Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Arendsveer in die Parlement

Wo, 19 Maart 1997 00:00

'n Ruk gelede het iemand met 'n motervoertuig
teen die trappe van die Parlement in Ottawa opgery,
en is eers by die voordeur deur die veiligheidspolisie
gestop. Toe 'n ampsdraer van een van Kanada se
First Nations nou die anderdag die sitting kom bywoon
met 'n arendsveer, toe word hy onmiddellik gevra om
van die veer ontslae te raak, vir veiligheidsredes. Die
arendsveer is natuurlik 'n simbool van outoriteit en mag
onder al die Eerste Nasies van Kanada, en dit was 'n baie
groot faux pas van daardie veiligheidspolisieman. Dit
het gekos dat die "Minister of Indian Affairs" opgestaan
het in die huis, daaroor gekla het en die Speaker gevra
het om apologie aan te teken. Die Speaker het dit toe ook
gedoen namens die regering van Kanada en bygevoeg dat
een van sy oumas 'n Ojibway was. Elijah Harper het toe
opgestaan en vir die Speaker 'n arendsveer gegee, sodat
daar nou 'n arendsveer vir altyd in die Kanadese Parlement
kan wees. Elijah Harper is die man wat 'n paar jaar gelede,
toe hy 'n lid van die Provinsiale Regering in Manitoba was,
die "Meech Lake Accord" in duie laat stort het, deur net daar
in die regeringsbanke te sit met 'n arendsveer en te weier om
sy toestemming te gee vir die ratifikasie van die Meech Lake Accord (wat
vir Quebec die status sou gee van 'n "distinct
society.") Op 'n manier is dit die teenwoordigheid van die
First Nations in die struktuur van Kanada wat die sement
vorm wat hierdie relatiewe klein nasie in die tweede grootste
landsoppervlakte ter wereld aanmekaar smee.
Die proses van uiteindelik reg te laat geskied aan die
honderde eerste nasies wat lank gelede van hulle geboortereg
ontneem is deur die koloniale magte van eers Frankryk en
toe Engeland, is 'n stadige proses. Deur talle hofsake kry
verskillende "bands" dit reg om van hulle geboortegrond
terug te kry. Somtyds is dit net 'n begraafplaas wat gholf-
baan geword het en nou weer teruggegee word. Somtyds,
veral in British Columbia, is dit groot dele van die provinsie
wat nou weer onder stamjurisdiksie kom.
Somtyds moet ander sake ook reggestel word. My beste
vriendin is 'n Maliseet in New Brunswick. Omdat sy met
'n "non-Indian" getrou het, het sy tot 1983 geen "status"
gehad nie. Toe verander "hulle" (die Sentrale Regering)
die wet, en skielik het sy "status" as Maliseet. Sy het toe
onmiddellik gestaan vir verkiesing in die lokale regering,
is verkies en is al meer as tien jaar op die "St. Mary's
Band Council." Ek woon nou al vir 'n paar jaar nie meer
in dieselfde plek as sy nie. Elke Maandagoggend stuur
sy vir my 'n brief per e-pos. As die brief 'n dag laat is,
sê sy die brief is "on Indian time."
Wat my egter die meeste amuseer is die teenwoordigheid
van rassegevoel selfs tussen die verskillende groepe van Eerste
Nasies. Aan die Kanadese ooskus is daar twee groot groepe:
die Micmac en die Maliseet. As jy nou vir my vriendin wil
opgewonde maak, noem haar 'n Micmac. Die Maliseet, kleiner
in getal, dink hulle is van groter status as die Micmac.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Apartheidstories

Wo, 19 Maart 1997 00:00

Koos het elders in die groep 'n storie genoem van hoe 'n dominee sleg
daarvan afgekom het omdat hy die heersende filosofie bevraagteken het,
gedurende die apartheidsjare.

Ek dink daar is baie sulke stories wat nagevors en in boekvorm behoort
gepubliseer te word.

Ek weet van 'n hele paar. Hier is een.

'n Paar jaar gelede het ons deur die ooskaap gery en by Cathcart, 'n dorpie
naby Queenstown gestop. Soos tipiese Johannesburgers het ons by die antique
shop ingeloop en met die eienaar, wat ook restourasie gedoen het, gesels.
Hy het 'n paar pragtige stukke in die winkel gehad waarna ons toe verneem
het.

Hy vertel toe die volgende: 'n Engelse dame het in die vyftigs uit England
gekom en daar begin skoolhou. Sy't al die genoemde meubelment uit England
saamgebring. Sy raak toe verlief op 'n swartman, en is vir haar sonde na
die lokasie verban. Sy het die res van haar lewe daar gewoon, 'n
uitgeworpene. Na haar dood het haar seun die meubels in 'n shack opgesluit,
en in die proses stukke daarvan afgesaag en lelik verniel. Hy het op die
dorp se slaghuis gewerk, en jare later tot die besef gekom van hoeveel
hierdie 'antiques' werd is. En dit glo vir 'n allemintige bedrag verkoop.

Miskien weet ander nuusgroeplesers van soortgelyke stories?

Charl

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe SAP Crime Report

Wo, 19 Maart 1997 00:00

Jammer vriende dat dit nou in Engels geskryf is, maar ek het gedink dat
julle ook die nuwe report sou wou lees.. dit is belangrik dat ons nie net
die keorante se nuus as waar neem nie.....

For anybody interested in TRUE CRIME reports, ie. not the ones used by the
media to distort the message and profess doom.... on South Africa.

The 1st quarterly report on serious crime (4 march 1997) as published by
the SAPS's CRIME MANAGEMENT INFORMATION CENTER. has been released. The
head of the CMIC, dr Chris Kok, clearly identified the urgent need to get
the correct information as fast as possible on the net. It may be found
at http://196.33.208.55/miovs.htm

The annexure to be found at http://196.33.208.55/annexa.htm deals with the
crime statistics of each area and province dealing with individual crimes,
rather than the whole lumped together, they are divided into 32 different
categories, ranging from murder, to child abuse, rape, stock theft etc....

It is a long and detailed report, but very informative... much is being
done, to change the old system and find better ways of reporting crime, so
as to focus valuable police resources on these problems. The Business
Against Crime initiative is also making strong headway and links to its
sites may be found at the website of Gabriel G Smit, ex Colonel, SAP
URL : http://196.33.208.55/ , who is hosting the unofficial site of
the South African Police..
e-mail : gab...@safrica.com

I hope this provides a more accurate report for South Africans away from
home, and that we may make active contributions to report correctly and
become proactive.. rather than spread "rape house" stories that will not
be verified.......

Have a good read fellow jaapies

Lara Johnstone
LJan...@aol.com

A few quotes from the report:
**Active steps by the Departments of Justice (like heavier sentences) and
Welfare (like educational programmes) may, for example, actually be the
proper strategy to follow in addressing the high murder rate. Yet another
example is at present provided by the intense and understandably often
highly emotional debate surrounding the incidence of rape, without anybody
really knowing what proportion of rape is accounted for by date rapes,
gang rapes, rapes related to prostitution or even rapes occurring within
marriages, etcetera. Every one of these categories of rape requires a
different preventive strategy.***

***The three main problems regarding the dissemination of crime statistics
until now were the following:
The release of unverified operational data to the media and public.
Misinterpretation of the unverified operational data referred to above.
A constant avalanche of requests (from within the SAPS and from the
public) relating to statistics,
which further tie down the already 50% under-resourced CIMC offices. The
end result is that research cannot really commence in any sensible
way.****

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe Vryheidsfront Webtuiste

Di, 18 Maart 1997 00:00

Die Vryheidsfront het 'n nuwe Webtuiste by: http://www.vryheidsfront.co.za
Kyk gerus daarna en laat weet ons wat julle dink. Stuur ook julle
posadresse as julle ons moderne nuustydskrif, Frontnuus, wil sien.

Groete,

F Buys
Hoofsekretaris, VF

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Narrery" deur SARINA DONGES

Di, 18 Maart 1997 00:00

NARRERY
Sarina Dönges

vir daardie laaste
eenman-vertoning
het hy eiehandig
sy dekor aangedra
na die makabere
teater : Golgotha

te koddig met sy hoed
van duwweltjies
- daaronder rooierige dons -
het hy toertjies uitgehaal:
"menere, jy drink jou suurwyn
gulsig uit 'n spons"

en met sy delikate bou
het hy 'n strip-show
daar gehou. die skare jil:
"kyk so 'n komediant,
selfs sy purper jassie
laat hy nou verpand!"

maar gou was die
gepeupel verveeld
met die klein sirkus
hy: doodmoeg gespeel

bokant sy bar
hoof, die gravure:
die rol van hoofnar
is 'n vakature.

(gepos deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vryheidsfront Webtuiste

Ma, 17 Maart 1997 00:00

Kom kyk na die Vryheidsfront se Webtuiste:http://vryheidsfront.co.za, en
laat weet wat julle daarvan dink. F Buys

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Meriba" deur D.J. OPPERMAN

So, 16 Maart 1997 00:00

MERIBA
D.J.Opperman

Waar alles verstrak
tot die rots, tot die ding,
in Kades, die stad
op die sande van Sin,

vra my volk wildsbokke
en rooi granate,
die wingerstokke
wat raak aan U water.

Maar onder my staf
wat driftig spreek
dat, soos uit 'n kraf,
U vryelik breek

uit die rots, uit die ding,
in Kades, die stad
op die sande van Sin,
breek U waters brak.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

'n Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans

Sa, 15 Maart 1997 00:00

DAAR KOM TANT ALIE

Daar kom tant Alie, tant Alie, tant Alie,
daar kom tant Alie,
tant Alie om die draai.
En tant Miena kook stroop van die mebos-konfyt,
van die Wellingtonse suiker
teen 'n trippens die pond,
en tant Miena kook stroop van die mebos-konfyt,
van die Wellingtonse suiker
teen 'n trippens die pond.

Tant: aunt. (French "tante") Afrikaans tante/tantes.
tant' used in front of names.
Draai: turn in the road
kook : cook
stroop: syrup
konfyt: jam
mebos: a confection of salted and sugared dried
apricots ( Dictionary of SA English.)
suiker: sugar
trippens: three penny coin, used in old SA money
until the fifties. English "thrupence."
Pond: pound (weight). Also old SA monetary unit.

The origin of the word "mebos" fascinates me. The
Dictionary of South African English gives the origin as
probably from the Japanese "umeboshi." Now in Japan
umeboshi are pickled plums, a good complement to a
fresh bowl of rice. They make it much like the Germans
make sauerkraut: The green ume (Japanese plum) is washed,
soaked and placed in a stoneware vat, sprinkled liberally
with salt, and weighted down to marinate in their own juices
for about two weeks. Just before the rainy season sets in,
the freshly picked leaves of the red mintlike "shiso" are
rubbed in salt and added to the vat. The leaves and ume
marinate quietly during the rainy season. After the rains
are over, the stones are removed from the ume (now red),
which is then dried and stored in a new vat. Since it is
never attacked by bacteria or mold, it can be enjoyed for
many years.
How the word "umeboshi" emigrated to Southern Africa
as "mebos" is therefore the question. I suspect that the word
started being used in the Dutch possessions in the Far East
in the sixteenth and seventeenth centuries and was brought
to the Cape by the Malay slaves and sailors on the Dutch
ships. Interestingly enough, during the Tokugawa period
in Japan (1615-1868) when Japan followed a policy of
extreme isolation from the outside world, only a handful of
Chinese and a small settlement of the Dutch on an island
near Nagasaki were allowed to remain. So there was direct
contact between the Dutch and Japanese there. In Japanese,
the word for a "scalpel" is "mesu" (but the -u- is silent, and
it is written in katakana, which indicates that it is considered
a foreign word. "Mes" is the Dutch word for a knife.)
I cannot say that I ever came in contact with the word
"mebos" in all my years living in South Africa. Where I
lived we had plenty of apricots, and made "tameletjie"
with it - a kind of dried fruit roll. I wonder if there are parts
of South Africa where this is a common practice : to make
"a confection of salted and sugared dried apricots" called
mebos. The word is quoted by the Dictionary of SA English
as appearing in the "Lady Duff Gordon Letters 1861-1862.)

Gloudina Bouwer

Musiek & liriek | 0 kommentare

Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro

Sa, 15 Maart 1997 00:00

Kuba is 'n agterlike, derdewereldse landjie,
maar anders as baie ander Suid-amerikaanse lande in sy klas
het dit nie in korrupsie en dwelmsmokkelary verval nie.

Dit was voorheen 'n land van armoede, wat deur die Amerikaners
as hul toilet en hoerhuis gebruik is.
Fidel Castro het Kuba opgehef tot 'n land wat iets kon bied
vir arm en gewone mense. Dit het werk, opvoeding en mediese dienste
verskaf (nie hoerhuise vir vet amerikaanse toeriste nie).

Maar Amerika kon dit nie vat nie, want hulle het nie gehou daarvan
dat so 'n klein arm landjie iets bereik en sy man staan nie. Veral nie
toe die amerikaners op hul moer gegee is in "the bay of pigs" nie,
en veral nie toe Kuba 'n vriendskap met die Sowjets gemaak het wat vir
sy mense tot voordeel strek nie. Wat hul nog minder kan vat is dat Castro
gewild is, en soos die boere in die vryheidsoorlog van ouds,
nie ingee as hul almal lankal verwag het dat hy sou oorgee nie.

Daar is al baie geskryf oor die Amerikaners se irrasionele haat teenoor
Kuba, want dit maak hoegenaamd sin nie: Amerika is bereid om betrekking
aan te gaan met Vietnam en ander "vyandige" lande, maar gaan voort met sy
haatveldtog teen Kuba ens. Amerika wil nie net Kuba verander nie, hul
wil Kuba doodwurg en verneder. Amerika is vol voorbeelde van 'n
arrogante boelie mentaliteit in sy buitelandse beleid. Die jongste
voorbeeld is waar hy vir SA wil voorskryf oor wapen-uitvoer.
(hulle is donners jaloers op ons tenk en aanvals-helikopter).

Die huidige Amerikaanse wette (Helms-Burton) teen Kuba, is op 'n ongewone,
slinkse manier deur die Amerikaners deurgevoer, en in die oe
van die hele wereld is dit buitengewoon en onaanvaarbaar.

Ek het op my vorige besoek aan Kuba heerlik gesels met my vriend Fidel Castro.
Hy is 'n intellektueel (anders as Clinton, wat brein-dood is).
Ons het lekker sigaar gerook (ek het hom biltong gebring)
en hy het my vertel van sy passie vir
gewone mense, die werkersklas, hul lief en leed.
Ek hou van ouens met karakter, (as hul ouens is met baarde,
soos ons boere-voorouers, is dit 'n plus).
Ek hou nie van grootbek kakpraters soos Clinton nie, ek hou van ouens wat
iets probeer doen vir doodgewone mense, vir arm en verdrukte mense
soos Nelson en Fidel.

Jy mag maar van my verskil.
Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

"Uitvaart" deur CAROL CLARK

Sa, 15 Maart 1997 00:00

UITVAART
Carol Clark

Ek moes my kleinboet vaarwel soen
wyl die wind deur die langriet roer;
die volke swelg aan die oorryp son
en kewers vreet karkoer.

Uil stipkyk uit 'n donker skeur
die wildemalva roer.
Twee slangverklikkers skel verby
janfiskaal in die wilger sloer.

Fluweeltjie fyn is pienk en pers
soos die loot op 'n aartappelmoer;
die tjienkerientjee se oog is swart
is donker en warm en loer.

Tjienkerientjee se oog is swart
is stip en rond en boor.
Uil knipoog in die donkerte:
my aarde kantel oor.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1537  1538  1539  1540  1541  1542  1543  1544  1545  1546  1547  1548  1549  1550  1551  1552    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 17:29:15 MGT 2024