Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaners en apartheid - vorentoe

Vr, 17 Januarie 1997 00:00

Tim du Plessis sktyf dit in sy gereelde rubriek in Beeld.
Ek kan dit nie beter uitdruk nie:


OP 'n paar maande na tien jaar gelede het ek saam met vier ander
Suid-Afrikaanse joernaliste die Dachau-konsentrasiekamp net buite
Munchen besoek. Daar, met die deeglikheid so kenmerkend van die
Duitsers, is die Nazi-nagmerrie wat hom in Dachau afgespeel het,
gerekonstrueer. Jy moet 'n harde mens wees om nie geruk te
word deur dit wat daar gedokumenteer is nie.

Die joernalis Nomavenda Mathiane wat verlede jaar vir Beeld 'n
rubriek geskryf het, was die enigste swart joernalis in ons groep, ek
die enigste Afrikaner. Ons was maar stillerig toe ons laatmiddag uit
die museum aanstryk taxi toe. Nomavenda haak toe af en sê vir my:
"Dink net wat julle aan ons kon gedoen het as julle al hierdie idees
gehad het."

Nomavenda, liewe mens wat sy is, het dit waarskynlik as 'n grap
bedoel. Maar niemand anders het dit so opgeneem nie, allermins ek. Ook
nie die Engelse joernaliste in ons groep nie. Ek het gewonder of ek
moet skuldig voel. Op stuk van sake het ek vir 'n Afrikaanse koerant
gewerk wat 'n maand tevore in die slegs blankes verkiesing van 1987 sy
lesers aangemoedig het om vir die NP te stem.

Daardie aand het ons Duitse gids my egter 'n insig gegee wat dit tot
vandag toe vir my moontlik gemaak het om 'n verlammende skuldgevoel
oor apartheid te vermy.

Dinies Johannes von der Osten was 'n oopgesig Pruis van adellike
herkoms. Hy was so dertig, pas afgestudeer met 'n doktorsgraad in die
regte. 'n Vurige patriot, konserwatief en 'n aanhanger van oorlede
Franz Josef Strauss, premier van Beiere.

Dinies is saam met ons deur Dachau. Hy het in detail en geduldig
al ons vrae beantwoord. Hy was ernstig en saaklik. Op die regte
oomblikke het hy geskerts. Nooit sieklik apologeties nie.

Die aand in die Brauhaus vra een van ons hom of hy nie skuldig voel
oor wat die Duitsers sy pa en sy oupa wat in die Wehrmacht was - aan
die Jode gedoen het nie.

Nee, sê hy, want alles het gebeur lank voor sy geboorte. En sy ouers
en die ouer lede van sy familie het vir 'n lang ruk geleef onder die
"vonnis" wat die wêreld daarbuite oor die Nazi's en dus oor die
Duitse volk uitgespreek het. Sy familie het omtrent alles verloor, hul
adellike titels inkluis.

Verder is hy - en dis die belangrike punt - soos al die jong Duitsers
van sy geslag, gedwing om te lees en te leer oor wat in die Nazi-tyd
gebeur het omdat dit 'n verpligte deel van die geskiedenis-leerplan op
skool was. Hy het dus die feite geken.

Dit het my getref dat Dinies 'n volkome bevryde jong Duitser was,
dermate dat hy onbeskaamd 'n Duitse patriot kon wees, iets wat sy
ouers in onmiddellike post-Nazi-era nie beskore was nie.

Hoekom bevry? Eerstens het sy ouers - die geslag wat bygestaan of
deelgeneem het aan die Nazi-stelsel - 'n prys betaal. Maar veral was
dit vir hom vrymakend om die volle waarheid van die Nazi-verlede te
ken, feitlik en gestroop van verwyte en moraliserings. Maar so goed
dat Dinies Johannes von der Osten geweet het dit is iets wat nooit
ooit weer mag gebeur nie.

In die laaste tyd het ek dikwels gewens Dinies was hier. Veral wanneer
ek sulke goed lees soos "die hele land het verpes geraak met 'n
skuldbpsigose", en "die Afrikaner het 'n vreemdeling in sy eie
vaderland geword". Of "die Waarheidskommissie het die Afrikaner
ontnugter met sy verlede en die ANC ontnugter hom ·
met sy hede".

Jy weet nie of jy moet lag of huil nie. Wat op aarde moet nog gedoen
word om hierdie mense te laat insien dat hoe harder hulle probeer
weghardloop van die verlede, hoe meer hulle hul hande in onskuld
probeer was en hoe meer hulle almal behalwe hulself daarvoor blameer,
hoe harder gaan dit by hulle spook?

Dis nie die apartheidsverlede wat die blankes en die Afrikaner "ver-
pes" en verlam met skuldgevoelens nie, dis die reaksie daarop wat die

sondaar is. Dis die reaksie van baie blankes, Afrikaners en deesdae
toenemend Engelse, op die nuwe orde wat hulle laat voel soos
vreemdelinge in hul eie vaderland.

Die mense wat so praat van vreemdelinge in hul eie vaderland, weet
hulle wat hulle eintlik se„? Dat die Suid-Afrika waarin apartheid
bestaan het, die vaderland was waarin hulle tuis gevoel het?

Wat vandeesweek op die Gereformeerde Kerk se sinode gebeur het en
wat ook by ander Afrikaner-instellings gebeur, maak dit toenemend
duidelik dat daar vergeefs gewag word op die instellings om die lei-
ding te neem in die proses hier ter sprake. Wie weet, dalk is dit maar
beter so.

Individuele blanke Afrikaners wat egter wil aangaan, wat nie verlam en

verpes wil voel nie en boweZal, wat wil verseker dat hul kinders nie
oor tien of twintig jaar nog sit met die onvoltooide besigheid van
apartheid nie, kan egter moed skep. Jy het nie 'n kerk, 'n politieke
party of 'n kultuurorganisasie nodig om bevry te raak van die verlede
nie. Dit het ek by Dinies Johannes von der Osten geleer.

Koeitjies & kalfies | 45 kommentare

Help in learning Afrikaans...

Do, 16 Januarie 1997 00:00

JUST SOME INFO FOR ANYONE OUT THERE WANTING TO LEARN AFRIKAANS (OR LOOKING
FOR AFIKAANS RESOURCES).
I FOUND THIS INFO AT ANOTHER SITE AND COPIED/PASTED HERE FOR THE BENEFIT
OF ANYONE WHO IS INTERESED IN LEARNING THE AFRIKAANS LANGUAGE:
-ANDREW

> To Everyone Who Wants To Learn Afrikaans:
>
> Antonie has suggested that I share some information
> on how to learn the language.
>
> 1). Antonie found this web site address which I'm
> including here:
>
> http://pathfinder.com/@@ctDRVgQAMGt3euLI/travel/language/
>
>
> 2). If you have (as a web browser) either Netscape Navigator
> 3.0 or Microsoft Internet Explorer, version 2.0 (or above)
> AND if your web browser is Java enabled (for Java applets),
> you can subscribe to a free online Afrikaans course at:
>
> http://www.studyonline.com
>
> Note: the course is free of charge, but it uses language flash
> cards based upon a Java applet. If anyone, who has Navigator 3.0
> (we do), knows how to equip or enable that browser with Java,
> PLEASE let me know.
>
> 3). Susan Mullen (thanks again, Susan) told me about a
> fascinating bookstore in Cambridge, MA. called Schoenhof's
> Foreign Bookstore. They do carry some Afrikaans books and
> language tapes. Their web site is:
>
> http://www.schoenhofs.com
>
> Just click under languages and you can choose which
> language (under which you want to hunt for books).
> I downloaded the Afrikaans book list, which I will
> put out in a minute. For more information,
> you can call Schoenhof's bookstore at (617) 547-8855.
>
>
>
> The lst of 11 available books and tapes on how
> to learn Afrikaans includes:
>
>
> Subject: Afrikaans Reference
>
> 1). LANGUAGE 30 AFRIKAANS (AUDIO-FORUM)tapes.
> Publisher:AUDIO-FORUM. Price: $21.95
>
>
> 2). TEACH YOURSELF AFRIKAANS
> Publisher: (NATIONAL TEXTBOOK CO)
> Price: $16.95
> Note: I have this book and I'm very pleased with it. It teaches the
> language as it is used in day to day situations, e.g. in
> the office, giving directions, visiting a doctor, etc.
>
> 3). Author: BOSMAN,D.
> AFRIKAANS ENG VV SCHOOL DICTIONARY
> Publisher: (NASOU-NASIONALE OPVOEDKUNDIGE)
> Price: $29.95
>
> 4). Author: BOSMAN,D.
> TWEETALIGE WOORDEBOEKR>
> Publisher: (TAFELBERG)
> Price: not given
>
> 5). CONVERSAPHONE AFRIKAANS LANGUAGE COURSE IN 1 CASSETTE
> Publisher: (CONVERSAPHONE)
> Price: $9.98
>
> 6). Author: DONALDSON,B.
> GRAMMAR OF AFRIKAANS
> Publisher: (WALTER DE GRUYTER INC)
> Price: $175.00
>
> 7). Author: GROENEWALD,P.
> LEARN TO SPEAK AFRIKAANS
> Publisher: (SHUTER & SHOOTER)
> Price: $8.95
>
> Note: I have this book. The really nice thing about it is that
> the author begins by using words that are the same in both
> English and Afrikaans.
>
> 8). Author: HOLLOWAY,G.
> PAINLESS AFRIKAANS
> Publisher: (JUTA)
> Price: $13.95
>
> 9). Author: KRITZINGER,M.
> AFRIKAANS ENG VV DICTIONARY
> Publisher: (HIPPOCRENE BOOKS)
> Price: $11.95
>
> 10). Author: KRITZINGER,M.
> GROOT WOORDEBOEK AFRIKAANS ENG VV
> Publisher: (VAN SCHAIK)
> Price: $59.95
>
> 11). Author: KRITZINGER,M.
> SKOOLWOORDEBOEK AFRIKAANS ENG & VV
> Publisher: (VAN SCHAIK)
> Price: $29.95

============================================================ ================
| ("`-''-/").___..--''"`-._ ANDREW HARWOOD |
| `6_ 6 ) `-. ( ).`-.__.`) Environmental Engineering |
| (_Y_.)' ._ ) `._ `. ``-..-' Carleton University |
| _..`--'_..-_/ /--'_.' ,' |
| (il).-'' (li).' ((!.-' Email: AHar...@Chat.Carleton.Ca |
| OR Har...@Engsoc.Carleton.Ca |
| From "Darkest Africa"... Postal: 7 Weatherwood Crescent |
| Vanuit "Donkere Afrika"... Nepean, Ontario; K2E 7C5; Canada |
============================================================ ================

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

NP van Wyk Louw in Engels

Do, 16 Januarie 1997 00:00

On 15 Jan 1997 19:33:49 GMT, "Albert Cruywagen" <alb...@icon.co.za> wrote:
<<>Enige inligting oor enige van NP van Wyk Louw se werk in Engels vertaal
> (gepubliseer of nie) sal waardeer word.
>
> Alpha Charlie>>

Guy Butler het 'n  paar vertaal  in 'n boek van Engelse vertalings van
Afrikaanse digters. Dit  was in die jare 70.
Dan het  Adam Small ook 'n hele  klomp  vertaal in die  80 wat deur
Tafelberg of H &R gepubliseer is.  Dit het egter swak kritiek van
iemand soos Andre Brink gekry. Maar dit is daar en dit  is
waarskynlik ten minste aanvaarbare vertalings.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Gedigte van Matthews Phosa

Do, 16 Januarie 1997 00:00

EK IS 'N VOLSTRUIS
Matthews Phosa

die volstruis
'n vo"el na my hart
ek het haar bestudeer en begryp
nou wil ek haar naboots

die volstruis weet waarom sy border toe gaan
sy doen dit as sy haarself moet verdedig
haar eiers en kleintjies moet beskerm
teen die aankomende gevaar

wie verdedig julle, die swart "border-gangers"?
wie se nes verdedig julle
wie se kleintjies?
ek wens julle was volstruise
en het geweet wat goed is vir julle

ek sal nooit 'n berg bou
voor die rivier wat in my rigting vloei nie
ek is mos 'n volstruis
daardie water is nodig
om my dro"e land te benat
om die vuur wat my brand te blus

ek is 'n volstruis
vo"el van my hart

NOU BID EK

God, help my, ek swem in ongeregtigheid,
in sonde is ek gebore.
My geloof laat my daagliks in die steek:
ek wil, maar ek kan nie altyd nie.

Hooghartig is ek teenoor my medemens.
U weet hoe ek teen hulle diskrimineer
omdat hulle te wit is.
God, help my, ek is 'n sondaar.

Die genade wat ek daagliks van U vra, het ek nie,
want ek gryp, skop en spoeg in hulle gesigte.
Al wat ek afstaan, is krummels
wat hulle moet opraap om te oorleef.

My hart het lankal verklip,
ek lê nie meer wakker oor my sondes nie.
Daarom vra ek 'n sagte en wyse hart
om menslik teenoor my mense op te tree.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

hier's een vir julle

Wo, 15 Januarie 1997 00:00

Siende dat hierdie nuusgroep bykans volledig bestaan uit die pos van
sentimentele gediggies, pos ek maar my bydrae ook in dié vorm. Opgedra aan al
die ex-pats wat so baie te sê het omdat daar so baie kilometers tussen hulle
en Suid-Afrika is. Verskoon maar dat die ritme en die beeldspraak, dis nou nie
Breyten nie.

Ballade vir 'n vlugteling (a la SAUK TV)

Ek's 'n eks-Afrikaner en het fokkol te doen
ek sit in die buiteland wat my so erg verveel
so ek pos maar gediggies en resepte vir pampoen
want verder is ek met kennis maar karig bedeel

Ek maak maar asof ek na die suidergrond verlang
die mense, die plekke, die boeke en die weer
maar eintlik is ek vir die land skytbang
ek hoor dan die plek word deur swartes beheer

Ek sit in die vreemde en maak baie geld
vergeet daagliks hoe lyk 'n plakkershut
hoe droog is die karoo en die ou bosveld
hoe kraak die smiles tussen swart en wit

maar praat sal ek praat oor Suid-Afrika
my oordele vel oor die politiek
ek kom nie weer terug nie, maar sal bly kla
oor die verstokte wit ras en die Franskraal kliek

solank jy my uitlos en my net nie vra
om terug te keer na Suid-Afrika

Groete uit Suid-Afrika (dis so 'n kleinerige land aan die onderpunt van
Afrika, kaarte in nieu-seeland, kanada, australie en engeland behoort dit aan
te dui, soek maar)

herman

Prosa & poësie | 8 kommentare

"Son op jou tong" deur CHARL DURAND

Wo, 15 Januarie 1997 00:00

SON OP JOU TONG
Charl Durand

daar was 'n godin, 'n lugwaardin
iewers waar ons oor kairo vlieg
het sy my laat lag
oopmond

isis, ek sweer
daar's son op jou tong

skilderye van bont
die lugwaardin teen die muur
van my binnehof
wag dat die kaptein aankom

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die hoek van die sonstrale.

Di, 14 Januarie 1997 00:00

Die afgelope dae staan ek meer en meer by die glas-
deur van ons balkon en kyk buite toe. Daar voor my is
die kaal bome op die walle van die Ottawa-rivier. Daar
is die rivier self, bevrore. Maar dit is nie wat my aandag
vra nie. Ek voel daar is iets anders wat opgemerk moet
word, iets wat verander het. Toe gister ontdek ek wat dit
is. Dis die lig wat anders is. Dis die hoek waarmee die
sonstrale val, wat verskillend is. En dit vervul my met 'n
groot vreugde. Skielik laat jy jouself toe om te fantaseer
oor die lente. Jy weet die lente is nog drie vier maande weg.
Jy weet daar kan nog maande van sneeu en storms voorlê.
Maar die lig het iets verander in die chemikalieë van jou
brein, en niks is meer dieselfde as 'n maand gelede nie.
Dit het my dan nie verbaas toe ek ontdek dat die pionier
van lig-terapie vir depressie 'n oud-Suid Afrikaner is wat
in New York gepraktiseer het nie. Ek dink mense wat in
Suid-Afrika grootword, is spesiaal ingestem op die effek
wat lig op jou het. Miskien het mense wat soveel helder dae
in hulle jaar het, 'n groter behoefte aan lig as die mense wat
gewoond is van geboorte af aan 'n sekere hoeveelheid van
donker in hulle dae.
Die hang natuurlik ook af van waar jy in 'n tydsone bly,
hoe vroeg dit lig word, hoe vroeg dit donker word. Dit lei
na vreeslike anomalieë. Die plek waar die son die eerste
in die VSA opkom, is Eastport in Maine. Kruis jy nou net
die Kanadese grens binne 'n paar minute, dan is dit 'n uur
later in New Brunswick, wat in die Atlantiese tydsone is.
Eintlik moet Eastport in die Atlantiese tydsone wees. Maar
hulle is nie, omdat daar besluit is: die hele Maine is in die
Oostelike tydsone. Dieselfde anomalie vind jy op die Gaspe-
skiereiland van Quebec, wat verder oos as New Brunswick
strek, en tog dieselfde tydsone deel as Montreal, heel verder
wes.
Dit bring my nou by die vraag wat ek myself al 'n lang
ruk afvra: was daar ooit 'n gedagte daaraan om Suid-Afrika
in twee tydsones op te deel? Ek het in die weste van Suid-
Afrika grootgeword, maar meeste van die res van my lewe
in Suid-Afrika deurgebring in die oostelike dele van die
land. Dit het my altyd so verbaas hoeveel vroeër dit in
Natal donker word as in die Noorkaap. En ek kan nou nog
onthou hoe desperaat dit my pa gemaak het as die son nie
wou ondergaan nie hier teen halfnege in die aand, en hy
wil eet en gaan slaap. En sy vrou wil nie binne toe gaan
nie. En van sy kinders is daar geen teken nie.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ik hou van Zuid-Africa

Di, 14 Januarie 1997 00:00

hallo,

Ek hou baai vele van Suid-Afrika. Ek ben er enkele maanden geleden op
vankantie gewees en ek kom seker terug !!!

Groetjies ,

Lieven (Belgie)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kultuur Kosse

Di, 14 Januarie 1997 00:00

Ek het 'n boek van Dine van Zyl ontdek: "Afval en Afvalligheidjies",
daar skryf sy van "n Pofadder"
"Jy vat die vetderm en dop dit om dat die binnekant buite is. Dan krap
jy hom mooi skoon en dop dit terug. Dan vat jy jou lewer en wat jy
ookal wil van jou harslag, en jy stop dit binne-in die vetderm. Met so
'n bietjie worcestersous en sout by. Dan braai jy dit op die
kole....!"

Sy het honderde Afvalresepte in die boekie as iemand iets wil weet vra
maar dan sal ek dit uitskryf en plaas.

Paradys-groete....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

ANTJIE KROG, feminis?

Di, 14 Januarie 1997 00:00

Ek hou van die digwerk van Antjie Krog. Sy gebruik
woorde soos iemand wat met pleister en bakstene werk,
en sy bou gedigte daarmee wat die toets van die tyd sal
staan.
Sy skryf 'n pryslied vir Nelson Mandela:

"...
hy maak die pante bymekaar
van 'n verskeurde land
hy draai ons na mekaar toe vir mekaar
hy, heelmaker van mense
hy stig vrede

vrede, wat die ma is van groot nasies"

Maar dan is daar Antjie Krog, feminis. Luister na die
volgende:

" Ek staan op 'n moerse rots langs die see by Paternoster
die see slat slingers in die lug
liggroen skuim
onverskrokke kyk ek elke donnerse brander
in sy gut voor hy breek
die rots sidder onder my sole
my bo-beenspiere bult
my bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit
se moer ek is rots ek is klip ek is duin
helder sing my tiete 'n koperklepelgeluid
my hande pak Moordbaai en Bekbaai
my arms skeur ekstaties bo my kop!
ek is
ek is
die here hoor my
'n vry fokken vrou"

"ek kom agter dat ek mans begin bekyk
brutaal met die gedagte
hoe naai hy
sy breins en sieletjie interesseer my nie
die gesiggie wat glinster van try charm en oulik wees
let ek onberoerd op

sou nie eens met mans gepraat het
as dit nie toefallus was"


(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 6 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1560  1561  1562  1563  1564  1565  1566  1567  1568  1569  1570  1571  1572  1573  1574  1575    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 11:31:07 MGT 2024