Ek het nou vir omtrent 'n maand nie na die Ng gekyk nie - en stilweg
gehoop dat die patetiese Gloudina in die tyd al wyser sou word - nou
sien ek dis nog steeds dieselfde.
Hullo Nico - bly om te sien jy's nog hier.
Gloudina - nog steeds nie die GUTS om vir 'n slag te vertel oor jou
wonderlike dinge wat jy gedoen het vir RSA nie ne. Lyk my jou medikasie
moet hersien word, miskien moet jy begin met 'n dosis elke uur en dat
sommer 'n dubbel voor jy hier begin op die NG.
Tsk, Tsk, why can't you lot learn to live together and revel in your
multiculturalism? The synergistic energy created by people of differing
ideas and cultures gives rise to so much creative freedom dat dit my ook
"dronk slaan" dat julle in die newsgroups sit en kak op every Tom, Dick &
Hannes hang!
Just because, someone says "Shalom" and not "Goeie More" ... does that make
them a bad person? Just because someone prefers "pap en wors" and not "samp
and beans" does that make them so terrible...
Ek woon nou in Australia... en soms kuier ek op hierdie newsgroup want ek is
soms "homesick" maar jussie, nadat ek hierdie klomp "KAK" lees, voel ek
beter af in Oz!
Ek is vier-talig en geniet any of the 4 taal - dit maak nie saak nie. Suid
Afrika is so ryk in Kultuur - You must celebrate it rather than fight
amongst one another...;-) Cool it!!!
Eers die hoerhuis storie van 'n dorp se munisipaliteit:
Daar was drie verdiepings wat vir 'n dorpsinkomste moes sorg:
Eerste verdieping met ongetroude meisies het op 'n roerende verlies gewerk.
Hulle leuse was:" Op hierdie vloer word baie geld aan haarversoriging,
grimering en klerasie bestee. Hier moet 'n man speel sonder om skade aan
die uiterlike aan te rig."
Tweede verdieping, met huisvrouens in 'n benarde finansiele posisie, se
leuse was:
"Ons het die hele dag daaraan spandeer om aan die kant te maak. 'n Man wat
hier kom speel moet sy klere netjies opvou en nie die beddens omkrap nie."
Derde verdieping met hoogsproduktiewe, uiters winsgewende sakebedryf, was
die onderwyseresse se speelplek. Hulle leuse was:" O nee mannetjie, kom
terug! Jy gaan dit oor en oor doen totdat jy dit reg doen!"
Sommer net 'n storietjie vir die oud-onderwyseres in Kanada wat met die
ydele herhaling van woorde al maande dieselfde wysie oor-en-oor tokkel op
die internet.
Hoe verduidelik 'n mens nou aan haar dat haar mentaliteit tipies Boer is,
al ontken sy dit met bloed op die mure. Sy kyk net so terug op die verlede
en struikel oor haar toekoms soos alle inwoners van hierdie geliefde land.
In kort:
Die verskillende Afrikaners:
Die swerwende verdwaalde siele: Hulle wil nie meer as Afrikaners geklas
word nie, praat verkieslik Engels, stem radikaal en ontken hulle
bevoorregte lewe onder Apartheid; vlug verkieslik buiteland toe - " Nie oor
die Nuwe Suid-Afrika nie", sê hulle, maar oor die verlede!"
Hulle is liberaal, stem trots vir die ANC en praat verkieslik oor die
onmenslikhede van die verlede en ignoreer die skokkende herhaling daarvan
in die hede; Konsentrasie op die verlede trek die aandag af van die hede,
en hulle dink hulle kom weg daarmee. Hulle letterkunde spreek van alle
moontlike vergrype wat tot die alpha en omega van die geskrewe woord verhef
word; verkneukel hulle aan die skielike vryheid van spraak deur alle
denkbare Bybelse sondes as heiligskennis te verklaar; teenkanting teen hul
nuwe denkwyses word as onderdukking en ongrondwetlik verban en kritici uit
eie Afrikanergeledere word as die laer strata van die sosiale sfeer beskou.
Praat verkieslik geen Afrikaans deur net Engelse vriendskappe aan te knoop,
maar speel heelnag deur skelmpies op die internet in Afrikaans, omdat die
verlange te groot word;
Die gematigde self-erkende Afrikaners: Vra verskoning vir die verlede,
aanvaar 'n gedwonge aftree pakket, begin 'n suksesvolle sake-onderneming,
hou van die nuwe land; maak vriende met die nuwe bure, betaal pligsgetrou
belasting; deel kospakkies uit aan die minder bevoorregtes, hou kerkbasaar
en samel geld in vir ouetehuise en weeskinders; woon nog steeds hulle kerke
by, leef Christelike beginsels uit, is mal oor braaivleis, jag, en die
langpad see toe in Desember. Slaan hoflik oor na Engels as anderstaliges
probleme ondervind om Afrikaans te praat. Hulle is lief vir die land,
aanvaar die nuwe bedeling, maar bly nederige, hardwerkende Afrikaners.
Die voorkoming-is-beter-as-genesing groep is hartstogtelik oortuig daarvan
dat die wit Afrikane 'n geroepe volk van God is, beter as enige iemand
anders in die wereld, en bestem om oor die nasies te regeer. Dra die Bybel
onder die arm vir naslaan doeleindes, eet lekker bruinbrood in die lokasies
as die ligte afgaan, oorheers hulle vroue en kinders en ondergeskiktes, sny
biltong met die immer teenwoordige bajonet van die geweer op die rug. Hou
die Afrikaner se kultuur van 'n driehonderdjarige oorlog pligsgetrou in
stand. Vertrou nie die verstand as 'n beter wapen dan die geweer nie.
Kultuurgoed is 4x4's met bree tekkies, kakieklere met verkieslik drie
versteekte wapens op die heupe, gesofistikeerde radio toerusting aan die
lyf, in die voertuig, op die dak, in die huis, en "paraat" is so goed as
uitgeborduur op die kakie-uniform. Hulle dring aan op die gebruik van
Afrikaans op alle denkbare en ondenkbare terreine en verwerp die hoflike
oorskakeling na Engels, as verraad teen die Volk.
Die hele spul deel 'n gemeenskaplike verlede wat individueel verskillend
vertolk word.
Demokrasie beteken dat almal se standpunte, hoe verwronge ookal,
gerespekteer word; aanvaar word dat hierdie klomp Gods-onmoontlik nie in
dieselfde blik verpak kan word nie, hoe ydel Gloudina nou ookal probeer
deur herhaling, om aan almal haar denkrigtings oor te dra; daar moet erken
word dat apartheid vir almal 'n voordeel was.
Skynheilige verontskuldiging sal niemand vryspreek nie - maak nie saak hoe
hard daar nou deesdae ontken word dat iemand Afrikaner is, maar nooit deel
gehad het aan apartheid nie. Dis seker die grootste leuen wat nog ooit
uitgedink kon word, en dit word deur die sogenaamde vrydenkendes versprei
om hulle eie skynheilige voorkeure en afkeure te verbloem. 'n Halwe
waarheid bly nog steeds 'n leuen.
Dis 'n eenvoudige storie oor die Afrikaner. Kyk maar na die res van
Suid-Afrika en word wakker. Soveel mense soveel denkrigtings, en dit het,
snaaks genoeg, bitter min met kleur-analises te doen. Hoe hoër die
opvoedingsvlak, hoe meer verdeeld is die denkrigtings - 'n baie gesonde
verskynsel, selfs in die Afrikaner-geledere.
So, liewe Gloudina, as jy nou klaar, vernuftig soos net 'n Christelike
nasionale-onderwyseres dit kan doen, jou egoistiese toer in die verlede in,
met jou familie as
hoof-onderwerp, kan voltooi, sal dit besonder baie waardeer word. Getrou
aan die handves van menseregte, is daar vir enige iemand plek op die
internet. Maar daar word niks gepraat van die ydele herhaling van woorde as
'n basiese mensereg nie. Selfs die Bybel maak ten sterkste beswaar teen so
'n aksie.
Maar miskien moet jy nou 'n bietjie begin vrae vra en luister, eerder as
die hele "klas" tot stilte te roep en na die strelende klanke van jou eie
stem te luister vir die res van die periode. Doen ons 'n gunsie, en slaan
'n nuwe blaadjie om. Ons het nie almal hierdie beherende mentaliteit nie;
raak nie ontsteld oor spelfoute nie, en geniet nogal die nuwe Suid-Afrika
met die magdom van standpunte en sirkusvertonings. Die feit dat persone in
ander beroepe opgelei is as die laerskool-onderwys, is vir jou 'n bietjie
moeilik om te begryp. Ook wil jy oor-en-oor hê dat net sekere Afrikaners
moet boet vir Apartheid. Jy is nie deel van hierdie groep nie, en gelukkig
weier jou man ook om die taal te praat. Dit maak julle hande skoon, en geen
bloedspatsel is op jou geheue in geprent nie. As jy in Suid-Afrika studeer
het, enige tyd voor 1991, het jy misbruik gemaak van die Apartheidsisteem,
en behoort jy nou pligsgetrou jou papiere terug te pos, en jou hele studie
in Kanada gaan oordoen. Stuur sommer die belastinggeld, plus rente, wat
deur die Apartheidsregering aan jou opvoeding spandeer was, ook terug aan
ons nuwe regering. Hulle sal jou heldhaftige daad besonder hoog op prys
stel.
ASSEBLIEF: Kan ons nie oor iets praat waarin jou familie nie sterk figureer
nie, en waarvan jy meer as net 'n verledetyd ervaringsveld het om op terug
te val.
Ek het nou die dag 'n interesante idiologie gehoor. (Is idiologie die regte
woord vir dit wat ek nou gaan beskryf?)
Die idee is dat SA se probleem le by die fyt dat 3/4 van die SA se swart
bevolking (wat swart heugdiges is) almal in die tyd van die "STRUGLE"
gebore is. Die manne het almel grootgeword met pa's en ma's wat heeldag en
aldag besig was met bom plant en dood maak as deel van hulle "handewerk"
aan die "strugle". Die outjies is almal nou al half oud genoeg om vir hulle
self te sorg.
Die probleem le egter daarin dat al wat hulle weet wat om te doen, is om te
skiet en te moor. Hy het net geen ander ervaring van die wereld gehad om
anders oor die saak te voel nie.
Die outjie is dan natuurlik die een wat 'n man sal dood skiet (veral as die
slagoffer wit is) vir 'n stukkie brood of R10. Vir hom is nog net een lewe
op 'n kerfstok van by die 100 nie 'n groot gewetens probleem nie.
Ek meen, vra jy enige man wat in IRAQ of so 'n plek 'n vyand te midde van
'n vurige skermitseling gedood het, of hy iets gevoel het, is ek seker hy
sal se dit is nie dieselfde as wanneer jy die ou op 'n ander geleenheid sou
dood nie.
Dus:
- Die outjies moet nog meer grootword
- Hulle sal ongeveer oor 10 na 20 jaar bedaar wanner die grys hare op die
koppies begin wys
- Die nuwe generasie van beide wit en swart sal meer vredeliewend wees
- Hoe meer verstandhoudings tussen rasse ontwikkel, hoe meer sal die spoed
van versoening toeneem...
Ons wat uit die gesellige laelande padgegee het
uit die dampkring van die herbergiers
- ons skepe vaamloos oor die see
Ons wat die oortog gemaak het
en onder die kantelende kruismas snags verbysterd
die sterre sien stroom het
Ons wat op 'n nuwe kontinent gewag het
en dit toe self kon werf -
Hier op die strand vol blouklip en suring staan ons
huisloos soos klipvolk soos die blootste strandmens
van die nuwe domein.
Hoor julle hoe huil die jakkals ons aankomslied?
Bou nou vir my die skerm:
skerm wat ook nooit die koue
van ons nuwe vaderland sal afkeer nie -
Hier waar ons intrek by die swart klippers
en die geradbraakte bome,
en maak ons toe met wolkies, wolkies,
want vannag sal dit oor ons ontblote liggaam dou.
Idiome - is hulle nie wonderlik nie? Ultra-kort gediggies, as't ware,
behalwe dat hulle nie in boeke, maar in ons monde leef.
Ek sou graag 'n hele versameling van idiome op my hardeskyf wou hê, sodat
ek hulle een vir een kan uithaal en soos blokkies biltong vir 'n dag op 'n
slag kan kou.
Hoe nou gedaan om die uitruil en versamel van idiome maklik te maak?
Hoe kan ons die kaf van die koring skei?
Met die bogenoemde in ag genome, stel ek volgende reëls voor:
1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)
2. Begin die titel van die boodskap met "Idioom:" gevolg deur enige
woord uit die idioom. Dit sal verwarring voorkom, en maak alfabetiese
sorteer makliker.
3. Begin die boodskap met die idioom
4. 'n Verduideliking in soveel tale as wat tot jou beskikking is, kan
die pittigheid Afrikaans vir meer mense toeganklik maak.
5. Gee een of twee voorbeelde, asook 'n klein storie, as verduideliking
van die betekenis of oorsprong saam.
6. Teken gerus met jou naam, of gee dan een of ander verwysing.
7. Vermy afjak en politiek.
Natuurlik is hierdie voorstelle, net soos enige reëls op die internet,
net so kragtig as wat die gebruikers dit maak.
Wie in glashuise woon, moet nie klippe gooi nie.
Die pot verwyt die ketel.
Jy sal jou broek vinniger op 'n stok dra as wat jy dink.
Moet nie 'n gegewe perd in die bek kyk nie.
Pluk 'n lat vir jou eie gat.
As die kat dik is , is die muis bitter.
Kak en betaal is die wet van transvaal.
Waar die hart van vol is loop die hart van oor.
Elke skewe pot het 'n deksel
Van bakboord na stuurboord
tong in die kuus(of wat ook al)
Al haar (gloudina) varkies is nie op hok.
Hy het 'n klap van die windmeul weg.
Jy kan nie God en Mammon dien nie.
Jy moet jou gordel in trek
Kla met 'n witbrood onder die arm.
Pyn in die gat. (gloudina)
Jy is my ligstaaltjie. (nie Gloudina nie)
Pis en parafien..(die belasting wat die midde ooste betaal is pis en
parafien)
Van die os op die jas.
Dit reën katte en honne.
Ek ken 'n muishond aan sy reuk. (P.W.Botha...rubikon speech of daar rond)
Gebore met 'n goue lepel in die mond.
Gebore en getoë
Soos water op 'n eend se rug
Al dra 'n aap 'n goue ring bly hy steeds 'n lelike ding.
Jy kan 'n perd tot by die water bring maan jy kan hom nie maak drink nie.
Die appel val nie ver van die boom
Wis die probleem uit met wortel en tak.
Die Wortel van ale kwaad.
Buig die boompie terwyl hy jonk is.
Slim vang sy baas
Jy het die perd nou dik litte gery.(jy het dit oordoen)
Kla soos 'n tannie met 'n nat broek op 'n kerkbazaar (Gloudina)
Ander plein afrikaanse sinne (oorspronklik)
Eendag lag jy en ander dag kak jy.
Daai ou praat hier en slaan daar. (Mafia)
Ek sal jou opvreet vir brekfis.
Moet nie jou tiete vir my uithang nie. (moet my nie verlei nie) {J.A
Potgieter}
| > Toemaar Gloudina, moenie sleg voel oor war jy groot geword het nie - ek het
| > al vir jou gesê om jou terapeut te vra om aan jou selfbeeld te werk.
|
|
| Wel, Nico, siedaar. 'n Mens
| stel vir jou 'n lokval en jy
| loop dom en blindelings daarin.
| Jy verklaar dus dat enige
| maatskappy ('n archaisme wat nie eintlik meer in Afrikaans gebruik word nie)
| wat NIE skelwoorde
| soos "jou moer" gebruik nie,
| agterlik is?
Hoe kry jy die kat so aan die stert beet? (Die idioom is vir Gloudina wat
nie 'n redenasie kan volg nie - seker al te lank nie Afrikaans gebruik nie
- nou kry sy so maklik die kat aan die stert beet)
Nee, Gloudina, dis nie wat ek gesê het nie. As jy wilde afleidings wil
maak, gebruik die bietjie gesonde verstand wat jy nog mag oorhê
In watter omgewing
| het jy grootgeword waar hierdie
| soort woorde aanneemlik was?
Het dit in die weermag en universiteit opgetel, en dit sê BAIE lekker.