SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
> Die doel van hierdie emosionele
> deel en realiteit (net soos met die waarheidskommissie) het dit altyd basies
> ten doel gehad dat die storie jou beweeg om aandagtig in jouself te tuur,
> liewer as in jou beursie. Jy het dit heeltemal agterstevoor.
Die "prys" wat hier ge-eis word is, inderdaad, in die eerste plek nie geld
nie. In daardie opig het jy dit reg, "Sizwe".
Die prys is nog veel duurder as dit. Dit is stilte.
Jy en Gloudina (jou blue rinse brommer) het al herhaaldelik hier met groot
geskal ge-eis dat Afrikaners moet stilbly. Gloudina het, inderdaad, dit as
haar hooffunksie uitgespel om Afrikaners die swye op te lê. Soms het julle
ander kategorieë mense bygevoeg - Nazis, fasciste, apartheidsvarke, ens.
Hoofsaaklik kategorieë wat julle self geskep het. Wat julle dan as wapen
gebruik om ander te etiketteer en die smoel te snoer.
Soos jy self aangetoon het, "Sizwe", was die gedwonge swye van die vorige
bedeling waarskynlik die mees onderdrukkende aspek daarvan. Wat jy miskien
nie besef nie, is die mate waartoe Afrikaners onder dieselfde dwang gestaan
het.
Nee, "Sizwe". Jy stal jou wonde inderdaad uit. Nie as egte en bloot opregte
kommunikase van 'n outentieke ervaring nie, maar, net soos die bedelaar in
die Hagia Sofia, as handelsmiddel in 'n magstryd. En die prys wat jy vra vir
"rekonsiliasie" is inderdaad nie in die eerste plek geld nie (dit ook), maar
'n veel hoër een.
Jy en die brommers eis swye.
Dit is ook wat Magic Madiba eis as hy protesteer dat die opposisie nie
"lojaal" is aan sy "demokraties verkose" regering nie.
Dit is wat die ANC eis met die kwotas in sy nuwe arbeidswetgewing. By monde
van sy minister van arbeid verduidelik hy die sosiale effek van die
wetgewing: Die redaksie van die Sunday Times sal verander - en die
redaksionele kommentaar van die Sunday Times sal verander.
Dit is een van die redes waarom Radio Pretoria reeds 'n sattelietkanaal
bedryf - vir die dag wanneer sy uitsaailisensie weggeneem word. Miskien ook
vir die dag wanneer hy uit die buiteland moet werk omdat sy organisasie nie
voldoen aan die kwotas wat gestel word deur die plaaslike arbeidswetgewing
nie.
Selfs vir "rekonsiliasie" is daardie prys te hoog, "Sizwe". Vir albei van
ons. Ek sal daarsonder gaan.
> Jy en Gloudina (jou blue rinse brommer) het al herhaaldelik hier met groot
> geskal ge-eis dat Afrikaners moet stilbly. Gloudina het, inderdaad, dit as
> haar hooffunksie uitgespel om Afrikaners die swye op te lê.
Jy lieg, Leendert. Jy lieg. En niemand
behalwe jyself glo jou leuens nie. As
ek 'n agenda het, is dit om te praat
as Afrikaner en as teenwig te dien teen
die gif wat jy versprei in die naam
van die Afrikaner. Daar is ander
Afrikaners wat soos ek voel binne en
buite SA,
> Soos jy self aangetoon het, "Sizwe", was die gedwonge swye van die vorige
> bedeling waarskynlik die mees onderdrukkende aspek daarvan. Wat jy miskien
> nie besef nie, is die mate waartoe Afrikaners onder dieselfde dwang gestaan
> het.
Siestog. Nou begin jy jou ook skaar
by daardie mense wat Apartheid
benadeel het. Hoekom skryf jy nie
daaroor nie - hoe die Afrikaners
stilgebly het. Dit sal nuttig wees.
>
> Nee, "Sizwe". Jy stal jou wonde inderdaad uit. Nie as egte en bloot opregte
> kommunikase van 'n outentieke ervaring nie, maar, net soos die bedelaar in
> die Hagia Sofia, as handelsmiddel in 'n magstryd. En die prys wat jy vra vir
> "rekonsiliasie" is inderdaad nie in die eerste plek geld nie (dit ook), maar
> 'n veel hoër een.
>
> Jy en die brommers eis swye.
Nee, Leendert, ons eis eerlikheid en
ons eis dat jy en jou trawante sal
ophou om vir ons te sê ons is sleg.
Wie het julle in alle geval nou nodig?
> Dit is een van die redes waarom Radio Pretoria reeds 'n sattelietkanaal
> bedryf - vir die dag wanneer sy uitsaailisensie weggeneem word. Miskien ook
> vir die dag wanneer hy uit die buiteland moet werk omdat sy organisasie nie
> voldoen aan die kwotas wat gestel word deur die plaaslike arbeidswetgewing
> nie.
Ha, hier steek die ware Jakob se kop
uit. Radio Pretoria bereid om uit die
buiteland te werk? En dis jy, Leendert,
wat nou die dag gesê het dat die AWB-
mense so maklik emigreer, omdat dit vir
hulle nie in die eerste plek oor taal
en kultuur gaan nie. Leendert, dis
nou vir my duidelik, baie duidelik
waaroor dit gaan. 'n Geveg vir mag,
van verlore mag. Jy is ook maar een
van hulle. Nie 'n goeie nederige
Afrikaner nie - maar een van hulle.
Sies.
Ek kry nie meer reg om met Radio Hoogland te konnekteer hier op die
internet nie - weet iemand of hulle nog uitsaai?
...so met my tong in die kies - dan kan die ou suurpruime nie so baie moan nie!
Hallo Almal
De Kat (tydskrif) is besig met 'n opname om 'n idee te vorm van hoe
Afrikaners vandag voel oor waar hulle hul as 'n groep bevind. Ons het
'n vraelys van 12 - sommige verg 'n Ja of 'n Nee, andere nie veel meer
as 'n paragraaf nie. Ons sal spoedige terugvoer werklik waardeer!
Anonimiteit sal beskerm word, lug dus na hartelus 'n mening.
1. Wie kan namens Afrikaners praat? (Watter party ondersteun jy? Is
daar 'n leier wat jy bewonder?)
2. Wat is jou persepsie van Afrikaners?
3. Wat bekommer jou nou oor SA?
4. Wat stem jou opgewonde oor SA?
5. Sal jy ry of bly?
6. Watter rol wil jy in SA speel?
7. Het jy vriende onder mense van alle rasse?
8. Hoe voel jy as Afrikaner oor jou verlede, hede en toekoms?
9. Het jou uitkyk oor Mandela en die nuwe bedeling baie verander die
afgelope vier jaar en hoe voel jy oor Thabo Mbeki?
10. Dink jy Afrikaans moet beskerm word?
11. Noem jy jouself 'n Afrikaner? (toenemend 'n issue)
12. Wie sluit jy in en wie sluit jy uit by die begrip Afrikaner?
Dis die lot, antwoord asb en email terug, of email aan De Kat by:
de...@pentapub.co.za
| Ek speel en spot net. Dis geen probleem. Ek hou daarvan om
| te kyk na die waarheid agter die 'handle'. Hoekom wil jy jouself
| a...@def.com noem?
|
| Errol
|
Jy't my kop goed plat gehad! Maar kom ek sê groot dankie vir die "Proses"
- ek leer baie.
Ek gebruik IE as my nuusleser, maar ek dink as ek hier klaar gelees her
gaan ek iets aflaai soos Agent om die NG mee te lees. Want sien, ek weet
nie waar die a...@def.com vandaan kom nie. Ek het niks parameters gestel
hier op IE nie - ek gebruik Pegasus om te e-mail en Netscape vir die web.
My regte e-mail adres is jnpj...@bigfoot.com
Jy sien - hier sien ek nou net weer bo-aan die boodskap dat hierdie plasing
sommer na 'n hele boel NG'e wil gaan en ek moet delete voor ek pos.
Nou neem ek aan elke nuusleser het 'n ander setup, maar ek sien nie hier in
IE waar jy al die agtergrond van die plaser sien nie. Al wat ek kan sien,
is die sender se e-mail adres as jy sê jy wil reply en die plasing word
gekwoteer. Waar sien jy die plaser se adres?
En waar stel jy dit dat jou eie reg wys op jou eie plasings? Ek sien
nerens options of preferences nie.
Watter programme gebruik al julle ander ous om die NG te lees??
My vader, moeder, broer en ek
het rape uit die land getrek,
hulle in die spruitjie skoon gewas
en saam gaan eet op klawergras.
Later toe ons by 'n waenhuis kom
was al die bure saamgedrom,
en by die een vervalle hoek
lees iemand vir ons uit 'n boek.
Klip na klip word van die muur gerol
tot by 'n lam met raapwit wol.
---
Vir Reka: vertalings van moeilike woorde
vertaal: translate
moeilik: difficult
sondag: Sunday maandag, dinsdag, woensdag
donderdag, vrydag, saterdag
raap/rape: turnip/turnips
uitgetrek: pulled out
skoongewas: washed clean
spruit/spruite/spruitjie: small stream, tributary
saam gaan eet: ate together
klawergras: clover
waenhuis: cart-shed, waggon-house
bure: neighbours
saamgedrom: standing very close together
hoek: corner
vervalle: dilapidated
iemand: somebody
klip: stone
van die muur gerol: the stones are removed from
the wall
lam:lamb
raapwit: as white as a turnip
Die stigtingsakte van 'n nuusgroep is een van hulle. Ek was deel
> van die proses waardeur hierdie nuusgroep tot stand gebring is - met 'n
> stigtingsakte wat by wyse van demokratiese stemming goedgekeur is.
>
> Die eerste maal is die stigting van die nuusgroep afgekeur. Groot getalle
> mense met die soort houdings wat Gloudina en Sizwe openbaar - "Afrikaners
> moet stilbly" het uit soc.culture.africa en elders opgeruk en die stigting
> van die nuusgroep afgestem.
Leendert, dis sulke soort geskryf soos
hierdie wat 'n mens siek vir jou maak.
As jy nog die oorspronklike lys van
stemme (voor of teen) het vir die
Afrikaanse nuusgroep, sal jy my man
en my stemme daar sien. Nou praat jy
asof jy nou so 'n groot aandeel gehad
het in die stigting van die nuusgroep.
Die persoon, sover ek dit kan onthou,
wat die grondwerk gedoen het, was 'n
man met die naam Robert Wagenaar (as
ek dit reg onthou) van 'n Universiteit
in Nederland. En sover ek kan onthou,
was daar nie groot getalle mense wat
daarteen gestem het nie.
Ek hoop dat mense soos Sizwe aan sal
hou om hierdie nuusgroep te gebruik. Dis
in die eerste plek vir sprekers van
Afrikaans, en nie vir Afrikaners nie.
Ek moet vir Sizwe komplimenteer op sy
goeie Afrikaans, wat hy blykbaar in
stand hou ten spyte van die feit dat
hy nie meer in Suid-Afrika bly nie.
Moenie dat mense soos Leendert vir jou
af van die nuusgroep terroriseer nie.
Onthou, ons veg die Derde Vryheidsoorlog.
SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
>> "Leendert van Oostrum" skryf:
>
>
>> Jy sien, die
>> psigologiese (en religieuse) funksie van vergiffenis trek net op die een wat
>> vergewe
>
> Pispraatjies. Psugologies is vergifnis uiteraard gesetel in interaksie. Daar
> moet ten minste twee objekte betrokke wees, geeneen van wie onaangeraak bly
> deur die vergifnisdaad of die gebrek daaraan nie.
Dit sou beteken dat dit onmoontlik is om een wat reeds dood is te vergewe.
Daarmee word die verontregte vir ewig vasgeketting aan die onreg - geen
verlossing is moontlik nie.
Dit beteken dat dit onmoontlik is om 'n oortreder wat onboetvaardig is te
vergewe. Daarmee word die verontregte onderwerp aan die mag van die
onboetvaardige oortreder.
As jy sê "vergifnis is onmoontlik sonder belydenis" moet jy onderskei tussen
die oortreder en die verontregte - die verontregte kan, psigologies,
waarskynlik nooit vergiffenis wat aangebied word aanneem sonder opregte (en
onvoorwaardelike) belydenis nie. Hiermee is jy waarskynlik reg.
Die omgekeerde is nie waar nie. Die verontregte het die mag om die oortreder
te vergewe en homself te suiwer van sy wrok. Dit is sy keuse, ongeag die
optrede van die oortreder.
> Self in die religeuse
> vergifnis word daar nog altyd van jou gevra om eers iets te doen - te bely.
> Weer eens wisseling tussen twee entiteite, geeneen wat deur die blote daad of
> gebrek daaraan onveranderd gelaat word nie (hemel of hel, onthou).
Ook hier sou dit beteken dat God nie kan vergewe sonder die belydenis van
die sondaar nie. Ek vermoed dat die Kerk van Rome hierdie standpunt huldig.
Ek kan dit nie glo nie, want dit sou beteken dat God nie almagtig is nie.
Dit sou beteken dat God gebonde is aan die sondige wil van die skepsel.
Hierdie punt is nie bloot 'n teologiese argument oor engele op die kop van
'n naald terwyl die Turke aan die poorte is nie. Dit het al ingrypende
gevolge gehad in baie lewenssfere:
Die Petruskatedraal in die Vatikaan is, verneem ek, gebou met die opbrengs
van aflaatbriewe wat belydende gelowiges van die agente van die Kerk gekoop
het. Hoe dit ookal sy, dit was juis die sosiale misbruik deur die Kerk van
boetedoening ("penance" noem jy dit) wat die kern uitmaak van Luther se 95
stellinge en wat tot gevolg gehad het die Reformasie en die massiewe impak
wat dit op die geskiedenis gehad het - religieus sowel as sekulêr.
In die middeleeuse regspleging het die beginsel wat jy aanhang gelei tot die
standpunt dat 'n vonnis (veral die doodsvonnis) nie voltrek mag word voordat
die veroordeelde sy skuld bely het nie - sodat God in staat gestel word om
hom te vergewe. Die onsterflike siel van die veroordeelde sou dus nie op die
gewete van die regters of die beuel rus nie.
Die vereiste dat 'n veroordeelde moet bely het die gevolg gehad dat
marteling ingestel is as geregvedigde metode om die nodige blydenis te
verkry.
Jy sien, "Sizwe", die kwessie van belydenis en vergiffenis is nie bloot een
van opinie nie. Daar is wesenlike dinge ter sprake. En dan durf jy
vervolgens praat van bangmaak!:
>
> Jou pos laat my bang en ongemaklik - hierdie laaste twee meer so as ander. Jy
> is die persoon wat kwaad met 'n bowtie en versiersuiker opdis; die een wat
> intellektuele geldigheid verleen aan apartheid of afsonderlike
ontwikkelling
Jy sien, Sizwe: Jy stop my in 'n hok wat jy uit valse lasterpraatjies,
skimpe en die smart van ander konstrueer. Met Gloudina saam gaan jy voort en
por my met 'n stok om te kyk in watter ringting spring ek.
Dit maak my egter nie bang nie. Die bring my arrogansie uit. Onder die
omstandighede sal ek die keuse uitoefen om my dansie in 'n bow tie en tux te
doen, dankie.
Ek sal verder gaan en jou tart in jou skynheiligheid. Ek sal die ding doen
wat jy die minste verwag - ek sal vir jou 'n preek afsteek oor moraliteit,
ek sal aan jou gewete por.
Die Kaapse skollies is meesters van hierdie tegniek. Jy behoort dit te
herken.
> Justus Tshungu rondkarwei as bewys daarvoor dat dit tog in almal se belang is;
> die een wat wys na mense soos jakes gerwel of miriam makeba en se dat ALMAL bo
> hul situasies kan uitstyg sodat slagoffers wesenlik maar net hulself te blameer
> het en nie social policy nie;
Hmmm.... Enersyds praat jy van Buchenwald, Rwanda en die slawehandel.
Andersyds noem jy die name van van Tshungu, Makeba en Gerwel as individue
wat ek miskein sou kon voorhou as voorbeelde van mense wat bo hul
omstandighede uitgestyg het.
Ek stel dit aan jou dat Tshungu, Makeba en Gerwel op geen manier vergelyk
kan word met name wat uit die eerste kring kom nie - Victor Frankl,
Dietriech Bonnhoeffer, Corrie ten Boom. Jy kan hulle nie vergelyk ten
opsigte van die vlakke van waaragtige lyding wat hulle deurgemaak het nie.
Maar jy kan gerus ook kyk na hul standpunt oor vergiffenis - wat daadwerklik
verskil van joune.
Ek dink jy illustreer hier maar net weer hoe inhoudloos en deur histerie
gedrewe jou emosionele realiteit is.
> jy is die gemmiddelde "goeie landsburger" wat
> nie sy eie rassisme wil ondersoek nie en in hierdie onwillige stilte sy eie
> menslikheid en die van ander kruisig.
Ek is in lewendige en voordurende gesprek met my gewete - oor die kwessie
van rassisme, van my veertiende jaar af. Ek moes al herhaaldelik met hierdie
sake worste deur die jare, en my besluite en standpunte telkens heroorweeg.
Ek dink nie jy het al jou rassisme in die gesig gekyk nie.
> Frikkie RSA-boy is 'n doos, ek is banger
> vir mense soos jy.
Met reg ook. Frikkie sal jou nooit na jouself laat kyk nie. Hy sal jou
aandag gevestig hou op homself om te sien wat hy volgende gaan doen. Maar ek
sal jou 'n spieël wys. En anders as ek, wat al baie jare hierdie dinge in
myself ondersoek, sal jy miskien geskok wees in wat jy sien.
Jou vrees is dus gegrond.
>
> Laastens - Jou groete, Leendert, net soos jou argumente, lui hol en vals.
Die groete, "Sizwe", en die argumente, staan ten minste onder my eie naam.
"Sizwe" (skuilnaam van 'n bekende kleurlinggeleerde) het verlede week 'n
stuk uiters rassistiese teks geplaas en voorgegee dat dit 'n uitspraak van
PW Botha in 1985 was.
Die inhoud van die berig was van die soort wat hoofopskrifte in die koerante
in Suid-Afrika sou haal, en wat PW Botha die verkiesing sou kos as hy dit
gesê het.
Die "bronne" was "Sizwe" aanhaal het, het verdag voorgekom.
Ek het bevestig dat die Johannesburgse Sunday Times van die gegewe datum
geen berig gedra het met naastenby daardie strekking nie. Daar was ook geen
bydraes deur 'n David G. Maillu nie.
"Sizwe" het, Op kwaadwillige wyse PW Bothat belaster. Daarmee het ek vrede.
Die ou is oud en skelm genoeg om daaroor op te tree - as hy hom sou
verwerdig om aan so iets aandag te gee.
Die berig impliseer egter noodwendig dat die meerderheid Afrikaners
ontvanklik was vir die soort "boodskap" wat "sizwe" geplaas het. Die
gesiglose "Sizwe" belaster dus, op kwaadwillige wyse Afrikaners. Hy skep
valse persepsies aangaande die soort boodskap wat hulle graag van politieke
leiers hoor.
Hy gaan verder:
SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
>> "Leendert van Oostrum" skryf:
> Vir so lank was daar gese ons weet wat goed is vir swartes,
> hoe hulle dink, wat hulle wil he. Saamwerk in daardie terme was wel van die
> "say after me..." verskeidenheid en het beslag gevind in gedwonge
> groepsverskuiwings, tuislande, trek-arbeid, aandklokreel en wat nie nog
als.
Heeltemal korrek. Wie het elkeen van hierdie dinge ingestel, wanneer is dit
gedoen? Wie het hulle afgeskaf en wanneer?
> Nou, egter, vra ons as swart burgers bloot vir jou, mede wit landgenoot, vir 'n
> introspektiewe eerlikheid, vir jou om te kyk na die maniere waarop die
> apartheidsstaat jou bevoordeel het, hetsy in toegang tot opvoeding,
> beroepsplasing en bevordering (onthou job reservation?), in ekonomiese status,
> in die toegang tot eerste taal, media, literatuur, kultuur.
Dis nie hoe dit werk nie Sizwe. As jy iemand van diefstal wil beskuldig is
dit nie voldoende om te verklaar "Hy het gesteel" nie. Jy moet ook
spesifiseer wat hy gesteel het, van wie, waar, en wanneer. Dus: vertel _jy_
vir my hoe die apartheidstaat my bevoordeel het in die volgende opsigte:
toegang tot opvoeding, beroepsplasing en bevordering (wie het job
reservation afgeskaf en wanneer?) in ekonomiese status, in die toegang tot
eerste taal, media, literatuur, kultuur.
Ek stel veral belang in die volgende aspekte:
Watter persentasie en absolute getal "onderdruktes" het toegang tot
"opvoeding" gehad voor, gedurende, en aan die einde van die
"apartheidstaat"? Vergelyk dit met die persentasie en absolute getal wit
Afrikaners in dieselfde tydperk.
Wat was die verteenwoordiging van "onderdruktes" in die verskillende
beroepskategorieë voor, gedurende, en aan die einde van die
"apartheidstaat", en wat was hulle vorderingstempo in daardie beroepe?
Vergelyk dit met die ooreenstemmende syfers vir wit Afrikaners.
Wie is "toegang tot eerste taal, media, literatuur, kultuur" ontneem of
onthou en deur wie? Wie het aangdring op die opheffing van beperkinge, of
dit gesteun en wanneer?
As ons jou lys getuienis het, kan ek oordeel waarvoor ek verantwoordelikheid
aanvaar - direk of middelik.
Maar hierdie dinge is nie eintlik waaroor jy wil praat nie, nie waar nie?
Waaroor jy wil praat is nie wat ek gedoen of gelaat het nie, maar oor jou
emosionele realiteit.
Waarvoor jy my die verantwoordelikheid wil laat dra.
> Ons vra bloot vir
> 'n openhartige worsteling met stereotipe, met sameswerende stilte, vooroordeel,
> onkunde,
Jy vra vir openhartigheid? Terwyl jy skuil agter die naam van 'n "dooie"
karakter in 'n verhoogdrama? Terwyl jy in daardie gedaante doelbewus 'n
valse stereotiepe van wit Afrikaners bevorder deur laster te versprei? Jy
durf die vinger wys na "sameswerende stilte" terwyl jy slinks en gesigloos
vooroordeel en onkunde oor Afrikaners voed en troetel?
> diskriminasie in die maniere waarop jy miskien jou huishulp, tuinier,
> of die outjie wat koelte onder jou boom kom soek het, behandel het. In hierdie
> proses kry jy 'n blik in ons ervaring.
Toon asseblief waar ek in enige stadium onregverdiglik teen enigeen
gediskrimineer het - van die kategorieë wat jy noem of enige ander.
En weet verseker. Ek sal ook nie teen jou diskrimineer nie. Ek sal van jou
dieselfde verwag as van iemand wat skryf onder die naam "sybrand".
Maar ek kan jou dit verseker - vir sover ek ooit t.o.v. sulke persone
gediskrimineer het was dit diskriminasie van die "regstellende" soort.
Moenie dink ek sal dieselfde met jou doen nie. Daardie tyd is Goddank verby.
Ek sal jou meet aan elke norm van verantwoordelike burgerskap, want met
"bevryding" is ek ook bevry van die las om buitengewoon bedagsaam te wees
teenoor skurke soos jy net omdat jy 'n swart huid dra.
> Dis al. Nie vergelding nie, maar
> rekonsiliasie gebore uit insig as to hoe BEIDE van ons geraak is deur evil.
Wat van insig in die wyse waarop jy jou slagofferstatus troetel en voed met
leuens en laster? Sodat jy 'n "emosionele realiteit" van masochisme kweek
wat geen ooreenkoms toon met 'n feitelike werklikheid nie? Wat van insig in
die wyse waarop jy die vinger na my wys en eis dat ek verantwoordelikheid
neem vir die emosionele realiteit wat jy by skrywers soos Ani afkyk?
> As ek dit nie mis het nie vra Gloudina jou nou al hoe lank om jou rol te
> artikuleer - ons wag nou nog.
Jy stapel darem die getuienis van jou vooroordeel op, nie waar nie?
Gloudina sit hier op haar besemstok in gumboots en overall en skreeu "vark,
vark, apartheidsvark". Sy het nog geen getuienis gelewer dat sy ooit enige
NP minister in kennis gestel het van sy status as "apartheidsvark" nie. Haar
naam word beswaarlik geassosieer met die van Cissy Gool of Helen Joseph.
Maar sy (en jy - hoeveel ministers het jy 'n "apartheidsvark" genoem?) sit
hier eise te stel aan my om my "onskuld" te bewys? Not bloody likely.
Jy en sy sal ten minste die terme waarin julle die rol van 'n
"apartheidsvark" beskryf duidelik en ondubbelsinnig uitspel - beginnende met
'n duidelike uiteensetting van wat julle met "apartheid" bedoel. Jy mag
outentieke emosionele realiteit insluit as 'n element.
Ek is geensins van voorneme om my te verdedig teen skimklagtes wat kom uit
dertig jaar se propaganda nie.
> Behalwe vir 'n reaksionere poging on sensuur in
> 'n briefie te beveg (was dit Magersfontein?). In ieder geval dink ek daardie
> daad was gebore uit die feit dat sensuur jou passie-perd is en onafhanklik is
> van die verwantskap tussen Aparttheid en sensuur -
(Net terloops - jy is heeltemal reg. My optrede was bloot op sensuur gemik.)
> anders sou jy seker ook jou
> briefie skryf om die verbanning van boeke soos Kaffir Boy of Black beauty
> (hemel) te protesteer.
Wanneer is "Black Beauty" verban? Ek het nou nog die kopie waarmee ek
grootgeword het. Is dit nog een van die urban legends van apartheid waarmee
jy jou doelbewuste slagoffermentaliteit voed?
> Allermins. Wat van emosionele realiteit.
Ah! "Emosionele realiteit". Dit nou soos in: "Never mind what you really
did! I blame you for the way I feel! En jy beter nou jou varkstatus erken!"
Onthou. Daar is outentieke emosie en daar is manipulatiewe emosionele bedrog
(en selfbedrog).
> Om die deel van my apartheidswonde
> as tjank en piepie af te maak is callous en ongevoelig.
Meer nog. Dis berekend "callous" en ongevoelig. Op die selfde wyse as wat
dit "callous" en ongevoelig is om 'n histeriese mens te klap. Dit herinner
hom aan die bestaan van 'n werklikheid buite die vorteks van selfbedrog
waarin hy homself insuig.
> Hiervolgens is die
> gevolge van slawerny, joodse konsentrasiekampe en die emosionele realiteite van
> Rwanda tog ook maar net tjank en piepie ne.
Jy assosieer hier doelbewus jou ervaring - jou emosionele realiteit - met
drie vergrype teen menseregte van massiewe omvang.
Ek wil vir jou nog vier noem - sommer uit jou eie agterplaas: a) Die
uitwissing van die San - 'n proses waaraan wittes, swartes en bruines in
Afrika oor etlike duisende jare lustig meegedoen het. b) Die Mfekane - die
verdelging van hele bevolkings onder Shaka, wat massiewe volksverhuisings,
ekonomiese, kulturele en morele verval veroorsaak het tot in die meregebied
van midde-afrika - waarvan die groot trek maar een was. c) Die uitdelging
van tienduisende weerlose lede van die wit en swart bevolkings noord van die
Oranje deur die Britse Empire een eeu gelede, en die vernietiging van alle
lewensmiddele en die vermoë om lewensmiddele te skep. d) Die volksmoord op
die Herero onder Duitse bewind aan die begin van die eeu - as gevolg waarvan
die Ovambo vandag nog 'n oorheersende getallemeerderheid in Namibië het.
Ek stel dit nou aan jou dat daar 'n massiewe kwalitatiewe en kwantitatiewe
verskil is tussen die objektiewe realiteit van jou ervaring en die van die
slagoffers van slawerny, Jode konsetrasiekampe en die Rwandese volksmoord.
En tussen jou ervaring en die van ander in hierdie einste land.
Ek stel dit verder aan jou jy 'n valse emosionele assosiasie met die
outentieke smart en lyding van die misrabele slagoffers van die holocaust
skep, troetel en bevorder met die uitsluitlike doel om die objektiewe
verskille tussen jou ervaring en die van die slawebevolkings, jode en
Rwandese te verdoesel. Ek stel dit aan jou dat jy dit doen om verdere vals
persepsies oor Afrikaners te skep - om mense se persepsie oor die objektiewe
realiteit in jou guns te manipuleer.
> Die doel van hierdie emosionele
> deel en realiteit (net soos met die waarheidskommissie) het dit altyd basies
> ten doel gehad dat die storie jou beweeg om aandagtig in jouself te tuur,
> liewer as in jou beursie. Jy het dit heeltemal agterstevoor.
"Point taken". Kom ons draai die storie dan om. Kom ons staan langs mekaar
en kyk na 'n "emosionele realiteit" in die spieël:
Een geslag gelede het tienduisende vroue, kinders, en verswaktes, wit en
swart, in hierdie land gevrek onder die hand van die Britse veroweraar.
Honderdduisende, wit en swart, is vir dekades daarna in ellende gedompel.
Die verkose regering van die selfregerende Kaapkolonie het die Empire
gesteun in sy vergrype. Die regering van daardie kolonie is verkies deur
manspersone sonder diskriminasie op grond van "ras of kleur".
Met die uitsondering van 'n paar proteste soos die van Olive Schreiner en
wit Afrikaners - hoeveel stemme het in die Kaap opgegaan teen vergrype veel
erger as wat jy in jou lewe gesien of ervaar het?
Inteendeel: Duisende krygsgevangenes op pad na die kampe is deur die volk
van Kaapstad uitgejou, bespot, gespoeg en getart. En ek en jy ken die
"verbal abuse" wat die Kaapse gepeupel kan uithaal op 'n slagoffer nie waar
nie? Jy het dit self in hierdie forum gedemonstreer.
Die behandeling van krygsgevangenes in die Kaap kan jy opgeteken kry in baie
bronne. Die volgende een sal jy nêrens opgeteken kry nie - want nie almal
stal hul emosionele realiteit uit om daarop te kapitaliseer nie:
'n Friese vrou het die kampe ontsnap deur gerepatrieer te word nadat haar
man gevange geneem is. Met drie kleuters en 'n baba in doeke is sy in 'n
goederetrok tien dae lank Kaaptoe gery. Op een stasie (vermoedelik
Touwsrivier of Worcester) het "bruin mense wat Hollands gepraat het" haar en
die kinders met stokke gepor deur die splete in die wand van die trok. Vir
twee ure moes hulle vlug van een kant van die trok na die ander totdat 'n
"wit man wat Hollands gepraat het" hulle met 'n sambok kom verjaag het. In
Kaapstad is hulle geskel en gespoeg. Op pad deur Engeland was die
behandeling ewe erg, maar minder persoonlik.
Jy sien, "Sizwe". Ek is een van die locals. En sien jou ook na-ure.
Ek sien hoe jou vingers aanmekaar wegwys van jouself.
Dat jou emosionele realiteit vir jou geldig mag wees, gee ek toe en daarmee
het ek empatie - meer as wat jy mag vermoed. Maar ek sien hoe jy dit voed
met leuens en wanpersepsies wat nie verband hou met enige objektiewe
realiteit waarvan ek deel is nie. Ek sien hoe jy dit na buite keer en
daarvan 'n perseptuele realiteit maak vir konsumpsie deur mense soos
Gloudina wat vir dekades al hul eie morele bankrotskap tot sieraad verhef
deur daarop te teer. Ek sien hoe jy dit objektifiseer deur dit neer te lê in
geskrifte soos die wat jy aanhaal en versprei. Hoe jy die objektiewe
realiteit waarvan ek deel is daardeur doelbewus vervorm en vervals.
En dan gaan sit jy op die regterstoel met 'n skuilnaam soos 'n "swart"
puntmus oor jou kop en eis dat ek die valshede wat jy geskep het as waar
moet erken.
En dat ek verantwoordelikheid moet aanvaar, nie net vir wat ek gedoen of
gelaat het nie, maar ook vir die illusies van "evil" waarvan jy die geslepe
argitek is.
Daardie prys is te duur. Ek sal daarsonder gaan.
Haal jou "swart" masker af, "Sizwe", dat 'n mens jou gesig kan sien.
Was jou wonde sodat die inflammasie wat sy oorsprong in jou eie bedrog het
kan bedaar. Verwyder die teatergrimmering wat jy by Schindler's List afgekyk
het. Hou op om heuning aan te smeer om die verkleurings te laat glinster -
en blou ou brommers soos Gloudina aan te lok.
Dan kyk jy in my oë, as jy durf, en deel dit waarvan jy werklik ervaring
het - outentieke emosie ingesluit.