met 'n pith helmit op wat se: "Don't
smile, argue."
Dit het altyd vir my na 'n goeie motto geklink.
Die ou Tollies het by the way 'n reuse perdeskoen-vormige
kroegtoonbank van dik soliede hout gehad.
Dit was ook uitgegooi toe hulle die sissie-kroeg gemaak het.
So much vir die teorie dat alles altyd vorentoe na beter dinge dwing.
Ha! ha!.
In elk geval: Geseende kersefees en voorspoeige Nuwe Jaar.
Of moet dit nie dalk wees: Voorspoedige Kersfees en geseende Nuwe Jaar
nie?
Jy is
'n rustelose see;
dis snaaks hoe jou liefde
'n vrees is; ek is bang
As jy stort en styg om my heen
Tot ek vlug
Oor die sand
Van die bewende waterkant heen.
Jou woord is 'n klotsende brander
en die skuim jou wit trots
Maar wat gebeur en verander
In die donkergroen diep van jou bors?
KONTINENTALE DRYWING
Charl Durand
Warrelwind,
het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?
al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jy't saam met my verstedelik
jy't saam met my elke winter verjaar
en nou sê jy --
jou sandduin het verskuif
die lugfotos kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil
skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...
ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en
as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?
Die gees van 'n kulturele tam Engels en Afrikaans sprekende Suid-Afrikaanse
gemeenskap is meer as bloot voelbaar. Met die georkestreerde
breinspoelingsproses waarin die televisie die hoof werktuig is, word alles in
die stryd gewerp om d.m.v 'n gelykmakende proses 'n "grys" gemeenskap by
Afrikaans en Engelssprekende Suid-Afrikaners te skep. Dit bring mee dat die
deel van die bevolking inderdaad soos die werkers in 'n mierkolonie sal
reageer - die komponent wat alles aan die gang sal hou vir oorlewing, maar
totaal onmagtig is.
Vir diegene wie trots in sy erfenis het en nie in der mate al geindokterneer
is om alles maar net gelate te aanvaar nie, is daar 'n tuisblad waarin
navorsers in die historiese slagvelde van SA, poog om nuwe trots by
kultuur-bankrot gemeenskap aan te wakker. Dit is te vinde by http://www.icon.co.za:80/dup42 Gaan loer gerus daar.
Can anyone help me learn Afrikaans. I am a serious student and would
like some direction to a good textbook or audio tapes. A good
dictionary of course is also necessary. The name of a bookshop where I
can buy the books and tapes I would also need.