Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Idioom : Vuis in broek

So, 09 Februarie 1997 00:00

Ek het onlangs hier in die Kaap die volgende uitdrukking raakgeloop. Ek het
dit nogals as 'n raak beskrywing gesien en deel dit graag. Miskien kan iemand
my laat weet of dit 'n bekende uitdrukking is.

'Hy maak vuis in die broek'
Wanneer iemand baie op die oogaf dreigend praat sonder om werklik op te tree,
dan kan mens se 'hy maak vuis in die broek'

Wat dink julle van die uitdrukking ?

Izak, ek sal graag 'n afskrif wil bekom van jou idoom-versameling

--
'Die herhinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'

Afrikaans, ons taal | 2 kommentare

Hulp

So, 09 Februarie 1997 00:00

Ek is op soek na Abi Coetzee se Geskiedenis lys e-pos adres.

Kan iemand help, asseblief?

Willem

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Idioom: SOETKOEK

Sa, 08 Februarie 1997 00:00

Idioom: Alles vir soetkoek opeet.

Betekenis: om liggelowig waarhede van 'n ander te aanvaar.

Voorbeeld 1: In die nuusgroep s.c.s-a.a is daar maar weinig deelnemers wat
alles vir soetkoek opeet.

Voorbeeld 2, vertel deur my Afrikaansonnie, Mnr. Erasmus:
Op pad na Upington toe, het 'n slang lans die pad in die motor se
regtekantse voorwiel gepik. Ons het die klapgeluid gehoor en toe ons
stilhou, toe hou die slang hom so styf soos 'n stok na die kant, tande nog
steeds in die rubber. Dis sisgeluid van lug wat uit die buiteband kom was
duidelik te hore. Terwyl ons rondstaan, begin die koperkapel opswel - soos
'n balon, en voordat ons nog kon keer, bars die slang: oorals le^ stukke
slang rond, teen die motor en langs die pad, op my klere! Ons had nie 'n
spaarwiel nie, en nog steeds blaas die wiel af. Hoe nou gedaan? Maar
gelukkig, vanwee die slanggif in die wiel, swel die band toe, en met die
stop die lek in die band en kon ons aanry.
Julle outjies moet tog nie alles vir soetkoek opeet nie!
--
Stefan...@mbnet.mb.ca

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

'n Lied vir die res van ons

Sa, 08 Februarie 1997 00:00

Aangesien ons nou die ABC's van Afrikaanse liedere hier het, kom ons raak nou
'n bietjie meer aktueel. Ek kan nou ongelukkig nie die wysie hier weergee nie ;)

EK het nog my lewe

Š Gideon van Zyl

O, ek sit hier en skryf 'n kommunikasie
Die koste van die lewe laat my tone krul
Ekt geluister na die speeches oor die stand van die nasie
en die politieke speletjies laat my net gril
Die sosiale orde in ons samelewing
Is wraggieswaar nou sommer baie deurmekaar
Strategete en profete wil nou almal meeding
om die harte en die beursies van ons menseskaar

Koor
Maar ek het nog my lewe
En dit maak nie saak wat gebeur
Die moeilike tye is net 'n geleentheid
Om deur die grond na bo te beur
Ek het het nog my lewe
En al lyk die lewe rêrig flou
Is daar dinge om te doen
Mure om te breek
En 'n toekoms vir my en jou te bou

Motorskakings raak al amper ons almal se lewens
Geweld is blykbaar ook nou baie modieus
As ons mense nie ons sin kry reël ons gou 'n staking
Intimideer die res en bou 'n nasie van vrees

Die waarde van die Rand kan jy tel in sente
En goud is ook maar net 'n kleine desimaal
Morele standaarde is 'n rare verskynsel
En die modes van vandag lyk maar 'n bietjie kaal

HERHAAL Koor

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: 'n Lied vir die res van ons

Sa, 08 Februarie 1997 00:00

On Sat, 08 Feb 97 06:36:18 GMT, gide...@xpoint.co.za (Gideon van Zyl) wrote:

[/color]
>
> EK het nog my lewe
>
>
> � Gideon van Zyl
>
> O, ek sit hier en skryf n kommunikasie
> Die koste van die lewe laat my tone krul>>>

'n Bietjie van die ander kant:

Sien vanoggend in die koerant (Beeld) die volgende: "Kapitaal vloei SA
in 'n geweldige tempo binne. In net twee dae het R900 miljoen se
buitelandse geld na die SA kapitaalmark gevloei.
"Sedert begin vanjaar het buitelanders se netto beleggings in effekte
R3 miljard beloop. Dit is 50 persent meer as die netto bedrag wat in
die hele verlede jaar gekoop het.
"Ook het die Reserwebank gisteraand bekend gemaak dat die goud- en
buitelandse valutareserwes verlede maand die hoogste vlak sedert Maart
verlede jaar bereik het.
"Die sterk invloei van kapitaal word beskou as 'n mosie van vertroue
in die makro-ekonomiese beleid wat die regering vanjaar in werking wil
stel."

Dan styg die Rand natuurlik die afgelope tyd. Dit het gister weer 4
sent teen die Dollar gestyg na Mandela se toespraak toe hy die
Parlement geopen het.

En die Union Bank van Switserland en Goldman Sachs se die waarde van
die Rand moet eintlik R4,18 vir 'n dollar wees. Dit is op die oomblik
R4,42.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Februarie uitgawe van DigiNews

Sa, 08 Februarie 1997 00:00

Die Februarie-uitgawe van DigiNews, Pretoria se eie rekenaarkoerant,
is op straat. Loer daarna by www.icon.co.za/~jdiginews. Ja, daar is
ook Afrikaans in.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Idioom : KRETIE...

Sa, 08 Februarie 1997 00:00

Die Kretie en Pletie

Uit 'n brief: "Ek weet ek vra nou die gode om van
Mt Olimpus af te klim en met die Kretie en Pletie
te meng."

Ek neem aan dit beteken dieselfde as "die hoi poloi"
of "jan rap en sy maat" maar is nie seker nie. Ek sal
graag die etimologie wil uitvind. Wonder of dit 'n
Nederlandse uitdrukking is?

Afrikaans, ons taal | 3 kommentare

'n Lied vir Afrikaanse beginner-studente.

Sa, 08 Februarie 1997 00:00

VAT JOU GOED EN TREK

Vat jou goed en trek, Ferreira,
vat jou goed en trek.
Agter die bos is 'n klompie perde,
vat jou goed en trek!
Swaar dra, al aan die eenkant,
swaar dra, al aan die eenkant,
swaar dra, al aan die eenkant,
vat jou goed en trek!

Tradisionele volkswysie
verwerk deur G.G. Cillie.

Vat : take, pick up
jou goed : your goods, your belongings
trek : permanently move away
agter die bos : behind the stand of trees, bush
klompie : a small number, several
perde : horses ( perd/perde/perdjie)
swaar : heavy
dra : carry
al aan die eenkant : all on one side

The family name "Ferreira" is very common
among Afrikaners. One does not assume any
traceable Portuguese lineage if you meet some-
one with that name.
However, the Portuguese presence in the life of
South Africa from the first days of the Dutch at
the Cape is considerable. The Portuguese developed
a kind of harbour language in the east, containing
Malay, Portuguese and eventually Dutch words,
called "Maleis-Portugees." This language was used
so extensively on ships and at the Cape, that there
were people (like Hesseling) who said that Afrikaans
owed its origin to the influence of Maleis-Portugees.
Although Southern Africa was dominated first
by the Dutch and then by the English, it was flanked
for a long time by two Portuguese colonial possessions,
Mocambique and Angola. There is a large population
of Portuguese in South Africa, especially in the east.
South African soldiers were, in the apartheid years,
also involved in border wars against Angola, and there
was some subterranean involvement in the civil war in
Mocambique. The Portuguese presence in the psyche
of the Afrikaner at least, is therefore considerable.

Gloudina Bouwer

Musiek & liriek | 0 kommentare

"Johannesburg, 1997" deur FERDI GREYLING

Sa, 08 Februarie 1997 00:00

JOHANNESBURG,1997
Ferdi Greyling

Honderd jaar gelede
skiet Bezuidenhout
die laaste leeu in Johannesburg.

In die koppies
waar die sterrewag nou staan
het hy bruin en fel
op die grond geval en doodgebloei.

Snags hoor 'n mens die stad
en oggende vroeg
soos iets wat in die verte grom.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Logomachy

Vr, 07 Februarie 1997 00:00

Oor die argument is daar veel geskryf. Hieronder iets van Shakespeare* oor
die gradasies daarvan.

Een van die mees ondeugdelike vorme van argument is om die teenparty in n
defensieve posisie te manouvreer. So word die wesenlike inhoud ontloop
("quadlibet"). Nog n argumentsfout is om progressievelik aantygingen aan te
dik. Bijvoorbeeld in een geval op die ng om "moes" wat beteken had to te
verander na "verbied" en die geheel in n ander kontext te
plaas.("sorites"). Die rasiocinatieve process is pateties en gaan om punte
score al lyk dit geloofwaardig. Die geloofwaardigheid berus op die
techniek.
Sodra n mens die tegniek deur het moet jy maar omdraai en wegloop want wat
jy ookal doen (draai of keer) jy het met die sesde en sewende graad van die
argument te doen.
*I will name you the degrees. The first, the Retort Courteous; the second,
the Quip Modest; the third, the Reply Churlish; the fourth, the Reproof
Valiant; the fifth, the Countercheck Quarrelsome; the sixth, the Lie with
Circumstance; the seventh, the Lie Direct.
William Shakespeare (1564�1616), English dramatist, poet. Touchstone, in As
You Like It, act 5

Vriendelijke groet
Xfiles

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1549  1550  1551  1552  1553  1554  1555  1556  1557  1558  1559  1560  1561  1562  1563  1564    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 15:28:25 MGT 2024