Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Die Klippe Praat" deur P.J. PHILANDER

Wo, 11 Februarie 1998 00:00

DIE KLIPPE PRAAT
P.J.Philander

Gaan tot die keper en skraap
die patina vir spore uit die Kaap
tot die waarheid duidelik bo
op die rotse is van die Erongo.

Sedert die Rijger, Goede Hoop en Drommedaris
bewaar julle valse stukke by die argivaris.
In die wande ingegraveer
is ons baasskap verewig teen wind en weer.

Die bruin, wit en swart figure
moes julle saamgestel het op die binnemure;
pas op vir die dag as ons hatig en sku
op julle kasteel en wonings nader tree.

Vir die baasjagter raak die spore
van die gekwestes mos nooit verlore
en die ou fonteine nog gister brak
kan in swaar tye tog soet raak.

Net ons soos dier en plant
ken al die drinkplekke in die sand;
sal tot die einde met klou, tand
en bitter wortels bly in die land.

Intussen kook ons potte
gif vir die klomp veldrotte;
vervloek dié wat ons stryd
om 'n bestaan by die wortels byt

en wag tot die grootwild op 'n dag
die hoogtes moet verlaat en oornag
in die laagtes tussen dorings...
dan kry elke graf sy koedoehorings!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

misdaad in SA

Wo, 11 Februarie 1998 00:00

Interessante berig wat in die Volksblad en Beeld verskyn het.

Suid-Afrikaners is vas onder die indruk misdaad in die land neem
daagliks toe, terwyl syfers wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir
Rasseverhoudinge bekend gemaak is, toon misdaad het sedert 1993 net in
vyf van die agttien afdelings toegeneem. ·
Jan Morgenrood van Die Volksblad, Beeld se susterkoerant in
Bloemfontein, het ’n kriminoloog, sosioloe… en ’n kenner in gedragswe
tenskappe gepols oor die€ wanbeeld.

Mense se indrukke oor misdaad is heeltemal verkeerd. Hulle wil ook nie
daarvan hoor dat misdaad afneem nie. Hulle word selfs kwaad as ·
jy dit viraan hulle se„.

So€ se„ prof. Beaty Naudé, ’n kriminoloog aan die Universiteit van
Suid-Afrika in Pretoria. ‘‘Jan en alleman se indrukke oor misdaad is ·
verkeerd. Die misdaadsyfers is nie werklik so hoog as wat die meeste ·
mense dink nie. Wat wel gebeur het, is dat die wanbegrippersepsie
dat misdaad toegeneem het, groter en sterker is as die feit dat
misdaadsyfers eintlik heelwat laer is.’’

Die Volksblad het sowat tagtig ·mense gebel en vir hulle gevra of
hulle besef misdaad in Suid-Afrika het in werklikheid sedert 1993
afgeneem.

Nie een van hulle wou dit glo nie, en sommiges het selfs gese„ die
inligting wat die koerant ontvang het, is ‘‘gekookte propaganda’’.

‘‘Lees jy nie die koerante nie en kyk jy nie TV nie?’’ was iemand se ·
kommentaar.

Hier is die feite: 16% minder moorde is sedert 1993 gepleeg; sowat
25% minder mense het onder rowers, wat hulle ·
wou beseer, deurgeloop; 15% minder mense is verlede jaar as in 1993 ·
ontvoer, veediefstal het met 8% afgeneem, motor- en motorfietsdiefstal
is sowat 10% minder as in 1993; en bankrooftogte het met 33% afgeem.

Ongelukkig is 20% meer mense sedert 1993 verkrag, en 1,6% meer ·
huisbrake is aangemeld. Algemene diefstal het met 50% toegeneem, en ·
gevalle van onsedelike aanranding met 24%.

Enigiemand wat nog twyfel dat dit ’n opvatting is wat om verskeie
redes verkeerd is en nie misdaadsyfers is wat die hoogte inskiet nie,·
kan gerus mense oor ontsnappings uit tronke uitvra.

Mense se algemene reaksie is dat tronke net sowel hul deure kan
oopgooi, want gevangenes ‘‘kom en gaan net soos hula·
le wil’’.

Statistieke bewys egter die teendeel. Verlede jaar het 937 gevangenes
uit Suid-Afrikaanse tronke met ’n totale gevangenetal van sowat
140`000 ontsnap, terwyl 2`339 vangenes in 1974 uit tronke met ’n
inwonertal van 94`000 ontsnap het.

^Die feite toon Suid-Afrika is vandag eintlik ’n veiliger land om in
te woon as in die apartheidsdae.

Nog ’n feit is dat veral blankewit Suid-Afrikaners dit nie glo nie.
Die indruk dat misdaad toeneem, groei nou sterker as wat die
misdaadsyfer nog ooit vermeerder verhoog het.

Prof. Almero Weyers, direkteur van die eenheid vir professionele
opleiding en dienslewering in die gedragswetenskappe aan die Vrystaat
se Universiteit in Bloemfontein, se die indruk dat misdaad toeneem, ·
kan grootliks aan inligting en ervaring toegeskryf word. ‘‘O€f mense ·
ontvang meer inligting oor misdaad o€f hulle het self ervaring
daarvan.

Die€ twee faktore bepaal gewoonlik ’n opvatting. Dit beteken nie
noodwendig ’n opvatting is reg nie, maar dit is ook nie maklik om dit
te verander nie.

‘‘Ek is seker inwoners van swart woonbuurte het voor 1994 die
opvatting gehad dat misdaad net in hul buurte plaasvind. Nou het dit
nader aan blankewit buurte beweeg, en dit kon selfs met ’n buurman
gebeur het. Die€ inligting en ervaring gaan daardie buurt se opvatting
oor misdaad bepaal.’’

Weyers se„ ook gemeenskappe *180 spasie te groot moet hulleself eerder
bemagtig as om hulle oor te gee aan die negatiwiteit van die indruk
dat misdaad toeneem en hulle dalk enige dag gaan tref.

·
‘Eerder as om energie te mors om die wanindruk te probeer verander, ·
kan mense streef na ’n ewewigtige lewensuitkyk, realisties dink oor
misdaad en te alle tye waak teen ’n oorheersende wantroue in die
medemens.’’

Ongelukkig wil dit ook voorkom of die wanindruk dat misdaad toeneem,
rassisme bevorder. ‘‘Mense gee sekere groepe die skuld vir misdaad, en
dit lei tot ’n veralgemening dat misdadigers net uit sekere
rassegroepe kom. Die enigste manier om dit tee… te werk, is om te werk
aan jou medemenslikheid en te aanvaar dat ·
alle rassegroepe onder misdaad . Veral sosioloe… glo die media moet ·
’n groot deel van die skuld kry vir die wanindruk dat misdaad toeneem.

’n Amerikaanse sosioloog se misdaad is goedkoop en nou veiliger ·
om oor te berig, en daarom kom dit meer gereeld in koerante en oor
televisie voor. Suid-Afrikaanse apartheidswette het joernaliste
vroee…r ook verbied om oor verskeie misdade te skryf.

nr. Demos Takoulas, ’n sosioloog van Pretoria, stem saam.
‘‘Misdaadberigte het beslis oor die afgelope vier jaar
vermeerdertoegeneem, en dit speel ’n groot rol in die indrukpersepsie
van mense wat mense het dat misdaad oor die€ tydperk toegeneem het.’’

Die groter openlikheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens oor die
bekendmaking van misdade kan ook ’n rol speel.

^Sr.`supt. Johlene van der Merwe, kommunikasie-offisier van die
SAPD in die Vrystaat, meen die media berig nou selfs oor misdade in ·
tradisioneel swart gebiede. ‘‘Dit is baie selde voor 1994 gedoen. Dit
lei onvermydelik tot ’n toename in misdaadberigte. Met die€ inligting
is dit byna onmoontlik dat mense nie glo misdaad neem toe nie, terwyl
dit eintlik afneem.’’

Suid-Afrika se algemene misdaadsyfer vergelyk ook glad nie sleg met ·
die misdaadsyfers in ander Westerse lande nie. Sowat 5`700 misdade ·
word per 100`000 mense in Suid-Afrika gepleeg, terwyl die gemiddelde ·
vir alle Westerse lande sowat 5`000 misdade per 100`000 mense is.

n Opname deur ’n Engelse dagblad wys ook misdaad in Durban en ·
Johannesburg is in minder gevalle gerig teen blankes as wat die
algemene indruk is.

Mnr. Azar Cachalia, sekretaris van veiligheid en sekuriteit, se„
sekere gemeenskappe het die wanindruk dat misdaad daagliks toeneem
omdat ge…soleerde voorvalle van misdaad vir die eerste keer in jare in
daardie gebiede voorkom. Hy stem ook saam met sosioloe… dat die media
dalk vir die wanindruk verantwoordelik kan wees.

‘‘Misdaadberigte is dikwels sensasioneel, en dit dra by tot ’n gevoel
van vrees wat mense onder die indruk bring hulle het beheer ·
oor hul lewe verloor.’’

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Diskriminasie 'n stappie te ver !!

Di, 10 Februarie 1998 00:00

KAAPSTAD. - 'n Aankondiging deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme
dat sportvissers van vandag nie meer weeksdae perlemoen en kreef mag
uithaal nie, is gister met 'n golf van kritiek deur sportvissers en
bewaringsmense begroet.

Goeie nuus vir bestaansvissers is egter dat 'n beperkte aantal kreef-,
perlemoen- en snoekpermitte beskikbaar gestel gaan word aan behoeftige
vissers wat voorheen nie toegang tot die bron gehad het nie. Hulle sal hul
vangste mag verkoop.

Hoewel die hulp aan bestaansvissers verwelkom word, is dr. Pallo Jordan
daarvan beskuldig dat hy pleks van om stropers vas te vat of die
kommersiële kwota te sny, hom op 'n sagte teiken - wetsgehoorsame mense wat
vir ontspanning duik - toespits om die aanslag op die marienebron te
verlig.

Onderwater Afrika, die unie vir sportduikers in die Wes-Kaap, het gesê
hy weier om te hou by die nuwe bepalings - ingevolge waarvan kreef en
perlemoen net naweke en vakansiedae tussen 8 vm. em 4 nm. uitgehaal mag
word.

Volgens die woordvoerder, mnr Alex Papayani, het die regering nie die
moed om die stroperprobleem by Hawston te takel nie; nou straf hy
sportduikers. Intussen is die sportvissersbedryf miljoene rande - selfs
meer as die kommersiële bedryf - vir die land werd.

"Wat word nou van sportvissers wat naweke werk en in die week wil kreef
uithaal of duik, of mense wat vakansie hou? Dit is soos 'n tronkstraf!"

Die Wes-Kaapse Marienebewaringsvereniging se voorsitter, mnr. Vic
Kabalin, het gesê dit is nie regverdig dat sportvissers uitgesonder word
nie, aangesien hulle net 'n fraksie van die kreef uithaal wat groot
maatskappye vat.

Seevisserye meen egter die ontspanningsbedryf het hand uitgeruk. Die
hoofdirekteur van Seevisserye, dr. Monde Mayekiso, sê die inkorting van
sportvissers se tyd is 'n poging om die druk wat die ontspanningsbedryf op
die aanlandige bron plaas, te verminder. Die huidige perk van vier krewe en
vier perlemoene per persoon bly egter onveranderd.

"Die aantal kreef- en perlemoensportvissers styg elk jaar dramaties.
Verlede seisoen is 75 000 permitte verkoop en vanjaar sal dit nóg meer
wees. Ek het instruksies gegee dat niks meer vanjaar verkoop word nie."

Intussen het die Informele Vissersektor, waaraan 3 200 bestaansvissers
in die Wes-Kaap behoort, gesê hoewel die groter toegang vir sý lede
verwelkom word, is hy bekommerd oor die manier waarop permitte uitgereik
gaan word.

"Registrasie van bestaansvissers moet vinnig en regverdig afgehandel
word, so nie sal elke Jan Rap en sy maat sê hulle is bestaansvissers," het
die voorsitter van die sektor, mnr. Andy Johnston, gesê.

Ingevolge Jordan se plan sal 1 000 kreef- en 250 perlemoenpermitte aan
agtergeblewe vissers teen R40 stuk verkoop word. Voorkeur sal gegee word
aan behoeftige broodwinners met 'n geskiedenis in die visbedryf. Dit sal
permithouers in staat stel om vier krewe en perlemoene per dag elke dag van
die week te vang en te verkoop. Permitte sal ook aan snoek- en
hottentotsvissers uitgereik word sodat hulle daagliks tien visse elk mag
vang en verkoop.

Bestaansvissers sal ook net tussen 8 vm. en 4 nm. hul vangste mag land
toe bring - 'n beperking wat Seevisserye meen wetstoepassing sal
vergemaklik. Bestaansvissers wat tans 'n sportpermit het, moet dit vir 'n
nuwe permit inruil.

---
Dit was 'n artikel in 'n lokale koerant.

Ek het geen probleem as so 'n stap geneem word om 'n bron te beskerm nie,
maar as dit suiwer polities is , soos dit in die geval blyk te wees, dan
sien ek groot probleme vir ons reënboognasie, want dit lyk my in ons
reënboog is daar nie regtig plek vir al die tipes(let wel nie kleure nie)
nie, want die 'artergeblewe persone' , is nie deel van dieselfde reënboog
nie !!!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Visstories

Di, 10 Februarie 1998 00:00

"Hannes" writes: > KAAPSTAD. - 'n Aankondiging deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme
> dat sportvissers van vandag nie meer weeksdae perlemoen en kreef mag
> uithaal nie, is gister met 'n golf van kritiek deur sportvissers en
> bewaringsmense begroet.
> ���Goeie nuus vir bestaansvissers is egter dat 'n beperkte aantal kreef-,
> perlemoen- en snoekpermitte beskikbaar gestel gaan word aan behoeftige
> vissers wat voorheen nie toegang tot die bron gehad het nie. Hulle sal hul
> vangste mag verkoop.
> ���Hoewel die hulp aan bestaansvissers verwelkom word, is dr. Pallo Jordan
> daarvan beskuldig dat hy pleks van om stropers vas te vat of die
> kommersiële kwota te sny, hom op 'n sagte teiken - wetsgehoorsame mense wat
> vir ontspanning duik - toespits om die aanslag op die marienebron te
> verlig.
> ���Onderwater Afrika, die unie vir sportduikers in die Wes-Kaap, het gesê
> hy weier om te hou by die nuwe bepalings - ingevolge waarvan kreef en
> perlemoen net naweke en vakansiedae tussen 8�vm. em 4�nm. uitgehaal mag
> word.
> ���Volgens die woordvoerder, mnr Alex Papayani, het die regering nie die
> moed om die stroperprobleem by Hawston te takel nie; nou straf hy
> sportduikers. Intussen is die sportvissersbedryf miljoene rande - selfs
> meer as die kommersiële bedryf - vir die land werd.
> ���"Wat word nou van sportvissers wat naweke werk en in die week wil kreef
> uithaal of duik, of mense wat vakansie hou? Dit is soos 'n tronkstraf!"
> ���Die Wes-Kaapse Marienebewaringsvereniging se voorsitter, mnr. Vic
> Kabalin, het gesê dit is nie regverdig dat sportvissers uitgesonder word
> nie, aangesien hulle net 'n fraksie van die kreef uithaal wat groot
> maatskappye vat.
> ���Seevisserye meen egter die ontspanningsbedryf het hand uitgeruk. Die
> hoofdirekteur van Seevisserye, dr. Monde Mayekiso, sê die inkorting van
> sportvissers se tyd is 'n poging om die druk wat die ontspanningsbedryf op
> die aanlandige bron plaas, te verminder. Die huidige perk van vier krewe en
> vier perlemoene per persoon bly egter onveranderd.
> ���"Die aantal kreef- en perlemoensportvissers styg elk jaar dramaties.
> Verlede seisoen is 75�000 permitte verkoop en vanjaar sal dit nóg meer
> wees. Ek het instruksies gegee dat niks meer vanjaar verkoop word nie."
> ���Intussen het die Informele Vissersektor, waaraan 3�200 bestaansvissers
> in die Wes-Kaap behoort, gesê hoewel die groter toegang vir sê lede
> verwelkom word, is hy bekommerd oor die manier waarop permitte uitgereik
> gaan word.
> ���"Registrasie van bestaansvissers moet vinnig en regverdig afgehandel
> word, so nie sal elke Jan Rap en sy maat sê hulle is bestaansvissers," het
> die voorsitter van die sektor, mnr. Andy Johnston, gesê.
> ���Ingevolge Jordan se plan sal 1�000 kreef- en 250 perlemoenpermitte aan
> agtergeblewe vissers teen R40 stuk verkoop word. Voorkeur sal gegee word
> aan behoeftige broodwinners met 'n geskiedenis in die visbedryf. Dit sal
> permithouers in staat stel om vier krewe en perlemoene per dag elke dag van
> die week te vang en te verkoop. Permitte sal ook aan snoek- en
> hottentotsvissers uitgereik word sodat hulle daagliks tien visse elk mag
> vang en verkoop.
> ���Bestaansvissers sal ook net tussen 8�vm. en 4�nm. hul vangste mag land
> toe bring - 'n beperking wat Seevisserye meen wetstoepassing sal
> vergemaklik. Bestaansvissers wat tans 'n sportpermit het, moet dit vir 'n
> nuwe permit inruil.

Ek wil net baie dankie sê vir die persoon
wat hierdie pragtig-geskryfde stuk Afrikaans
op die nuusgroep gepos het. Ek het lank laas
'n stuk Afrikaans so geniet.Vir 'n Kanadees
is daar twee sake wat baie belangriker is as
enigiets anders - die verhouding tussen
provinsies en die sentrale regering, en die
kom en gaan en die regulering van die vis-
bedryf. Kanadese veg graag vis-oorlo"e. 'n
Paar jaar gelede het hulle een teen Spanje
gewen. Nou woed daar een tussen die VSA en
Kanada oor Stille Oseaan-salm. Ek is baie
bly om te sien dat daar intiem aandag gegee
word aan die kontrole van vis ook in SA,
Klink amper soos hier in Kanada.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Die Wandelaar" deur PETRA MULLER

Ma, 09 Februarie 1998 00:00

DIE WANDELAAR
Petra Muller

prentjie prentjie in die sand
wie was die mooiste in die land

pad so ver en veld so wyd
waarheen is die voet se reis

bloed so kosbaar, bloed so rooi:
oral oor die winterveld
lyk dit of die aalwyn brand

ek, wat stip die vaal pad hou,
waarom vloek die kraaie my?

hond wat aan die ketting gly:
huil nie meer nie, ek

hou by jou werf verby

Prosa & poësie | 0 kommentare

Stel belang in Australie??????

Ma, 09 Februarie 1998 00:00

Stel belang in 'the land down under' - permanent of tydelik. Dalk kan
ek help, ek is reeds hier:)

Emigrasie & buiteland | 0 kommentare

'n Nuwe vraag oor die Afrikaanse grammatika

Ma, 09 Februarie 1998 00:00

Nou die vraag betreffende die verlede tyd van die lydende vorm in
Afrikaans min of meer beantwoord is, wil ek graag 'n nuwe probleem aan
hierdie nuusgroep voorle^. Dit betreft die substantivering van die
werkwoord. Byvoorbeeld:

Engels: IGNORING these warnings is unwise.
Nederlands: HET NEGEREN van deze waarschuwingen is onverstandig.
Esperanto: LA IGNORADO de tiuj chi avertoj estas malsagha.

Maar hoe maak 'n mens in Afrikaans 'n selfstandige naamwoord van 'n
werkwoord? As Nederlander is ek geneig te sê:

"DIE NEGEER (GENEGEER?) van hierdie waarskuwinge is onverstandig."

Maar ek weet nie seker nie of dit goed Afrikaans is. Natuurlik kan ek
maklik die probleem omseil deur te sê: "Dit is onverstandig om
hierdie waarskuwinge te negeer", maar tog wil ek graag weet hoe die
substantivering van Afrikaanse werkwoorde geskied.

Gerard van Wilgen

------------------------------------------------------------ ---
Ergane,'n gratis veeltalige woordeboekprogram vir Windows.

Woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar.
------------------------------------------------------------ ---
http://travlang.com/Ergane/

Afrikaans, ons taal | 8 kommentare

President Mandela is nou blykbaar 'n voorstander van die apartheid geword

So, 08 Februarie 1998 00:00

As ek my koerant mag glo, het president Mandela gister in Kaapstad
gesê dat hy 'n voorstander is van rassediskriminasie. As egte
politikus het hy dit natuurlik nie presies so gesê nie, maar het hy
die woorde "positiewe diskriminasie" gebesig.

Ja, vir diegene wat daarvan profiteer is iedere diskriminasie
"positief" maar feitlik bestaan "positiewe diskriminasie" nie omdat
daar altyd iemand deur benadeel word.

Nelson Mandela moe nou baie versigtig wees. Hy het goed werk gedoen in
die stryd teen die apartheid maar nou is hy tog op die verkeerde weg
tereggekom. Dit gaan heeltemaal nie goed met die Suid-Afrikaanse
ekonomie nie, die kriminaliteit is seer hoog, die owerheid het te veel
burokrate en te weinig mense wat eg werk, en nou wil die president 'n
niewe vorm van apartheid invoer!

Die aanhangers van die ou apartheid kan taamlik tevrede wees as dit
werklik gebeur. Die enige ding waarvoor sy nog hoef te stry is dat die
huidskleur van die bevooregte klasse verander word. Nelson Mandelo het
die helfte van die werk dan reeds vir hulle gedoen.

Gerard van Wilgen

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Geleentheid vir Drukker

So, 08 Februarie 1998 00:00

Daar is 'n geleentheid vir iemand met ondervinding van die drukkerybedryf om
'n drukkery in Londen te bestuur. Kontak viv...@globalnet.co.uk vir meer
besonderhede.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

negatiewe berigte

Sa, 07 Februarie 1998 00:00

Hierdie nuusgroep staan taamlik alleen met sy afrikaans op die net
............ trek ook die aandag van heelwat mense uit die Nederlandse
omgewing.

Johan is so reg met sy opmerking dat die negatiewe briewe, taai
binnegevegte (gloudina) en soms riooltaal (secret squirrel) nie juis die
nuusgroep bevoordeel nie. Of is dit maar die Afrikaner-ras se kenmerk
...... dit wat hom in staat gestel het om sy wortels in Afrika te plant en
te vestig ? Hoop nie dat dit uiteindelik sy ondergang ook is nie.

En daar doen ek toe presies dieselfde ..... 'n negatiewe opmerking gemaak
!?!

Wel .... kan dalk gesels oor vandag se sonskyn op Hermanus en die
kreefseisoen wat oop is en die beste manier om vanaand die rooi bulle van
die diepsee voor te sit saam met witrys :)

Groete

dega

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1449  1450  1451  1452  1453  1454  1455  1456  1457  1458  1459  1460  1461  1462  1463  1464    »]
Tyd nou: So Nov 17 19:02:33 MGT 2024