Wie luister na Punt? En voldoen dit aan die behoeftes van Afrikaanssprekendes?
Wat my betref doen hulle goed vir 'n begin. Hulle is nog nie kontroversieel
genoeg nie en die onnodige swak gebruik van taal deur sommige aanbieders
(Standaard Afrikaans wat met swak Engels gemeng word) is steurend, maar sal
hopelik regkom.
Soli maak die stasie. En die natuurlike en gemaklike bydraes van die
plattelandse mense, van alle agtergronde, en in die besonder van die "capeys",
bewys die lewenskragtigheid van Afrikaans.
Antoinette Pienaar, begelei deur Derek Fordyce, tree tans op by Broadway in
Groenpunt, Kaapstad.
Ek sal graag kommentaar wil hoor van ander persone wat haar vertoning reeds
gesien het. Ek het nie baie gehou van "Lossie liefde vir later" wat sy vroeër
vanjaar op Oudtshoorn gehad het nie, maar hierdie vertoning was vir my 'n
groot verbetering. Sy kombineer engelse en afrikaanse liedjies baie goed om
haarself met die gehoor te deel.
Indien iemand graag die vertoning wil sien/hoor, kan besprekings gedoen word
by 021-4188338. Die venue is baie lekker.
Chris wrote in article
...
> Antoinette Pienaar, begelei deur Derek Fordyce, tree tans op by Broadway in
> Groenpunt, Kaapstad. Sy kombineer engelse en afrikaanse liedjies baie goed om
> haarself met die gehoor te deel.
Hier's 'n goeie een vir jou. Marieta Roos skryf in haar artikel "Slang!
Marteldood van die stekende naalde" in die Huisgenoot van 13 November die
volgende:
"Dit bleik Paul was in der waarheid allergies vir die slang se gif. Sy
liggaam het in 'n toestand van anafalaktiese skok ingegaan onmiddelik na
die byt."
En weer later: "Daarom moet 'n pasiënt eers met antihistamien ingespuit
word om hom daarvoor te desensiteer." OK, my peabrain kan desensiteer
uitwerk, hoe ongewoon dit ookal mag wees, maar anafalaktiese is een te
veel. My 1976 weergawe van Kritzinger is nie veel wyser nie.
Maar het iemand (ek meen dit was At de Lange) nie eenkeer genoem dat die
Huisgenoot op vlak vier Afrikaans geskryf word nie? Sou hierdie tipe taal
aan daardie standaard voldoen?
Leendert van Oostrum hoor hier.. As ek reg is dat jy 'n Nederlander is dan
het ek slegte nuus vir jou.
Nederlanders was die wreedste koloniale moondheid ooit.......gaan lees oor
hulle wreedhede in hulle vorige kolonies.
Nederlanders het altyd stories aangedra na die Duitse
besettingsmagte.......byvoorbeeld, die bekende Anna Frank is deur haar
Nederlandse bure aan die Duitsers gaan verklik.
Nederlanders is grof immoreel - poskaarte met vroue en mans se
geslagsdele daarop
word in elke toeriste kraampie, op straat en in winkels gevind.
Nederlanders het 'drugs' gewettig en die Staat verkoop dit selfs in
spesiale winkels en in alle apteke.
Nederlanders is net so rassisties soos enige ander nasie, luister net na
hulle grappies en opmerkings tov Surinamers, Morokane ander 'swartes'.
Nederlanders is nie trots op hulle taal nie. Hulle taalgebruik is deurspek
met engelse woorde.
Nee wat van Oostrum, Nederlanders kan nie 'n vinger wys aan enigiemand nie.
Gloatina oor die straat heeft geschreven in bericht
> Julle het geen besef van wat julle donker broers
> vir eeue moes deurmaak nie.
> Hulle struikel en
> hul val,
En nou patronize Gloatina weer die swart regering - hulle kan nie aan
dieselfde kriteria gemeet en aan dieselfde standaarde gehou word wat
Gloatina vir 'n wit regering stel nie.
Ou storie die - wit westerlinge wat nie aan Afrikaregerings dieselfde
standaarde stel as aan wit regerings nie. En nou het die bliksems die cheek
om te skuil agter "Africa pessimism"!
Dit is die mees siniese vorm van rassisme wat daar is - die tema van Jill
Wentzel (van SA Institute for Race Relations) se boek "The Liberal
slideaway" waarin sy daarop wys dat die white
liberals nog altyd, maar veral in die tagtigerjare, 'n ander stel reëls vir
swartmense gehad het as vir wittes.
Die sterkste ondersteuning vir Wentzel se argument kry mens natuurlik in
Biko se "I write what I like".
Rana, volgens my broer bevind ek myself vierkantig in 'n middeljare krises.
Want sien, op die rype ouderdom van amper 40 het ek vir my 'n gaatjie laat
inskiet en "sport" deesdae 'n silwer oorring.
Ek stem natuurlik nie met hom saam nie. Dis iets wat ek nog altyd wou doen
maar weens sosiale druk het ek liewers nie. Dit was so uit soos om vir 'n
swart persoon "meneer" te sê. Ek het net eendag besluit te hel met wat Pa
en die res gaan sê. Moet ek nou eers wag tot hy in sy graf is? Verbasend
genoeg het hy sienende blind gebly.
Maar die ringetjie is op die 'gewone' plek waar mens gewoonlik 'n oorring
dra, en nie hier in die middel van die oor nie. Dít is darem vir my gagga.
En ek glo neusringe hoort tuis by bulle. Ek het al prentjies gesien van
ringe wat op geslagsdele gedra word - Dít kan jy nie glo nie... !
Ek is nie deel van 'n weird kultuur nie en ek probeer nie enige stelling
daarmee maak nie. Dis doodeenvoudig net vir my nice.
Nou dat ek almal uitgeskel het, wil ek sommer 'n gunsie vra - as daar nog
iemand is wat met my wil gesels ... :)
Dit lyk of ek binnekort 'n besoekie gaan aflê in Australië - Perth se omgewing.
Is daar dalk van julle in Oz (Galjoen ... lees jy nog? Mike?) wat vir my kan
sê of daar in daardie deel van die wêreld 'n plek is waar ek blou opale kan
koop - teen billike pryse? Sovér ek weet, word hulle mos in Aus gemyn, nie
waar nie? Daar's ook 'n stopover in Singapore beplan, maar baie kort. Ek sou
seker nie die beste kwaliteit en pryse daar kry nie, maar eerder in Oz, of hoe
dink hulle?