Ek weet nie hoe goed dit met Roelf en Bantu gaan nie maar die storie van
die week was Roelf se besoek aan die Groot Krokodil. Het die man rerig g'n
idee van die politiek nie? Is hy so hard-up dat hy met sulke mense moet
gaan praat? Sy slegte tydsberekening is bewys toe die WVK ondersoekspan 'n
rukkie later daar by die krokodilpan opdaag met 'n dagvaarding vir die
antediluvian akkedis met die hele wereld se TV en koerant joernaliste.
Aikona. Die man is of baie dof of polities naief of het absoluut geen
scruples nie. Ek dink hy wou die bietjie persbelangstelling in die
verlowing tussen die Wildernis kruipende dier en die Karoomeisie 'n bietjie
gaan uitbyt maar die ding was soos altyd vir arme Roelfie 'n totale
mislukking. Dis eintlik 'n jammerte want die politiek in SA is te steriel
en gepolariseerd. Die probleem is egter dat mense soos Bantu, Roelf, Winnie
en PW nie in een party kan saamleef nie en dis hoog tyd dat Roelfie dit
besef.
Groete
Saturated van Simonstad
Kyk bietjie na hierdie website: HTTP://www.lia.net/agrobler/Bomskok.htm
Was julle al daar?
Het julle al iets begin doen oor afrikaansoppienet?
Miskien moet julle ophou kyf en begin bou.
Cheers
On 20 Nov 1997 17:35:17 GMT, "Stephanus Schoeman" <s_sch...@hotmail.com> wrote:
<< Verder kan ek net so 'n
> Afrikaner wees in NZ as wat ek in SA kan wees. >>
Ek vermoed dis n wêreldwye "trend" wat seker maak deel van die global
village ding is.
My kinders se beste vriendjie op die oomblik is n Kanadees wie se
ouers hier werk. Sy gaan nou hier skool saam met hulle.
Verlede jaar was een van hulle vriendinne n Italianer wie se pa hier
op kontrak gewerk het. Hulle kom aanstaande jaar terug vir nog n jaar.
Hulle is Italianers in SA.
Hulle link ook met die Internet op huis toe om op hoogte te bly.
> Die nuusgroep dwaal rond in gedigte boeke en probeer nostalgies vasklou aan
> 'n taal in die buiteland, omdat hulle wortels lankal nie meer voed uit die
> kultuur waarin dit gekweek is nie. Moerdertjie, hoe vervelig kan die
> gesprek nou nog raak met sulke deelnemers.
Gloudina skryf:
Dit is vir my altyd interessant as iemand begin
om op te merk dat die gedigte nie op die nuusgroep
behoort te wees nie. Ek het altyd 'n vermoede dat
die persoon wat daarteen is 'n agenda het. Ek wonder
of jy besef dat baie van die gedigte uitgetik is uit
die nuutste publikasies van gedigte uit Suid-Afrika
(onder andere "Tydskrif vir Letterkunde" en "Concept")
geskryf deur digters in Suid-Afrika, wat dus tog midde
in die gemeenskap lewe. Hoekom objekteer jy teen hulle
gedigte? Of objekteer jy teen die feit dat iemand
buite Suid-Afrika die belangstelling en die guts het
om so 'n funksie te vervul? Ek dink jou agenda is:
mense wat Afrikaans beoefen buite Suid-Afrika het nie
die reg om dinge te doen wat mense binne Suid-Afrika
die reg het om te doen nie. Ek sou graag wil weet
wat ander mense hiervan dink.
-----------
Vir 'n verandering stem ek saam met Gloudina. Met moderne tegnologie asook
die groot aantal Afrikaans sprekendes wat veral die afgelope 18 maande uit
SA weggaan, gaan Afrikaans meer en meer beoefen, voortbestaan en selfs
ontwikkel buite die landsgrense. Ons het soveel Afrikaanse vriende in
Christchurch dat ek nie kan sien dat die tyd ooit sal kom dat ons minder of
swakker Afrikaans sal praat nie. Ons het meer Afrikaanse musiek aangekoop
voor ons SA verlaat het, as ooit te vore. Ek het 'n vriendin ontmoet wat
Afikaanse gedigte toon set en het met meer passie daarna geluister as wat
ek my ooit sou kon in dink. Dis maar soos met so baie dinge - jy waardeer
dit meer as jy weet jy kan dit dalk verloor. Verder kan ek net so 'n
Afrikaner wees in NZ as wat ek in SA kan wees. Miskien gee die afstand
asook die kontak met 'n multi kulturele volk soos in NZ my meer perspektief
as wat ek in SA gehad het. Daar het ek in elk geval die laaste 2 jaar so
gespartel om ekonomies te oorleef en ons lewe 'veilig' te maak dat ek nie
tyd gehad het om my oor baie ander dinge te bekommer nie.
Ek groet uit 'n koel Christchurch (12.2 grade maar dit is darem nog half 7
in die oggend - hier wissel die temperatuur maklik met 10 grade binne 'n
uur!!!) Maar dis groen, mooi en skoon al mis ek die geel warmte van die
Afrika son.
Ma, saam met moedersmelk
het ons Totius, Leipoldt en Visser verteer;
kwartelklein woorde ontsnap uit koutjies
spalk arendsvlerke oor die aarde uit
moedersmelkwoorde lê donsig in vreemde lande
tussen blaaie van bundels vol verse
in doolhowe van boekrakke in biblioteke
tussen Cervantes en Guido Gezelle
lê my tenger vere by digkuns van poëte.
Weet iemand of daar 'n swakker isp is as mweb? In die begin was hulle
oraait maar vandat hulle so ernstig begin adverteer het kry ek maar geen
geluk met hulle nie. Die servers is ongelooflik stadig, lyne is altyd
besig of die servers is sommer net stukkend. Kla help ook nie, die help
line se maar net hulle sal na die probleem kyk. Ongelukkig kan ons op die
platteland nie kies nie. Dit is of hoe telefoon rekeninge om Pta of Jhb
toe te bel of sukkel voort met die enigste isp in die deel van die land.
Weet iemand of daar 'n swakker isp is =
as mweb? In die begin was hulle oraait maar vandat hulle so =
ernstig begin adverteer het kry ek maar geen geluk met hulle nie. =
Die servers is ongelooflik stadig, lyne is altyd besig of die =
servers is sommer net stukkend. Kla help ook nie, die help line se =
maar net hulle sal na die probleem kyk. Ongelukkig kan ons op die =
platteland nie kies nie. Dit is of hoe telefoon rekeninge om Pta =
of Jhb toe te bel of sukkel voort met die enigste isp in die deel van =
die land.Wat kan 'n mens doen om beter diens te =
kry?Groete
Verskoon maar die onervarenheid hier. Hou daarvan om te lees en nie deel te
neem nie, weens onkunde aan die een kant, en weens amusasies aan die ander
kant.
Die gesprek in die buiteland oor wat in S.A. gebeur, en waaraan Leendert so
knus deelneem is werklik interessant. Die verwyte wat rond geslinger word
oor sewentigerjare se kinders wat nou verwyt word omdat hulle nie 'n
verandering wou laat plaasvind nie, is plain belaglik en onsinnig.
In S.A., Leendert, is wel Afrikaners wat in die sewentigerjare, toe jong
studente, besluit het om die stelsel van binne die Afrikaner binnekring te
verander, waarvan Roelf Meyer, en al die jonger NP leiers deel was. Die
verandering in denk wyse was belangriker as 'n oorlogvoering. Dit het
ongeveer twintig jaar geneem, maar dit het eventueel gebeur, en hierdie
binnekring revolusie is nie op kennisgewingborde opgeplak of ooit erkenning
aan gegee nie. Net vir die interessantheid.
Die huidige dinamiek onder die Afrikaners wat Afrikane is en wil wees, is
om 'n verskil aan die toekoms te maak en daar word baie hard daaraan gewerk
sonder vele gejaag na erkenning en medaljes vir anti-apartheid sentimente
soos wat tot vervelens toe deur Gloudina probeer verdien word.
Die nuusgroep dwaal rond in gedigte boeke en probeer nostalgies vasklou aan
'n taal in die buiteland, omdat hulle wortels lankal nie meer voed uit die
kultuur waarin dit gekweek is nie. Moerdertjie, hoe vervelig kan die
gesprek nou nog raak met sulke deelnemers.
Hier op grond vlak, dig teen die aarde, is goeie dinge besig om plaas te
vind, waaraan 'n groot groep Afrikaners deelneem wat in die
waarheidskommissie bereid was om pak slae te ontvang vir die verlede, maar
nou ook verantwoordelikheid wil neem vir die toekoms. Dis so ver verwyderd
van die werklikheid van die deelnemers aan hierdie nuusgroep, dat dit nie
die moeite sal loon om te verduidelik nie. Kom terug aarde toe en maak op
grondvlak 'n verskil, dis wat julle moet doen. Maar om heeldag te sit en
filosofeer oor dinge waarvan julle skrikwekkend min weet, sal geen hond
haar-af maak nie. Of miskien is die pogings om intellek te adverteer maar
slegs net dit, en niks meer nie.Of miskien slaag julle daarin om 'n beeld
te skep van 'n land en die Afrikaner, en te hoop dat oningeligtes julle sal
glo.
As julle wil weet wat werklik besig is om met die Afrikaner te gebeur en
julle kan die geduld openbaar om dieper as CNN en koerantberigte te delg,
kan ons maar gesels.
Julle sit op die pawiljoen terwyl my soort besig is om die wedstryd te
speel op 'n baie harde baan en in moeilike omstandighede. Miskien verander
julle denkwyse ook. Of beter, miskien sal julle meer insig he om beter
insette te lewer.
Die gesprek is nogtans interessant en word baie geniet. Groetnis.
Ek het 'n paar Engelse websites; ongelukkig het ek nie tyd om dit te vertaal
in Afrikaans ook nie. As iemand so patrioties wil wees om dit vir my te
doen, sal ek salig gelukkig wees.
On Wed, 19 Nov 1997 13:20:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
Ek sien nerens waar hy se die nuwe beleid laat bantoe-onderwys na
Moeder Theresa lyk nie.
Met ander woorde dat dit erger is nie.
Dit is presies wat ek gedink het. Uit konteks aangehaal en baie
selektief ook om jou punt te steun.
(Jy wat op n tyd so na bronne navraag gedoen het as iemand iets se
waarvan jy nie hou nie!)
Net om jou ou geheue te verfris: onderwysbeleid 'n crime against humanity is wat bantu education na Moeder[/color]
>> Theresa laat lyk.>>>>
En het jy toe al uitgevind wie Derek Hanekom is?
En slaan sommer bietjie na oor Gill Marcus se "kleur" ook. Ek het haar
uitgelaat.
Ek besef jy het waarskynlik al van daardie uitsprake van jou vergeet.
Maar hulle staan nog hierbo iewers.