Mens mag veralgemeen en mens mag diskrimineer. Dit op sigself is nie
verkeerd nie. (mens diskrimineer bv. tussen 'n groen en 'n rooi robot,
anders sien jy jou gat). Sorg net dat jou veralgemening waar is en
dat jy nie jou veralgemening gebruik tot nadeel van iemand wat
miskien 'n uitsondering kan wees nie.
Bv: As daar baie australiers is wat lui is, beteken dit nie dat jy
elkeen moet behandel asof hy 'n slapgat is nie. Ek mag miskien sê dat
australiers in die algemeen lui is, maar ek mag nie sê dat omdat iemand
'n australier is, hy daarom noodwendig 'n luiaard is nie.
Die eerste stap tot diskriminasie is om 'n negatiewe ding te veralgemeen.
Die diskriminasie volg dan maklik: Julle swartes...,Julle afrikaners...
ens ens. 'n Tipiese voorbeeld van so 'n redenasie was
bv. die rooinek wat geskryf het oor: "Afrikaaners should help, its the
christian thing to do".
Ek lees hier (Australiese koerant) van die Grahamstadse kunsfees.
Dit gaan oor of die SA kunstenaars aanpas noudat hulle nie meer
apartheidstories het om oor te skryf nie ens. O.A. die vlg:
"The 23 year old director from the JBb black township Alexandra
said he was not impressed by talk of reconciliation
and a `rainbow nation'. `we pretend we understand one another but
actually we dont'. He believes white stereotypes of blacks as
rioters and terrorists had merely been replaced by that of violent
criminals.
Nogal waar dink ek. Ons is maar lief om te veralgemeen/diskrimineer.
As mens so luister na stories wat van mense uit SA kom na ons oorsee,
klink dit asof alle swartes maar dieselfde is, en met 'n geweer om die
garage wag. Ek wonder hoeveel blankes is agter party van die bendes
en diefstal en gesmokkel van gesteelde karre ens?
Oppas, mens trap maklik in die slagyster veralgemeen/diskrimineer,
(ek ook).
Een dag het ek besef dat die intellek die instink onderdruk tot so 'n mate
dat die natuur en alles wat mooi is verrasionaliseerd raak.
Sondag toe ek die TV aansit en die berig sien oor Di se dood, was die
eerste 5 min genoeg. Daarna was dit irrelevant. Ons lewe in 'n tyd van
inligtings oorlading en tot 'n groot mate abstraheer (is dit 'n woord?) 'n
mens al hoe meer. Daar is nie tyd vir details nie. Ek is (uit die aard van
my werk) lang tye op die web en hoofsaaklik lees ek net nuusopskrifte. Die
tempo van verandering neem toe. My Pa het die storie in detail gevolg - ou
koerantman. Hy verstaan nie die inligtingsontploffing nie...
Ek kry GEEN meer tyd vir fiksie nie. Ek verryk net die logiese deel van my
brein en onderdruk al meer die kreatiewe.
Kan 'n mens *te* beskaafd raak?
Jou definisie van instink is anders as myne?
Miskien, die instink waarvan ek praat is nie die behoefte-gedrewe dierlike
luste nie, maar eerder die sy van die brein wat nie rasioneel is nie.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
> Ek gee jou hierdie stukkie Blake om saam te neem vir
> padkos, Penkop. Ek sal nie weer van my laat hoor nie.
Dankie Gloudina !
Dis wonderlik van jou ! Jy't besef dat jy jouself baie onpopulêr maak !
Jy't besef dat jy onwelkom is !
(Sien, hier gebruik ek jou truuk teen jou. Jy hou daarvan om klein
stukkies van 'n boodskap buite konteks aan te haal. )
Ek is Jasper die Barbaar.
Deel van die X generasie
die generasie sonder identiteit (2?)
niks beindruk ons meer nie
ons pas nêrens in nie
niks gee ons meer 'n "kick" nie
ons probeer alles maar hou van niks
die Internet is 'n eensame en vervelige plek
en ons het verdwaal daarin
(my ESC knoppie werk nie).
Die enigste identiteit wat ons in geslagte
hierna sal hê is die geslag sonder identiteit
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
Vira het nou onlangs 'n stuk oor seepmaak geskryf
wat ek geweldig geniet het. Ek wil die volgende
aan haar opdra.
Dit laat my gedagtes terug gaan so 'n vyftien jaar
gelede. Die kerkbasaar was op hande. En die
De Langes het nie geld gehad om vroom te lyk
nie. Ek en my vrou het planne bedink om iets te
maak wat geld sou oplewer, maar self nie baie sou
kos nie.
TOE ek een middag by die huis kom, vertel ons
oorlede Kollie Kaptein in hondetaal my: "Baas,
jy moet help. Hulle maak nie reg met my nie."
Meer kon ek nie uit hom kry nie. Ek stap in die
kombuis en ruik net slaghuis. So in die groet vra
ek wat so ruik. O, sê my vrou ewe vroom: "Ons
gaan seep maak". Ja, sing ons vyf kinders al rielende
om die tafel; "Papa gaan tog seep maak". Selfs my
oudste wat in 6 jaar meer in die hospitaal as tuis was,
dans met haar krukke saam.
My hart sak in my skoene. As my vrou sê "Ons
gaan ... " en my kinders sê "Pappa gaan ...", dan
weet ek by voorbaat ek is die slagoffer. Op die tafel
staan twee groot sakke vol vet - 'n geskenk van die
slagter van 'n week se wegsnysels. Ek maak een sak
oop en 'n ouerige klankie tref my neus. Ek weet toe
sommer hoekom Kaptein so bekaf was.
Ek wil nog beswaar aanteken, maar my vrou vertel
my daar en dan dat meneer die chemikus behoort
mos seep te kan maak. Dit verhoog my kinders se
verwagting. Soos vyf Indiane dans hulle om my en
neurie "Papa gaan tog seep maak" op die deuntjie
so-so-me-la-so-me. Julle ken daai deuntjie - die een
wat so lekker terg. Daai nag slaap ek sleg want ek
weet 'n ding is aan die kom. Pa weet van die teorie
van seep maak alles, maar van die praktyk niks.
"Goed, " sê ek die volgende oggend vir my vrou,
"braai jy maar solank die vet uit", net om haar so
bietjie terug te kry. Teen 7 uur dwaal ek reeds tussen
die rakke van die universiteit se biblioteek rond. Ek
soek na 'n praktiese resep. Behalwe vir 'n boek
"Formulas and recepts" is daar niks prakties nie -
nie by chemie, huishoudkunde, chemiese
ingenieurswese, volkgeskiedenis of wat nie.
Tienuur met teedrink vra ek my kollegas. Almal vertel
my per teorie wat ek behoort te doen - iets wat ek
self weet: doen 'n eksperiment om die versepingwaarde
van die vet te kry, doen skaal berekeninge, ens. Ek
wil sterf van angs. Om hierdie teorie in werking te stel,
sal my 'n dag en 'n half neem - maar vroeg vannand
moet die seep reeds gemaak word. "Papa gaan tog
seep maak" eggo dit in my kop.
Op pad huis toe koop ek 2 kg seepsoda en 'n stukkie
ragfyne sjifon. By die huis staan vrou, kinders, hond
en kat gereed vir die seepmaak - die huis en erf stink
van kaaiings - die Engelse buurman gluur my dikbek
aan. Al die vet is gesmelt in 'n groot pot op die stoof.
My vrou het haar deel gedoen. Die koortjie begin hulle
deel doen: "Papa gaan tog seep maak".
"Kry asseblief daardie groot glasbak van jou, die kosbare
trougeskenk", vra ek ewe braaf. "Gebruik die groot
aluminium pot" skerm sy. Beterwetig antwoord ek
"Wil jy hê die seepsoda moet die pot opvreet, oor
ons almal val en ons dan ook opvreet?" Die koortjie
hou op met sing en loer met groot o"e - hier is
avontuur, goeters wat potte vreet.
Met so twee liter water in die bak, begin ek die seepsoda
so bietjies vir bietjies oplos. Die koortjie kan die
spanning nie hanteer nie. Ek laat hulle aan die bak
se kant voel hoe warm die oplossing word - chemie
aan die werk. Ek het nogal die oplossingwarmte uit
die teorie onthou. Uiteindelik is alles opgelos. Die
koortjie begin weer met hulle "Papa gaan tog seep
maak".
Nou die vet deur die sjifon filtreer. Ek wil niks sukkel
met loog of sulke dinge nie. "Weet jy hoe om seep
te maak", vra my vrou, want dit verloop glad nie meer
soos by haar ouma op die plaas nie. (Daar het hulle
net die grofste kaaiings uit die seeppot gekrap.) Die
vet ruik nie so lekker nie. "Kry gou vit my die Dettol"
beveel ek een van die koorlede. Ah, Dettol ken hulle,
dit laat mos 'n mens skoon ruik. Ek gooi so drie doppies
vol in die gefiltreede vet - weg is die geel kleur en die
krakie wat so uit die vet opstyg. My vrou begin weer
respekte kry.
Gou 'n toetslopie maak - 'n koppie vol vet en 'n derde een
vol seepsoda in 'n ander glasbak - werk ek gou met
wilde skattings en hoofrekene uit. Gelukkig vir die
toetslopie. Toe die seepsoda die vet tref. begin die spul
warm word en borrel. Ek, meneer die chemikus, het
skoon vergeet van die eksotermiese reaksiewarmte
wanneer die seepsoda die vet hidroliseer tot vetsuursoute
en gliserien. Die spul word koud en sewe paar o"e
begluur die wonder. Net die chemikus merk 'n paar
druppels vet op wat nie gehidroliseer het nie. "Nie
sleg nie - net so 5% seepsoda meer", sêk stil aan my
self.
Toe breek die groot oomblik aan. Eers gou die groot
emalje bak onder in die yskas regkry om die seep in te
giet. Ek vra my vrou 'n laken. Sy wonder wat ek wil maak.
Ek voer die bak daarmee uit. Sy skerm vir die laken.
"Vertrou jy nie my seep nie", vra ek verwytend. Wat
is beter as seep om 'n laken skoon te hou?
Daarna kom al die vet in die wasgoed se groot plastiek-
emmer, maatbeker vir maatbeker vol. Daarna, stadig,
een na die ander maatbeker vol, kom die seepsoda
bietjies by. Na elke bietjie roer ek met met 'n stok die
brousel. Die koortjie wil gedurig in die emmer loer wat
aan die gang is. Ek moet net keer - seepsoda is mos
gevaarlik. Ek begin agter kom dat ek tussen die duiwel
en die diepblou see is. Soos wat meer vet seep word,
so word die brousel stywer. Soos wat die brousel warmer
word en weer slapper word, wil die plastiekemmer al hoe
meer smelt. Ek is benoud. Gaan die emmer dit hou?
Gaan my rug en skouers die stywe geroer hou - daar is
geen ruskans nie.
Nadat die regte hoeveelheid seepsoda bygevoeg is,
help my vrou my om die swaar emmer vol gesmelte
seep in die emalje bak om te keer. Gelukkig is die
bak groot. Dit vul pragtig op tot 'n drievinger hoogte.
Nou vir die hele spul om af te koel. Intussen maak ek
'n snyer deur 'n boog met 'n vislyn te span. Soos koek
uit 'n pan lig ons die gestolde blok seep met die laken
uit. En voordat die seep nog kliphard kon word, sny ons
dit in sowat 40 stukke.
Pragtige blokke spierwit boerseep - vinnig besig om
so hard soos klip te word. "Weet jy", sê ek vir my
vrou, "omdat daar nie loog is nie, is al die gliserien
in die seep opgesluit. Hierdie seep gaan werk."
Ons het een blok self beproef. Die blok het 'n was
gemaak wat sagkends werk. Maar die blok het self
so hard soos klip gebly. En dit het gehou en gehou.
Ons het op die basaar ons katswink gesukkel om
die seep te verkoop. Niemand wou juis met die seep
waag nie. Maar lank voor die volgende basaar het hulle
ons begin pes: "Gaan julle weer van daardie seep maak?
Ons sal sommer tien blokke neem. Ons sal selfs twee
keer soveel vir 'n blok betaal."
Ek en vrou het genoeg avontuur gehad met een keer
se seep maak. Ons wou liewers ander planne maak
vir die volgende basaar.
* Die paperazzi: 'n spesiale tipe joernalis wat spesialiseer daarin
die beroemdes te bekruip en te pla en hul privaatheid te skend.
Hulle het geen respek of waardes nie. Hulle sal enigiets doen
vir fotos. Hulle het onmiddelik na die ongeluk oor
die kar kom swerm en voortgegaan om fotos te neem - het selfs hul
kameras teen die ruit gedruk en afgeneem.
* Die media wat hoe pryse betaal en paperazzi aanmoedig in hul werk.
En dis nie net die britse pers nie. Hier in die australiese
tydskrifte verskyn fotos en artikels wat duidelik
die grens oorskry, o.a. fotos en skindernuus oor beroemdes se tiete en
selluliet en obsene fotos oor hoe hul uit karre klim en op hul
seiljagte le en privaat wees ens ens. Die australiese pers het al
die walglikste fotos gepubliseer wat nie eers in brittanje gepubliseer
is nie. Hulle sou die week 'n tydskrif vol skindernuus oor Di en haar
kerel plaas. Hulle is nou so bang vir die publiek dat hul al die
kopiee gaan vernietig en in plaas daarvan 'n 25 bl kleurbydrae tot
haar gedagtenis insluit. Sulke twee-gat jakkelse. Huigelaars!
* Lady Di self: Waarom het sy nie 'n veiligheidsgordel gedra nie ?
Die enigste een wat blykbaar 'n gordel gedra het (het nogal voor
gesit ook) leef. Sit daai gordel aan!
* Die egiptenaar Fayed waarmee sy uitgegaan het: Die bestuurder sou nie sonder
sy aanhitsing so vinnig jaag nie. Hy het heel waarskynlik die bestuurder
aangemoedig om weg te jaag. Hy was bekend daarvoor dat hy van
mooi meisies en VINNIGE MOTORS gehou het. Lady Di het darem beter
verdien as hy.
* Die bestuurder. Hy was dronk. 3 x die limiet. Onvergeeflik.
Drink en bestuur is onverskoonbaar.
* Die britse koningshuis, wat ook maar hul gat afgevee het aan Di.
Kon hulle nie meer doen om dit vir haar makliker te maak om in te
pas nie ? Dalk sou dit minder druk op hulle huwelik geplaas het.
En nou wil hulle dit duidelik laat blyk dat haar begrafnis nie
amptelik is nie.
* Prins Charles: kon hy nie maar meer doen om sy huwelik te probeer
red nie ? Het hy sy bes probeer ?
* Al die nuuskierige agies wat persoonlike informasie oor haar verslind
het. Waarom stel mense belang in fotos oor beroemdes se private lewens?
Gaan sit op 'n spieel en beloer julle eie agterent!
Neem dan 'n foto en plak dit teen 'n kennisgewingbord.
Ek hoop julle stik daarin.
* Daai mense van die pers wat dink omdat sy die pers gebruik het vir haar
doeleindes kon hulle haar gebruik het. Ek weier om te aanvaar dat mens
die pers "misbruik" as jy wil he hul moet hul ontferm teen die verminking
van landmyne, die armes en siekes. Dis bloot die pers se morele plig,
geen misbruik nie.
Ek het my verbeel ek hoor hoe ritsel
daar tussen die dokter
se doodgewone woorde deur
blinkswart vlerke van vernietiging.
En my gedagtes het om sterrewolke gevorm
en die kil donkertes waarin dit dryf
want ek vermoed sterre maak patrone in die nag
omdat daar tekens van God is in die koue lug.
Maar my dag is gou weer bevolk
met bome wat die son se gerieflike strale
in soet skadus op 'n teerblad breek.
Die ritsel van vlerke, duiwe op 'n parkeerterrein.
Die donker geometrie van die dood
word nog nie finaal in my geweef nie.
Maar Esther, jy staan nou alleen
met duiwe wat bo jou fladder in die persblou lug.
Om jou gloei die helder lewe.
Elegante tyd krul soos 'n veer in jou op.
Jy is op pad na daardie vreemde land
waar die lug se kleur die essensie van duiwe is.
Esther, jy los my met 'n vreemde kennis
van die grasie van duiwe.
Elke dag sien ek nou hoe hulle vreugdevol
patrone flits teen die koue kranse van die stad.
,
. Ek ken jou nie, dus kan ek nie 'n
> ingeligte besluit neem oor wie jy is nie. Al wat ek weet is dat ek nie
> veel van jou hou nie.
>
> Sies, Gloudina. Mens maak nie so nie.
mense wat net eenvoudig nie met ander in
> vrede/vriendskap wil leef nie.
> H-J
>
A, uiteindelik! Net soos ek verwag het. Hier kom die
boerklong van Gauteng aangejaag op sy stokperdjie.
En hy skiet hier en hy skiet daar, en hy skiet homself
in die voet en dan sit hy sy voet in sy mond. Het jy
al ooit daaraan gedink dat jou oorspronklike opmerkings
oor my die vuurtjie aangesteek het. Jy maak 'n gewoonte
daarvan om vir mense te vertel dat jy nie van hulle nou
nie, lyk dit my.
Dit sal jou miskien interesseer dat op 'n sekere stadium
Vira en ek e-pos kommunikasie gehad oor William Blake.
Hoe weet jy dat ons nie die hele vete gestage het vir jou
delicatessen nie? Ooit gehoor van smoke and mirrors?
Ek gee jou hierdie stukkie Blake om saam te neem vir
padkos, Penkop. Ek sal nie weer van my laat hoor nie.
A truth that's told with bad intent
Beats all the Lies you can invent.
It is right it should be so;
Man was made for Joy & Woe;
And when this we rightly know
Throë the World we safely go.
Joy and Woe are woven fine,
A Clothing for the Soul divine;
Under every grief & pine,
Runs a joy with silken twine.
The Babe is more than swadling Bands;
Throughout all these Human Lands
Tools were made, & Born were hands,
Every farmer Understands.
(William Blake 1757 - 1827)