Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Bulhond

Ma, 23 Maart 1998 00:00

Ons het vriende wat op 'n plot woon. Die vriende het een
van hierdie Engelse Bulhonde as 'n geskenk gekry. Dis nou
daai soort honne wat lyk of hy met 'n dik spoed teen 'n muur
vasgehardloop het. Hulle is mos skoon mooi van lelikgeit.
Die hond het egter 'n onversadigbare lus vir hoenders gehad.
Al wat hoender is het hy gejaag, gevang en verslind. Hulle
kry toe die raad om 'n hoender in lampolie te week vir 'n paar
dae en dan die hoender met 'n stukkie tou om die hond se nek
vas te maak, maar so dat hy nie die hoender kan bykom nie.
My man en die bekkige Willie [5] moes iets by die vriende
gaan haal. Te verstane het Pa navraag gedoen omtrent die
hoender wat aan die hond se nek gehang het. Met hulle
tuiskoms vertel Willie, baie opgewonde aan Ma van die
spektakel, en sluit af met: "Jig Ma, en die hond loop die hele
plek vol met die hoender, maar ek dink die ding stink vreeslik,
want Ma moet net daai hond se vies gesig sien."

Indien jy gereeld sulke kinderstaaltjies wil lees, gooi net jou
Internet adres in my "Posbus" en ek stuur dit graag vir jou.
Ek belowe dat ek GEEN gemorspos sal stuur nie en
beslis nike sal adverteer nie. Ek wil net Afrikaans op die
Net bevorder.

Groete

Danie [dm...@lantic.co.za]

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

So met 'n tong in die kies!

Ma, 23 Maart 1998 00:00

>>>> > You know you're in South Africa when...
>>>> >
>>>> > The prisoners go on strike.
>>>> >
>>>> > Your insurance is higher than the repayments on your car.
>>>> >
>>>> > The fact that there is an election and people are standing in
>>>> > line to vote is more important than the result of the election.
>>>> >
>>>> > The police advise you not to stop when they wave you down in the
>>>> >
>>>> > middle of the night, but rather speed past them and
>>>> > drive to your nearest police station.
>>>> >
>>>> > People would rather be killed in their beds than live in some
>>>> > country where they would have to get up and make them themselves.
>>>> >
>>>> > A mini-bus taxi overtakes you, and immediately stops in front of
>>>> > you.
>>>> >
>>>> > You don't stop at red traffic lights in case someone hijacks
>>>> > your car.
>>>> >
>>>> > A shop assistant makes you feel like he/she is doing you a
>>>> > favour by letting you buy from the shop.
>>>> >
>>>> > You consider it a good month if you only get mugged once.
>>>> >
>>>> > Rwandan refugees start leaving the country because the crime
>>>> > rate is too high.
>>>> >
>>>> > You paint your car;s registartion number on the roof in large
>>>> > letters.
>>>> >
>>>> > The government has more opposition from themselves than any
>>>> > opposition party.
>>>> >
>>>> > A murderer gets a 2-year sentence, and a pirate M-Net viewer a

>>>> > 6-month sentence.
>>>> >
>>>> > When a minister is fired he returns the government cell 'phone,
>>>> > but keeps the G-number-plated BMW.
>>>> >
>>>> > Crime actually DOES pay.
>>>> >
>>>> > You can't even go on a business trip to Australia without
>>>> > somebody asking knowingly: "Oh, having a look around, are you?"
>>>> >
>>>> > You go to prison for murder, and instead of the death sentence
>>>> > you get a nice box of condoms.
>>>> >
>>>> > The Minister of Housing didn't build a single house, and the
>>>> > Minister of Finance doesn't wear a tie. The Mister-without-Portfolio
>>>> > makes more noise than all the others put together until he is
>>>> > given a portfolio, and then you never hear from him again.
>>>> >

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gedig deur PHILIP DE VOS

Ma, 23 Maart 1998 00:00

Gedig deur Philip de Vos

Skilpad kan nie sing nie
Skilpad kan nie spring nie
Stom
en
stadig
stap
hy aan
waar sy skilpadpad mag gaan.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Dit vat manne!

Ma, 23 Maart 1998 00:00

Dit vat manne van die ander kant van die aarde om ons Suid-Afrikaners te
laat besef hoe gelukkig ons is. Ons het 'n mooi land wat baie son het en
waar die meisies soos die manne van anderkant se in die top 10 van die
wêreld val. (Ons is maar beskeie en stel nie somme van die staanspoor
onsself aan as nommer 1 nie).

Ons ekonomie is nie aan vlarde soos almal wat 'n eier wil lê laat hoor nie.
Ja dit gaan rof, maar dit gaan baie beter as in ander lande wat ek ken en
van weet. Suid Afrika regtig mooi. As dit nie vir die mense is nie, dan vir
die natuur.

Ek dink daar is nog 'n lang pad om te loop, maar ons kan net beter doen.
Ons het mos die slegste gesien, nie waar nie?

Antowan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Dit vat manne!

Ma, 23 Maart 1998 00:00

Antowan Nothling heeft geschreven in bericht
...

> Ek dink daar is nog 'n lang pad om te loop, maar ons kan net beter doen.
> Ons het mos die slegste gesien, nie waar nie?
>
> Antowan

Hmm.... Ek hoop van harte jy is reg - maar ek het vroeër al so gedink.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vriende in Pietersburg

So, 22 Maart 1998 00:00

Ek verhuis binnekort na Pietersburg en wil graag mense ontmoet met die
oog op vriendskap. Ek is 'n "newbie" op die net, geniet dit terdeë en
hou ook van lees, musiek, dans, rugby kyk, uiteet, "social", ens. (Ek is
'n man, 30 jaar oud)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

HNP-Kongres: Die Afrikanervrou: Kragbron van Weerstand

Sa, 21 Maart 1998 00:00

HERSTIGTE NASIONALE PARTY
29ste JAARKONGRES
20 & 21 MAART 1998

Persverklaring

Onderwerp: Die Afrikanervrou: Kragbron van Weerstand

Tyd: 21 Maart 1998 13:00

Al hierdie verklarings is ook beskikbaar by
http://www.hnp.org.za/kongres98/

Die Afrikanervrou: Kragbron van Weerstand

Die Afrikanervrou se bydrae tot die Afrikaner se weerstand teen onreg
en sy stryd om vryheid kan moeilik oorskat word. Met hulle vaste
geloof en onkreukbare vasberadenheid, deursettingsvermoë en bereidheid
tot opoffering het hulle in die verlede die volk begeester en
voorgegaan in volharding en opoffering. Dit is die gees wat deur mevv
Suzette de Ridder en Sanet Alkema op die 29e Jaarkongres van die
Herstigte Nasionale Party in die Akasiastadsaal.

Voorbeelde van heldeoptrede deur Afrikanervroue is volop. Dink maar
aan die Voortrekkervrou Susan Maritz wat die Britse goewerneur van
Natal, Sir Henry Cloete, vreesloos gekonfronteer het. Daar was Johanna
Brand wat gedurende die Engelse Oorlog 'n waardevolle en onverskrokke
spioenasiediens uit haar huis “Harmonie” in Pretoria bedryf het. Daar
was die optog van 10.000 vroue wat in 1915 teen Botha en Smuts se
oorlogsbeleid na die Uniegebou opgetrek het. En stellig die bekendste
bydrae is die dapperheid en lydsaamheid van die Boerevroue met hulle
kinders in die konsentrasiekampe. Terwyl baie burgers begin twyfel
het, het hierdie vroue die leiers aangemoedig om nie die Republieke
prys te gee nie.

Tans is die toestand van ons volk weer besig om haglik te word. Talle
Afrikanergesinne ly armoede en moet selfs plakkers word om te kan
oorleef. Dit stel hoë eise aan die Afrikanervrou om weer die voorbeeld
te stel en leiding te gee in die stryd teen onreg wat teen die
Afrikanervolk gepleeg word.

Die Afrikanervrou moet haar voorberei vir die komende stryd en die
chaos en geweld wat daarmee gepaard gaan. Die vereniging Boervrouforum
is opgerig om hierin leiding te gee. Die Voorsitster, mev Sanet
Alkema, het 'n dringende beroep op Afrikanervroue gedoen om hulle by
Boervrouforum te skaar sodat die Afrikanervrou se stem weer duidelik
gehoor sal word in die stryd van die Afrikaner op alle terreine.

DR PIETER VAN DER DUSSEN
Kongreswoordvoerder
21 Maart 1998

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

HNP-Kongres: Bied as Bittereinders Weerstand!

Sa, 21 Maart 1998 00:00

HERSTIGTE NASIONALE PARTY29ste JAARKONGRES20 & 21 MAART 1998

Persverklaring

E-pos: kon...@hnp.org.za
http://www.hnp.org.za

Tyd: 21 Maart 1998 11:15

Aantal Bladsye: 3

Alle hierdie verklarings is ook op die internet beskikbaar by
http://www.hnp.org.za/kongres98/

Bied as Bittereinders Weerstand!

Soos die Bittereinders tydens en na die Engelse Oorlog geweier het om in
die gedwonge vrede te berus, so mag ons vandag nie daarin berus dat ons
vryheid ons onregmatiglik en deur verraad ontneem is nie. Soos die
Bittereinders weerstand teen die vreemde oorheersing gebied het, so moet
ons as draers van die gees van die Bittereinders teen die nuwe vreemde
oorheersers weerstand bied. Dit is die kern van die boodskap van dr
Pieter Möller en mnr Leon Strydom aan die 29e Jaarkongres van die
Herstigte Nasionale Party in Pretoria.

Dr Möller het daarop gewys dat na die verowering van Bloemfontein en
Pretoria deur die Britse magte onder genl Roberts, daar groot
moedeloosheid onder talle burgers van die Republieke posgevat het. Van
hulle het oorgegee, etlike duisende van hulle het selfs na die vyand
oorgeloop en is word tereg as verraaiers gebrandmerk. Daar was ook
diegene wat wou onderhandel en dit ook gedoen het. Maar dan was daar die
Bittereinders – hulle wat eerder in sak en as in vryheid wou lewe as om
voorspoed in onderwerping te aanvaar. Onder hulle tel die jeugdige pres
M T Steyn, Genls de Wet, de la Rey, Kemp, Hertzog, Maritz en talle
ander, en veral die duisende burgers wat tot die einde van die oorlog
toe volhard het. Uiteindelik was dit hulle self en later hulle gees wat
die stryd om vryheid en reg laat voortduur het.

Hoewel die verraad en oorgawes deur die lafhartiges telkens groot
terugslae vir die Boeremagte beteken het, het dit die voordeel van
suiwering gehad. Die Bittereinders het geweet dat hulle op mekaar kon
staatmaak. Daarom het pres Steyn kort voor die vredesonderhandelinge hom
daartéén uitgespreek omdat die oorgeblewe burgers geharde veterane was
wat in elk geval alles verloor het en daarom net terwille van die
vryheid van land en volk die stryd voortgesit het.

Hierdie Bittereinders het hulle nie aan Roberts en Kitchener se
proklamasies en dreigemente en valse beloftes gesteur nie, maar in vaste
geloof in die reg van hulle saak die guerillastryd aangepak en
voortgesit. Darmee het hulle nie net die agting van ander volke verwerf
nie, maar selfs van die Engelse offisiere en manskappe van wie talle nie
met Kitchener se metodes saamgestem het nie. Die vroue in die kampe en
die krygsgevangenes oorsee moet by die Bittereinders in die veld getel
word omdat hulle almal bereid was om selfs hulle lewens op te offer en
dit in duisende getel ook gedoen het.

Mnr Strydom het beklemtoon dat weerstand die guerillastryd van ons tyd
moet kenmerk. Weerstand beteken dat jy jou teenoor die ander party stel.
Op sy beurt bring dit mee dat jy nie terselfdertyd met die ander party
kan saamgaan of aan sy bedeling kan meedoen nie. In die huidige situasie
beteken dit dat ons nie aan enige verkiesings van die huidige bedeling
mag deelneem nie, sodat ons geen deel aan hulle het nie.

Wie weerstand teen die bedeling bied, onderskei hom van ander
groeperinge wat met die bedeling saamwerk. Daarom staan die HNP teenoor
alle ander groeperinge omdat hy die enigste party is wat ondubbelsinnig
hom van die verkiesings en ander staatkundige berywighede van die
huidige bedeling weerhou. Daarmee het die Herstigte Nasionale Party ‘n
weerstandsbeweging geword wat die gees van die Bittereinders dra en
uitdra.

Die Afrikanervolk het klaar getrek – nou trek ons laer. Uit ons laer sal
ons in die gees van die Bittereinders 'n politieke guerillastryd voer
totdat ons ons vryheid in ons land herwin het. Die HNP staan
onverbiddelik op die standpunt: Dié land is óns land! Binne die laer wat
ons trek, moet alle Afrikaner-Bittereinders saamgetrek word om die stryd
voort te sit totdat ons ons vryheid herwin het.

DR PIETER VAN DER DUSSEN
Kongreswoordvoerder
21 Maart 1998

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Skuldegevoelens (Re: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark?)

Sa, 21 Maart 1998 00:00

> Twee maande later is jy by 'n dinner party. Daar is 'n swart
> prokureur. In die gesprek vra hy jou - "dink julle Afrikaners julle
> het verkeerd gemaak?" Wat se jy?

My antwoord sou gewees het dat ek nie namens ander
Afrikaners kan praat nie, maar slegs namens myself. Ek
het geen skuldgevoelens nie.

Mens kan die hele storie oor skuldgevoelens in drie
katagorieee opdeel.

a.) Elke individu kan self besluit of die iets verkeerds
gedoen het. Indien so optrede 'n misdaad volgens die
land se wet was, is dit die taak van die regstelsel om
dit uit te vind en te straf. In so vere mens teenoor
enigiemand verkeerd opgetree het sonder om die wet
te oortree is dit (volgens my) 'n saak tussen so persoon
en God met die gepaargaande skuldgevoelens.

b.) Dat die vorige regering verkeerd opgetree het is alom
bekend, maar mens kan nie verwag dat almal hiervoor
verantwoordelikheid moet aanvaar nie. In die eerste plek
het mens nie noodwendig vir daardie regering gestem nie
en self wanneer mens vir 'n regering stem het mens nie
die vermoe" om te weet wat hulle gaan aanvang nie. In
hierdie opsig faal hierdie regeringsvorm om ware demokrasie
te implimenteer.

c.) Mens kan beweer dat die Afrikaner as kultuurgroep
gefouteer het, maar ek wil aanvoer dat hierdie kultuurgroep
reeds lank terug al vrede gemaak het met hierdie aspek.
Mens kan nie die hele kultuurgroep verantwoordelik hou
vir enkelinge se weerbarstigheid nie.

Hoekom sêek dat die Afrikaner lankal hiermee vrede
gemaak het? Wel dis nogal interessant. Toe ek
grootgeword het en skool gegaan het was die algemene
paradigma onder Afrikaners dat Apartheid reg is en dan
ons onregmatig deur die buiteland onderdruk word. Toe
ek universiteit kom het die gevoelens in die land begin
draai. Mense het hulself begin afvra of hierdie dinge nou
regtig reg is. Teen die tyd dat de Klerk die veranderinge
begin implimenteer het, het die gevoel van die land klaar
gedraai, want toe hy in 'n referendum vra of hy daarmee
moet voortgaan het hy 'n oorweldigende JA-antwoord
gekry. Hierdie uitslag het duidelik getoon dat die paradigma
verander het. Daar het 'n "gestalt-switch" (sp?) plaasgevind.
Dus het die Afrikaners daar reeds besef dat dinge verkeerd
was en hulle het begin om die dinge reg te maak.

Maar dis nou alles geskiedenis. 'n Baie meer aktuele vraag is:
gaan die Afrikaners as kultuurgroep oorleef? Of gaan die
diaspora, die kulturele druk waaronder die Afrikaner in Suid
Afrika verkeer en die misplaasde skuldgevoelens van sommige
Afrikaners daartoe lei dat die kultuur en taal mettertyd
verdwyn. Nou is dit nie meer 'n kwessie van wie is verkeerd
en wie is reg nie. Dis nou 'n stryd vir oorlewing. Op grond van
wat gesê word oor die WVK (insluitend die verskynsel se
bewering dat dit die laaste skote in 'n burgeroorlog is) lyk
dit my dat die WVK se motiewe nie soseer is om die
"waarheid" te wete te kom nie, maar eerder om as wapen
gebruik te word om die Afrikaanse taal en kultuur tot niet
te maak.

Die sterk kritiek wat die WVK uit Afrikaanse geledere kry
moet dus gesien word as 'n vorm van verdediging en nie
as 'n ontkenning dat Apartheid verkeerd was nie.

>
> Wat my betref, as ek dit vol in die gesig kyk dat ons opgefok het en
> as ek dit een keer erken het, vat dit niks van my om dit weer te erken
> nie. Die volgende erkenning word dan in vryheid en verlos van die
> verlede gedoen.

Ferdi, ek ken nou nie jou geskiedenis nie, maar dit lyk my
jy was te naby aan die vuur toe dinge verkeerd geloop
het. Nou lei jy aan bomskok.

Stef

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Pella l^e 'n kruistog ver" deur GEORGE WEIDEMAN

Sa, 21 Maart 1998 00:00

Pella lê 'n kruistog ver ('n voorlopige
rekonstruksie van 'n denkbeeldige gesprek
tussen Pella se eerste Rooms-Katolieke
sendeling en sy reisgids, anno 1875)
EX AFRICA SEMPER ALIQUID NOVI

deur George Weideman

u moenie kla oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
dis nog nie naastenby die somer nie
en nou al lê die vuurklip en smeul
hier moet u maar die sagte groen van Lyons
uit die gedagtes weer
hier is die enigste groen perdalks die soom
van die verbeeldingstroom
varswater sal u, as balling hier,
uit die vate van die geheue moet tap
of wag tot eendag as daar na die reën
syferwater uit 'n oog opwel

hier sal jy die sin van jou roeping leer ken
tot in die oerbetekenis: geofferde, oblatus
geoffer aan die son van Afrika geoffer
aan die smeuling van die amper-woestyn
(kan die brandstapel feller wees
as Pella in Desember? sou die Hindoes
dit warmer aan die sole hê?) geoffer
aan die slu klein slangogies
listig soos die xnabbo self
geoffer aan khoikhoinse spraakverwarring
ja - te veel rooiwyn; nee - te veel soetwyn
maar dié maak jou jou vergeet vergeet!
geoffer aan die dors land
wat sobyso net brakwater ken
(hier sal jy dalk moet wolfsmelk drink!)
ook jy sal die brak smaak se nabitter proe
jy vra dat ek moet vertel, van Pella -
hier staan alles bloot, oblatus:
winterstyd is son en wind weer kop-in-een-mis
as die veld julienagte oopgespêr en wyd lê en wit
en alles blootgewaai word
deur suidewind en oostewind
en wit vuursteen en bruin graniet
uiteindelik blus;
hier sal jy ook moet vure slaan
en blare en barste balsem gee
ysblomme van die oë smelt...

Afrika is wyd en groot
fonteine min - ons sal u leer gorra maak
kleimisvloer smeer witgatwortel maal
daardie plante daar? word "halfmense"
genoem hier langs die rivier is baie
hoe goed kan u skiet? hiers nog tiers
in die berge en boesmans hel! die boesmans
en moenie Pella se skepsels vergeet nie....

o u weet wat skepsels is? nou ja die soort
onthou maar: vir 'n geweer
is hulle skytbang amper soos vir die bomeesterslang
en natuurlik die basilisk

nee, u moenie sug oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
hierdie is maar ons voorland, die Voor-Boesmanland
ons moet die hinterland nog in
voor die son so menshoog staan
moet ons
die Here weet
vir Vagevuurskloof nog deur.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1431  1432  1433  1434  1435  1436  1437  1438  1439  1440  1441  1442  1443  1444  1445  1446    »]
Tyd nou: So Nov 17 22:41:24 MGT 2024