Die afgelope week is dit nuus dat die ANC 'n doelgerigte uitreik na
Afrikaners gaan loods, omdat hulle meen "die Afrikaner voel hy is 'n
vreemdeling in sy eie land". Nou is daar 'n geskarrel oor die spektrum heen.
'n Groep, die "Tussentydse Afrikanerberaad", bestaande uit 26
kultuurorganisasies is gestig om die ding te bekyk.
Sonder om politiek hiervan te maak, wat dink julle hiervan?
Wat is die motief? 'n Besef dat die Afrikaner te veel gemarginaliseer is oor
die afgelope paar jaar, en dat dit inherente gevare inhou vir die ekonomie,
ens. Of is dit sagmaak met die oog op die komende verkiesing?
Watter sake wat bloot Afrikanerkultuur affekteer behoort op die agenda te
wees wanneer die Groot Gesprek plaasvind? Ek kan dink aan die afskaling van
Afrikaans op TV, en 'n paar ander. Uit ondervinding weet ek dat Ferdi sterk
voel oor die aanslag op rugby.
Kan ons hoor, sonder te veel politiek, asb.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
Een van ons mede Suid Afrikaners Andre Oliphant is hier in Port
Elizabeth opgeneem en die kanse is groot dat hy vir `n baie groot
Brein Operasie moet gaan.
Ek is bewus daarvan dat niemand van U hom ken nie, maar al wat ek vra
is dat U hom in U gebede sal opdra.
Indien U wil, kan U vir hom `n persoonlike briefie na my E-Mail adres
stuur wat ek dan uitdruk en persoonlik aan hom oorhandig.
Dit betekin geweldig baie vir hom.
Ek sal dit waardeer indien U almal wat hierdie Boodskap lees op `n
briefie sal reageer.
.... net een het deur die nag
toe die dodefees luid by die bierpotte was,
langs die stil Koki gesit en met pluksels gras
sy liggaam gereinig waar hy gebreek was en bevuil
deur Raka, die bose; en sy het nie gehuil -
die oudste van die vroue wat veel bewaar
van die stam se herinnerings en van sy swaar,
en met hul liedere die kinders en die jong seuns voed
soos aan 'n naelstring van sagte,kloppende bloed
in die skemeraande - sy't stil gesing
voor haar uit van die heilige, glansende kring
van geboorte en dood en geboorte en dood;
van die vroue se wag en hul pyn; en die groot
skoonheid van die dapper man in die stryd.
En toe 't sy gesing van die ver tyd
toe Koki se vader 'n sterk man was,
en hy self, 'n kind, met die klein kwas
aan elke knie, die bendes gelei 't
van die seuns deur die riete en deur die nabye
grasruie plate; en toe 't sy genoem
die skoonheid van sy skouers, en sy snelheid geroem
in die jag en die stryd, en sy lengte, sy rug,
sy pragtige bene, sy bors en die vlug
van sy blink asgaaie....
en luider het haar lied
geroep van die jong ryp vroue se verdriet
en die kinders wat hy nooit, nooit meer sal hê;
en toe 't sy die swart dier genoem wat lê
in die nag en die plasse, en Koki se moed,
en die speel van sy wapens en die trots voet
wat nooit stil by die pale van die hek kon bly:
hoe hy úitgedans het om in die swart woud te stry
teen iets wat beestelik en magtiger is,
en hoe hy sy bruilof in die koue duisternis
van die groot moerasse gevier het.
En nou
het sy die lied stil en laag gehou:
van die verlore menslikheid; van die klein kraal
wat in die swart bome lê en snags straal
met sy vure; en sy 't gekla: wie hom nóu sal red
teen die groot dier wat wag, wié sal belet
dat hy inkom en heers?
En stiller en sagter:
dat die skoonste gesterf het, dat die edelste wagter
koud lê langs sy vuur, en sy stam lê oop
soos 'n óu kraal in die gras waar die jakkalsies loop
deur die riete bedags.