Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gedig deur PHILIP DE VOS

Wo, 25 Maart 1998 00:00

GEDIG DEUR PHILIP DE VOS

Die liedjie
van my rietfluit
my gonnie-piet-
verdriet-fluit
het niks
het niks
van die
ret-tet-tet
van die
luister-hoe-ek-
skree-trompet,
het niks
het niks
van die
rom-tom-tom
van die
hier's-ek-weer-
met-my-
trommel-trom;
hy't net
hy't net
die fyn verdriet
die fyn verdriet
van die fluitjiesriet

Prosa & poësie | 0 kommentare

Kannie wag 2

Wo, 25 Maart 1998 00:00

Ek wil net sê ek hardloop nie weg nie. Maar ek is oortuig geweld en misdaad
(die teen woordigheid daar van) is besig om deel te word van baie Suid
Afrikaners se kultuur. Ek kan nie meer my seun wat volgende jaar Gr1 toe
gaan meer toe laat om die nuus te kyk nie, hy wil kort kort van my weet
hoekom skiet hulle mekaar?, waarom is hulle dood? ens, julle weet wat ek
bedoel. Ons weet wat het 'n klein groepie swart KINDERS (22jaar oud een van
hulle Gr10) virmag het in Vryheid, en dit is nie 'n UITSONDERING NIE!!

Piet ek het ook 'n huis in Centurion met diefwering aan die buitekant,
alarim stelsel, en 'n pistool in die kluis, ek wil nie so leef nie. As stem
reg vir die swartes beteken ek moet my vryheid om 'n vreesloose en normale
lewe te ly prys gee, was dit nie die mooite werd nie. Van 1992/4 het ek nie
meer die volle vryheid van beweging nie, en my kind een dag nog minder. Het
Mokaba, Winnie, DuArte, Zuma en die honderde ander met gesag nie opleiding
gehad nie? "Kill the boer kill the farmer" en "One settler one bullet" plus
al die korrupsie, is dit normaal vir jou? MENSE MET OPLEIDING!!!

Dankie vir jou brief Billy, ek het al die vaktore oor weeg, en dit is vir
my geen maklike besluit nie. Die grootste oomblikke in enige mens se lewe
is, sy
1. Geboorte.
2. As hy tot sterwe kom.
3. En as hy sou immigreer.

Donovan

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Re: Kannie wag 2

Wo, 25 Maart 1998 00:00

Dms Skryf:

> Die grootste oomblikke in enige mens se lewe
> is, sy
> 1. Geboorte.
> 2. As hy tot sterwe kom.
> 3. En as hy sou immigreer.

Daar is 3 groot gebeure in 'n mens se lewe:

1. Hy word Gebore.
2. Hy leef sy Lewe.
3. Hy Sterf.

Oor 2 van die 3 het hy weinig beheer.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Gloudina se Boerehaat

Wo, 25 Maart 1998 00:00

@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> Dis teen mense
> soos jy wat ek die Derde Boere-
> Oorlog veg -

Ai, Gloudina,

Ons weet almal teen hierdie tyd dat jy die terapie gekies het van
maksimum-bandwydte-Boerehaat op hierdie nuusgroep om die gevolge te verwerk
daarvan dat jy jou taal dekades lank verloën het.

Maar is dit regtig wys om jou persoonlike katarsis met soveel grandiose
pretensie in te klee? "Derde Boere-Oorlog" inderdaad! Met watter imperialis
identifiseer jy jouself in die eerste twee - Queen Victoria?

As dit nie so pateties was nie, sou dit snaaks wees - hier in Afrika kom die
Derde Taalbeweging op dreef, en die wêreld gons van grens tot grens soos
die mense baklei, stry en vry. En daar in jou centrally heated Kanadese
apartment boks jy teen die spoke van die keuses van jou jeug.

Maar ek moet sê, daar's hoop vir die nuusgroep, net soos vir die land self -
helfte van die Boerehaters verkeer in 'n progressiewe toestand van seniele
waansin. Die ander helfte verval herhaaldelik in 'n staat van perenniale
infantiele regressie!

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kannie wag

Di, 24 Maart 1998 00:00

Ek kan nie meer wag om hier weg te kom nie. Die donker groenes kan die plek
maar kry. As jy wit is en Afrikaans praat is daar nie meer hoop nie. Alle
jong mense moet hulle goed vat en loop, daar is baie meer hoop en voorspoed
vir hulle in ander lande.

Donovan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lou en Tottie

Di, 24 Maart 1998 00:00

lou writes: > Ferdi wrote:

>> nie,
>> maar baie naby daaraan gekom het. Sulke arbeid is veral in die myne
>> gebruik, van vroeg in die eeu....>>>>
>
>
> Weereens TOTTIE!!!

Verskoon my onkundigheid oor
Afrikaans, Lou, maar ek kan
nie verstaan wat jy met "Tottie"
bedoel nie. Sal jy, of enigiemand
anders, asseblief vir my verduidelik?
Dis 'n ernstige versoek. Ek ken
die uitdrukking gladnie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Halfmensbome" deur PETRA MULLER

Di, 24 Maart 1998 00:00

HALFMENSBOME, 'N NAMA-LEGENDE
Petra Muller

Die Ou-Goed op die vlug,
mos, nes die vrou van Lot,
het gebly staan en trug
land toe geroep: o my land!

Toe het die Groot Een hulle omgepluk,
koppe halfpad omgekrenk in die koerse
van die Ou-Werf, en hulle net daar geplant:

"Nou kyk tot julle uitgekyk is, moerskenners,
moet ek dan ewig stoei met mens wat nie wil
gaan waar ek gebie' nie; hou op swerf!"

Dis wat ons gehoor het. Maar waarvandaan gekom,
waarheen op pad, dit weet ons nie,

behalwe, aan die beurstaan kan jou blote oog
dit sien: dit was 'n gees
van opperste verlang gewees.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mampara van die Eeu!

Di, 24 Maart 1998 00:00

Gloudina, wat volgens haar eie belydenis "weggehol het", wie se huistale
Engels en Frans is en wie se kinders nie eens Afrikaans verstaan nie, wat in
Kanada sit en mense kategoriseer as "apartheidsvarke" ('n kategorie wat sy
verseg om te definieer), wat ten minste
daagliks orakeluitsprake oor Suid-Afrika maak skryf oor -

'n digter wie se reputasie in die "struggle" eens onkreukbaar was, wat in
die tronk gesit het vir sy bedrywighede in hierdie verband, wat 'n groot
deel van elke jaar in SA deurbring, en wat deurlopend persoonlik betrokke is
by 'n wye verskeidenheid ontwikkelingsaksies in die land:

@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Andersyds, natuurlik, dat hulle albei in hierdie geval klaarblyklik reg is -
>> die stories van die ANC was inderdaad bloot praatjies vir die vaak - soos
>> Breyten Breytenbach ook Saterdag gesê het.
>
> Hoekom skryf Breyten Breytenbach
> meestal in Engels, sit meestal in
> Parys, en nou wil hy in SA kom
> dikteer? Moenie vir Breyten nou
> skielik die groot orakel maak nie.

Ai, Gloudina!

Jy het nou regtig hierin getrap. En dis jaartse en jaartse onderrok wat
_daar_ uithang, ou ding!

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oorlog en Varke

Di, 24 Maart 1998 00:00

@igs.net wrote in message ...
[...]
> En hoe het die Amerikaanse Burger-
> oorlog ge-eindig? Toe die swakste
> kant verloor het en een denkraamwerk
> oor die ander gewen het. [...]
> O so, jy is BAIE naief. Daar is nou
> nie wenners of verloorders nie, en
> nou moet die gemeenskap saamwerk
> (jy dikteer dus.) Die vraag is,
> hoekom het jy dan SA verlaat? [...]
> As jou longe swaarder voel,
> is jy 'n verloorder in die burgeroorlog
> wat die apartheidsvarke in SA probeer veg
> het, EN VERLOOR HET.
>
> Gloudina

Interessante ding - hierdie aanname dat die "oorwinnaar" in 'n oorlog
noodwendig ook die morele kruine bewandel.

'n Mens kan sien waar dit vandaan kom - Marx beweer (min of meer) dat mag
lei tot morele degenerasie en dat morele degenerasie lei tot verlies van
mag - en, uiteindelik, ondergang. Mens kan sien waarom WA de Klerk verklaar
dat Marxisme eintlik maar net nog 'n manifestasie van Puritanisme is.

'n Deterministiese siening hiervan beteken noodwendig dat slegs die moreel
laakbares 'n oorlog sal verloor. Dis nou wat Gloudina hier verkondig. Sy
assosieer die ANC dan met hoë moraliteit en die Afrikaner met morele
blaamwaardigheid.

Dis waarom sy nie daarvan hou dat Breytenbach dieselfde kritiek teen die ANC
uitspreek as baie Afrikaners nie. Nou val sy maar Breytenbach se gesag aan
om sulke kritiek uit te spreek (al het hy veel meer legitimiteit as sy
self).

Hierdie nonsens ontstaan klaarblyklik uit 'n beperkte idee van die
"struggle", nie as 'n stryd tussen goed en kwaad nie, maar as 'n stryd
tussen die "goeie mense" en die "slegte mense". Vandaar Gloudina se
onbeheerbare drang om 'n etiket te maak en dan mense te soek om dit om die
nek te hang.

Dit kan vreeslik lekker wees om die "struggle" te sien as 'n stryd tussen
die "goeie mense" en die "slegte mense".

Dit beteken dat ons net hoef te weet in watter "kamp" iemand is, om te weet
of hy "goed" of "sleg" is. Dit beteken ons kan kategorieë skep soos
"apartheidsvarke". Dat ons, soos die nuwe minister van justisie, kan beweer
dat verskillende maatstawwe op hul dade van toepassing moet wees, afhangende
van die kamp waarin mense hulle bevind.

Dit beteken dat ons kan aanvaar dat, terwyl die "slegtes" die mag het, alles
"sleg" is. Iemand wat dit bevraagteken identifiseer hom daarmee as "sleg".

Dat, nadat die mag deur die "goeies" oorgeneem is, alles "goed" is. En
iemand wat dit bevraagteken identifiseer hom daarmee as "sleg" -
"apartheidsvark" uitgeknip.

Dit beteken dat ons na 'n mens kan kyk, hom kan kategoriseer as "Afrikaner"
en kan eis "bely!" So 'n mens (het "julle Afrikaners" verkeerd gedoen - sê
Ferdi se swart prokureur) moet dan "bely", nie op grond van dade wat hy
gedoen of gelaat het nie, maar op grond van sy lidmaatskap van 'n groep.

Daar is egter ook probleme met hierdie siening. Dit beteken dat die
verbranding van 'n mens deur iemand uit die kamp van die "slegtes" jou met
walging vervul - terwyl die verbanding van 'n mens deur iemand uit die kamp
van die "goeies" min of meer ongemerk verbygaan - of selfs miskien 'n
heimlike bevrediging kan gee. (Radio Donkerhoek oordeel skerp oor 'n
necklacing ("barbaars"), maar swyg of berig heel neutraal oor polisiemanne
wat 'n "terroris" se lyk "veras".)

Dit noop jou om verskonings te soek vir onaanvaarbare gedrag van iemand uit
die kamp van die "goeies" - hy pleeg "struggle bookkeeping" in plaas van
bedrog of selfverryking en dies meer. As die "goeies" fouteer blameer ons
dit op die inisiatief van die "slegtes" (totale aanslag / legacy of
apartheid - afhangend van wie ons beskou as die "goeies").

Dit beteken dat, as 'n Breytenbach ons "goeies" kritiseer, ons gedwing voel
om Breytenbach te diskrediteer.

Dit kan ons 'n valse gevoel van gerustheid gee wanneer die "goeies" aan
bewind is. (Dit geld na '94 net soveel as voor '94 - afhangende van wie ons
beskou as die "goeies")

Hierdie siening is veral problematies as ons verskil oor wie die "goeies" en
wie die "slegtes" is - selfs al stem ons redelik saam oor wat goed en wat
sleg is. Daarom kan dit gebeur dat Beeld en Die Burger, Roelf Meyer en
Constant Viljoen, Beyers Naude en Johan Heyns, teenoorgestelde oordele
uitspreek oor dieselfde daad.

Myns insiens kan dit nuttiger wees om te probeer kyk na die "struggle" as 'n
stryd tussen goed en kwaad. Dit beteken, onder andere, dat ons aanvaar dat
die stryd nie
net tussen mense geskied nie, maar ook binne mense - dat dieselfde mens soms
goed kan doen en soms kwaad.

Dit beteken dat, vir sover ons saamstem oor wat moreel goed is en wat moreel
sleg is, ons kan saamstem oor watter dade goed is en en watter dade sleg is,
ongeag wie die pleeg.

Dit kan beteken dat ons kan aanvaar dat 'n Verwoerd nie slegs boos was nie
(Masola toon in 'n M-verhandeling dat die swart tale in SA nooit voor of na
"apartheid" so vinnig of so goed ontwikkel het as gedurende daardie tyd
nie - wat literatuur, terminologie, reikwydte en benutbaarheid en ander
kriteria betref.)

Dat 'n Mandela nie net edel was nie (Amnestie Internasionaal het die
kategorie "prisoner of conscience" van hom weerhou - 'n oordeel oor sy
geweldsdade).

Dat 'n Breytenbach nie skielik sy integriteit verloor het as hy die nuwe
regering kritiseer nie.

Dat alles voor '94 nie sleg was nie.

Dat alles na '94 nie goed is nie.

Maar dit sou ook beteken dat ons _almal_ moet bely. Daagliks. In Kanada en
in Kaapstad.

Dat die "struggle" nooit verby sal wees nie, want: "the price of freedom is
eternal vigilance".

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Afrikaans language module

Di, 24 Maart 1998 00:00

Corel het gister 'n Afrikaanse module aangekondig vir gebruikers van
WordPerfect 8. Die besonderhede is in Gadget, http://www.gadget.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1430  1431  1432  1433  1434  1435  1436  1437  1438  1439  1440  1441  1442  1443  1444  1445    »]
Tyd nou: So Nov 17 23:28:55 MGT 2024