Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

POFADDERS, POTJIEKOS, ZOELOES, YUPPIES en BLOEDRIVIER

Ma, 20 Januarie 1997 00:00

Aussie skryf: (van 'n "Pofadder")

> "Jy vat die vetderm en dop dit om dat die binnekant buite is. Dan krap
> jy hom mooi skoon en dop dit terug. Dan vat jy jou lewer en wat jy
> ookal wil van jou harslag, en jy stop dit binne-in die vetderm. Met so
> 'n bietjie worcestersous en sout by. Dan braai jy dit op die kole....!"

Ek het so 'n pofadder ge-eet eendag op 'n plaas naby Bronkhorstpruit
(dronkwordspruit soos ons geseg het).

Ek moet erken ek hou nie van afval nie, en DIE wors het nogal grillerig
gelyk, (dit lyk wragtie nes 'n pofadder). Maar dit was toe verskriklik
lekker. Ek kon net nie baie eet nie, want dit was vreeslik ryk.
Die ou wat dit gemaak het was 'n skaapboer, en hy het geweet wat hy doen.
(Skaapboere weet gewoonlik wat hul doen...)

Dit laat my nou dink aan potjiekos. 'n ou het eenkeer hier vir potjiekos
resepte gevra. Ek kry Kersfees by skoonma 'n potjiekos boek (en 'n
pragtige knipmes). Die boek is vol resepte ens, maar ek mis toe die STORIE.

Potjiekos gaan nie vir my oor ellelange lyste van bestanddele nie.
Dis sommer kak. Die boere bv., het in die ou dae potjiekos gemaak,
so geloof ek, oor praktiese redes.
Die boere het nie die bestanddele en die tyd gehad
om heeldag te karring met kos en resepte nie.
Hulle het wild geskiet, (en wild kan maar taai wees!)
en dit dan in die pot gesit.
Dan het hulle gaan doen wat boere nou maar doen.
(leeus en Engelse skiet ens, of wat ookal...)
As hulle dan weer terugkom,
is die boere honger en die potjie se vleis heerlik sag.
Die pot leen hom daartoe: Jy kan hom aan die gang kry
en as die vuur lank al doodgegaan het,
pruttel die pot nog lustig voort.

Dit is ook soos ek die driepootpot in die Transkei leer ken het.
(Lank voor die terugkeer van die potjie onder blankes in die tagtigerjare)
Die swartes in die transkei het die pot met droë miskoeke laat kook.
Miskoeke brand lekker stadig, en hou die pot aan die prut.
(Dit "recycle" sommer die bees se stront ook).

Ek het ook gehoor iewers dat die drie pote van die driepootpot
gebruik is deur die boere gedurende die slag van Bloedrivier.
Die boere het die pootjies afgekap en dit as grofgeskut gebruik
in hul kanon, genaamd Grietjie. Arme Zoeloes!

Ons moet die POTJIE heeltemal dekonstrueer
en na sy wortels toe terugbring.
Die potjie moet afgeneem word van yuppies wat ellelange resepte
daarin kook en dit op gedekte tafels voorsit.
(onder andere "vegetariese" potjies, verbeel jou !)
Hulle maai.
Die pot behoort aan eenvoudige mense wat ryk van gees was,
of hulle nou in 'n hut of 'n ossewa bly of gebly het.
Jy maak so:
Jy vat 'n vleisie met kruie en 'n paar uie en so aan,
neuk dit in die pot, braai bietjie en gooi dan rooiwyn op.
Vergeet van die pot. Hy prut op sy eie.
Skink 'n dop, maak 'n pyp, lees 'n boek, of gaan vang vis.
As jy terugkom is die kos reg.
Of kook pap of bak brood daarin (dit smaak anners).

Van pot tot pot, Vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: POFADDERS, POTJIEKOS, ZOELOES, YUPPIES en BLOEDRIVIER

Ma, 20 Januarie 1997 00:00

On 20 Jan 1997 16:24:38 GMT, gal...@ibm.net wrote:

>>

Na aanleiding van die ewige satanisme wat in SA opduik en
langspeelplate van rock-musikante wat glo satanistiese boodskappe sou
uitspel as dit verkeerdom gespeel word, was daar die grap so 'n paar
jaar gelede:
Wat hoor jy as jy 'n Bles Bridges plaat verkeerdom speel?
Antwoord: 'n Potjiekos-resep.

Vir die wat lank weg was: Bles Bridges kom van die Oos-Rand, dra glo
'n pruik en sing op maat van soet viole soos 'n mislukte Ge Korsten.

Vir die wat nog langer weg was: Ge Korsten is 'n Pretoriase
operasanger wat dit nie kon maak nie.

Bles Bridges het dus so 'n dun skreeustem met sulke effens gladde
tenoor-rante. So half nasaal met 'n kleinburgerlike intensiteit.
Hy sing van die liefde en van rose en van seemeue en die liefde en die
rose en wind en die seemeeue en die rose en so aan.

Hy was 'n paar jaar gelede die darling van die ouerige Afrikaanse
tannies op die platteland.

Die wat gereeld NG Kerk toe gaan maar net ses boeke in die huis het:
Die Bybel, 'n Boek oor die Bybel, Huisgenoot se kitsresepte, Nog
kitsresepte van Huisgenoot, Iets van Audrey Blignault wat nooit gelees
is nie en 'n Engelse Mills and Boon wat daar rondle.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Dolosse" deur DONALD RIEKERT

So, 19 Januarie 1997 00:00

DOLOSSE
Donald Riekert

In Ma se swart pot
lê die dolosse onder
die skedel se leë oë
krap ek my geluk
in osse en perdjies
klim die toormannetjies
uit die wonderpot

(gepos deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Absa se gebrek aan Afrikaans

Sa, 18 Januarie 1997 00:00

Hallo almal

Wil julle nie asseblief help om druk op Absa te sit nie: Hul
tuisbankdiens op die Web (www.absa.co.za) is net in Engels.

'n Stukkie E-pos na ab...@absa.co.za wat beswaar aanteken, kan dalk help
om hulle tot ander insigte te bring.

Groete

Deon Meyer

Ekonomie & geldsake | 23 kommentare

Twee gedigte van FERDI GREYLING

Sa, 18 Januarie 1997 00:00

STIL-LEWE
Ferdi Greyling

hy word die gewoonte van elke dag
hy drink koffie, lewe sy lewe
in die geraamte van sy glimlag
en speel met die sterfgevalle van sy hande

hy raak versoen met sy kruis
en raak een met christus
wat daagliks rooi angeliere
op lasarus se graf gaan sit

WEEKLAG VAN DIE FASCISTIESE FLIEKGANGER

Toe jy nog die ster van my dae was,
was elke dag 'n full house.
Jy was 'n kommersie"le sukses.
Jy het 'n kritikus aan jou voete gehad.

Saam was ons 'n musical,
'n komedie,
en 'n serious fliek.
Alles in een.

Jy het die fees van my hart gewen.
Jy was kommentaar op my tyd.

Jy was die twist aan die einde.

Ek het nog geskaterlag van vreugde
net voor die moordtoneel.
Net voor die vryheidsvegters in die agterste ry
opgestaan het
en alles stukkend geskiet het
- skerm, projektor, draaiboek - die hele works.

Jy en die lewe het julle loop geneem.
Die fliek moes toemaak.
Die gebou is gesloop.

En nou sit ek hier
tussen my onderdanige woorde.

'n Sukkelende fascis.
Uitgelewer aan die glinsterende wind
en die fluisterende weer.


(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: alles behalwe vervelige nuusgroep

Sa, 18 Januarie 1997 00:00

Ek raak in die war met al die Kose op die groep.
Maar ek weet seker dat die groot gros Afrikaners (diegene die so graag
gedifinieer wil word as sodanig) besonder verkramp is. In denke, voele en
in aksies.
Ek sou werklik graag wou weet van die Ernstige Afrikaners in die NG hoe
hulle sigself definieer en wat die waardes en sg. kultuur is wat dan veral
in die Taal (DIE TAAL soos in monument) tot uitdrukking kom.
En so tussen twee hakkies, ek hou van die musiekgroep TANANAS)

Vriendelike groet
Xfiles

English can be shared and enjoyed by so many:
It is now quite lawful for a Catholic woman to avoid pregnancy by a resort
to mathematics, though she is still forbidden to resort to physics and
chemistry.
H. L. Mencken (1880-1956), U.S. journalist. Notebooks, "Minority Report"
(1956).

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

hier's een vir julle

Vr, 17 Januarie 1997 00:00

Siende dat hierdie nuusgroep bykans volledig bestaan uit die pos van
sentimentele gediggies, pos ek maar my bydrae ook in dié vorm. Opgedra aan al
die ex-pats wat so baie te sê het omdat daar so baie kilometers tussen hulle
en Suid-Afrika is. Verskoon maar dat die ritme en die beeldspraak, dis nou nie
Breyten nie.

Ballade vir 'n vlugteling (a la SAUK TV)

Ek's 'n eks-Afrikaner en het fokkol te doen
ek sit in die buiteland wat my so erg verveel
so ek pos maar gediggies en resepte vir pampoen
want verder is ek met kennis maar karig bedeel

Ek maak maar asof ek na die suidergrond verlang
die mense, die plekke, die boeke en die weer
maar eintlik is ek vir die land skytbang
ek hoor dan die plek word deur swartes beheer

Ek sit in die vreemde en maak baie geld
vergeet daagliks hoe lyk 'n plakkershut
hoe droog is die karoo en die ou bosveld
hoe kraak die smiles tussen swart en wit

maar praat sal ek praat oor Suid-Afrika
my oordele vel oor die politiek
ek kom nie weer terug nie, maar sal bly kla
oor die verstokte wit ras en die Franskraal kliek

solank jy my uitlos en my net nie vra
om terug te keer na Suid-Afrika

Groete uit Suid-Afrika (dis so 'n kleinerige land aan die onderpunt van
Afrika, kaarte in nieu-seeland, kanada, australie en engeland behoort dit aan
te dui, soek maar)

herman

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Afrikaner: Mandela bondgenootskappe boemerang

Vr, 17 Januarie 1997 00:00

Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner is nou beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner/

************************************************************ *****************

Mandela bondgenootskappe boemerang

DIE debakel oor Suid-Afrika se voorgenome wapenverskaffing aan
Siri‰ het die Mandela-regime 'n ernstige afjak besorg. Die VSA
het Suid-Afrika gewaarsku dat hy sy buitelandse hulp ten bedrae
van R564 miljoen sal opskort indien die land voortgaan om 'n
wapenkontrak van R3 miljard uit te voer.
Die VSA is skielik ernstig daaroor bekommerd dat Siri‰ 'n
sogenaamde terroristeland is wat die veiligheid van Israel
bedreig. Wapenverskaffing aan hierdie land sou beteken dat Suid-
Afrika wapens aan 'n terroristeland verskaf. Dit val vreemd op
dat die VSA nou skielik so besorgd is oor "terrorisme", terwyl
hy die ANC as 'n terroriste-organisasie volledig ondersteun het
terwyl hy besig was met sy aanslag teen Suid-Afrika in 'n vorige
periode!
Nelson Mandela se probleem is dat al sy vreemde
bondgenootskappe nou teen hom begin boemerang. Onder sy leiding
het die regime verhoudinge aangegaan met al die muishondlande in
die wˆreld, onder andere Fidel Castro se Kuba, Mohammar Gadaffi
van Libi‰, Jassar Arafat van die Pallestyne, en talle ander. Dit
is hom al voorheen verkwalik, en het grootliks bygedra om Suid-
Afrika se buitelandse verhoudinge met veral Europese lande te
beduiwel. Dit vind alles plaas in 'n oorgangsfase waar Suid-
Afrika onder Mandela sy bondgenootskappe verskuif van die Weste
na die sogenaamde "onverbonde" lande. In die proses is ook reeds
die bande verbreek met Taiwan, en is Rooi Sjina in sy plek erken.
Die groot probleem is dat Suid-Afrika afhanklik is van
buitelandse beleggings vanuit Europa, en die kanse dat Suid-
Afrika enigiets sal verkry van sy nuwe vriende, is feitlik nul.
Die grootste bonus waarop Suid-Afrika kan hoop, is 'n aantal
onbevoegde dokters vanuit Kuba.
Mandela se hardkoppige houding gaan hom na verwagting duur te
staan kom. Na Amerika se sterk teregwysing van Suid-Afrika
vanwe‰ sy voorgenome wapenverskaffing aan Siri‰, het Mandela hom
dit veroorloof om die VSA skerp aan te spreek oor sy
paternalistiese houding, en verklaar dat Suid-Afrika hom nie deur
die VSA sal laat afdreig oor sy buitelandse verhoudinge, en aan
wie hy wapens mag verkoop en wie nie.
Dit beteken dat Suid-Afrika hom blootstel aan nog verdere
diplomatieke notas vanuit die VSA om hom te waarsku teen sy
onbesonne beleid.
Deur hierdie stap het Mandela ook die aansien wat hy in die
wˆreld geniet, in sekere kringe benadeel. Dieselfde
heldeverering vir Mandela as voorheen sal nie meer in die VSA of
Israel gevind word nie, terwyl die Europese lande al lankal
kriewelrig begin raak het oor Mandela se vreemde
bondgenootskappe.
Intussen het die waarskuwing van Amerika 'n geskarrel in Suid-
Afrika aan die gang gesit. Die uiteinde daarvan was dat daar
aangekondig is dat die wapentransaksie nog nie goedgekeur is nie,
maar eers op 22 Januarie aan die kabinet voorgelˆ moet word.
'n Verdere implikasie van hierdie diplomatieke skuiwe, is dat
Suid-Afrika se verbintenisse met die Moslem-lande sterk onder die
vergrootglas geplaas is. Die Moslem-kabaal in die Suid-
Afrikaanse politiek is 'n invloedryke groep in die ANC-regime,
en hierdie openlike keuse vir 'n radikale Moslem-land sal na alle
waarskynlikheid die ander magsgroep in die ANC, die Joodse
geldmanne, nie aanstaan nie.
Dit sal na alle waarskynlikheid verdere spanning binne ANC-
geledere aanblaas.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaners en apartheid - vorentoe

Vr, 17 Januarie 1997 00:00

Tim du Plessis sktyf dit in sy gereelde rubriek in Beeld.
Ek kan dit nie beter uitdruk nie:


OP 'n paar maande na tien jaar gelede het ek saam met vier ander
Suid-Afrikaanse joernaliste die Dachau-konsentrasiekamp net buite
Munchen besoek. Daar, met die deeglikheid so kenmerkend van die
Duitsers, is die Nazi-nagmerrie wat hom in Dachau afgespeel het,
gerekonstrueer. Jy moet 'n harde mens wees om nie geruk te
word deur dit wat daar gedokumenteer is nie.

Die joernalis Nomavenda Mathiane wat verlede jaar vir Beeld 'n
rubriek geskryf het, was die enigste swart joernalis in ons groep, ek
die enigste Afrikaner. Ons was maar stillerig toe ons laatmiddag uit
die museum aanstryk taxi toe. Nomavenda haak toe af en sê vir my:
"Dink net wat julle aan ons kon gedoen het as julle al hierdie idees
gehad het."

Nomavenda, liewe mens wat sy is, het dit waarskynlik as 'n grap
bedoel. Maar niemand anders het dit so opgeneem nie, allermins ek. Ook
nie die Engelse joernaliste in ons groep nie. Ek het gewonder of ek
moet skuldig voel. Op stuk van sake het ek vir 'n Afrikaanse koerant
gewerk wat 'n maand tevore in die slegs blankes verkiesing van 1987 sy
lesers aangemoedig het om vir die NP te stem.

Daardie aand het ons Duitse gids my egter 'n insig gegee wat dit tot
vandag toe vir my moontlik gemaak het om 'n verlammende skuldgevoel
oor apartheid te vermy.

Dinies Johannes von der Osten was 'n oopgesig Pruis van adellike
herkoms. Hy was so dertig, pas afgestudeer met 'n doktorsgraad in die
regte. 'n Vurige patriot, konserwatief en 'n aanhanger van oorlede
Franz Josef Strauss, premier van Beiere.

Dinies is saam met ons deur Dachau. Hy het in detail en geduldig
al ons vrae beantwoord. Hy was ernstig en saaklik. Op die regte
oomblikke het hy geskerts. Nooit sieklik apologeties nie.

Die aand in die Brauhaus vra een van ons hom of hy nie skuldig voel
oor wat die Duitsers sy pa en sy oupa wat in die Wehrmacht was - aan
die Jode gedoen het nie.

Nee, sê hy, want alles het gebeur lank voor sy geboorte. En sy ouers
en die ouer lede van sy familie het vir 'n lang ruk geleef onder die
"vonnis" wat die wêreld daarbuite oor die Nazi's en dus oor die
Duitse volk uitgespreek het. Sy familie het omtrent alles verloor, hul
adellike titels inkluis.

Verder is hy - en dis die belangrike punt - soos al die jong Duitsers
van sy geslag, gedwing om te lees en te leer oor wat in die Nazi-tyd
gebeur het omdat dit 'n verpligte deel van die geskiedenis-leerplan op
skool was. Hy het dus die feite geken.

Dit het my getref dat Dinies 'n volkome bevryde jong Duitser was,
dermate dat hy onbeskaamd 'n Duitse patriot kon wees, iets wat sy
ouers in onmiddellike post-Nazi-era nie beskore was nie.

Hoekom bevry? Eerstens het sy ouers - die geslag wat bygestaan of
deelgeneem het aan die Nazi-stelsel - 'n prys betaal. Maar veral was
dit vir hom vrymakend om die volle waarheid van die Nazi-verlede te
ken, feitlik en gestroop van verwyte en moraliserings. Maar so goed
dat Dinies Johannes von der Osten geweet het dit is iets wat nooit
ooit weer mag gebeur nie.

In die laaste tyd het ek dikwels gewens Dinies was hier. Veral wanneer
ek sulke goed lees soos "die hele land het verpes geraak met 'n
skuldbpsigose", en "die Afrikaner het 'n vreemdeling in sy eie
vaderland geword". Of "die Waarheidskommissie het die Afrikaner
ontnugter met sy verlede en die ANC ontnugter hom ·
met sy hede".

Jy weet nie of jy moet lag of huil nie. Wat op aarde moet nog gedoen
word om hierdie mense te laat insien dat hoe harder hulle probeer
weghardloop van die verlede, hoe meer hulle hul hande in onskuld
probeer was en hoe meer hulle almal behalwe hulself daarvoor blameer,
hoe harder gaan dit by hulle spook?

Dis nie die apartheidsverlede wat die blankes en die Afrikaner "ver-
pes" en verlam met skuldgevoelens nie, dis die reaksie daarop wat die

sondaar is. Dis die reaksie van baie blankes, Afrikaners en deesdae
toenemend Engelse, op die nuwe orde wat hulle laat voel soos
vreemdelinge in hul eie vaderland.

Die mense wat so praat van vreemdelinge in hul eie vaderland, weet
hulle wat hulle eintlik se„? Dat die Suid-Afrika waarin apartheid
bestaan het, die vaderland was waarin hulle tuis gevoel het?

Wat vandeesweek op die Gereformeerde Kerk se sinode gebeur het en
wat ook by ander Afrikaner-instellings gebeur, maak dit toenemend
duidelik dat daar vergeefs gewag word op die instellings om die lei-
ding te neem in die proses hier ter sprake. Wie weet, dalk is dit maar
beter so.

Individuele blanke Afrikaners wat egter wil aangaan, wat nie verlam en

verpes wil voel nie en boweZal, wat wil verseker dat hul kinders nie
oor tien of twintig jaar nog sit met die onvoltooide besigheid van
apartheid nie, kan egter moed skep. Jy het nie 'n kerk, 'n politieke
party of 'n kultuurorganisasie nodig om bevry te raak van die verlede
nie. Dit het ek by Dinies Johannes von der Osten geleer.

Koeitjies & kalfies | 45 kommentare

Help in learning Afrikaans...

Do, 16 Januarie 1997 00:00

JUST SOME INFO FOR ANYONE OUT THERE WANTING TO LEARN AFRIKAANS (OR LOOKING
FOR AFIKAANS RESOURCES).
I FOUND THIS INFO AT ANOTHER SITE AND COPIED/PASTED HERE FOR THE BENEFIT
OF ANYONE WHO IS INTERESED IN LEARNING THE AFRIKAANS LANGUAGE:
-ANDREW

> To Everyone Who Wants To Learn Afrikaans:
>
> Antonie has suggested that I share some information
> on how to learn the language.
>
> 1). Antonie found this web site address which I'm
> including here:
>
> http://pathfinder.com/@@ctDRVgQAMGt3euLI/travel/language/
>
>
> 2). If you have (as a web browser) either Netscape Navigator
> 3.0 or Microsoft Internet Explorer, version 2.0 (or above)
> AND if your web browser is Java enabled (for Java applets),
> you can subscribe to a free online Afrikaans course at:
>
> http://www.studyonline.com
>
> Note: the course is free of charge, but it uses language flash
> cards based upon a Java applet. If anyone, who has Navigator 3.0
> (we do), knows how to equip or enable that browser with Java,
> PLEASE let me know.
>
> 3). Susan Mullen (thanks again, Susan) told me about a
> fascinating bookstore in Cambridge, MA. called Schoenhof's
> Foreign Bookstore. They do carry some Afrikaans books and
> language tapes. Their web site is:
>
> http://www.schoenhofs.com
>
> Just click under languages and you can choose which
> language (under which you want to hunt for books).
> I downloaded the Afrikaans book list, which I will
> put out in a minute. For more information,
> you can call Schoenhof's bookstore at (617) 547-8855.
>
>
>
> The lst of 11 available books and tapes on how
> to learn Afrikaans includes:
>
>
> Subject: Afrikaans Reference
>
> 1). LANGUAGE 30 AFRIKAANS (AUDIO-FORUM)tapes.
> Publisher:AUDIO-FORUM. Price: $21.95
>
>
> 2). TEACH YOURSELF AFRIKAANS
> Publisher: (NATIONAL TEXTBOOK CO)
> Price: $16.95
> Note: I have this book and I'm very pleased with it. It teaches the
> language as it is used in day to day situations, e.g. in
> the office, giving directions, visiting a doctor, etc.
>
> 3). Author: BOSMAN,D.
> AFRIKAANS ENG VV SCHOOL DICTIONARY
> Publisher: (NASOU-NASIONALE OPVOEDKUNDIGE)
> Price: $29.95
>
> 4). Author: BOSMAN,D.
> TWEETALIGE WOORDEBOEKR>
> Publisher: (TAFELBERG)
> Price: not given
>
> 5). CONVERSAPHONE AFRIKAANS LANGUAGE COURSE IN 1 CASSETTE
> Publisher: (CONVERSAPHONE)
> Price: $9.98
>
> 6). Author: DONALDSON,B.
> GRAMMAR OF AFRIKAANS
> Publisher: (WALTER DE GRUYTER INC)
> Price: $175.00
>
> 7). Author: GROENEWALD,P.
> LEARN TO SPEAK AFRIKAANS
> Publisher: (SHUTER & SHOOTER)
> Price: $8.95
>
> Note: I have this book. The really nice thing about it is that
> the author begins by using words that are the same in both
> English and Afrikaans.
>
> 8). Author: HOLLOWAY,G.
> PAINLESS AFRIKAANS
> Publisher: (JUTA)
> Price: $13.95
>
> 9). Author: KRITZINGER,M.
> AFRIKAANS ENG VV DICTIONARY
> Publisher: (HIPPOCRENE BOOKS)
> Price: $11.95
>
> 10). Author: KRITZINGER,M.
> GROOT WOORDEBOEK AFRIKAANS ENG VV
> Publisher: (VAN SCHAIK)
> Price: $59.95
>
> 11). Author: KRITZINGER,M.
> SKOOLWOORDEBOEK AFRIKAANS ENG & VV
> Publisher: (VAN SCHAIK)
> Price: $29.95

============================================================ ================
| ("`-''-/").___..--''"`-._ ANDREW HARWOOD |
| `6_ 6 ) `-. ( ).`-.__.`) Environmental Engineering |
| (_Y_.)' ._ ) `._ `. ``-..-' Carleton University |
| _..`--'_..-_/ /--'_.' ,' |
| (il).-'' (li).' ((!.-' Email: AHar...@Chat.Carleton.Ca |
| OR Har...@Engsoc.Carleton.Ca |
| From "Darkest Africa"... Postal: 7 Weatherwood Crescent |
| Vanuit "Donkere Afrika"... Nepean, Ontario; K2E 7C5; Canada |
============================================================ ================

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1559  1560  1561  1562  1563  1564  1565  1566  1567  1568  1569  1570  1571  1572  1573  1574    »]
Tyd nou: Sa Nov 16 12:47:17 MGT 2024