As iemand my sou vra wat die grootste gedig
in Afrikaans is, sou ek die volgende gedig kies:
DIS AL
Jan F.E.Cilliers
Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al.
Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al.
Dit het my spesiaal getref toe ek die volgende
woorde van Mathews Phosa lees in November
1996 uitgawe van De Kat, waarin daar 'n onder-
houd met hom is, gedoen deur Johann de Lange.
"Cilliers het sy gedig 'Dis al' nie bedoel as
revolusione^re gedig nie, maar as ek dit lees
dan besef ek hy praat van vroue wat in kon-
sentrasiekampe geplaas is, wat verkrag en
vermoor is. En ek dink: wat van die town-
ships, van my eie ervarings.Ons moes 'n les
geleer het uit daardie ervaring, maar ons het
nie. Dit het ons meer as veertig jaar geneem
om die les te leer, maar dit is goed dat ons dit
geleer het...."
Dit ontroer my dat 'n nuwe geslag ook hierdie gedig
as betekenisvol kon sien, hul eie kon maak.
In die land van die kosmosvelde
is dit tans
met pienk en wit blomme uit sjina
en met ekstatiese skoenlappers
somer
In daardie land se hemel
is daar omgekeerde
aarde.
Storms sak bestraffend
vyfuur in die middag,
swaarweer van 'n moeder,
op die kinders uit.
In daardie land van geel gras en van lou reëns
is my vriende tans leeus.
In hulle oë is 'n veldbrand aan die groei.
Die reënvoëls styg loodreg as hulle aankom;
hulle verbaster en word bruin en roep na Afrika
en sy kom na hulle aangeloop soos 'n gewapende man.
Die mooi seuns met die blou-blou oë wat ek byna ken,
het tans hul meesterlike speelgoed in die hand.
Daar slaap die groot masjiene met die een oog oop
(blits kom tweebeen aangestap) en die ander oog,
die karbied-oog van die jagter,
soek dorstig na sy prooi.
Ek ken die land. Daar is ek 'n vreemdeling
met blou en wit gekleurde fabels in my hand -
'n delfse dogtertjie wat kwyn.
Depending where the person comes from, you can say "Kinders by dosyne" (that is
- childern by the dosens) ;)
-Gideon-
> Hi all!
>
> I'm searching for a few words in as many languages as possible:
> A friend of mine will marry in a few days and I want to send her
> congratulations in many languages.
> So, if You speak any language except German or English, please tell me
> (in EMail) how You would wish
> good luck to a bride. (And, please, no jokes!)
> If You have an own writing (like Chinese, Arabic and so on), it would be
> great if You could "paint"
> the words in Your letters and mail me the GIF or JPEG file.
>
> Thanks in advance,
>
>
> Sascha Raubal
>
> --
> ------------------------------------------------------
> Sascha Raubal
> mailto:Sascha...@wm.infranet.de
> http://www.infranet.de/members/Sascha.Raubal
Die ou Engelse sendeling
beduie met altwee hande
Hou hy die Genade uit na
swart gesigte Waai sy wit
baard bo blou are op sy voor-
kop Sy stem roep uit die ou
afdak God hou julle in sy hand
En 'n warrelwind stort twee
klein mossies in sy oophand uit
As 'n Kangeroe verbygespring kom en jy sien haar kleintjie
het uit haar buidel uitgeklim en klou aan hare ore vas,
dan moet jy weet dis blerrie warm.
Julle het seker gelees dat hier in Australie
met die tennis-kampioenskappe, is dit so warm
dat die hare van die balle afsmelt.
(nie die kangeroe-balle nie, die tennisballe).
Nouja, met nuwejaar was daar 'n ysige koue in Europa
wat rekords daar gebreek het, en terselfdertyd was daar hier
'n hittevlaag wat rekords gebreek het by ons in die suide.
(ek het nog altyd gedink warm lug styg op, en koue sak af,
maar dit is maar 'n deurmekaar wereld).
Op nuwejaarsdag het ons besluit om saam met 'n ander gesin
vir 'n paar dae te ontspan in 'n verlate sinkdakhuisie in die "outback".
'n Dom ding, want ons weet dit word tussen 5 en 10
grade warmer as by die kus. Nuwejaarsdag breek aan en breek 'n rekord:
dis 42 grade by die kus. En toe ons in die verlate heuwels aankom
wys die termometer 45. En dis nog nie eers middag nie.
Ons sluit die huisie oop. Kerse in die huisie is pap-omgebuig,
die kerswas so sag soos klei.
Toe ek probeer om die enjin aan die gang kan kry vir die ligte en waterpomp,
pas die sleutel nie. 5 Minute se gevroetel met sleutels
laat my voel asof ek 50km gehardloop het met geweer en volle mondering
in die army. Ek gee op, my Australiese vriend le^ in die skaduwee -
sy go^ is lankal uit. (Hulle gaan nie army toe nie).
Ek probeer water met 'n emmer uit die sinkdam kry,
maar toe ek aan die dam se warm deksel vat brand ek my soos op 'n stoof.
Toe ons weer kyk is dit 48 grade. In die skaduwee.
En daar is geen yskas nie, geen waaiers nie, niks lopende water nie.
Ons kry almal in die karre en sak af na die naaste ou dorpie toe.
Die kinders se wange is bloedrooi, ek kyk in die spieel en my wange
is nie net rooi nie, my oe is opgeswel. My vrou is so koel
soos 'n komkommer. Sy kom van Upington. Sy kan hitte vat.
Die lugreelaar in die kar werk so hard ek kan die kar nie uit 2de rat
kry nie. Ons kom by die dorpie se swembad aan en almal is daar.
Die kinders swem lekker saam met die Aboriginies.
(In die swembad is almal se snot groen, so wie gee om ?)
Ons koop ys in die dorp en ry toe maar terug, want ek wil potjiekos maak.
By die sinkdakhuisie is die termometer nou al op 50.
Ek kan dit amper nie glo nie. Die sak ys het intussen sommer verdamp.
Ek probeer vuurmaak maar die son brand die vuur dood.
Toe maak ek maar vuur in die skaduwee.
Dit brand gou uit. Ek sit die pot in die son
en dit begin sommer vanself prut.
Niemand is honger nie. Die kinders is lusteloos.
Bruce le^ lui en onbeweeglik op die stoep.
Die vrouens probeer die kinders koelwaai.
Die kaas wat ons saamgebring het, verander in olierige pappery.
Ek skink 'n dop maar die alkohol verdamp voor dit in my keel kom.
In die verte sien ons skape. Hoe warm moet hulle nie kry met hul
woljasse nie ? Ons sien uit na 'n koel aand, maar tot ons ontnugtering
val dit net tot 43 grade want daar is geen wind nie, die lug is doodstil.
Die sterre pragtig. Jagse jagspinnekoppe kom uit en loop rond in die flitslig.
Ek sien die grootste jagspinnekop in my lewe, gelukkig aan die buitekant
van die sifdeur. Toe die dag breek spring almal in die kar.
Bruce lyk verlig, hyt gedink ek gaan nog 'n dag bly - hy wou die vorige
dag al padgee.
By die kus gekom is dit 39 grade. Dis niks. Daar waai 'n seebriesie. Goddank.
Net daar neem ek my voor: Nooit weer sal ek oor die blerrie seebries
kla wat my visvang bederf nie.