In article ,
hwa...@burger.naspers.co.za says...
>
> Gloudina, die ewige posser van gediggies, skryf dat Suid-Afrikaners wat
> beswaard is oor die toekoms weer O God van Jakob 'uit volle bors' moet sing.
> Hmm, ja, ek onthou dié gesang was 'n favourite op army-parades en
> republiekfeeste. Hoe gaan dié herinnering my nou eintlik hoop gee vir die
> toekoms?
> herman
Herman,
Is jy 'n analfabeet? Dis nie ek wat Gesang 34
op die nuusgroep gepos het nie, maar Galjoen daar
in Australiëe. Ek wil Galjoen bedank daarvoor. Hoe
gelukkig moet Afrikaans wees om hierdie baie goeie
verwerkings van die psalms en gesange te h^e. As ek
reg onthou, het Totius baie van die werk gedoen.
Jy noem my "die ewige posser van gediggies." Jy
weet, niemand forseer jou om hulle te lees nie. Ek
sal, ten spyte van jou opinie daarvan, voortgaan om die
gedigte te pos. Ek het al van teveel mense gehoor, veral
in die buiteland, wat my bedank dat ek dit doen. Ek
het geduldige helpers wat vir my gedigte stuur - dis 'n
gemeenskaplike projek.
Hoe die sing van " O God van Jakob" vir jou gaan
help in die nuwe Suid-Afrika, laat ek oor aan Galjoen
om vir jou te vertel. Ek vind dit net treurig dat daar 'n
man in SA is vir wie die gesang "tainted" is, omdat hy
dit op "army-parades" en republiekfeeste gehoor het.
Hoelank sal ons nog moet sê: "Cry the Beloved Country."
Kan iemand ASSEBLIEF iets sinvol kwytraak op hierdie nuusgroep!!
Dis ontsettend vervelig om gedurig te lees hoe sentimentele
oud-Suid-Afrikaners oorsee sit en terugverlang. Dan is daar nog die
ewige stuur van gedigte, om nie te praat van die afgeremde argumente
oor Apartheid en die Afrikaner (wie is dit?) nie. O ja, dan is daar
nog die ontsettende ''skuldgevoelens'' en sielewroegings. Daar IS meer
dinge aan die gang in die wereld.
Ook maar goed ander mense kan nie Afrikaans lees nie. Hulle sal nie
weet of hulle moet lag of huil nie.
"Vroedvrouw & Zwangerschap" (V&Z) is een mailinglist waar alle aspecten
m.b.t. zwangerschap en geboorte aan bod kunnen komen.
Vroedvrouwen en andere professionals evenals eenieder met een interesse
voor verloskunde is welkom. De discussies zijn in het Nederlands of in het
Afrikaans.
Trefwoorden : Verloskunde, fertiliteit, pre- en postnatale zorg,
maatschappelijke positie van vroedvrouwen, opleiding van vrvr.,
tewerkstellingskansen voor vrvr, abortus, geboorte, Vlaanderen, Nederland,
Zuid-Afrika, kraamhulp, verloskunde
Midwives and other professionals next to others with an interest in
midwifery are welcome to join if they can participate in Dutch or in
Afrikaans.
Keywords : Midwifery, fertility, ante- and post-natal care, position
and
training of midwives, birth, abortion, opportunities for midwives,
Flanders, The Netherlands, South Africa, midwives, birth attendants,
obstetrics
WINDSBRUID
( na 'n skildery van Kokoschka)
Henning Pieterse
Dae is leeg gewaai
met die aand knip hy sy oë
en skud die laaste sonstof uit
die wind se baard
wat wolke gevleg het
gaan lê nou soos 'n ou man
verwaaid kyk ek uit
en knip my oë
teen die sagte aand
toe kom jy soos 'n windsbruid ingewaai
en vly jou hare
vol teen my aan
Ek soek asab informasie aan die stories van'Uncle Boetie Barradin '
wat aan die engelese proram in die more was omtrent dertig jaar vanaf
vas. 'Uncle Boetie Barradin' het wonderlike stories vertel aan sy
neefs Agmat Gamat en ?Gatibe, onder a groot boom in die ou Kaap. Asab
e:mail jagge...@interalpha.co.uk
Ek reken Suid Afrika is 'n entrepeneurs-paradys. Daar is baie, baie
geleenthede om 'n besigheid te bou (ook in jou rigting, reklame).
Besigheids gewys sal dit veral in die begin jou baie baat om met 'n
Suid-Afrikaner saam te werk. Dit maak net opening van rekeninge, kontrakte
ens baie makliker. Behalwe vir die gewone staatsdepartment rompslomp
behoort jy nie werkspermit probleme te he nie, veral as jy kan bewys dat jy
reeds werk het.
Maar kom probeer eers SA uit vir 'n rukkie. My ondervinding is dat baie
oorsese besigheidsmense sukkel om gewoond te word aan dinge soos
Afrika-tyd, (dit beteken als is altyd so bietjie laat), algemene
inefficiency en affirmative action.
En buitendien, Suid Afrikaanse paspoorte is vreeslik mode oral in die
wereld...;>
Charl
jurgen van calster wrote in article
...
> Hoi daar,
>
>
> Ik zou graag emmigreren naar suid afrika.
>
O God van Jakob, deur u hand
word steeds u volk gevoed;
U het weleer op see en land
ons vadere behoed.
Ons dank en smeekgebede gaan
tot u genadetroon;
wil ons en ook ons kroos voortaan
u guns en trou betoon!
Berei vir ons die lewenspad-
wil deur u gees ons lei;
en as ons val, o Vader, vat
ons hand en staan ons by!
Bewaar ons, Heer, in alle nood;
hou oor ons heil die wag.
Wil kleding skenk, gee daagliks brood-
ons deel vir elke dag.
Beskikker van ons deel en lot
in voor- en teespoed,
U is ons Vader en ons God-
net U is waarlik goed!
U het liefde openbaar
in Jesus onse Heer;
Hy is ons Raadsman, wonderbaar,
deur wie U ons regeer.
Toe ek nou die dag lees dat Generaal Constand
Viljoen saam met ander vir President Mandela gaan
vra vir 'n verlenging van die Waarheidskommissie
se mandaat, toe besluit ek ek gaan hom byvoeg by
my kortlys van helde. Daar is nou 'n ware leier, reken
ek. 'n Man vir wie mense wil volg. 'n Man wat glo,
as hy besluit het daartoe, die Afrikaner tot geweldple-
ging kon gelei het teen die totstandkoming van die
nuwe bedeling in SA. 'n Man wat die demokratiese en
vredespad gekies het. 'n Man wat, volgens 'n artikel oor
hom in "De Kat," deur sommige A.N.C. lede "Mandela's
blue-eyed Afrikaner boy" genoem word. "He is a true
new South African," sê Kaizer Nyatsumbe, politieke
redakteur van "The Star."
Viljoen vertel in die onderhoud dat hy besef het
dat sy mense baie meer deur geweld sou verloor as deur
onderhandeling, dat oorlog nie die uitweg was nie. Hy
vertel dat toe hy Nelson Mandela die eerste keer ontmoet
het,Mandela vir hom gesê het dat hulle twee moet probeer
verhoed dat daar konflik tussen die Afrikaner en African
kom. Wat 'n geluk dat SA op dieselfde tydstip twee sulke
leiers gehad het. Saam met nog twee ander wat ek groot
respek voor het : Beyers Naude en Bishop Tutu. Toe ek
op die televisie Mandela se inswering as president sien,
merk ek hoe hy net sy hand so op Beyers Naude se skouer
plaas, maar niks sê nie. Maar op daardie oomblik was
daar 'n blik van sulke saligheid op Beyers Naude se gesig,
dat ek besef: dis nou wat hulle "hemel" noem.