Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"my vrou" - Breyten Breytenbach

Wo, 08 Januarie 1997 00:00

my vrou
Breyten Breytenbach

my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oë mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou

- en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)

om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou

(gepos deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

alt.huisgenoot

Wo, 08 Januarie 1997 00:00

>> Leendert lees Huisgenoot!
>
> Soms - onder andere.
> Daaruit weet ek dat die gemiddelde bydrae hier (aanhalings uitgesonder) op std
> 5 leesvlak is - soos Huisgenoot.

Dis nou 'n briljante idee. Kom ons verander die titel van hierdie ng na
alt.huisgenoot! Vir diegene wat nie saamstem nie, kan ons altyd alt.dekat
en vir die jagses onder ons alt.loslyf ook begin. Shame, nou kan ons nie
meer alt.suid-afrikaan begin nie. En vir die suits onder ons is daar
natuurlik alt.finansies&Tegniek.

Charl

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

streekbieren

Di, 07 Januarie 1997 00:00

Hallo netgenoten,

Aan allen die geïnteresseerd zijn in streekbieren of bier in het
algemeen: Bezoek mijn page http://uc2.unicall.be/fgeerts en volg de
nieuwe bierlink.
Een toast op het nieuwe jaar ;-)
cya,

\\//
(oo)
---oO-()-Oo----------------------------
Filip Geerts
City: Brugge Belgium Europe
E-mail: fge...@unicall.be
Homepage: http://uc2.unicall.be/fgeerts
---------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ex-Suid Afrikaners in Perth en Adalaide

Ma, 06 Januarie 1997 00:00

Ek sal graag in kontak wil kom met Suid Afrikaners wat huidiglik in Perth
of Adalaide (Australie) woon.

Dankie
Kobus

Emigrasie & buiteland | 1 kommentaar

Re: Just a question

Ma, 06 Januarie 1997 00:00

On 5 Jan 1997 18:02:16 GMT, "Humphrey" wrote:

the language well and have never really thought of it as a 'language' but[/color]
> rather a means to make those who cannot speak english understand me..>>>

OK. You asked for it.
Voortaan korrespondeer ons net in Afrikaan, ou swaer.
Jou "vraag" is terloops nie werklik 'n vraag nie. Vra 'n vraag en ek
sal antwoord.

ppl might just think I mean something harmful - and who am I to upset the[/color]
> boat, really?) than afrikaans speaking people (once again, in general)? >>

Jy het waarskynlik - as jy ooit in SA gebly het - altyd NP of KP
gestem hoewel jy groot Engelse liberale praatjies op die sypaadjie
gemaak het. Jy dink reg daarvoor.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Twee Oorlogsgedigte

Ma, 06 Januarie 1997 00:00

writes:

> On 5 Jan 1997 08:09:14 GMT, wrote:
>
> dui
>> dat dit geensins korrek is om te se dat die SADF n militere nederlaag gely
>> het nie.Dit is maklik om nou uit die oog te verloor wat die politieke situasie
>> was.>>>
>
> Dis nou Jannie G was so se.
> Wat laat my dink hy sal so se?
> Wat laat my dink hy moet so se?

Wat het my laat dink jy sou so sê? :) Feite is feite ou pellie!

> 2. Die SAW het op hulle moer gekry in Suider-Afrika. Hulle het soveel
> veldslae gewen, maar die oorlog verloor. Die oorlog was om apartheid
> in te hou en die "kommuniste" uit te hou.

Yup dit was maar 'n losing battle van die begin af. Maak nie saak wat die SAW
gewen het nie, op die ou einde 'We won the fight but lost the war'! Op die
grong het die SAW die oorlog gewen, maar op moraliteit en polities die geveg
verloor. Mors van geld en lewens? Wat was die opsies?

Cheers
Lou

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Akrikaanse Kortgolf Radio via Sentech

Ma, 06 Januarie 1997 00:00

Kortgolffrekwensies van RSG :

0300 - 0430 UTC : 3320 kHz 0435 - 0655 UTC: 6000 kHz
0700 - 1655 UTC : 7185 kHz 1700 - 2300 UTC : 3320 kHz

Radio 2000

2300 - 0300 : 3320 kHz

UTC = GMT

Sender : 100 kW vanaf Meyerton

Teiken : Noordwes Kaap

Channel Africa frekwensies ??

Vra gerus !! Groete, Francois Steyn
My E-pos : fst...@global.co.za

Musiek & liriek | 1 kommentaar

Re: Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA

Ma, 06 Januarie 1997 00:00

In Article, writes:
>
> Nou daar het jy dit nou. Geen wonder daardie jong
> Afrikanerseuns was so goed met die swepe daar in
> Soweto in 1976 nie, dieselfde jong manne wat ons op
> TV bevele in Afrikaans hoor uitblaf het, en ons laat
> besluit het om ophou Afrikaans te praat. Nou hoor
> ons Mandela dit somtyds praat, en die premier van
> Mpumalanga dig daarin, en nou voel ons weer so
> lekker oor die taal.
> gloudina
>

Jy het Afrikaans afgesweer omdat dit die taal van die onderdukker is/was. Wat
van die mense daar op die parade, wat die Blomme verkoop daar langs die OK
Bazaars in Adderley Straat. Mense wat ten spyte van al die onderdrukking nog
steeds Afrikaans praat. Wat soos Matthews Posa in Afrikaans dig? Om Afrikaans
praat af te sweer as jy nie 'n publieke figuur is nie klink vir my maar soos
poep teen donderweer. Het julle seker bleddie goed laat voel ne! ( En ek wed
weer elke keer as jy daaroor breg in die nuusgroep!) Seker soos ek voel as ek
die klein swart seuntjie met die loop neus by die robot twee rand gee, of nie
my TV liksens betaal nie.

Cheers
Lou

Prosa & poësie | 0 kommentare

SKYT-SKYT DIE BULT YT.....................

Ma, 06 Januarie 1997 00:00

gal...@ibm.net wrote:
: Ek lees hier en daar van mense wat kla oor die nuusgroep en
: ander se opinies en so-aan.
: As julle bv. dink iemand soos Gloudina se keuse van gedigte
: is te negatief, tik vir ons 'n halleluja-lied in.

Dit het my laat teruggryp na my "Groot Verseboek", Boerneef, uit Krokos:
"Die Dorsmasjien staan en dreun langs Boplaas se mied
voeriegerwe voeriegerwe
laat hom kerwe laat hom kerwe
miedman voerman sakman kafman
braaktyd ploegtyd oestyd dorstyd
man-en-tyd-en-man-en-tyd-en-man-en-tyd
..."

en uit Mallemole:
"Hierie bierie bokmakierie
sit op hierielieriekierie
bierebok en kierielok
gee hierso my kieriestok
bieriekierie bokmakierie
dit is my olienhoutkierie
...
styfspanblous en nog stywerspanbroek
sys my morrie my morriedoring
dis sy en ek en ek en sy
wat die mouterbaaik so heluitry
ons is een van Baaiplek se baie pare
raasbekskorrieenmorriesnare
maar ek is almal se skorriekoning
en sys my lekkerdingmorriedoring
blits in die fles en blits innie lyf
wisenwragtag dan neuk dit styf
gee pad daar voor hier kom die konong
styf handommielyf sit my lekkerdingdoring
..."

Hierdie man se gedigte is soos musiek, jy moet dit HOOR om te waardeer.
Seker ook nie Polities Korrek om van die ouer Afrikaanse digters te hou nie
maar julle moet maar sterk wees!

Dries

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

'n Gedig van DONALD RIEKERT

So, 05 Januarie 1997 00:00

HALFMENS
Donald Riekert

Al raad my Ou Tata
Die jong Nama-meisie se
heuningoë val verskrik ver
son oor Aughrabies se val
Waterslang se lek-lek tong
het sommer nou-nou geel mal-
kop-blom op my hakslag gel^e
Ek hardloop opslag teen die
kliprant en my lippe skuim
soos ek die rooison soebat
dat Halfmens sy geel blom
oor my oë draai Dis al genade
Trek waterslang bang-bang
terug en soek in die blinkwater
'n ander vrou

(ingetik deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1564  1565  1566  1567  1568  1569  1570  1571  1572  1573  1574  1575  1576  1577  1578  1579    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 11:29:37 MGT 2024