Gloudina skryf:
> Die Omius van Oostrum van wie ek geweet het, was
> as onderwyser aangestel op die plaas van die oupa van
> Dirk Opperman (in April 1903.)
Hy was my grootjie. Een van Paul Kruger se Hollandse
onderwysers wat in 1898 in die Transvaal begin skoolhou het.
Hy is saam met Cronje by Paardeberg gevang en na Ceylon
gestuur waar hy skoolgehou het vir ander gevangenes.
Sy vrou en kleuters is na etlike maande in die Potchefstroomse
krygsgevangenekamp na Nederland gerepatrieer - Op 'n
troepskip sonder wasgeriewe van Kaapstad deur die trope na
Southhampton. Van Southampton na London is hulle in 'n
skotskar vervoer met 'n kennisgewing "This is what the dirty
Boers look like". Vandaar na Nederland. Die vrou was 'n
Fries (soos haar man) en soos die Friese in elk geval manies oor netheid.
Sy het die rit in die skotskar nooit verwerk nie en is mettertyd tot waansin
gedryf deur die herinnering.
Na die oorlog het haar man geweier om die eed van getrouheid te teken,
en kon dus nie weer as onderwyser in die kolonies dien nie. Hy
het as "tallyman" in die Durbanse hawe gewerk totdat hy die pos
op Opperman se plaas aangebied is. Terwyl hy daar was het hy
weer die reg gekry om as onderwyser te werk - sonder om die eed
te neem - deur bemiddeling van 'n Britse offisier wat by Paardeberg
in die niemandsland tussen die linies gewond is, en wat hy en 'n
paar ander Boere uitsgesleep en verpleeg het.
Na die oorlog wou Brittanje nie sy Transvaalse burgerskap (verwerf
deur deelname aan die oorlog) erken nie en die Nederlanders het, om
dieselfde rede, nie meer sy Nederlandse burgerskap erken nie. Hy en
sy gesin was staatloos tot omtrent 1920.
> Hy het later 'n bekende
> opvoedkundige in Transvaal geword. In 1943 het hy 'n
> boek "Bestendige Onbestendigheid" geskryf.
Sy outobiografie - akkurate titel. Ek het enkele kopieë daarvan.
Hy het ook 'n paar dosyn skoolboeke ook geskryf in verskeie vakke,insluitende
wiskunde, sangonderrig en van die eerste grammatikaboekevir Afrikaansonderrig.
Hy het ook van die eerste Afrikaanse toneelstukke in Pretoria
op die planke gebring. Eugene Marais het goedkeurende
resensies daaroor geskryf.
Hy was ook lank die orrelis van die Grote Kerk in Bosmanstraat.
Sy eie orrel, sy boeke en ander besittings is deur die Britte verbrand
maar sy familiebybel het iemand jare na die oorlog uit Ierland vir hom
teruggestuur. Dit is saam met 'n groot aantal ander dokumente, fotos
en artifakte in die oorlogsmuseum in Bloemfontein. (Gewoonlik nie op
uitstalling nie.)
> Ek kry hier-
> die informasie uit die biografie wat Kannemeyer oor Dirk
> Opperman geskryf het.
Ek het altyd gewonder of die Opperman in Zoeloeland wat
hy in sy boek noem verwant was aan die een wat uit daardie
streke in Stellenbosch te lande gekom het. Moes daaraan
gedink het om in laasgenoemde Opperman se geskiedenis
te kyk :-)
Die digter, uit 'n Amsterdamse Jodefamilie, (wat protestants geword het)
is veral bekend as die skrywer van "Die Sewe Duiwels en wat hulle gedoen
het"
J. Lion Cachet 1838-1912
Di Afrikaanse Taal (Uit "DUBBELLOOP" deur D.J. Opperman en C.J.M
Nienaber)
Ek is 'n arme boeren^oi,
By fele min geag:
Mar tog is ek fan edel bloed,
En fan 'n hoog geslag.
Uit Holland het myn pa gekom,
Na sonnig Afrika;
Uit Frankryk, waar di druiftros swel,
Myn liwe mooie ma.
Hul skel my uit fer Hotnots myd;
Maar ek ge daar ni om;
Want an myn lippiis kan jy siin,
Fan wat geslag ek kom.
Soet floei di woordjiis uit myn mond;
Dit het ek fan myn ma;
Mar as ek bid dan hoor je wel,
Ek is 'n kind fan pa.
Myn sussi, wat uit Holland kom,
Di hou ferniit haar groot:
Di lug is al te skerp fer haar;
Sy is al amper dood.
Di dokters kom nou bymakaar,
Hul maak te saam 'n "Bond";
Mar tog met al di doktery
Word sy nooit weer gesond.
Myn niggi met haar stywe nek,
Di loop in rooi satyn;
En baing jonkmans loop haar na;
Sy denk hiir baas te syn.
Mar as die awentuurtji kom,
Dan is di klomp by my.
Dis "harji" foor en "hartji" na :
"laat ons 'n bitji fry."
As ek mar eers myn fryer het,
'n Digter fol fan moed;
Een wat my om myself bemin,
En ni mar om myn goed;
Wanneer di fryer tot my kom
Fat ek hom by di hand,
En maak ek hom, hoe swak ek skyn,
Nog koning in di land.
Want ek het onder in myn kis
'n Ware towerstaf,
Wat ek nog fan myn ouma het,
En nimand weet daar af.
Hef ek di staf op, "Moedertaal"
Dan folg di land my na:
En ek is net nou koningin
Fan heel Suid-Afrika.
Die spelling is in sy oorspronklike geplaas, soos geskryf gedurende die
eerste Taabeweging. "Bond" = Zuid Afrikaansche Taalbond (1890) ter
bevordering van Hollands.
Waar kan ek 'n kopie kry van "Die Sewe Duiwels......." deur hierdie
skrywer?
ligdag val soos toorgoed jou einde oop
ek laat jou na die brandhout loop
wanneer die nag swartkat nader sluip
is dit ek wat oor die as na jou toe kruip
> Paarl is an attractive small town. But it is famous for
> being considered the cradle of the movement to get
> Afrikaans accepted as an official language instead of
> Dutch. That is why there is a small but very elegant
> monument on the hill behind the town, commemorating
> the work done in the last part of the 19th century and
> the beginning of the 20th century that lead to the law
> in the 1920's declaring Afrikaans an official language.
Jy sal you politieke korrektheid moet opskerp, Gloudina! Die taalmonumnet is
nie meer klein nie - hy is nou GROOT. Hy is ook nie meer elegant nie. Hy is 'n
Boerse fallus wat met alles wat swart is doen wat fallusse doen. Hy
simboliseer ook nie meer wat hy vroeër gesimboliseer het, soos jy hierbo
beskryf nie. Hy simboliseer nou die kaping van Afrikaans vir die uitsluitlike
gebruik deur en selfverering van die Boere.
On Fri, 7 Feb 1997 13:57:20, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van Oostrum) wrote:
<<>Jy sal you politieke korrektheid moet opskerp,...>>>
Leendert daar was vanoggend 'n interessante rubriek in Beeld wat jy
nie lees nie.
Dit het gegaan oor die nuwe politieke korrektheid.
Jy is daarvolgens baie PC in die nuwe terme.
Dis byvoorbeeld PC om die verlede te regverdig en te verskoon en om
so negatief as moontlik na die ANC te verwys.
Dis daarvolgens baie PC om die soort goed te se wat jy in jou reaksie
op Gloudina gesê het.
Idiome - is hulle nie wonderlik nie?
Ultra-kort gediggies, as't ware,
behalwe dat hulle nie in boeke, maar in ons monde leef.
Ek sou graag 'n hele versameling van idiome op my hardeskyf he^, sodat ek
hulle een vir een kan uithaal en soos blokkies biltong 'n dag op 'n slag
kan kou.
Na aanleiding van Gloudina se elektroniese gedigpers, wonder ek of daar
genoeg belangstelling op hierdie nuusgroep is vir 'n spanpoging tot 'n
idiomebundel?
Hoe nou gedaan om die uitruil en versamel van idiome maklik te maak?
Dan is daar natuurlik ook die probleem dat vele idiome verpolitiseer sal word.
Hoe gaan ons die kaf van die koring skei?
Met die bogenoemde in ag genome, stel ek volgende ree"ls voor:
1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)
2. Begin die titel van die boodskap met "Idioom: " gevolg deur enige
woord uit die idioom. Dit sal verwarring voorkom, en maak alfabetiese
sorteer makliker. Dit bly dan aan jouself oorgelaat of jy al die response
ook wil vergader.
3. Gee een of twee voorbeelde, asook 'n klein storie, as verduideliking
van die betekenis of oorsprong saam.
4. Vermy afjak en politiek.
Natuurlik is hierdie voorstelle, net soos enige reels op die net, net so
kragtig as wat die gebruikers dit maak.
Dus sal ek 'n voorbeeld gee:
Titel - Idioom: Tussen...
Boodskap -
Tussen die hand en die mond, val die pap op die grond
Verduideliking: dinge draai nie altyd so uit as wat beplan is nie.
Voorbeeld: Ek wil graag 'n elektroniese idioompers op die been bring,
maar tussen die hand en die mond, val die pap op die grond.
Ten slotte wil ek bedink dat spanwerk die kanse van pap op die grond
minder maak. Ek huiwer om die idioom, of is dit 'n leuse, wat met
"Eendrag" begin, te noem.
Enige Webmeesters onder ons wat stoorplek beskikbaar sou stel, sal
natuurlik 'n waardevole bydrae kan lewer. Miskien is daar reeds so-iets?
O
/\/
O (Bedink en getik deur Stefan Harms)
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
On Fri, 07 Feb 1997 00:47:12 GMT, djor...@beeld.naspers.co.za (Mampoer) wrote:
<<>Dis tragies. Hul plan met geletterdheid is edel en ek weet daar is te
> veel letterkundepryse waarby te min mense baat gevind het, maar
> hierdie een was nog altyd bo verdenking. Dit was boonop 'n goeie
> aanduiding vir lesers >>
Wel, nou sal jy maar die boeke moet gaan lees en self besluit, ne?
Nie 'n slegte ding nie.
Tussen die hand en die mond, val die pap op die grond
Verduideliking: dinge draai nie altyd so uit as wat beplan is nie.
Voorbeeld: Ek wil graag 'n elektroniese idioompers op die been bring,
maar tussen die hand en die mond, val die pap op die grond.
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
Pollie ons gaan Pe^rel toe,
Pollie ons gaan Pe^rel toe,
Pollie ons gaan Pe^rel toe;
ek en jy alleen!
Stadig stap in die harde pad,
stadig stap in die harde pad,
stadig stap in die harde pad;
ek en jy alleen!
Pe^rel : "Paarl" on the map. The name is certainly
famous in Canada, because of the wines it
produces. No use telling them that we would
pronounce the town's name "Pe^rel. They
know how to pronounce it, a good Canadian
tradition, only briefly interrupted by the apart-
heid years, when they could not get the stuff.
They say "Paarl" like an Afrikaner would say
"paal" (pole). The right pronunciation of the
word "pe^rel" ( a pearl) is something like this:
Say the Eng. "pear", or the French "pere" and
end with the Eng. "rill". Or say the Eng. "Peril"
drawling the -e.
Alleen : alone, just the two of us.
Stadig : slowly, not in a hurry
harde pad : the hard road, not a sandy road
This song has numerous verses. The speaker is a man,
saying that he and Pollie are going to Paarl, where she
will be telling her current boyfriend that she is leaving
him for the person singing the song. Paarl is close to
Cape Town, in the "Boland", which means that it is in
the Mediterranean Climate.
Paarl is an attractive small town. But it is famous for
being considered the cradle of the movement to get
Afrikaans accepted as an official language instead of
Dutch. That is why there is a small but very elegant
monument on the hill behind the town, commemorating
the work done in the last part of the 19th century and
the beginning of the 20th century that lead to the law
in the 1920's declaring Afrikaans an official language.
Names like Brill and Pannevis and S. J. du Toit come
to mind. They published a Manifesto in 1875, started
"Die Genootskap van Regte Afrikaners" ( The Associ-
ation for True Afrikaners") and in 1876 "Die Patriot"
appeared, the first newspaper in Afrikaans. Afrikaans
was eventually recognized as the official language
instead of Dutch in the twenties of this century. (I do
not know the exact year.)