Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Die maklike pad of die moeilike pad

Ma, 21 April 1997 00:00

On 21 Apr 1997 23:28:26 GMT, "Charl Durand"
wrote:

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Jopie Adam tema liedjie

Ma, 21 April 1997 00:00

In article , hjk...@cs.up.ac.za says...
>

> Vraag ? Het Koos homself doodgemaak, weens depressie, of was dit
> natuurlike oorsake ? Wat die oorsaak ookal, ek dink Afrikaans het daar
> een van sy grootste geeste ( geen 'pun' bedoel nie) verloor.
>
> H-J
>
Jong, sover ek weet was dit maar 'n hartaanval. En ja, inderdaad, 'n
groot gees verlore. Ek moet nog die persoon ontmoet wat nie die radio
harder draai as Laurika sy "Kinders van die wind" sing.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

watermeide

Ma, 21 April 1997 00:00

Net 'n berig (uit de perd se bek) gekry van die volkssaamtrek tussen die
volstruise.
Miriam Makeba, Bierblikke en skokkende familiepotrette!
Kan iemand my meer vertel van die waternimfe?
Alreeds bedank
Xfiles

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

"Paternoster" deur HEIN SWART

Ma, 21 April 1997 00:00

PATERNOSTER
Hein Swart

op paternoster waar donkies
ure lank lê en sigare rook
en osse soos kanaries fluit
tussen maagdelike madeliefies
wat fyntjies en wit
soos homoseksuele
oor broodrotse draf

waar mense snoek en patats
binne gate in hul gesigte steek
en blou seekomkommers
weggemoffel word van
wit huisies wat hande in die
heupe onder vermakerige
hoedjies van riet staan

hier marsjeer lelies
in spekkige swart sooirye
langs vet adamsvye
wat tussen kinders se tone
berus by die werklikheid

net op paternoster
ken hotnotstoontjies
nog hul tyd in hierdie
opgedonnerde wereld

en die dou op die huilbos
se bleek wange koggel parmantig
die stoeiende peerboom
in my voos ou lyf

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Oor vloedwaters en Stefan Harms.

Sa, 19 April 1997 00:00

Ek voel bekommerd. Ek voel bekommerd oor Stefan
Harms van Winnipeg. Hy het soos 'n groot speld verdwyn
van die nuusgroep af. Ek sou normaalweg dit toegeskryf
het aan luiheid of teveel werk of een of ander rede. Maar
Stefan bly in Winnipeg. Alle Kanadese is op die oomblik
ietwat bekommerd oor die mense daar. Die hele baie lang
winter is die mense van Winnipeg geteister deur talle
winterstorms, terwyl ons hier in Oos-Ontario 'n baie milde
winter gehad het. En net 'n week of so gelede toe kry hulle
weer 'n verskriklike swaar sneeustorm sommer hier in
April. Ek lees in die koerant dat die oogdokters bang is vir
skade aan die mense se oë, omdat hulle in die skerper son
hierdie tyd van die jaar teen so baie wit moet kyk.
Maar nou dreig daar 'n ander gevaar. Die Red River
vloei uit North Dakota en Minnesota noordwaarts na
Lake Winnipeg. Op die oomblik is daar verskriklike
vloedwaters en vloedskade veral in Fargo, Norh Dakota.
Almal wag nou om te sien wat gebeur as die vloedwaters
Kanadese gebied bereik. In baie gevalle word die grens
tussen die twee lande nou ietwat van 'n onbelangrikheid.
In Noyes, Minnesota het die Kanadese omtrent kontrole
oorgeneem. Daar is 'n gemeenskaplike dyk wat Noyes
en Emerson, Manitoba beskerm en die kontrole daarvan
is in Manitoba se hande. "Yeah, you could say we annex
them... When we close the dyke, they just become Cana-
dians. We'll maybe annex the place and not give it back"
sê die Emergency Measures Co-ordinator in Emerson
in vanoggend se "Globe and Mail."
Dus wonder ek nou : wat het van Stefan geword?
Dis nou die Stefan wat gesê het dat ons 'n kuberbundel
van idiome bymekaar moet maak. Miskien moet ons vir
hom "care packages" begin stuur. Maar tot ons meer
besonderhede uitgevind het, dink ek dis 'n goeie idee dat
ons almal saamspan en van ons geliefkoosde idiome pos
(met Engelse verduidelikings, asseblief, vir al die beginner-
studente van Afrikaans) om vir Stefan te wys dat ons aan
hom dink. Ek gaan sommer dadelik werk daarvan maak.
Het self lanklaas 'n idioom gepos.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

'n Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans

Vr, 18 April 1997 00:00

GERTJIE

Wanneer kom ons troudag, Gertjie, Gertjie?
Hoe's dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al, Gertjie, Gertjie;
dit is tyd dat ons gaan trou.
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar die jare gaan verby.

Words of unknown origin. Melody borrowed from
G.F. Root's "Just before the battle, Mother" which
was written during the American Civil War.


troudag: wedding day
verloof: engaged
tyd: time
trou: marry
nooit: never
nog langer aan jou sleeptou bly nie: still longer be
kept on a string by you. A "sleeptou" probably
refers to some technical term used by people who
inspan wagons with oxen.
kan nie dood nie: cannot die. The noun for "death" here
is also used as a verb. (Alternate word for "doodgaan"
is "sterwe" which is linguistically related to the English
word "starve" but is just a more dignified alternative to
"doodgaan." The word "starve" in Afrikaans would be
"hongerly, uithonger."
my jare: my years, the years of my life
gaan verby: go by, pass

This song has five verses. The conversation is between
a man called Jan, who is asking a girl named Gertjie
when she is going to agree to marry him. The girl does
not seem too enthusiastic, mentioning the fact that she
has heard rumours of his dallying with other girls. She
also mentions the names of men in her life. More-over,
she points out that a certain couple, formerly so in love,
have now split up. Eventually, despite his pleas for a
kiss, she tells him to forget her, because she wants to go
her own way.
Since only the first verse is well-known to most people,
I spent my entire life in confusion as to the gender of the
person who is talking, and the gender of the person who is
being addressed. "Gertjie" the dimunitive form of "Gert"
is as far as I know exclusively used in SA for males. So
I grew up thinking that the somebody proposing here was
either a girl talking to a man, or a man talking to another
man. Thus I was subtly prepared for the sexual revolution
at the end of the 20th century.

Gloudina Bouwer

Musiek & liriek | 0 kommentare

Wilde Water Wegbreek Groep

Do, 17 April 1997 00:00

Hallo,
Stel enige iemand hier belang in Whitewater rafting. Ek reel uitstappe na
gewilde plekke in die Kaap. Die duur van so 'n uitstap is vanaf een dag tot
vier dae, afhangende van die omgewing. Ek probeer dit gewoonlik reel oor
naweke. Dit is regtig groot pret en is 'n absolute wegbreek uit die Gewone....

Kontak my as jy sou belangstel !

Groete ou Grote!

Gerhard

--

'Die herinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wit Afrikaners in die NSA

Wo, 16 April 1997 00:00

Hierdie is 'n opgesomde weergawe van 'n toespraak wat Dene Smuts van
die DP vandeesweek gemaak het.

Daar is 'n breë gevoel dat baie wit Suid-Afrikaners vervreemd voel van
die nuwe swart regeerde staat weens die amptelike beleid oor sake soos
regstellende aksie en gelykstelling in die onderwys.

Maar dit is 'n hopeloos oppervlakkige analise.

Blankes - NP-ondersteuners, dus die meeste wittes - word aktief
vervreem van die nuwe orde deur die ou establishment.
Dit is belangrik om sorgvuldig te kyk na die bronne van die
verwarring.

Begin Maart het Die Burger sy nou reeds beroemde
Oorgawe-hoofartikel geskryf nadat mnr. F.W. de Klerk die besonder
swak gekose woorde soewereiniteit en selfbeskikking gebruik het
om te verduidelik wat hy en sy party prysgegee het om 'n vreedsame
(maar uiters onvermydelike) oorgang te bewerkstellig.
Wat hulle natuurlik prysgegee het, was hoegenaamd nie soewereiniteit of
selfbeskikking nie, maar mag. Al was dit onvermydelik, was dit baie om
prys te gee. De Klerk sal altyd almal se bewondering verdien vir die groot
vernuf en styl waarmee hy die ou establishment die nuwe orde ingelei
het.

Verdrukking van 'n meerderheid deur 'n ras-minderheid is egter nie
selfbeskikking nie. Om verdrukking prys te gee, is hoegenaamd nie
oorgawe nie.e
Oorgawe van wat? Van ongeregtigheid. Van arme tragiese geraamtes
wat opgegrawe word.
Oorgawe aan wat?
Aan geregtigheid, aan gelykberegtiging onder 'n beregbare handves van
menseregte wat verseker dat die nuwe regering nooit weer in die naam
van groepregte, soewereiniteit en selfbeskikking ander mense kan laat
opsluit, folter en agteraf verbrand of begrawe nie, hoe wetend of
onwetend ook al.
Hier, ondanks al die historiese waarskynlikhede daarteen, is uit dooie

punt en skikking 'n moderne, ryp en liberale grondwet gebore waarin
individuele vryheid en gelykheid voor die reg - die enigste ware
beskerming - verskans is. So verskans is dit dat die howe wat wag hou
oor die regte onafhanklik is, dat die Parlement aan 'n verskeidenheid
partye, groot en klein wat elke denkbare groep verteenwoordig,
ingevolge
die stelsel van proporsionele verteenwoordiging 'n harde, hoorbare
stem
gee in 'n kader wat openlikheid en die deelname van die sameweling op
'n
unieke wyse moontlik maak.
Niemand het die liberale demokrasie ooit ernstig opgeneem nie. Nie die

ou kieserskorps nie (vra die DP) en nie die bevrydingsbewegings in hul

meer sosialistiese dae nie. Tog, hier U�s ons: 'n liberale,
grondwetlike
demokrasie, volkome in pas met die groot regte-gebaseerde
demokrasiee en sommer heelwat meer gevorderd as lande soos
Brittanje.
Oorgawe? Wat is oorgegee? Wie het wat verloor? Ek sal u vertel wie
het presies wat verloor en dan besluit u of u gewen of verloor het.
'n Klein groep eens magtige wit mans, waarskynlik almal Broeders,
verwar - doelbewus of andersins Y hul eie politieke ondergang met die
ondergang van nie Afrikaans nie (die is uiteindelik vry en
opbloeiend),
maar met die ondergang van Afrikanerskap, hul ou politieke
konstruksie.
Omdat hulle hul mag gegrond het op die uitbuiting van Afrikanerskap,
grond hulle hul huidige magteloosheidskrisis op dit wat hulle ervaar
of kies
om te projekteer as die ondergang van AfrikanerZidentiteit in die nuwe

orde.
Dit bring my by die liberale stemme wat tans die NP-kiesers verwar wat

'n nuwe tuiste soek.
Prof. Hermann Giliomee hou aan om die nuwe grondwetlike bestel te
verdoem omdat dit nie die verdeelde samelewing in beton giet nie.
Omdat
'n swart meerderheid altyd, solank as wat dit aanhou om en bloc te
stem,
die algemene verkiesing sal wen, glo Giliomee ons moet 'n kiesstelsel
en/of 'n grondwetlike reeling hê wat sal regkry wat die NP onder P.W.

Botha probeer het: om wit mag te deel sonder om dit te verloor.
Dit alles word gereeld voorgehou as 'n kulturele vraag, waarvan die
logiese konsekwensie volgens Giliomee iets moet wees soos Belgie se
afsonderlike Vlaamse parlement wat funksioneer saam met die groter
staat
in wat grondwetlik bekend staan as korporatiewe federalisme.
In 'n land met elf tale kan dit nie werk nie, veral waar niemand
buiten die
Afrikaners wat die Vryheidsfront steun, so iets wil hê nie. Daar is
geen
moontlikheid om dit te bereik nie selfs al wil almal dit he.
Giliomee mors sy asem en gee aan 'n verskeidenheid van verkrampte
kommentators van die Afrikaanse lobby valse ammunisie vir die argument

dat minderheidsregte nie in die Grondwet beskerm word nie.
Afrikaans is geen minderheid nie. Dit is die derde grootste taal, een
van
drie wat noemenswaardig groot is. Jy kan nie jou brood aan albei kante

gebotter hê deur aanhoudend aan die wêreld te vertel hoe baie mense
Afrikaans praat, maar dan gelyktydig minderheidsregte op te eis nie.
Spaar ons die gevurkte tong. Dit is die wit minderheid, die
verkramptes
en Hermann Giliomee wat meningspeilings van wit sentiment gebruik om
argumente te steun dat dit onmoontlik is om 'n gevoel van nasieskap te

bereik. Uiteindelik is dit 'n wit veto wat hulle wil he.
Dit is 'n nuwe soort apartheid wat hulle wil he. Ek dink sommige van
hulle is regtig ongelukkig. Beswaard. Om alles te vererger, artikuleer
die
Suid-Afrikaanse Instituut van Rasse-aangeleenthede iets wat klink soos
'n
verdediging van die ou apartheidsbewind in die konteks van die WVK.
Geen wonder die mense is verward nie!
Laat ons ons geskiedenis integreer. Dis net in die mate dat ons saam
geskiedenis maak, dat ons 'n gesamentlike identiteitZ en nasiesin kan
hê.
Ons maak almal saam geskiedenis van 1990 af. In Kempton Park en in
Kaapstad.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

1 Kor. 13 uit "Broerse" van Hans du Plessis

Wo, 16 April 1997 00:00

Adam, die Griekwa-digter, se weergawe van 1 Korinthiers 13
uit "Broerse" van Hans du Plessis):

Al sal ek die tale van mense en van ingelse praat,
maar ek het die liefde geloop ruil vir die haat,
dan het ek net 'n raaslike paraffienblik gekom raak.

Al was ek so slim lat ek nuwe goeterse kan maak,
maar ek het die Jirre se liefde buite in die son gelat l^e,
dan is ek niks, hoor wat ek hierdie vandag vir jou sê.

Al gee ek my hele bokke weg, net om die eer te h^e,
dan sal al hierdie dinge my nou nog niks gepetaal het nie
as ek nie die liefde uit die jimmel kan geloop haal het nie.

Die regte liefde die se bek is nooit nie dik nie,
jy sien hom nie skinder nie en jy hoor hom nie klik nie,
hy skrywe die kwaad ook nie in boekietjies op nie.

(gepos deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Aggenee, Zuma !

Wo, 16 April 1997 00:00

Het julle die nuutste gehoor ?

Haar edele (Dr ???) Zuma, agbare (???) minister van gesondheid reken vigs
versprei vinniger onder armes omdat hulle nie bevoorreg is om te gaan fliek
of te gaan swem nie. Gevolglik word hulle geforseer om seks te beoefen en
daarom versprei HIV vinniger onder hierdie klas burgers.

Julle daar oorsee, dink julle nog om terug te keer na die Godsverlate plek
? Kyk net watse onnosele stellings maak ons nuwe leiers. Wat van nog 'n
Sarafina om geld te in vir swembaddens en flieks vir die armes ?

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1529  1530  1531  1532  1533  1534  1535  1536  1537  1538  1539  1540  1541  1542  1543  1544    »]
Tyd nou: Sa Nov 16 21:38:28 MGT 2024