Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

xfiles, gloudina, kooos: Die gevaar van urban legends

Di, 04 Februarie 1997 00:00

Xfiles:

Jou bewering dat mense in Suid-Afrika verbied is om deur hul moedertaal te
leer is een wat nogal dikwels te berde gebring word.

Dit is egter bewysbaar vals, en duisende mense weet dit.

Dit is een van die goort getal urban legends wat deur die jare rondom
apartheid geskep of gepropageer is deur teenstanders van apartheid, vir hul
eie doeleindes. Dinge wat wittes in Suid-Afrika geweet het is vals, maar wat
ander mense verkies het om te glo.

Daar is duisende ander voorbeelde. Soos die ANC Senator ('n Heel
ongesofistikeede vrou uit Venda, volgens my Venda-kontakte. Hulle is nogal
skaam oor haar.) wat die storie in die parlement verkondig het van die "white
afrikaans farmer's wife" wat geweier het om haar (swart vroulike) werknemer te
betaal. In 'n onderonsie gryp sy toe die werknemer se baba en voer dit vir
haar varke.

Sy is gevra om die storie te bevestig. Om hieroor in gebreke ty bly, sou
beteken dat sy vir die parlement gelieg het. Sy het tot vandag toe nie die
storie bevestig nie, en sover ek weet het sy Senator gebly vir die hele
kortstondige lewe van ons eerste en enigste demokratiese senaat.

Wanneer mense met galmende geskal dus vra "wat het julle gedoen oor
apartheid"? en verklaar "julle het mos geweet wat gebeur", moet jy hierdie
verskynsel in gedagte hou.

Die verspreiders van sulke gerugte het geen geloofwaardigheid gehad in die oë
van mense wat geweet het dat hulle leuens versprei nie. Wanneer hulle dus die
waarheid verkondig het, is hulle ook nie geglo nie.

Vir sover mense "nie geweet het nie" wat hulle redelikerwys wel moes weet, kan
jy die digte weefsel van urban legends soos hierdie, en die effek daarvan op
die waarnemingsvermoë nie buite rekening laat nie.

(Tolstoy het, in die konteks van die verwarring van die slagveld, na die
ekwivalente verskynsel verwys as die "fog of war". [War and Peace. Die deel or
die slag van Borodino.])

Nou is daar die in die gemeenskap wat vroom en heilig verkondig dat ons "die
foute van die verlede" moet erken en daarvoor boet.

Dieselfde mense, soos skerpsinnige kooos met sy vonkelende repartee (se moer),
openbaar hulself in hierdie poslys as mense wat bereid is om ter wille van 'n
poging tot 'n retoriese oorwinninkie, presies dieselfde soort leuens te
verkondig, en weier dan om die verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar.

Ander, soos ontgogelde Gloudina, laat glip dat sy in Bantoe-Onderwys
skoolgehou het - met die noodwendige suggestie dat sy gesaghebbend daaroor kan
praat. Sy laat egter oogluikend toe dat sulke bewysbaar valse urban legends
soos jou bewering oor die verbod op moedertaalonderwys onbevraagtekend
voortleef. Omdat dit pas by haar ontgogelde ingesteldheid en ongeag die
objektiewe waarheid daarvan? Omdat dit pas by haar begeerte om gloeiende kole
to hoop op die hoof van die onbekeerdes?

Jy, xfiles, verkondig die noodsaaklikheid van 'n studie van die geskiedenis
vir goeie onderwys. Wanneer jy gewys word op wanopvattings in jou eie
historiese persepsie, reageer jy deur die boodskapdraer te gesel met
beskuldigings van demagogery.

Dus: hierdie heiliges (se moer) verwag van die sondaars om te boet, nie vir
die "foute van die verlede" wat hulle wel begaan het nie, nie vir die wat in
hul naam en "tot hul voordeel" begaan is nie, maar vir al hierdie sowel as al
die "foute van die verlede" waarvan hulle ooit beskuldig is, ongeag die
objektiewe waarheid daarvan. Vir al die urban legends, soos die algemene
een oor die moedertaalonderwys, en die een oor die varke, wat ooit vir
die waarheid verkondig is. Daarby moet hulle sommer in dieselfde ry as Nazi
Duitsland gaan staan en gemeenskaplike verwerplikheid aanvaar. Want Tim du
Plessis van Beeld gebruik egte demagogiese retoriek om so te sê. En die
historiese revisionisme wat aan die orde is moet al hierdie leuens en
persepsies as "geldige" elemente van die geskiedenis erken. Wnat dit het, per
slot van rekeneing, deel gevorm van mense se persepsie en dus die geskiedenis
be-invloed.

En hieruit moet vrede en versoening in milde strome vloei om die ganse
landskap van gebroke menseverhoudinge te salf?

Se moer.

Hieruit vloei wrewel.
Ontkenning, ook van dit wat waar is.
Marginalisering.
En wat daarmee saamgaan.

Leendert

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

leendert/onderwys.

Di, 04 Februarie 1997 00:00

Ek waardeer jou lywige skrywe.
Vraag:
Die Swart ouers wat -gekies- het dat hul kinders onderwys ontvang in
Engels(n onjuiste besluit misskien, maar dalk tog n besluit) en nie in die
moedertaal nie, wie is hulle en hoe het dit gebeur. Was daar n referendum
onder die swart bevolking. Wie was die verteenwoordigers (van die ouers dan
en oor die spesefieke aangeleentheid ) in die parlement. Ek weet werklik
nie die antwoord nie. N vraag dus.
Mymering:
Toe die tye verander het en dit was vir iedereen duidelik dat daar onvrede
was oor die onderwysverpligting dat sekere vakke in Afrikaans aangebied
moes word en Engels deur vele eerder dan Afrikaans verkies was as taal van
onderrig, toe Afrikaans apartheid verteenwoordig het in die
waarnemingswereld van die studente, kan ek jou suiwer logiese redenering
begryp dat die opstand om en in 1976, logies beskouw, teen
moedertaalonderwys gerig was (behoort te gewees het...), maar ek neem die
argumentering as demagogisch* omdat dit n ontkenning is van wat in die
gemoedere van die jongmense (en in die land) afgespeel het en van die
resultaat hiervan wat nou nog natril. Is dit jou bedoeling om logika te
gebruik om die fenomenologiese waarneembare ongeldig te verklaar in n
argument ?
Ek herhaal: "miljoene moes onderwys ondervind in n taal wat nie hulle
moedertaal was nie....." en ek voeg by (wat ookal die rede daarvoor was -
asof die rede die feit ophef of bepaal) maar wel in n gehate taal deur vele
en voer die bogenoemde plus jou uiteensetting as die gevraagde bewys aan.
Geen legende,feite.

Wanopvatting ? Hardly. Misskien gebruik jy Afrikaner Zen: Ja-Nee om te
verbluf. En tog dink ek nie dat dit jou intensie is nie. Dit kan wees dat
ek Afrikaans nie meer so goed begryp nie. En misskien is my argumentele
vermogens ook al afgetakel. Ek wil nie in n vingerwysspelletjie met jou
beland nie. Ek vind jou bydrae (vir my) besonder waardevol dit gee my n
bepaalde insig.

> .....................
Ek weet nie wat om te dink van die verdwyning van geskiedenis as vak nie.
Ook geen Europese geskiedenis nie?
>..................
Inderdaad klink dit my ook soos an education melt down. Ek vrees die
gevolge van so n aksie. Onderwys en goed onderwys is n kardinale
verantwoordelikheid van ons as mens. Die tegenpool is n crime against
humanity!
Wat van TV's soos in die outback van Australia.
Wat word gesien as n oplossing, word daar een aangebied?

> behalwe as jy nie met die beleid..........
Nee, vanaf die punt hier word ek weer byna verbluf.
Jy kan, (iedereen kan) vrylik praat en publiseer en natuurlik moet daar
kritiek wees. Wat sleg is bly sleg, wie dit ookal doen. En sekerlik word
daar geskree en is daar political posturing en -beledigingen van soms
onverwagte kante, maar daar is geen wetgeving teen nie en vir jou idee en
kritiek word jy nie gemartel of vermoor nie. Die vergelyking is nie goed
nie en verhinder begrip en kommunikasie.
Appels en pere argumentasie.

En kyk nou wat doen jy in die volgende paragraaf; Jy vergelyk die paar
uitsonderlike "wit" ouers wat in die tronk gegooi is en wie se kinders in
weeshuise geplaas is (en wie was hulle - Jehova's getuies? hoe lank was
hulle in die tronk en onder watter omstandighede - ek weet werklik nie
hiervan of die getalle nie, en sou dit graag van jou hoor) met die
verskrikking van die moorde en uitbuiting van die swart bevolking. Ek weet
werklik nie wat jy hiermee wil bereik nie. Die twee dinge ( en die "wit"
ouers en die swartvolksvernedering) is deel van dieselfde afskuwelike
regeringsperiode. Die wanstaltige nasionale party wat liefdeloosheid
opgewerp het as idiaal.

en wat geld nou "vir almal ongeag ras" ?

Hier klop iets werklik nie.

Xfiles

  • Demagogue; A person of definite character and purpose who comprehends our
way of thought is sure to exert power over us. He cannot altogether be
resisted; because, if he understands us, he can make us understand him,
through the word, the look, or other symbol, which both of us connect with
the common sentiment or idea; and thus by communicating an impulse he can
move the will.
Charles Horton Cooley (1864-1929), U.S. sociologist. Human Nature and the
Social Order, ch. 4 (1902).

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: onderwys.

Di, 04 Februarie 1997 00:00

Nog een van die ooreenkomste tussen Verwoerd se Bantoe-Onderwysstrukture en
die nuwe beleid onder die SA Skolewet:

Die skepping van sg. "governance structures" om die skyn van demokratiese
konsultasie te skep. In werklikheid het hierdie structures geen effektiewe mag
oor die wesenlike inhoud van die onderwys nie - wat geleer word, en hoe dit
geleer word.

In die geval van die SA Skolewet was dit selfs 'n helse bakleiery in die
parlement om die ANC sover te kry dat die ouergemenskap 'n gewone merderheid
(50% +1) op die bestuursliggame van staatskole te laat wees. Ingevolge die SA
Skolewet dit nou wel so - die liggame het egter geen wesenlike mag nie - wel
baie verpligtinge, soos om geld in te samel om die finansiële las van die
onderwys op die staat te verlig.

Dit herinner so sterk aan die sogenaamde Model C-skole wat Piet Marais in die
doodsnikke van die NP-regering ingestel het. Hier het hy letterlik die reg op
inspraak in die onderwys aan die ouers verkoop. Dit is die mees siniese
erkennig van presies wat daardie regering se standpunt was oor die reg van
kinders om, onder die rigting en leiding van hul ouers, hul eie fundamentele
regte uite oefen - die woorde van die Handves van Kinderregte. Piet Marais
het, soos 'n middeleeuse priester wat aflaatbriewe verkoop, mense se
onvervreembare fundamentele regte aan hulle verkwansel.

Maar selfs dit was oëverblindery. Al magte wat die mense in werklikheid gekry
het, was om te besluit watter soort kunsmis hulle sal koop vir die rugbyveld
en watter kleur die servette sal sal wees op die tafels vir die matriekafskeid
- en wie hulle sal aanstel in die onderwysposte waarvoor hulle betaal het.

Oor wat hulle kinders leer, en hoe dit onderrig word, het hulle geen inspraak
gekry nie.

Nou verklaar Bhengu trots: Alle skole is nou model C-skole.

Groete, Leendert

In article oos...@scientia.up.ac.za
(Leendert van Oostrum) writes:

> Snaaks genoeg, iets wat baie ander mense ook nie weet nie. Daar was, (soos
> nou, volgens die SA Skolewet), raadplegende strukture onder Bantu Education,
> waar "minder belangrike aspekte" oor onderwys uitgeklaar is. In landelike
> gebiede hoofsaaklik die tradisionele strukture, in stedelike gebiede die
> (weliswaar gebrekkige) raadplegende strukture in die woongebiede. Kyk gerus na
> die betrokke wette en na die jaarverslae van die betrokke departement (e). Wat
> geleer sou word en hoe is natuurlik nooit bespreek nie. Soos tans.

Onderwys & opvoeding | 14 kommentare

'n Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans

Ma, 03 Februarie 1997 00:00

BOBBEJAAN KLIM DIE BERG

Bobbejaan klim die berg,
so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg
so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg
om die boere te vererg.
Hoera vir die jollie bobbejaan!
O moenie huil nie,
o moenie treur nie,
die Stellenbosse boys kom weer.
O moenie huil nie,
o moenie treur nie,
die Stellenbosse boys kom weer.

Tradisionele volkswysie. Verwerk deur
Philip McLachlan.

Bobbejaan : baboon
berg : mountain
haastig : in a hurry, hastily
lastig : bothersome, irritating
boere : farmers, also Afrikaners
om te vererg : to irritate, bother, annoy
jollie (English jolly)
moenie/moet nie : do not
huil : cry, shed tears
treur : be sad, to sorrow
Stellenbosse boys : the boys from Stellenbosch
weer : again

I have never heard any explanation of why this song
starts off singing about baboons bothering farmers,
and ends up talking about the boys from Stellenbosch
returning again. This is my private theory : this song
is a student song, sung by students from Stellenbosch
taunting their main rivals, the students from the
University of Cape Town. The students from U.C.T.
were called Ikeys, the students from Stellenbosch were
called Maties. The word "Ikeys" was used as a derogatory
term for U.C.T. initially, but lateron lost its pejorative
meaning. The term "Maties" came from the word "tamaties"
(tomatoes), referring to the colours of the sweaters of the
Stellenbosch sports teams, and their university blazers,
(with an actually quite ugly combination of wine coloured
and white stripes, but sure to set an ex-Matie's heart on
fire, wherever he saw it.) So, I imagine, this song was sung
by the Maties, calling their rival Ikeys "baboons" (perhaps
because they lived at the foot of Table Mountain?) and
telling them that the Stellenbosch boys would return again.
I find this a very fascinating folk song.

Gloudina Bouwer

Musiek & liriek | 10 kommentare

Afrikaanse Speller....

Ma, 03 Februarie 1997 00:00

Weet iemand miskien hoe om Word Perfect te "configure" sodat mens 'n
Afrikaanse Woordelys kan gebruik om die spelling na te gaan ?

Laat weet sommer per direkte E-pos - verkieslik!

Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede)

Ma, 03 Februarie 1997 00:00

On Mon, 03 Feb 97 10:12:11, lo...@hotmail.com wrote:

gedigte saamgaan. Dis nou soos 'n klomp rekenaar nerds vir die ander mense in[/color]
> die hysbak klink. >>>

Werklik goeie gedigte is waarskynlik elegante koppelinge van beelde en
begrippe wat dinamies uit hulle tyd groei.

Daarom het hulle die klank van waarheid.
Soms gryp hulle - die gedigte - jou nog voor jy hulle ten volle
verstaan.

Ek dink soms dit is omdat hulle in die eerste plek die beelde en
begrippe aanbied wat die essensie van hulle tyd die beste weergee.
En dan omdat hulle hierdie begrippe en beelde in aangrypende
konstruksies koppel.

En dit is 'n veel fassetige ding.

Werklik goeie digters (Dylan Thomas was waarskynlik een) het 'n amper
instinktiewe kennis van die beelde van hulle tyd en 'n uitstekende
gevoel van hoe hulle inmekaar moet pas.

Dan kan jy 'n gedig kry waarvan die digter bloot se: "dit het mooi
geklink en reg gevoel, niks ernstigs nie".

Maar wat sy tyd beter reflekteer as wat hy of sy besef.

Dan het 'n mens die soort uitsprake waarvan jy praat Lou.
Dis wat ek dink.
Daar is waarskynlik 'n paar honderd teoriee soos die daarbuite waarvan
die meeste waarskynlik meer sin maak as myne.

Dink nou net: TS Eliot skryf iewers in The Waste Land (dink ek) van
"....the parched divisarate soil gapes at the vanity of toil..."
en ook : "And I will show you something different from either
Your shadow at morning striding behind you
Or your shadow at evening rising to meet you
I will show you fear in a handfull of dust"

Ek het albei een keer gehoor as illustrasie vir 'n uitstekende fliek
oor besoedeling. Dit het die droogte dele geillustreer.

Die tweede aanhaling is ook al gebruik as 'n soort poetiese alarm vir
kernkrag en kernbomme.

Nou: TS Eliot het die glad nie so bedoel nie. 'n Mens moet maar net
The Waste Land bekyk om dit te sien. Maar dit het uitstekend gepas
waar dit aangewend is.
Dit is beelde en begrippe wat waarheid van ons tyd dra en ons herken
dit. En dit pas in so baie gate om ons.

Dis vir my so half 'n omgekeerde situasie as wat ek hierbo so swak
probeer uitdruk het.

Oor die "divisarate" : Kon dit nerens vanaand in 'n woordeboek kry
nie. Kon dit ook nie vinnig opspoor in Waste Land nie, maar ek weet
dis Eliot. Kan dalk in die Four Quartets ook wees.
Ek is dus nie seker van die spelling nie. Sorry.
(Lekker woord in elk geval)

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Graeme Kemp

Ma, 03 Februarie 1997 00:00

Haai Almal

My Afrikaans is nie meer so goed nie, en ek sukkel n bietjie om dit te
tik.... maar ek wou net weet of enigeiamand my vriend Graeme Kemp van
Kaapstad ken. Ek dink hy is van Mitchells Plain, maar ek is nie dood
seker nie... Hy het by die Waterkant gewerk, as a onderwyser van Diesel
Meganika(spelling??) en toe in 1992 na die Seychelles toe gegaan. Laas
dat ek van hom gehoor het, was hy in Mosselbaai waar hy op die Mossgass
projek gewerk het, maar toe ek sountoe bel toe het hy all vertrek. As
enigiemand van hom weet, email my asseblief by
LJan...@aol.com

Baie Dankie
Lara Johnstone

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

Sien Julle 'Niks' ook???

So, 02 Februarie 1997 00:00

Op die Internet Groepe, daar is sommige 'postjies' (of onderwerps)dat 'n
opskrif het, maar het geen woorde of sinne...[al is blank..]

Het julle ook dit (nie) gesien (nie)? Of is net 'my' berekenaar "
jammer"??

Wie maak dit so?

('n vraag aan die afrikaanse 'cyber-skryfers' hier rond...)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

'n Gedig van PHILIP DE VOS

So, 02 Februarie 1997 00:00

Pas op tog
vir 'n boomslang -
('n antie-
of 'n oomslang.)
Die slang kan spoeg.
Die slang kan pik.
Die slang
is vreeslik
ongeskik.
En daarom
bly
'n luislang
nog altyd
steeds maar
my slang.
Die slang kan streel.
Die slang kan druk.
Eers dan sal hy
jou litte insluk.
'n Luislang
is so
gaaf en goed,
wonderbaarlik opgevoed.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die Slang.....GvK

So, 02 Februarie 1997 00:00

Die Slang...... (na aanleiding van Gloudina Brouwer se Luislang)

Ek sê ou sus
het
jy lus
vir 'n stuk
kie vis
of is jy bang
vir die
Rooikop Slang
want waar hy byt
kom kleintjies
uit....

--
'Die herhinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'

Prosa & poësie | 2 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1552  1553  1554  1555  1556  1557  1558  1559  1560  1561  1562  1563  1564  1565  1566  1567    »]
Tyd nou: Sa Nov 16 14:37:53 MGT 2024